Wednesday, February 23, 2011

SAFFA Familie

Dit gebeur so vinnig dat mens siek word en dan in die hospitaal beland met geen "support system" waaraan mens gewoond was nie. Jou familie of vriende is nie naby om te help met die kinders en kosmaak nie. Dan as jou man nog oorsee sit is dit net erger. So gebeur dit dat my vriendin Anli skielik siek word en opgeneem word in die hospitaal, en dit wat sy afmaak as sommer net 'n lastigheid word 'n realiteit. Daar sit sy pens en pootjies binne in ER met 'n ontsteek blinde derm, of liewers dis wat hulle dink.

Nou die van julle wat al vorige posts gelees het van my sal weet, al het jy privaat medies, maak nie saak of dit nou privaat hospitaal is of staats hospitaal, daardie kaartjie beteken blou sweet bogerol. Indien jou pynvlak nie bo 10 uit 10 is, jy nie hartpyne het, of dat die bloed spuit nie dan is dit maar 'n kwessie van wag. En wag sal jy wag. Jy poep teen lig as jy dink tantrums gaan help, hulle escort hulle jou uit die hospitaal met sekuriteit in tou. Die mense het baie tyd, en die "triage" wat jou op die lysie plaas dink ek weet minder van 'n noodgeval af as 'n blinde mol. Die ouens sal nie 'n week in 'n Suid Afrikaanse hospitaal se ER cope, selfs al hang hulle eie lewens daarvan af nie. Die medies mag goed wees hier, maar hulle het bleddie baie om nog te leer as dit kom by 'n noodgeval.

Skielik het ek ses kinders om na om te sien en rond te karwei skool toe en terug, elkeen met sy eie nukke en grille. Wel as nood druk dan doen jy wat jy maar moet doen, jy haal jou hande uit die sakke en jy versorg.

En soos die Saffa gemeenskappie maar is, steek meer hulle hande op en hulle help uit, nie lee beloftes nie, hulle help. Dis nou nie bloed familie nie, maar ons is een groot SAFFA familie wat regtig kan rock.

Aan my groot SAFFA familie hier in Melbourne julle is ankers wat mens vashou en die rigting wysers as ons die pad vorentoe moeilik raak.

No comments:

Post a Comment