Monday, June 14, 2010

Queens Birthday Weekend

Hierdie naweek was nou ‘n regte rustige en stil naweek sonder die kinders gewees. Hoe lekker was dit nou om net ons twee te gewees het sonder enige kinder bekommernisse. Die kinders het na die “State Youth Games” gegaan in Warragul vir drie dae. Dit is ‘n Christenkamp vol sport aktiwiteit vir die jonges tussen die ouderdom van 13 tot 25. Deur die dag was daar ook allerhande ander aktiwiteit wat hulle kon doen en in die aand was daar weer Christen bands en ander sosiale bedrywighede waarmee hulle hulself kon besig hou. Slaap was natuurlik nie hoog op die agenda gewees nie, hoe minder slaap daar was hoe beter natuurlik.

Die weer het Vrydag nie so lekker saam gespeel nie en die kamp was in die reen opgeslaan. Dit het natuurlik daartoe bygedra dat die hele naweek ‘n groot modderspul was. Alles was letterlik met modder besmeer, en wie sal dit toe nou moet skoon maak. NEE daar is nie ‘n Mary, of Elizabeth of Zondi nee, dis die Ma’s en Pa’s wat die gemors moet skoon maak. Wel dit was die eerste en die laaste keer dat ons die modderspul skoon gemaak het terwyl die kinders hulle verlore slaap ingehaal het. Ek het die meisies se tekkies net so in die asblik gegooi, daar is net geen manier dat ek die gemors sal skoon kry nie.

Met die water beperkinge nog steeds in werking hier is dit moeilik om sommer net die kraan oop te draai en alles af te spuit, ek het lanklaas soveel modder gesien. Ek wonder partykeer wat deur die kinders se koppe gaan as hulle alles so bemors, seker gedink “Oe Pret” en net verder in die modder gespeel. Mens sou sweer hulle is ‘n klomp vyfjariges wat niks beter weet nie.

Met die aankoms daar Maandag oggend het dit soos ‘n reuse tentdorp gelyk. Van die hoogte af was dit ‘n miernes van bedrywigheid, en wat ‘n gesig om dit te sien. Die area waarin die kamp was is ongeloof mooi. Dis groen so ver jy kan sien, met boerdery rondom jou. Daar was 3 000+ jongmense gewees wat die kamp bygwoon het. Die eerste kamp twintig jaar terug het begin met 75 jonges, hierdie jaar was daar 75 verskillende kerkgroepe gewees vanaf regoor die hele Victoria / Melbourne area. Die kinders het dit ongelooflik baie geniet, maar volgende jaar gaan daar beslis reels wees alvorens daar enige plekke geboek word vir die 2011 kamp

No comments:

Post a Comment