tag:blogger.com,1999:blog-39738055915237002712024-02-07T15:43:09.468+11:00de Freitas ClangHier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.comBlogger158125tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-51888119314845131952013-12-26T20:59:00.000+11:002013-12-26T20:59:56.879+11:00Verlies van 'n ouer
Een van die moeilike dinge wat ons expats moet deur maak hier alleen in die verte is om die verlies van 'n ouer te verwerk. Die verlies is veral moeilik om emosioneel te verwerk as jy nie daar is om fisies afskeid te neem nie. So het ek die middernagtelike oproep gekry een aand. Dit het 'n hele warboel van emosies losgemaak en my gedagtes het begin dwaal.
Dit het my laat terug dink aan my sorgelose kinder lewe, die pad wat ons gestap het daar in die rowwe suide van Johannesburg, van armoede, nie dat dit ons enigsins gehinder het om 'n goeie kinder lewe te gehad het nie.
Ons het groot geword daar aan die suide kant van Johannesburg in Bellavista, die gedeelte waar al die munisipale woonstel blokke ingeryg langs mekaar gestaan het, die een amper identies aan die ander een. Die plekke is in die '70's gebou, ek onthou nog hoe ons gesit en kyk het hoe die paaie geteer word, die vars reuk van teer sit nog vars in my geheue. Die klere aan jou bas was selfgemaak en almal van ons het eenders gelyk, daar was nie geld gewees om winkel klere te koop nie.
Die kliniek oorkant by die vlei het party Vrydae gedurende skool vakansies gedien as 'n fliek. Die projekter is opgeslaan en ons klomp kinders het op 'n ry gesit en Tarzan movies kyk.
Ons het 'n goeie sorgelose kinder lewe gehad, niks in oorvloed. Ons speelplek was tussen die woonstel blokke en die groot grasvelde wat daar eens op 'n tyd was. Nou is dit vervang met snelwee en die dwelmhandelaars. As ons nou regtig avontuur wou gehad het dan het ons na die koppies uitgewyk of selfs die mynhope aan die agterkant van ons, maar dan het jy vir groot moeilikheid gesoek. Vakansie tye sou ons tot laataand buite wees en een vir een het jy die ma's hoor roep na die kinders om in te kom. Daar was nie so iets soos 'n tv stel in die huis nie, die het jy by die bure gaan kyk wat dit wel kon bekostig. Ons middagete was baie kere pap en marog, dit was koningskos vir ons. Daar was dae wat ons nie eens vleis gehad het vir aandete nie, maar dit het ons nie gepla nie want ons nie geweet van beter nie. Winter en somer het ons skool toe gestap, 'n goeie 7km elke dag en boeta as jy die dag laat was vir skool dan was dit 'n goeie drafstap opdraende. Die middae was dit natuurlik al die pad afdraende. Partykeer het jy die waagmoed gehad om met die bus te ry sonder 'n buskaartjie en so het jy al die pad gehoop jy word nie uitgevang nie.
Ons was soos enige ander kinders stout, het dinge aangevang wat jou Ma so kwaad gehad het dat die belt natuurlik ingespan is en jy is goed gevoeter. Natuurlik het jy gevoel dis onregverdig en jy het probeer om jou skuld in die situasie tot die minimun te beprek, daar is natuurlik deur alles gesien. Ek onthou eenkeer waar my jongste broer amper die huis kon afgebrand het, hy het met vuurhoutjies gespeel in sy kamer en sodoende sy bed en gordyne aan die brand gesteek. Die verduideliking was so oortuigend vir homself dat ons tot vandag toe nog daaroor lag.
My Ma moes vier kinders alleen groot kry na my Pa se skielike afsterwe van kanker, 'n maklike taak was dit beslis nie. Sy was 'n moeilike vrou en het nie ons nonsens gevat nie. Sy het finansieel voorsien wat sy kon en meer as eenkeer het sy vir ons kinders gese dat sy nie vir ons geleerdheid kan gee nie maar matriek sal ons almal klaar maak. Sy het net standerd 8 gehad, veel meer oor hoekom en waarom het sy nooit met my gedeel nie. Daar is baie wat sy nooit met ons wou deel na my Pa se dood nie. Soos ons ouer word raak hierdie dinge belangrik want dit is tog immers ook jou geskiedenis wat verlore gaan.
Daar was baie kere hard koppe gestamp maar terug praat het ons nie durf doen nie, nie soos vandag waar die kinders dink hulle het die reg om hulle ouers te bevraagteken oor elke liewe aspek in die lewe nie.
Ek mis my Ma hierdie kersseisoen.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com3tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-44030825849588953642012-10-20T19:27:00.000+11:002012-10-20T19:33:38.401+11:00NuusbrokkiesDie afgelope paar weke was nou nie kinder speletjies met die afbeen kind nie. Die knie rekonstruksie het goed afgeloop maar die dokter het gevind dat die skade baie meer was as wat oorspronklik gesien was op die MRI scan.
Die pyn was maar konstant en die happy pilletjies (morfien) wat gegee was het haar meer misrabeld gemaak as happy. Ons het besluit dat dit liewers gelos moet word en as die pyn regtig te erg raak dan sou ons my happy pilletjies van my nierstene vir haar eerder gee. Dit was darem nie nodig nie en sy het elke dag deurgemaak sonder pynpille, brawe kind.
Die fisio het sommer vinnig vinnig begin met die nodige oefeninge en natuurlik het sy al 'n paar keer raas gekry omdat sy nie genoeg oefen by die huis nie. Die eerste week terug by die skool maak 'n mede skolier 'n kas deur toe binne in haar knieg in, nodeloos om te se is ek gebel om haar te kom haal. Die fisio was nie gelukkig nie want die knie knop het nie goed beweeg nie en die agterkant van die knieg het geknak. Nie 'n goeie eerste week terug, maar die knieg is weer verbind. Sy moet nog twee weke met die krukke en brace om die been loop.
Met die is ek toe bly dat tweedledumb se operasie uitgeskuif is na Januarie 2013, met al die verwikkelinge in tweedledee se rehabilitasie sal dit net beter wees.
Christiaan se eind eksamens is nou al 'n week aan die gang en die komende week lyk woes. Daar is twee wiskunde vraestelle, gewone en gevorderde wiskunde, asook sy ingeneurswese vak. Nie 'n goeie week wat voorle vir hom nie, al drie die vakke skryf hy die een na die ander een.
Die Engelse vraestel het nie te belowend geklink nie, maar ek dink nie ek sou veel beter gevaar het nie. As jy my nou taalkundige vrae vra, of spesifieke vrae oor my voorgeskrewe boek of poesie sou vra dan sou ek dit kon doen, maar om 'n opstel te skryf oor 'n nuus artikel en te verduidelik wat is die skrywer se beweegrede en sy sin van "belonging" na gelang daarvan, dan sal ek verseker dop.
Die briewe van die verskillende universiteite om hulle dank uit te spreek ook hy hulle oorweeg het die week begin instroom, mag die aanbiedinge om daar te studeer ook instroom as die uitslae eers bekend is.
