Wednesday, July 13, 2011

Afrikaner mentaliteit.

Ek sit hier in die bed maar die trane rol soos ek weer lag. Ons ou Afrikaner volk is maar 'n klomp grapgatte. Nerens in enige ander koerant waar 'n artikel geskryf word en is oop vir kommentaar kan die volk mekaar so slegse en beledig dat dit eintlik lagwekkend word. Kyk nou vir Mnr SA wat nou beroof is in Nando's, ag shame mense, die ou gil toe. Hy soek sy simkaart en sy lisensie toe terug, die boewe is hom toe goedgesind het gooi sy kaart uit sy beursie. Die kommentaar daarop het my natuurlik in spastiese konvulsie hier dat my man dink ek kry een of ander aanval. Die arme man word nou bevraagteken oor sy manlike instink nadat hy op die boewe gegil het, die ander ou pleit dat hy eerder moes staat maak op sy vroulike instink en dat hy die donner moes gemoer het. Nodeloos om te noem was daar natuurlik ouens wat kommentaar gelewer het oor hulle bly is hulle sit diekant en nie daardie kant nie en mensig toe begin die woorde weer vlieg en ek is seker die see kan baie nie weer skoonwas na daardie taalgebruik nie.

Wat altyd vir my verstommend is, is hoe maklik dit is om 'n negatiewe en redelike kru opinie uit te spreek sonder dat die omstandighede bekend is aan daardie persoon oor hoekom ouens diekant sit.

Wat meer verstommend is, is wanneer jy kry dat 'n ex Suid Afrikaner naam maak in die buiteland dan kan die mense baie vinnig reg toe eien op die persoon. Kyk nou na die New Zealandse aktrise (wat in SA gebore is en die land verlaat het as 'n tiener) skielik die koerante haal en die opskrif lui "SA aktrise kry vuurwarm rol. Dit is amazing hoe maklik die storie gedraai kan word om negatiewe of positiewe publisiteit te ontlok, en die kommentaar daarop, regtig mense!

Baie van hierdie ouens wat sulke sterk uitsprake maak het sekerlik ook kinders en hoeveel van hulle preek vir die kinders om tog 'n wag voor hulle monde te plaas alvorens hulle praat. Hoeveel van die mense wat so maklik beledig en slegse gebruik die stelling "Wat jy saai sal jy maai" of "Doen nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie".

Ons moet maar versigtig wees dat al die onnodige kritiek wat so maklik uitgedeel word nie eendag jou lelik in die gat gaan byt nie.

No comments:

Post a Comment