Tuesday, July 12, 2011

Tiener werk

So in die begin van die jaar het ek die kinders begin druk om nou 'n casual werkie te kry, hulle sosiale lewe maak my bankrot. Ons het 'n hele dag gesit en werk aan die CV's en aan al die baie aanlyn aansoeke wat ingevul moet word. Nou die proses lyk redelik maklik, maar om die werk te kry vir die kinders is maar net so moeilik soos wat dit vir ons volwassenes is. Die enigste verskil is die kinders doen net casual werk, en hier is dit 'n kwessie van twee baklei vir die been en die derde een loop daarmee weg. Boeta was nou al twee keer vir onderhoude by Woolworths en daar is nogal baie kinders en studente wat aansoek doen vir die tipe werke. Gelukkig het hy die tweede keer geslaag om 'n ou werkie nou los te slaan en begin eersdaags met sy eerste skof.

Met sy induksie die week is hulle baie mooi geleer oor wat is aanvaarbaar en wat is nie. Die reels word duidelik uitgespel en verduidelik. Hulle uniform sal skoon en gestryk wees, indien daar nie 'n vol baard is nie dan sal die gesig elke keer skoongeskeer wees. Skoene skoon en gepolish, jis mense ek like die. As ouer preek ons nou gereeld vir die kinders oor hulle voorkoms, maar boeta of hulle nou luister is 'n ander saak. Celeste kom gereeld met die ding dat ons outyds is, hare kam is vir die voels. Hierdie is nou die grootmens wereld, so jy sal gehoor moet gee aan die reels.

Nou moet ons daaraan werk dat die meisies werk kry, dit sal nogal baie dinge oplos.

Vandat die 2ling die "City Experience" gedoen het voordat die skole gesluit wil hulle net elke keer in stad toe. Daar is soveel om te gaan sien en te explore dat mens dit nooit alles sal kan beleef nie. Die beste is natuurlik die klein kafeetjies wat orals is en party van hulle het baie lekker en goedkoop kos. Die atmosfeer van die stad gryp jou beslis aan en hoe meer jy daarvan kry hoe meer wil jy he. Dis nogal moeilik om nee te se vir die twee.

No comments:

Post a Comment