Tweedledumb het ook 'n casual werkie los geslaan by die bakery in die village, so nou kry ons darem lekker vars brood elke keer as sy die dag gewerk het. Sy is natuurlik in die sewende hemel hieroor want nou verdien sy lekker geldjies en sy kan dinge doen en koop was sy graag wil he.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-84900892569187024612012-10-11T22:16:00.000+11:002012-10-11T22:16:06.831+11:00Wetteloosheid vs "Polisiestaat"September maand is ons nou drie jaar al in Oz, die tyd het beslis vinniger gestap as wat ons besef het. As ek terug dink aan die begin dae toe ons hier geland het en hoe vreemd alles was, was daar dae wat ons gedink het gaan ons dit maak hier, nou is dit bekend dit is huis. Ons hoop en vertrou dat die volgende jaar net so vinnig verby sal gaan dat ons daardie Ozzie paspoort kan kry.
Vandag besef ons weereens dat daar baie versions vir mense is oor Oz, my broer het dit vandag vir my baie hard en duidelik gemaak dat hy nie van plan is om hierna toe te kom want die "regulerings" is so streng. Ek vestaan dat nie almal soos ons dink en wonder of daar nie iets beter is as die ewige vrees vir die "eendag" dat iets jou of jou gesin gaan oorkom nie. Of gaan jy 'n toekoms he, gaan jy nog 'n inkomste he. Dan wonder ek maar so by myself nou hoe dan nou, daar is mos iets beter. Is dit nie hoe dinge ook moet wees nie, die lewe is mos nie wetteloos nie. Dit mag dalk in sonnige Afrika wees maar nie hier nie. Behoorlik regulasies moet tog gevolg word. Die spoedgrens in Suid Afrika byvoorbeeld is 120km/p/h, maar wie ry nou eintlik dit, net die ou wie se kar so vrot en uitmekaar uit val en skaars die bult behoorlik kan uit. Daar is die Putco bus wat nie behoorlik gediens word nie en die allergoorste gasse afgee terwyl dit probeer om voor te kom, of die groot trok wat met 'n spoed die bult afkom en wie se remme skielik nie meer werk nie want die die eienaars wil 'n "buck" maak en de mense lewens is nie belangrik nie. Almal toi toi oor die een of ander iets waarmee hulle ongelukkig is, en dit is hulle reg sekerlik, maar is dit hulle reg om alles rondom hulle te verniel, trokke aan die brand te steek, mense lewens te verwoes deur bakstene te gooi, kyk net na die artikel om te sien hoe dit daar gaan. Gee dan liewers vir my hierdie gereguleerde polisie land want ek volg die reels. Hier is ook maar wetteloosheid, maar aitsa jy sal gevang word, kyk maar na die moord op televisie persoonlikheid, die ou is gevang, of na die paartjie wat by die hotel ingebreek het, die ouens is gevang.
Mense verlaat die land daagliks om beter heenkome vir hulle self hier of selfs in ander lande te gaan soek. Die ander kant van die coin is ook daar, die mense wat weer terug gaan na SA want dinge het net te "gereguleerd" geraak vir hulle hier. Is dit omdat jy nie die reels kan volg nie. Het hulle die spoedgrens net eenkeer te veel oorskry en hulle sodoende hulle lisensies dalk verloor, of selfs bietjie tipsy gery van 'n lekker ete saam met die gesin en toe gestop is vir 'n "breathalyser" en dit nie gepass nie. Dalk was die hele proses net te veel vir jou en vroulief en dinge het nie uitgewerk, nie gedink dit gaan so moeilik wees om jou eie besigheid hier te bedryf nie want nou moet jy regtig hard werk. Mens kan enige blog of forum gaan lees en baie vinnig sal jy agterkom immigrasie is nie vir sissies nie. Dis moeilik, daar is tye dat jy moedeloos raak, daardie selfdoubt kom sit so op jou skouer en tik tik aan jou oor watse kak besluit het jy nou gemaak. Druk net deur, dinge lyk altyd beter die volgende dag en daar is die besef ander sukkel ook soos jy. Al wat jy kan doen is elke dag 'n stappie vorentoe gee want terugdraai is nie die oplossing nie.
Hoe dit ookal uitwerk vir jou as jy die besluit maak om te kom of nie te kom nie, maar moet nie laat streng regulering en wetgewings jou rede wees om nie dit te wil doen nie, as jy 'n wetsgehoorsame mens is sal die "polisiestaat" jou nie eens pla nie, dit sal normaal wees.
Ek sal eintlik baie opgee om my familie, my broers en suster diekant te kry want die lewe hier is die moeite werd. Jy tel as mens diekant, jou menswees beteken iets. Alles het natuurlik 'n prys, en watter prys is jy bereid om te betaal om vry te wees.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-13122112513749276462012-09-29T18:38:00.001+10:002012-09-29T18:38:24.665+10:00Skool afsluitingEk dink elke ma droom oor die dag dat haar kinders matriekafskeid of "formal" soos dit hier bekend staan gaan. Dit het redelike oortuiging gekos om Christiaan sover te kry om wel 'n kaartjie te koop en om net te gaan. Hy het redelik verskonings gehad maar op die ou einde het sy ma en sussies gewen.
Die vorige aand het die skool 'n graduation aand gehou, hier is die hele GR12's vereer vir hulle verskillende rolle gedurende hulle skooljaar. Daar was akademiese toekennings, kultuur en musiek opvoerings, gemeenskaps projek toekenings asook sport toekenings. Die hele graad kry 'n jaarboek wat net op hulle gefokus is asook 'n gedrukte boekie met elke kind se naam en erkenings wat hy of sy ontvang het. Tydens die oorhandiging van hierdie folio aan die kinders word hulle name uitgeroep en stap hulle op die verhoog om dit te ontvang, Alvorens boeta se naam gelees word het ons besluit dat wanneer hy oor die verhoog stap sal ons hom 'n behoorlike toejuiging gee, toe sy naam gelees word en ons juig hom toe vanuit die gehoor het daardie arme kind van my bloedrooi gebloos, nou ja wat het hy anders verwag van hierdie ma van hom. Nie gedink dit gaan stil stil plaasvind nie. Die mense het in hulle stoele omgedraai om na ons te kyk, maar dit was vir my 'n baie proud oomblik so hoekom kan ek dit nie wys nie, verbaal of nie. Vandaar het die ander ouers gesien maar mens kan jou ou kinders aanpor en die dak het 'n paar keer gelig.
Met die formal het boeta mens weereens laat besef die kind is groot, hy het so goed in sy swart pak klere gepas. Hy en vier van sy maats is saam na die dinee toe, meeste van die kinders het almal met groot stretch limo's daar opgedaag en die meisies het sprokies mooi gelyk. Hier daag die ouens nie as paartjies op nie en kom ook nie met vreeslike eksotiese voertuie of vervoermiddels daaraan nie, almal deel die kostes as daar op limo's besluit word.
Hulle het heerlik gekuier tot so elfuur en vandaar is hulle na die after party toe. Een van die ander ma's het casual klere vir hulle gevat en hulle pakke terug gebring. Almal het 'n bus gevang in stad toe na 'n klub toe wat gehuur is en daar was lekker gekuier gewees. Soos dit hier werk kan kinders onder 18 nie drank bedien word nie en dit word redelik streng toepas by die klubs, so daar was 'n onder 18 en bo 18 gedeelte in die klub gewees. 'n Pa het hulle by die klub gaan haal so by drie uur en almal is veilig terug in hulle beddens gewees teen vieruur die oggend. Mens vat net nie die kanse hier met die kinders nie, die polisie het 'n zero tollerance policy hier met P bestuurders.
