Tuesday, September 27, 2011

Lastige hoesie

Vir die ou hoesie in die kerk

Op 'n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklilk
Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die
omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.

Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat
Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp.

Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir
die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna
die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense
gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê,

"For cough".

No comments:

Post a Comment