Wednesday, January 20, 2010

Sassafras






Wat 'n mooi dorpie. Dit is tipies jou klein plattelandse dorpie met baie karakter. Die plek is ook so 'n halfuur na vyf en veertig minute se ry van ons huis af. Jy ry deur boomryke areas en deur party natuur reservate. Die een oomblik is jy nog in 'n beboude area en die volgende oomblik ry jy deur ongerepte natuur met boomryke areas reg rondom jou. Jy sien net hier en daar die son deur die blare skyn.

Ons het by 'n natuur reservaat Grants Picnic area gestop om piekniek te hou. Hier is hordes pappegaaie wat aangevlieg kom om gevoer te word. Hier was wittes, groenes en rooies gewees. Jy koop 'n pakkie sade by die kiosk dan gooi jy so 'n paar op jou handpalm. Die pappegaai kom sit dan so bo-op jou arm en pik die sade uit jou hand. Die kinders het dit baie geniet.

Later het ons so deur Sassafras gestap en al die winkeltjies binne gegaan. Hier is stunning winkeltjies met die mooiste "eye candy". Daar was ook so 'n wegsteek gangetjie met winkeltjies wat jou terug laat dink aan Pelgrimsrus. Hier het die kinders natuurlik foto's geneem waar hulle deur 'n gaatjie loer. Tipies soos in Durban. Cool!!! Ek het op 'n kamertjie afgekom waar daar 'n ou pophuis in is. Die pophuis dateer uit die begin 1900's en was eens op 'n tyd 'n vorige eerste ministers vrou sin gewees. Baie mooi.

Later die middag het ons na Skyview toe gegaan. Hier kan jou op 'n mooi helder dag seker so 'n 180 grade uitkyk van Melbourne kry. Wat 'n uitsig. Hier is ook mooi tuine asook 'n maze waardeur jy kan stap. Die kinders het daar deur gestap en as jy al die clues kry dan wen jy 'n prys. Dit het hulle seker 'n halfuur of so geneem om dit te doen, maar tenminste het ons bietjie rus van hulle gekry. Daar is so 'n reuse stoel waarop jy kan sit, al ses van ons het daarop gesit en daar was nog steeds baie plek oor.

Die van julle wat Facebook het kan my gerus opsoek en invite dan kan julle op my foto albums gaan kyk, daar is stunnig foto's daar van die area. Dit is partykeer moeilik om al die foto's hierop te laai, so ek sit gewoonlik net 'n paar op.


No comments:

Post a Comment