Boeta het natuurlik heeeeerrrrrrrrlllllllliiiiikkkkk gekuier en die nagevolge die volgende dag het hy gevoel. Les is geleer. Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-28092481036125749172012-09-29T17:55:00.001+10:002012-09-29T18:45:51.570+10:00Grootmens wereld wagChristiaan is gebore in die tyd waar daar redelike onrus en onluste was. Daar is tye wat ek die middestad van Johannesburg ingery het wat mens gewonder het gaan jy dit veilig weer uitmaak vanaand. So net voor hy gebore is was daar weer so 'n redelike groot optog deur die strate, ek hoogs swanger en met baie min geduld het genoeg gehad van hierdie nonsens. Toe ek weer so 'n alternatiewe roete moet vat om by die werk uit te kom vererg ek myself daar en met hormone wat total haywire speel met my liggaan trap ek die swart polisie man uit oor die verdompde ANC en die IFP nie tot 'n ooreenkoms kan kom nie, die twee partye is so erg aan die baklei voor die verkiesings dat die hele Johannesburg tot randsome gehou word. Ek het dit natuurlik heel verbaal aan die polisie man verduidelik, dis maar hoe ek was. Het nooit gedink net gedoen en na die tyd dink mens aan alles wat kon verkeerd geloop het.
Christiaan is gebore in Mei 1994 en volgens alle aanduidinge moes ons toe al geweet het dinge gaan nie beter word nie. Hy is Gr1 toe en soos die jare aangestap het, het die wete al hoe sterker geword dat wat die kinders ookal doen of swot gaan nie guarantee dat hulle 'n werks toekoms in die land gaan he nie. Die kinders se vakkeuses op skool is so gelimit oor wat hulle kan vat, ons forseer hulle om vakke te vat wat nie eintlik hulle sterk punte is nie. Hulle moet vakke vat wat universiteits toelating guarantee, elke rigting is so geforseer dat die kind geen ander opsies eers kan oorweeg nie. Ek onthou nog toe ons vakkeuses in Gr9 moes doen, die wete dat jou kind sekere sterk punte het en dat die vakke nie noodwendig die uitkoms vir hom gaan gee wat hy verdien nie. Dankbaar is ek nou dat ons nie met dieselfde struwelinge hier sit nie, nie dat ons sonder stres is oor vakkeuses nie, nou is die keuses so baie dat hulle nie weet wat hulle wil vat nie.
Hy skryf vanjaar sy Gr12, matriek of wat mens dit ookal wil noem in die land waar jy mag wees. Dit is verstommend om te dink 18 jaar is verby en hy staan op die rand van die grootmens wereld. Wat voor hom le is alles in sy hande, hoe hy ookal die dice gooi hy moet sy eie pad vorentoe uitkap. As ek artikels lees oor hoe ouens bekommerd is oor hulle kinders se toekoms in Suid Afrika dan kry ek hierdie dankbare gevoel dat wat Christiaan ookal besluit om te doen is goed. Sy aansoeke vir die universiteite is in. Nou die manier hoe dinge hierdie kant werk is so, daar is een sentrale webtuiste vir elke staat waar jy die aansoek indien. Jou aansoek moet alternatiewe keuses ook bevat want dit beteken nie jy gaan jou eerste keuse kry nie. So boeta wil ingeneurswese gaan swot en die rigting is meganies en mechatronics. So jou aansoek sal begin by die universiteit waar jy die graagste wil gaan swot met jou rigting keuses wat hulle aanbied en so lys jy elke universiteit wat die rigting aanbied as alternatiewe keuses. As jy gelukkig is kry jy jou eerste keuse indien nie beweeg hulle af met die lysie tot jy 'n plek kry. Die keuse in NSW was eerste by UTS (University Technology Sydney, ons het ook aansoek gedoen by Macquarie, University NSW en Sydney, in Victoria waar hy bitter graag wil gaan swot het ons aansoek gedoen by RMIT, Deakin en Swinburn. So tussen die twee state het ons seker vir vyftien verskillende rigtings gevra almal met een of ander meganiese, mechatronic en robotics keuse. So iewers moet hy gelukkig wees, ons hou maar duim vas vir RMIT.
Al wat hy nou moet doen is hard swot, hy het drie weke alvorens hy die eerste vak skryf en in die eerste week skryf jy sommer drie vakke, twee op een dag. Hy begin die 15de Oktober en maak 2 November klaar. Dan wag ons maar vir die uitslae wat so om en by die 19de Desember bekend gemaak sal word.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-2140574748504939902012-09-06T18:47:00.001+10:002012-09-06T18:47:34.215+10:00Tweedledee en TweeldedumbWie het ooit gese die lewe gaan makliker wees diekant. In alles wat met die tweeling nog ooit gebeur het kon ons met redelik gemak hanteer, maar die laaste tyd lyk dit my as iets met die een moet presies dieselfde met die andr een gebeur.
So gebeur dit die jaar tydens een van die skool se uitspeel netbal wedstryde dat Celeste binne die eerste vyf minute in mekaar sak. Die klap geluid tydens die besering het alles mooi uitgespel en die MRI het dit net bevestig. Die linker knieg se besering is van so 'n aard dat sy 'n knierekonstruksie moet kry.
Laasjaar het Nicolette tydens een van die OAT vakke het sy haar knieg ook beseer maar soos dit maar gewoonlik gaan het ek my nie veel daaraan gesteur nie en maar tough love heeltyd toegepas, so maak sy toe weer haar knieg tydens een van die wedstryde ook seer. Wel nodeloos om te se na vele fisioterapie wat ek haar ook vir 'n MRI en wie sou glo, presies dieselfde besering as Celeste. Die verskil is net die voorste ligament is geskeur en omrede ek niks daaraan gedoen het nie het dit vasgegroei aan die agterste een.
Altwee is operasies is geboek, Celeste kry hare die 20ste waar sy dan vir ses weke in stutte gaan wees en Nicolette doen hare 'n maand later. Dit gaan bietjie rof gaan in die huis hier. Ek dink ons sal maar boeta uit sy kamer moet skuif en die tweeling moet hulle self daar gaan tuis maak. Dit gaan 'n geneuk wees om hulle op en af te dra met die trappe, ook net totdat hulle mobiel is. Hopelik sal die voor en die na fisioterapie en rehabilitasie die proses mooi aanhelp.
Dit beteken ook dat hulle vir die volgende nege tot twaalf maande buite aksie sal wees as dit kom by sport. Ons sal iets moet kry vir hulle om te doen want om vir solank te sit en niks te doen is net moeilikheid soek.
Of dalk sal hulle punte op tel sienende dat die volgende twee jaar harde werk gaan wees. Mens kan seker maar droom.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-54890960682945179072012-08-01T21:39:00.001+10:002012-08-01T21:39:27.388+10:00Keuses.Vandag lees ek op FB die volgende vraag wat deur Sarie tydskrif aan matrikulant ouers gevra word: "Is jy as ouer bekommerd oor wat jou kind moet gaan swot te midde die hoe werkloosheid syfer van gegradudeerdes?"
Tans is ons besig om vir ons tiener tweeling dogters vakkeuses te bepaal vir jaar 11. Hier in Ozland begin die kinders eers in Gr11 om werklik voor te berei vir hulle finale jare op skool en die toekoms. Vakkeuses word hier gedoen om grond waarvan jy hou. Dit word nie bepaal deur spesifieke vakke soos wat ons so gewoond aan was nie. Hier het die kinders keuses en dit gaan baie interresant wees om te sien wat my twee se keuses gaan wees.
