Monday, December 13, 2010

Persepsies.

Dit was toe nou ‘n lekker dolle week gewees met die dat die skool gesluit het vir die jaar. Nou is dit ‘n baie lang en uitgerekte vakansie wat voorlê en ek wonder hoe gaan ek dit deursien tot Februarie 2011.

Die jaar was goed, dit het maar sy op en af oomblikke gehad met die skoolwerk en die Engels daarby, maar as ek so kyk hoe die kinders presteer het dan kan daar nie gekla word nie. Die meisies het ook toekennings ontvang vir hulle vakke, Celesté het Excellence ontvang vir kook en PE en Nicolette het gekry vir kook. Met hierdie toekennings wonder ek en Alex wanneer sal ons die resultates kan proe aangesien ek maar nog steeds al die kook en bakwerk doen.

Ons het Alex se werksfunksie ook gehad en ek is bly om te sê dit is verby. Daar was 'n hele mengelsmoes van mense, rasse en verskillende kulture by die funksie, van die skoonmaker, die fabriekswerker, die kantoorwerkers en die bestuur. Ek het maar so in my stoel gesit en die dinge se deurgekyk, nou ek is nie snob nie of dink nie ek is beter as ander nie, (ek jok partykeer dink ek so, maar dit hang van die situasie af) maar al wat ek kon doen was om my kop te skud. Die kos was heerlik en ons het lekker ge-eet, die geselsskap was nou nie te waffers nie, maar ook omdat ek nog sukkel om die helfte van die gesprekke te volg. Die groep aan ons tafel kom almal van verskillende dele van die wereld, daar was ‘n skot, pommie, tassie (dit is soos ‘n ander deel van OZ) en NZ, elkeen van die mense praat Engels in ‘n ander dialek wat ek nie verstaan, dalk is my ore net nog nie lekker inge-oefen nie.

Die dansvloer het redelik bedrywig geraak en toe die eerste ouens begin rondval op die vloer toe maak ons, ons uit die voete. As die drank eers vrylik loop dan kan mens jouself indink hoe dit gaan eindig, hopelik met ‘n taxi huistoe.

Die son skyn vanoggend so ek moet op en die wasgoed begin was, totsiens tot ‘n volgende keer.

No comments:

Post a Comment