Sunday, September 4, 2011

Nuus brokkies

Dis 'n heerlike lui sonninge Sondag middag hier by ons en daarby is dit ook vadersdag hier in Australia.

Alex en boeta is vroegoggend uit die huis na 'n motorskou. Dit was grootliks maar "hot rods" en "muscle cars" gewees. Boeta het maar gesukkel om die spoegies in sy mond te hou want daar was 'n paar stunning opgeboude karre gewees. Sy ogies was skoon blink en wangetjies bloedrooi toe hy by die huis instap vanmiddag. Hy't sy kar gesien, 'n Cobra, en daar is slegs 2 wat hier in Australia geregistreer is. Alex het behoorlik gesukkel om die kind by die kar weg te kry.

Die 2ling was weereens op 'n kamp gewees vir twee dae. Die keer was dit met bergfietse in die berge in. Hierdie kwartaal was daar elke week ge-oefen by die skool met die bergfietse, daar is geleer hoe om met opdraendes te trap, wat is die reels vir afdraendes en natuurlik was die boudbene maar lekker seer gewees. Die roete by die skool is ek seker kan hulle al toe oe doen.

Hierdie kwartaal was daar ook omtrent weekliks ope dae by die verskillende universiteite en Tafe's gewees. Boeta het met groot entoeiasme die universiteite besoek en hy is nogal redelik in sy skik met wat hy daar gesien het. Nou is dit net skouer aan die wiel sit en die punte kry.

Die meisies se hokkie is ook ampter tot 'n einde, nou is dit nog net die semi-finals wat hulle volgende week het en dit gaan uitspook teen Footscray. Ons was redelik gelukkig om die ouens in die vorige wedstryde te gewen het, maar dit is nie 'n rede om gemaklik te raak nie. As die girls die komende week se wedstryd wen dan is dit die finals. Ek sal nogal redelik gelukkig wees as ons Vrydae aande weer vir ons self kan kry. 'n Hele paar aande het ons nie voor twaalf by die huis aangekom nie aangesien die meisies laat wedstryde gehad het.

Ons het in Augustus ook 'n sensus opname gehad en dit het nogal redelik goed verloop, dis nou as ek dit moet vergelyk met wat ek lees oor die sensus beplanning wat vir Suid Afrika voorle. Hier omhels die mense sulke opnames want dan kan daar gekyk word na wat is nodig in die omgewing en hoe kan die infrastruktuur verbeter word. Ons kon die opname op twee maniere gedoen het, jy kon besluit of jy dit op papier wil doen en of jy dit aanlyn wou doen. Almal moes op 8 Augustus hulle vormpies doen en die wat dit op 'n "hard copy" wou invul se vormpies is afgehaal deur die beamptes in die daar opvolgende dae.

Ek het natuurlik ook lekker gescrap. Die Paperific papierskou was hier gewees einde Augustus en klasse (wat nogal 'n rariteit is hier) was aangebied deur Nic Howard. Wat 'n lieflike persoon is die mensie, die van julle wat die Scrapbook Expo gaan doen in September is beslis bevoorreg om haar vir die tweede jaar in 'n ry daar te kry. Ek dink ek moet die naweek "retreat" in New Zealand gaan doen saam met haar volgende jaar. Die Prima produkte is absoluut stunning wat ons gekry het, en natuurlik al die ekstras in die pakkie was great. Natuurlik het ek 'n pakkie van Websters Pages ook deur die pos ontvang hierdie week en ek was heeltemal oorstelp van vreugde toe ek dit eers oop het. Die magdom van goodies wat daarin was is genoeg om 'n mens die happy dans te laat doen.

Gepraat van happy dans, die komende naweek gaan ons bietjie sokkie. 'n Lekker Suid Afrikaanse sokkie in die kerksaal nogals. Die kinders het darem al 'n bietjie danslesse gekry by Ene en hopelik sal hulle nie oor hulle voete val as dit by die dans passies kom nie.









No comments:

Post a Comment