Saturday, October 20, 2012

Nuusbrokkies

Die afgelope paar weke was nou nie kinder speletjies met die afbeen kind nie. Die knie rekonstruksie het goed afgeloop maar die dokter het gevind dat die skade baie meer was as wat oorspronklik gesien was op die MRI scan.

Die pyn was maar konstant en die happy pilletjies (morfien) wat gegee was het haar meer misrabeld gemaak as happy. Ons het besluit dat dit liewers gelos moet word en as die pyn regtig te erg raak dan sou ons my happy pilletjies van my nierstene vir haar eerder gee. Dit was darem nie nodig nie en sy het elke dag deurgemaak sonder pynpille, brawe kind.

Die fisio het sommer vinnig vinnig begin met die nodige oefeninge en natuurlik het sy al 'n paar keer raas gekry omdat sy nie genoeg oefen by die huis nie. Die eerste week terug by die skool maak 'n mede skolier 'n kas deur toe binne in haar knieg in, nodeloos om te se is ek gebel om haar te kom haal. Die fisio was nie gelukkig nie want die knie knop het nie goed beweeg nie en die agterkant van die knieg het geknak. Nie 'n goeie eerste week terug, maar die knieg is weer verbind. Sy moet nog twee weke met die krukke en brace om die been loop.

Met die is ek toe bly dat tweedledumb se operasie uitgeskuif is na Januarie 2013, met al die verwikkelinge in tweedledee se rehabilitasie sal dit net beter wees.

Christiaan se eind eksamens is nou al 'n week aan die gang en die komende week lyk woes. Daar is twee wiskunde vraestelle, gewone en gevorderde wiskunde, asook sy ingeneurswese vak. Nie 'n goeie week wat voorle vir hom nie, al drie die vakke skryf hy die een na die ander een.

Die Engelse vraestel het nie te belowend geklink nie, maar ek dink nie ek sou veel beter gevaar het nie. As jy my nou taalkundige vrae vra, of spesifieke vrae oor my voorgeskrewe boek of poesie sou vra dan sou ek dit kon doen, maar om 'n opstel te skryf oor 'n nuus artikel en te verduidelik wat is die skrywer se beweegrede en sy sin van "belonging" na gelang daarvan, dan sal ek verseker dop.

Die briewe van die verskillende universiteite om hulle dank uit te spreek ook hy hulle oorweeg het die week begin instroom, mag die aanbiedinge om daar te studeer ook instroom as die uitslae eers bekend is.

Tweedledumb het ook 'n casual werkie los geslaan by die bakery in die village, so nou kry ons darem lekker vars brood elke keer as sy die dag gewerk het. Sy is natuurlik in die sewende hemel hieroor want nou verdien sy lekker geldjies en sy kan dinge doen en koop was sy graag wil he.


No comments:

Post a Comment