Tuesday, September 13, 2011

Die nuwe onbekende

Om te immigreer na 'n ander land of "planeet soos dit voel" is beslis een van die moeilikste dinge om te doen, om weer te skuif van een staat na 'n ander lyk nie veel makliker nie. Dit mag miskien in dieselfde land wees, maar elke staat het maar sy eie manier van hoe dinge gedoen word.

Die idee om jou hele lewe in 'n container te pak, op 'n vliegtuig te klim met jou swaarverdiende geld en die vooruitsig van avontuur is nie vir almal nie. Daardie sprong wat jy vat van die bekende na die totale onbekende is so groot en die "free fall" is so intense al weet jy dat julle ok sal wees. Mens wil amper dieselfde gevoel kry toe die realiteit jou geslaan het met die wete dat jy nou gaan trek.

Net soos wat jy die verlede moet laat gaan (verlaat SA), so sal ons net weer ons koppe moet regkry vir die skuif na New South Wales, Sydney. Ons begin nou soek na 'n huis en skool vir die kids en mens kry amper weer daardie frustrasie soos in die begin hier in Melbourne, maar hopelik sal alles uitwerk soos dit moet, die kinders sal skool begin gaan sodra die skole heropen in die nuwe jaar.

Baie van ons arriveer hier op skilled migration visas en begin werk soek as jy hier land, van die ouens kom hier aan met werk in die hand reeds. Die wat sonder dit hier aankom het dit maar moeiliker, die werksgeleenthede is daar, maar om dit te kry is baie moeiliker. Daar word gese dat in Melbourne kry mens makliker werk as jy konneksies het ongeag wat jou CV vertel, in Sydney is dit net mooi die teenoorgestelde. Alex het in die afgelope jaar net terugvoer gekry van Sydney gebaseerde agente en hier in Melbourne was sy inbox gevul met die "Dear John" briefies.

Onthou dit is soos 'n trade-off, jy gee baie op om hier te wees, die materieele luuksheid waarmee jy geleef het soos die voltydse bediende, die tuinwerker, die groot huis en en alles wat daarmee saamgaan. Jy kry soveel meer terug, jou lewensgehalte verbeter, die oop en vry ruimtes wat om jou is om te geniet op 'n daaglikse basis en om nooit oor jou skouer te loer.

Ons beplan om in die Cherrybrook omgewing te gaan bly, nou net om 'n groot genoeg huis te kry. Die 2ling het beslis hulle eie kamer nodig so hopelik kan ons iets behoorlik vind.

Boeta sal 'n oorplasing vra na 'n Woolworths in die omgewing en die meisies sal dan werk begin soek in die nuwe jaar.

1 comment:

  1. Hi Willa, ek is vreeslik opgewonde oor julle Sydney planne. Ek het nie baie kans gekry om my buurvrou hier in Eldoraigne te leer ken nie, maar ek gaan dit beslis doen as ons nou saam daar in Sydney is. God het Sy hand oor mens se planne en soms maak daardie planne draaie wat ons nie verstaan nie. Hou moed, alles sal uitwerk. Hou ons op hoogte van julle planne en deel maar wat jy leer met my sodat ek darem weet teen die tyd dat ek in Sydney kom. Groete Chantel

    ReplyDelete