Wednesday, January 20, 2010

Iemand en Niemand

Aan almal wat die afgelope maand gewonder het wat gaan aan, hier is dan geen updates van ons lewens, lewe die mense nog. Die antwoord is JA ons lewe. Regtig ons lewe, die probleem was 4 kinders wat binne 3 dae nadat ons cap vir die maand van Desember gekry het alles opgebruik het. Ons cap vir die maand is gewoonlik 12Gig. Dag 1 is daar 1Gig gebruik, dag 2 is 2 Gig gebruik en dag 3 toe is 7Gig gebruik, en wie dink julle is toe die skuldige. Wel indien julle al ooit vir iemand of niemand ontmoet het in my huis dan weet julle presies wie is die skuldiges. Toe ek die mail kry dat ons Gig op is die oggend is ek toe goed die josie in (kan nie regtig die woord gebruik wat ek op daardie stadium gevoel het nie), ek roep al 4 die kinders in en vra toe wie het so baie gebruik. Niemand antwoord toe, die oe beweeg net so heen en weer tussen die 4 maar niemand wil vorentoe tree en verantwoording vat nie. Mense en hier begin die sports toe, almal beskuldig toe vir iemand.
Wel dis eintik nodeloos om te se, maar iemand en niemand ontken of erken wie dit is wat die cap so opgebruik het nie. Ek en Alex het natuurlik ons suspisie want daar is 'n sekere persoon in die huis wat 'n nuwe skerm gekry het vir Xbox asook online status, en volgens die mense by EB Games kan die eerste online aansluiting nogal cap vat as die Xbox updates moet doen.
Dit maak die situasie nogal moeilik aangesien daar nie klinkklaar bewyse is van wie se rekenaar het dit gedoen nie, maar wie word nou eintlik gestraf.
Ek is nou al so moeg vir hierdie iemand en niemand wat altyd so onseremonieel 'n mens se lewens so omdompel, want mense met ons trek toe hier na Australia het ek so gehoop (en natuurlike gebid) die twee bly agter in Suid Afrika, want hulle het nie goedkeuring gekry om die land binne te kom nie. Daar is nie eens paspoorte vir hulle. Op ons "entry" visas is die net ek en Alex en natuurlik die vier kinders, maar iemand en niemand het nie entry visas gekry nie. Nou wat nou, wie gaan verantwoording aanvaar vir die twee as immigrasie op ons toeslaan en die twee word gevind as "illegal alliens". Nie ek nie, beslis nie ek nie!

So dis die kort en die lank van waarvoor daar geen updates was nie. Ek sal nou maar my stories mooi agter mekaar moet kry en hopelik die laaste maand se doen en late mooi dokumenteer sodat almal kan sien dit gaan regtig goed.

No comments:

Post a Comment