Thursday, July 7, 2011

Mense steel deesdae enige ding!

'n Paar jaar gelede het hulle een nag ingekom en my dye gesteel. Dit het so vinnig gebeur ek het nie eers wakker geword nie. Ek het nog gaan slaap met my eie dye en toe ek wakker word, sit ek met iemand anders se dye. Die nuwes was die tekstuur van klonterige pap. Wie sou so wreed wees?



Wie se dye was hierdie voorheen en waarheen is myne? Ek het die hele somer deur gesoek na my dye. Uiteindelik het ek woedend en seergemaak maar aanvaar dat ek nou vir altyd in jeans en stywe intrek panties sal moet wegkruip. En net toe ek vrede gemaak het met my dye slaan daardie boewe sowaar weer toe!



My boude is toe volgende! Ek weet dis dieselfde bende, want hulle het moeite gedoen om my nuwe agterwêreld te laat pas by die dye wat hulle voorheen by my gelos het. Ek kon dit nie glo nie, my nuwe boude sit ten minste 3 duim laer as my oorspronklike. Nou komplimenteer my boude my dye klont vir klont. Ek hoop net lang rompe en langbroeke bly in die mode.



Verlede jaar het ek besef my arms is ook omgeruil. Een oggend toe ek my hare kam, was ek geskok om te sien hoe my bo-arms heen en weer swaai soos ek my hare kam.



Dit is vreesaanjaend. My liggaam word stukkie vir stukkie vervang met swakker en leliker dele. Hoe slinks en meedoënloos! Ek word op gereelde basis en sonder waarskuwing aangeval. Uit desperaatheid het ek ophou kortmoubloese dra.



Verlede maand is my nek vervang met 'n kalkoen s'n!



Ek alleen kan egter nie die mediese professie aanvat nie. VROUE VAN DIE WêRELD SKRIK WAKKER EN SIEN DIE VERWOESTING!

Die liggaamsdele wat oorgeplant word, is nie vrywillig verskaf nie. Jy WEET waar hulle daardie liggamsdele kry, nie waar nie?



Die volgende keer wat jy vermoed iemand het 'n "facelift" gehad, kyk mooi of dit nie dalk joune is nie. Ek dink ek het uiteindelik my dye opgespoor en ek hoop Cindy Crawford het 'n goeie prys vir hulle betaal!!



HIERDIE IS NIE 'N GRAP NIE. DIT GEBEUR ELKE NAG MET VROUE IN JOU DORP.



WAARSKU JOU VRIENDINNE!



N.S. Hoe paranoïes het ek nie geword nie? Verlede nag het ek gedink iemand het my borste gesteel. Ek het op die bed gelê en hulle was net nêrens nie!

Groot was my verligting toe ek uit die bed opspring en agterkom hulle het net in my armholtes weggekruip terwyl ek slaap. Nou hou ek hulle veilig deur hulle by my broek in te steek as ek gaan slaap.

No comments:

Post a Comment