Die een stel nie regtig belang om universiteit toe te gaan nie waar die ander een 'n doelbewuste keuse maak om vakke te kies wat sal verseker dat sy wel genoegsame krediete sal kry vir haar ATAR. Daar is vakke wat geneem kan word wat jou die gewone HSC (matriek) sal gee, jy mag dalk nie noodwendig eksamens skryf nie, en ander weer wat van so 'n aard is dat een maal 'n week na die Tegnikon toe gaan asook 'n interim werk. Die keuses is so wyd hier dit raak baie tegnies dit maak selfs die Ozzies deurmekaar. Die universiteite bring vroegtydig elke jaar die opgedateerde toelatings vereistes aan vir elke vak rigting en sodoende kan die kinders krediete opbou vir daardie rigtings.
Dit maak nie eintlik saak wat die kinders besluit om te vat nie, ek as ouer is eintlik gerus daaroor want wat hulle ookal besluit om te doen ek weet aan die einde van die dag sal daar 'n plekkie vir hulle wees. Hulle sal kan werk kry en sodoende vir hulself kan sorg.
Vir al die duisende ouers daarbuite wat nagte wakker le oor hulle kinders se toekoms wil ek net se die wereld is groot hulle sal hulle plek vind en ook nie noodwendig in die land waar hulle die opleiding gekry het nie.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-38844602700229560612012-07-13T21:47:00.000+10:002012-07-13T21:47:38.110+10:00My hart bloeiDis nou al 'n rukkie wat ek doel bewustelik nie meer koerante van Suid Afrika lees nie. Die somber nuus wat mens daagliks so in die gesig staar is net te veel vir mens om te verwerk. Hoe gebeur dit dat daar elke dag nog 'n bietjie meer van die menswees verwoes word in 'n land wat so baie gehad het vir mens om te gee. My voorvaders moet in hulle grafte omdraai as daar gesien word hoe die land verwoes word greintjie vir greintjie. Daar word gereeld optogte gehou om te wys hoe die land se mense bloei maar die opkoms van die mense wat so hard kla is pateties sleg. Hoe kan mens kla maar niks doen om jou omstandighede te verander nie. Dis eending vir my om hier veertienduisend kilometer verder te sit en die vraag te vra, maar ek doen my ding hier. Ek lig mense in om te gaan novors oor hierdie land, sy mooi en sy lelik. Ek praat met jong mense oor ons gewese land en hulle kom met vrae van verwardheid terug oor hoe is dit dan moontlik.
Mag elkeen van ons minder vinger wys en meer begin doen sonder om enige iets terug te wil ontvang.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-32612905590171480042012-07-13T21:40:00.001+10:002012-07-13T21:40:26.360+10:00NuusbrokkiesEk geniet dit nogal om elke dag op Facebook te gaan en te kyk wat gaan in ander mense se lewens aan, om op te lees oor wie se nou weer wat, wie irriteer wie. Ek geniet dit ook om na al die kreatiewe profiele te kyk van die ander mense en sodoende nuwe idees te kry. So elke af en toe kom ek 'n bladsy tee wat my nogal laat dink en hierdie is beslis een wat julle na kan gaan kyk. Sy beskryf dinge nogal raak en daar is geen pretensie in haar skryfwerk.
Ek dink mens moet meer kere so begin wees, se die goed soos dit is, waarom met allerhande draaie kom om iets te verduidelik. 'n Ding is wat dit is, niks meer en niks minder.
Die afgelope winter skool vakansie was een besig tyd, hier het ses ekstra kinders tuis gegaan en die huis was lewendig. Om die etenstafel was dit 'n gewoel en die diep warm lag van Heinrich het telkemale deur die huis getrek. Hier het maats gekuier van Melbourne en Suid Afrika. Lanklaas het ek my kinders so gehoor, dis nou praat en lag en "onthou julle nog". Dis mos deesdae heeldag voor die Tv le of anders in hulle kamers agter 'n toedeur met die skootrekenaars oop.
Een van die dae is die vakansie iets van die verlede en dan is die kinders terug skool toe, dalk sal ek meer tyd kry vir my stokperdjies. Wie weet. Moet begin beplan aan die kersmark wat ons hier wil begin en my idees kry mooi vorm. Sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge en sodra ek voorbeelde het sal ek dit hier kom wys.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-71413344747187477752012-06-05T14:33:00.000+10:002012-06-05T14:33:43.475+10:00Huweliks herdenking
Ons ontmoeting het nie gepaard gegaan met Oscar genomineerde musiek, daar was ook geen gefladder van hartsnare oor daardie eerste oog kontak nie. Dit was so doodgewoon maar tog het dit verewig vas gesteek in ons koppe. Ons het ontmoet tydens een van ons munisipaliteit oudits in die laat tagtigs. Dit was die Boksburg Munisipaliteit oudit. Dit was een van daardie dae waar Oom Joop weer op sy stukke was en as die ou man eers omgekrap raak moet mens maar suutjies trap. Dit was in die dae toe die oudit firma nog Wiehahn Meyernell was voordat dit verander het na Prys Waterhuis oftewel Price Waterhouse.
Ek was nie in 'n goeie bui, seker ek het weer 'n hoofpyn gehad en die begin van 'n nuwe oudit het weer gemaak dat alles in rep en roer was. Die mannetjie het Oom Joop omgekrap op sy eerste dag van die oudit en as oom Joop omgekrap raak het ons almal dit ontgeld. Later soos die oudit verloop uitgevind dit was tydens sy SDR eksamens dat Alex hom so omgekrap het.
Soos die tyd aangestap het het ons mekaar beter leer ken en 21 jaar later baie gelukkig getroud. Ins ons oudit groep van daardie jaar was daar drie troues. Dit was ons, Madelein en Johan Geel, Gert en Sandra Labuschagne en Ronel Louw.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-2330629773290665982012-02-18T18:00:00.005+11:002012-02-18T18:51:13.152+11:00Nierstene is nie vir sussies nie.Pyn is nou nie iets wat so lekker akkodeer met my nie, ek is nou nie 'n woes nie, maar wragtag toe daardie eerste skietpyne so deur my niere trek wou ek myself benat. Hier staan ek voor die stoof besig om aandete voorberei te berei, Alex sit by die blad en ons kuier so oor 'n glasie. Die oomblik toe daardie pyne begin toe weet ek hier kom bollie. As ek maar net toe geweet het watse bollie.
Die eerste simptome het eintlik al op Australia dag begin, terwyl ons oppad was na Blue Mountain toe. Dit was nie erg of te ongemaklik nie maar my onderbewusyn het dadelik die rooigevaar sien kom.
Laataand vat Alex my maar dokter toe, ek krul van die pyn. Net om die afstand van die kar na die spreekkamer af te le was soos 'n marathon vir my. Die doktertjie het maar setpille voorgeskryf en my huis toe gestuur. Die pilletjies was nou lekker, dit skop jou voete skoon onder jou uit. Jy moet net oppas of dit kan dalk te lekker raak. Die volgende oggend is ek vir 'n scan wat gewys het hierdie outjie beteken besigheid. Ek sit met 'n 7mm steen en die eerste "noodgeval" afspraak wat ek met die uroloog kan kry is die volgende week Woensdag. Kyk op hierdie stadium toe bevraagteken ek die hele rede oor hoekom sit ek hier. Die ouens kan mens nie eens dadelik opneem nie, nee jy moet eers die uroloog sien, maar die outjie is so vol geboek selfs die noodgeval bookings is in triplikaat al. Geen jokes! Indien jy by die noodgevalle afdeling van die hospitaal aanklop kan jy enige iets van 'n uur of langer wat alvorens daar aandag gegee word aan jou, dan is jy nie eers gewaarborg dat jy opgeneem gaan word nie. Nee jy sal huis toe gestuur word en aangeraai word om panadol te drink vir die pyn, en dit op 'n fullcover privaat medies.
