Friday, December 3, 2010

Tweedehands is IN

Ek is weereens verbaas oor hoe gemaklik die mense hier is om tweedehandse boeke of klere te koop sonder om te blik of te bloos. As die mense enigsins 'n dollar of wat kan spaar dan spring hulle om die geleentheid te benut.

Vandag het ek by die skool gewerk om die boeke te help verpak asook om die bestellings wat geplaas is te verwerk. Ons het behoorlik bont gestaan om almal se bestellings gevul te kry. Hier word elke handboek wat gebuik word deur die ouers aangekoop, en dit is nogal 'n redelike duur storie. As mens nuut is in die skool en jy sien die bedrywigheid dan lyk dit soos 'n absolute deurmekaar spul, maar met ons tweede ronde toe ondervind ons dit sommer baie beter. Vinnig is die handboeke uitgesorteer vir volgende jaar en nou konsentreer ons op die vakansie by Merimbula wat voorle.

Met die skool klere werk dit dieselfde, as die kinders die skool verlaat of as die klere te klein is dan gaan dit na die tweedehandse klere bank, basies maar soos in Suid Afrika, maar die verskil hier is die mense stroom na die klere bank om die klere te koop. Weereens omrede die klere so duur is koop die mense dit tweedehands. Elkeen maak 'n geldtjie hieruit, die ou wat die klere indien en die skool en natuurlik spaar jy as ouer 'n paar rand, oeps dollar ook.

No comments:

Post a Comment