'n Week en 'n half later na die aanval word ek gedoen. Die hele prosedure is 'n dagbesoek en ek is huistoe die aand. Ek brul daardie aand van diepyn in my sy, maar volgens die mense is dit normaal. Normaal so voet dink ek so bymyself maar ek sluk die pynpilletjies en gaan kuier toe vir die outjies in die wolke.
Met die niersteen wat verwyder is besluit die uroloog om 'n stint in my op te druk, nie 'n goeie idee nie. Vir die volgende week sit ek met meer pyn, iets wat my drie swangerskappe en 'n niersteen met my eerste swangerskap my nie eens gekos het nie. Ek brul en ek krul, ek huil en vloek. Elke dag bel ek die doktertjie se nommer en die poppie vertel my ja dit is normaal. Ek dog toe so bymyself hoe de heng kan dit normaal wees. Geen mens kan soveel pyn elke dag verduur met die flippen pypie in jou wat veronderstel is om te help en dit word geklasifiseer as normaal nie. Vyfdae later besluit ek basta so kan ek nie aangaan nie, ek kan nie behoorlik funksioneer nie. Besluit om maar noodgevalle toe te gaan, wat 'n futale poging. Daar word vir jou gese hulle het nie 'n bed vir jou nie, tot daar nie 'n bed is kan hulle jou nie help nie. Jy moet maar in die ontvangs sit en uitpass maar help gaan hulle jou nie help. Die wat my ken kan seker sien hoe verbaal raak mens dan. Jy moet net oppas of die polisie word gebel om jou te kom verwyder.
Nodeloos om te se sit ek myself toe weer op 'n happy trip, dit raak amper nou 'n gewoonte. Twee dae later word die stint verwyder en ek sing bymyself haleluja, die pyn is iets van die verlede, my nagmerrie ondervinding is verby en ek kan die happy pilletjies ver weg bere. Het ek tog nie al geleer om nie te vinnig opgewonde te raak nie. Hoeveel keer moet dit nog gebeur, sodra ek die Psalms en Gesange begin sing en opgewonde raak slaan daardie bleddie bliksem straal en hy slaan seer. Vroegoggend is ek in en voor tien is ek by die huis. Binne 'n uur gaan ek van lofgesange na klaagliedere. Ek is tussen die bed en die badkamer, die pyn is ondraaglik. Ek letterlik ruk die klere van my lyf af asof dit nou gaan help teen die pyn. Arme Alex staan hulpeloos en kyk hoe ek kreunend voor die toilet staan en kots. Nie 'n mooi prentjie nie. Hy spoel my lyf af met 'n koue waslap en dan dra hy 'n warm water sak nader. So gaan dit vir seker 2-3 ure aan. Selfs die happy pilletjies het besluit nee wat hieruit gaan ek jou nie help vandag nie, suffer sussie suffer. Ek het oor en oor my gedeelte van pyn en lyding gehad, nooit wil ek dit ooit weer oor he nie. Die pyn begin stadig bedaar en ek raak aan die slaap, seker meer van uitputting as van die happy pilletjies.
Dis 'n dag later en ek kan voel aan my niere ek het 'n geveg gehad. Wie die wenner is weet ek nie, dalk die dokter my sy vet rekening.
Dit maak nie saak of my privaat medies het of nie, die hele mediese ondervinding wat ek hier ondervind het is een van total moedeloosheid. Hierdie mag dalk 'n eerste werelds land wees, maar ek kan julle verseker van privaat mediese sorg in Suid Afrika kan die ouens defnitief iets leer.
Hierdie hele episode het in 'n kwessie van drie weke afgespeel en mense ek kla nie sommer nie, maar die medies hier is een hele groot fokop.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-68263548410437344862012-02-07T08:24:00.004+11:002012-02-07T09:13:10.317+11:00Nuwe skool nuwe ervaringeDie eerste skool week het met 'n bang begin. Boeta was vroeg uit die huis en in plaas van loop toe ry hy maar. (Het dit ook nou sommer stop gesit) Die eerste dag was 'n totale gemors gewees. Sy vakke is heeltemal opgeneuk, vir Fisiese Wetenskap sit hulle hom in Physical Fitness, sy houtwerk klas hou hulle aan om hom te skuif tussen Design en Technology & Houtwerk, onderwysers kan nie besluit wat het of het hy nie gedoen nie. Wiskunde Spec is sommer weg. Dit lyk vir my hulle hele admin is op die koffie, maar hy is mooi groot en moet dit maar alles self uitsorteer. Na drie dae se gesukkel is hy nou gevestig, sy vakke is uitgesorteer en dit gaan 'n besige tydtjie wees vir die outjie. Ek sien die stres kry hom bietjie onder en wanneer dit gebeur kan hy nie funksioneer nie, dan sit hy net in plaas van om sy skoolwerk te tackle.
Die meisies se eerste dag het ook goed afgeloop. Lyk my daar is redelik Saffa kinders in die skool, meer eintlik in Clara se graad as in die ander. Nuwe skoliere het elkeen 'n buddy gekry en die persoon het dan die dag met die kinders gespandeer en hulle touwys gemaak oor waar alles in die skool is.
Met ons ervaring van publieke skole in Melbourne was ons maar skepties oor hoe die kinders die skool sou ervaar. Die skool is redelik groot en daar is omtrent +2100 kinders van Gr7-12 in die skool. Dit lyk asof die kinders hulle skooluniforms hier beter dra, (julle sal verstaan as julle die kinders in East Dincaster sien) dit lyk of disipline net beter toegepas word. Alhoewel die kinders met gekleurde hare wat soos 'n reenboog lyk hier aankom, snitte wat mens laat wonder of hulle ooit daardeur kan sien en dit is die seuns, grimering en juwerliersware het die meisiekinders met 'n positiewe gesindheid by die huis aangekom na die tyd. Volgens hulle is daar maar ongeskikte en ongemanierde kinders in die klasse en die onderwysers word redelik aangevat. Weet darem nie so lekker of enige ou onderwysers in my tyd hiervoor sou gestaan het nie.
Dit is moeilik om mens daarmee te vereenselwig as jou opvoeding maar redelik streng was. Daar was reels en regulasies by die skool, jou hare netjies, jou uniform word gerespekteer en mens het trots gehad. Trots op die skool, die opvoeding en geleerdheid wat jy daar gekry het, wel ok meeste van die kere. Ek het maar ook my rebelse maniere gehad.
Die meisies ht toe ingeskryf by die plaaslike netbal klub, hopelik sal dit beter gaan hier as in die vorige een waar die 2ling was. Clarissa se groep het die afgelope naweek proewe gehad (dankie tog hiervoor) en dit het goed afgeloop. Eers was ek bietjie bekommerd want sy het nie baie speeltyd gekry nie, maar na die tyd het sy kom vertel dat in die eerste rondte kon hulle sien sy het potensiaal, so bly daaroor. Sy het A span gekry, maar dit beteken harde werk vir haar. Die span is goed en gewoonlik eindig hulle in die eindrondte.
Ek en Alex het bietjie rondgery en gaan soek vir plekkies waar ons vroegoggend ontbyt kan gaan eet. Ons het op 'n hele paar plekkies afgekom. Net om die hoek van ons naby die Koala sanctuary is 'n nasionale park, Cumberland State Forest, en daar het hulle 'n heerlike ontbyt bedien by Cafe Saligna vir ons maar eintlik was die porsies way te veel gewees. Dit is net so af in Castle Hill Drive. Daar is 'n hele paar staproetes wat mens kan aandurf en een spesiefieke roete wat ek wil doen is die sensoriese roete. Ek is seker Tania (vriendin in Melbourne) sal dit geniet. Die park is so 40 hektaar groot en wie sou raai so binne 'n geboude gebied is so 'n mooi park met piekniek geriewe en staproetes.
Later het ons net rondgery op soek na koffie en op Flowerpower kwekery afgekom. Dit laat mens baie dink aan WarrenGlen kwekery se opset, dit is baie mooi en volop pragtige dekor vir die huis ook. In Beecroft het ons op nog 'n oulike plekkie afgekom wat in 'n ou poskantoor gebou gevestig is. Die plek is so mooi oorgedoen en die atmosfeer was net lekker. Sal nog foto's opsit om die dekor van die plekkies te wys. As mens net begin soek in jou omgewing kan mens redelik verras wees oor wat jy kan kry.
Die week het met 'n bang begin, letterlik. Boeta het sy eerste ongeluk gehad met die kar. Hy was oppad skool toe, het vroegoggend klas gehad , en binne die sirkel net voordat hy dit verlaat tref die ander kar hom. Die skade is groot, maar ja wat kan ons hieroor se.
Foto: Via Airview online
Vandag was weereens 'n heerlike dag buite gewees. Ons het vroegoggend sommer besluit om na Dangar Eiland te gaan vir die dag. Die hele eiland kan plat gestap word in omtrent twee ure. Die plek is so 'n myl in deursnee. Daar is baie vriendelik mense, dis nou die eiland bewoners, die res is maar brommerig. Om by die eiland te kom moet jy tot in Brooklyn ry (nie in Amerika nie) en die ferry kry by Hawkesbury rivier langs die Brooklyn Wharf na Dangar Eiland. Daar is geen pad verbinding na die eiland en al vervoer op die eiland is jou paar bene. Vir die eiland bewoners is daar 'n stadsraad ute (bakkie) om meubels en die vullis te karwei, 'n buggy om toeriste na verblyf plekke te vat en natuurlik kruiwaens om die daaglikse / weeklikse/ maandelikse proviand van die jetty na hulle huise te vervoer.
Daar aangekom het ons by die local kafeetjie 'n laatoggend middag ete gehad, confused, ek ook. Die kos was baie smaaklik en die koffie heerlik. Daarna het ons in die pad geval en na die strand gegaan om 'n bietjie voete nat te maak, die water was heerlik en die son ongenadiglik. Celeste was natuurlik haar ou self, bemoerd en dan vriendelik dan weer lekker bemoerd, ek wonder wat is dit met tieners, ek kan nie dink dat ek ooit so was nie. Nicolette het die water aangedurf en lekker geswem, Clara het net probeer om haar sonbrand lyf bruiner te kry.
Na dit het ons besluit om die grotte te gaan soek waar daar aboriginal sketse teen die mure is, het nog nie die ingang gekry na die plek nie en ons het letterlik reg rondom die eiland gestap. Daar is nie duidelik aanwysings nie, so as jy dit kry is dit per ongelyk, of wie weet dalk is dit geluk.
Na 'n heerlike dag buite het ons dit afgerond met 'n lekker braaivleisie by die huis.
Die week wat voorle gaan besig wees, boeta begin Maandag met skool en die meisies begin Dinsdag.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com2tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-61087147880936975742012-01-26T20:40:00.002+11:002012-01-26T21:22:36.482+11:00Nuwe jaar nuwe dingeDie eerste maand van die nuwe jaar is al amper verby en ek kan nie glo dat ek niks gehad het om te vertel nie. Daar het baie dinge gebeur en ons het al baie dinge gesien wat mens weereens dankbaar maak dat jy is waar jy is.
Oujaars aand het ons besluit om na die vuurwerke te gaan kyk, dit wat absoluut iets amazing gewees. Die vuurwerke was groot en hard en dit het gebulder tot in jou binneste toe. Die reuk van die buskruit het nog lank daarna in jou neusvleuels gebly. Ons het saam met Pauline, Ian en die kinders die trein gevat in stad toe en op die oewer gekuier tot dit tyd was vir die vuurwerke. Die hoeveelheid mense wat ingestroom het was soos 'n stroom lava, dit het net aanhou en aanhou groei. Bokant ons was 'n klompie jonges wat hulle self op die gras tuis gemaak het, en boeta het hulle vir mens darem skaam gemaak. Op 'n stadium nog voor die son gesak het, het die polisie 'n klompie kom verwyder wat dronk was (en dit was veronderstel om drankvrye gebied te wees) daar is drie bottels vodka by die een gevind, wonder hoeveel was opgedrink. Die son was warm en met die drank kan jy jouself indink wat die gevolge was. Nie mooi nie. Na die negeuur vertoning het die kinders besluit om iets te gaan soek om te drink, met groot oe en afsku het hulle kom vertel wat het hulle gesien. Dis walglik en mens wonder wat is die kick wat jongmense daaruit kry om hulleself so laag te laat daal. Die polisie het weer ingekom en weereens 'n klompie kom verwyder, die ouens vat nie nonsens van kabouters nie.
Die kinders het daarna na 'n Youth Convention vir 'n week gegaan in Uki wat deur CRCA ge-organiseer was. Natuurlik was daar baie SAFFA kinders en die woorde waarmee die kinders terug gekom het "Dit was Life Changing" het alles verduidelik. Baie nuwe maats is gemaak en natuurlik is FB redelik vinnig ge-update om aldie nuwe maats te add. Wonder oor hierdie ding, maar ja!
Ek, Alex en Clara het in Kingscliff gekuier vir die week, Clara mag eers na die Youth Convention gaan as sy ouer as 15 is. Dit was sommer net lui lekker kuier op die strand en natuurlik baie rond gery. Ons was mal oor Surfers Paradise en het besluit ons sal die Desembervakansie weer terug gaan daardie kant toe sodat die ander drie ook kan sien hoe 'n lekker plek dit was. Kingscliff is 'n klein dorpie nie te ver van Twin Heads (die plek wat nou tans so verspoel is) en ook nie te ver van Surfers paradise. Nou dat boeta mos sy lisensie gekry het kan hyself ry. Daar is ook 'n paar waterparke daar naby en ons gaan defnitief daar 'n draai maak. Die strande is baie mooi, ek het selfs my tone in die water gesteek en baie geswem. Die water is heerlik, sal net moet onthou om die snorkel gear te vat volgende keer.
Boeta het natuurlik sy bestuurs lisensie gekry, nou is hy op P1. Hoe dit hier werk in Ozland is jy doen jou leerlinglisensie, as jy slaag moet jy minimum van 120 ure in 'n logboek opskryf waarvan party in die nag moet wees, grondpaaie ens. Na die 120 ure en as jy ouer as sewentien is mag jy vir jou P1 (rooi)lisensie gaan. Met 'n leerling lisensie hier in NSW mag jy ook nooit vinniger as 80km/p/h ry ,maak nie saak of die pad aandui dit is 'n 110km/p/h zone. Met sy P1 mag hy darem 90km/p/h ry maar hy mag geen alkohol in sy bloed he. Met die lisensie ry hy nou vir 18maande waarna hy weer 'n toets doen (hazard persepsie) en indien hy slaag kry hy sy P2's. Dit is ook 'n rooi P maar hy mag dan 100km/p/h ry. Kan julle die frustrasie op daardie kind se gesig sien as ons iewers heen ry en die spoedgrens is 110km. Ek hoor hy het al 'n paar keet die limits uitgetoets. Ek wag vir die dag as daardie sirenes skielik agter hom begin loei. Maar ons as ouers weet mos niks, slim gaan nog sy baasvang sien ek.
Volgende week begin die skole, en boeta begin met Yr12. Dit gaan 'n harde jaar wees en mens kan net hoop en jou vertrou in die Here se hande sit dat boeta sal hard werk. Hy het baie planne, hy en Louis vir 'n roadtrip gaan doen, hy wil myne toe om te gaan werk vir 'n jaar en sodoende geld bymekaar maak vir sy toekoms. Mag al sy planne uitwerk soos wat dit moet.
Ek het natuurlik ook 'n liefde vir ebay gekry. Mensig is daar darem goeie goed daarop te koop, partykeer is ek net jammer dat van die die goed nie in my area is nie. Van die mooise houtmeubels kan mens daar optel. Met die dat ek so baie houtgoed koop het ek besluit om in te skryf vir 'n klas oor restorasie van meubels. Dalk kan ek hier iets leer. Ek dink dit gaan baie interresant wees.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-43240597582263176822011-12-21T20:53:00.007+11:002011-12-22T07:45:42.288+11:00Geboorte pyne van voorafOns het nou al baie beleef in ons korte bestaan. As kind was verandering nou iets wat jy aanvaar het en alles wat kwyt geraak is, is dood eenvoudig aanvaar sonder enige teenstribbeling. Soos mens groter en natuurlike wyser word besef jy, jy kan maar dinge bevraagteken, alles hoef nie net blindelings aanvaar te word nie as wet nie. Om positiewe resultate te bereik het mens maar partykeer die ekstra tree gegee om mense te akkomodeer met 'n probleem. Soos toe ek nog by SARS gewerk het in my prille jeuglike and baie naiewe jongmens dae. Mense het ingekom met hulle aanslae waarop daar natuurlik bedrae betaalbaar was aan die belastingaarder. Baie mense het nie die geld gehad om dadelik alles te betaal nie en my werk was om uitstel te verleen of selfs 'n afbetalings ooreenkoms uit te werk wat tot voordeel vir albei sou wees. Partykeer was mens maar hardekwas gewees en ander dae kon jy sien dalk moet jy maar 'n ekstra maand of ses byvoeg om die situasie net makliker te maak. Daar was altyd 'n uitweg as jy een gesoek het, as die klient nie te vrede was kon hy altyd na iemand hoër op in die voedsel ketting mee gaan praat.
Hier in Ozland werk dit nie so lekker nie, die mense in die voorste linies se woord is wet. Jy kan nou maar rondspring soos 'n mal springhaas en niemand gaan jou te hulp snel en probeer om jou saak op te los nie, nee fok die ouens sal liewers die polisie bel en jou laat verwyder want hulle voel dalk bedreigd deur jou optrede. Goed so, ek sal ook bedreigd voel as ek sulke patetiese en power kliente diens lewer.
So gaan ek toe gister na die RTA (Road and Transport Authority) dis wat hulle genoem word in NSW, in Victoria of Melbourne was dit sommer net Vicroads. Vroeg die oggend besluit ek vandag is die dag vir die lisensie verandering, en later wil ek sommer ook nog Costco toe gaan vir 'n bietjie kers inkope en daarna sommer die klompie meubels wat ek op ebay gekoop het gaan oplaai. Het ek maar liewerste 'n pilletjie gedrink en weer gaan le dan sou dit soveel beter gewees het.
Ek daag toe by die RTA se kantore op, gewapen met al my dokumente en kry my nommertjie uit die computer. Die ry is lank en die mense is baie. Ek gaan sit maar en wag dat my nommer opgeroep word. Na so 'n kwartier is dit my beurt en dadelik kan ek sien hier kom 'n ding. Ek het die verkeerde flippen kode gekies oor wat ek nou wou doen en woeps sit sy my sommer terug in die sisteem. Kyk toe wil ek sommer nog my moer pluk, maar daar word my nommer sommer toe weer geroep. Ek beweeg een ry aan en handig my papierwerk in. Die dame vat nie die papiere nie en vra wat wil ek doen. Ek verduidelik toe maar en sy begin die papiere nader hark en binne vyf sekondes is ek afgeskiet oor my aansoek. Ek het die verkeerde papier wat my adres bevestig en sy is nou maar jammer maar ek moet 'n ander papier bring of iemand kry wat my langer as fokken 12maande ken wat hier in Sydney bly. Regtig popsie wat dink jy, gedink ek gaan sommer nou my towerstokkie swaai en iemand kry. Dit maak nie saak hoe ek verduidelik of desperaat ek klink dit is die verkeerde papertjie en daar gaan haal sy sommer nog 'n inligtingspapiertjie om my te wys. Ek word daar weg gestuur met ongedane sake. Wel so maklik kry jy my nie onder, ek loop daar weg brommend en sommer omgekrap.
Terug huis toe gaan ek, kry die regte damn papier na 'n gesoek en is toe terug na die ouens toe. Ek staan weereens in die ry om my nommertjie van die rekenaar te kry, ek maak toe sommer dubbel seker ek druk die regte knoppies vir die regte prosedure. Wag weer so 'n kwartier alvorens ek vorentoe geroep word. Ek handig die papiere in en die proses begin van vooraf. Dit lyk of dit dalk makliker sal gaan maar net toe ek dink die geveg is gewen toe word ek hier met 'n linker hou geslaan. Die ouens dink dit toe goed om my met 'n "P" lisensiekaart te verras. Wat die joos is dit die, ek verduidelik dit is onmoontlik. Nou kyk dit is hier waar ek alle rasionele denke oorboord gooi en mooi verduidelik dat ek volgens alle standaarde en norme uit 'n derde wereld land kom, waar rekenaar stelsesl eintlik nie veronderstel is om met mekaar te kan praat nie maar dat dit inderwaarheid eintlik gebeur, en hier in Ozland volgens alle standaarde en norme dit as 'n eerste wereld land gesien word die verskillende state se stelsels nie met mekaar kan koppel nie gaan my verstand te bowe. Elke flippen staat is 'n land op sy eie, die dat dit eintlik 'n mini immigrasie is. In Victoria het ek 'n vol lisensie gehad, geen beperkings en defnitief geen "P's" nie. Nou moet ek weereens bewys lewer van my Suid Afrikaanse lisensie. My moer meter slaan toe heeltemal die rooi en die klokkies lui hard. Geen mate verduideliking kan die mense oortuig dat ek eintlik al in 1996, hoog swanger met die 2ling (seker die beampte het my jammer gekry) my lisensie gekry het nie. Ek moet dit kan bewys en al hoe ek dit kan bewys is as ek my lisensies inbring. Ek is daar uit, gelukkig sonder enige begeleiding, maar jy kon my hoor. Teen daardie tyd kook ek al, maar ek is weereens in my kar en terug huis toe om nog bewyse te gaan kry.
Oppad toe laai ek sommer vir boeta op na sy skof, ek kry my lisensie kaarte, sommer die vorige wat ook al verval het en my ID waarin my oorspronklik lisiensie was. Besluit toe dat boeta moet ook sy leerling lisensie oorskakel en sommer 'n afspraak maak vir sy bestuurslisensie. Terug na die kantore nou is ek gewapen, ek het alles sommer ook die immigrasie brief wat die visa goedkeuring gee.
Terug by die kantore, herhaal die proses om my nommer te kry en wag weereens. My nommer word geroep en ek is gereed vir die geveg wat dalk mag volg. Ek kan sommer sien die gemoed sak op die gesigte, dis nou my vierde persoon en almal is in 'n ry. Ek praat toe baie stadig, mooi hard en duidelik om enige misverstand uit die weg te ruim. Dit vat die dame 'n tydtjie om alles deur te werk, vrae word gevra en nog inligting moet ek neerskryf op die vorm, daar is nie plek nie maar ek vul in. Dit lyk skoon of ek besig is om my pedigree daar uit te le net om my lisensie te kry. Uit eindelik na vyf ure van in en uit die kantore het ek my lisensie.
Geboorte gee was beslis 'n makliker ervaring.
Alex se omskakeling was 'n natuurlik pynloos want ek het al die pyne ervaar, maar die voertuig se reigistrasie le nog voor en hier kom vir jou 'n ding. Hieroor later.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-28906032147410612362011-12-18T21:50:00.003+11:002011-12-18T22:39:20.390+11:00Sydney het nuwe intrekkersWel ons is darem nou almal uit eindlik hier in Kersiefontein - Sydney, die heen en weer gevliegery tussen die twee stede kan nogal uitputted op 'n mens se gestel raak.
Die trekkery het darem afgeloop sonder enige voorval en die aflaai aan diekant het goed verloop met boeta wat maar moes bont staan om dinge georganiseer te kry. Dis net jammer dat ons internet verskaffer nie werk gedoen het en die installasie behoorlik gedoen het nie. Nou sal ons moet wag tot die nuwe jaar as ek dinge so uit kyk. Ek kan mos nie my poppe uit die pram gooi nie, hulle verstaan nie my bliksem en donner, so aan die einde van die dag is ek nog steeds daarsonder.
Uit eindlik het elke kind weer sy eie kamer en boeta sy eie badkamer. Dit het nogal woes geraak met drie tieners meisies en 'n tiener seun wat almal moet tandeborsel en wie weet wat nog in een badkamer.
Die eksamens is verby en nou wag ons maar vir die uitslae. Boeta sin lyk nie te sleg nie, maar hy het geleer dat die pad nie maklik is nie. Hy het maar op die moeilike manier geleer dat elke besluit wat geneem word sekere gevolge het. Hy het twee vakke opgeskop en dit opsig self was dalk nie so erg, maar nou moet hy in jaar 12 harder werk en 'n ekstra vak optel om genoeg krediete te kry. Slim van toe sy baas.
Die kinders sal almal na Cherrybrook Technology Highschool toe gaan en dit is loop afstand van ons huis af. Dit is omtrent dieselfde afstand as wat die kinders elke dag gestap of fietsgery het in Centurion.
Die vakansie gaan ons maar besig wees met dekorasie dinge, die meisies wil hulle kamers bietjie opdolly, so ons gaan maar die opshops bietjie deursoek vir goedkoop artikels wat kan afgeskuur word en dan verf. Ons het 'n paar goeie idees gekry met verskillende vorms rame en wie weet dalk klim daar 'n aspirant binneshuis versierder uit hierdie hele proses.
Boeta het gelukkig maklik 'n oorplasing na Cherrybrook se Woolworths gekry so ek hoop maar in my stilligheid dat hy genoeg skofte in die week kan kry sodat ons 'n bietjie rus en vrede kan kry. Ons moet gereeld hoor ons is oud, dit omdat ons nie altyd lus het om laat aand te gaan kapperjol nie. Die mannetjie slaap tot na tien in die oggend en drentel dan so stadig boontoe opsoek na kos, ons is dan al lankal klaar met dinge wat ons wou gedoen het. So ons stille gebed is maar dat die skofte gereeld dalk hier van middag tot laat aand kan wees, hopelik ook 'n paar middernag skofte, dalk sal ons minder hoor hoe boring ons is.
Die week moet ek plan maak en kerspersente gaan kry, dit voel vir my of dit al hoe moeiliker raak soos die kinders ouer word. Mens weet werklik nie meer wat om te kry vir hulle nie. Die sagte hints wat so hier en daar gegooi word om te probeer bepaal wat is die "must have" ding vir die jaar loop uit elke keer om niks. Dit gaan beslis 'n moeilike jaar wees.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-49019724548790609792011-11-29T20:08:00.003+11:002011-11-29T20:39:51.021+11:00Ons pak.Die hele trek ding het ek nie gedink gaan ek maak nie. As jy nog nie baie alleen getrek het in jou lewe nie, dan is trek maar eintlik 'n groot ding. In die vele kere wat ek en Alex nog ooit getrek het was sy ouers daar gewees om te help met die pakkery en die getrekkery. Ons eerste trek was na ons woonstel 'n maand voor die troue, toe 'n jaar later na 'n meenthuis in Sunninghill, vandaar na Alberton in 'n huurhuis toe boeta gebore is en toe weer in 'n "penthouse" toe die 2ling gebore is. Elke keer groter en meer spasie, die trekkery het alles in 'n kwessie van so ses jaar gebeur. Met ons eerste huiskoop het ons gesettle as mens dit nou so kan noem, alles is gebreuk en gebou soos ons dit wou he en het lekker daar gebly vir nege jaar, dis tot ons besluit het om sommer landuit te trek. Die trekkery het gemaak dat mens huis skoonmaak met al die gemors wat mens so opgaar deur al die jare, en ons het nogal uitgegooi. As ek nou na al die goed in die huis kyk dan dink ek nie ek het genoeg uitgegooi op daardie stadium nie.
Die gepakkery is hier aangepak met gemengde gevoelens, dis nou van my kant af. Ek het eerlik waar nie gedink ek sal dit alles alleen kan behartig nie, ek het nog altyd baie hulp gehad. Ek het dit maar stadig begin doen, en doelgerig elke kas uitgesorteer en weggegooi waar ek gedink het dit is nodig. Die hoeveelheid papiere wat in die tyd ge-genereer was is astronomies, ek is seker ons kon 'n paar bome gespaar het as die ouens hier net meer elektronies wil gaan. Die papier vreter het heeltemal oortyd gewerk en gereeld in "overheat" gegaan.
Ek het boeke uitgedeel, speelgoed aangestuur en baie oorskiet in die dump gaan gooi. Of ons enigsins ligter gaan trek lyk nie vir my so nie, maar hopelik kom daar minder wit olifante aan die anderkant uit.
Twee manne is gestuur om die res van die pakwerk te behartig, Steve en Warren. Tussen die twee het hulle alles in die huis binne 'n japtrap opgepak gehad wat ek net nie kans voor gesien het nie. Ek is seker van al die kamers se bokse is my scrapbook kamer sin beslis die meeste, ek kan dit nie verstaan nie (tong in die kies). Dit sal interresant wees om te sien hoe die container more gelaai word en hoeveel manne gestuur word om dit te doen. As alles goed afloop dan is alles volgende week in Sydney, dalk kan Alex homself besig hou met die uitpakkery in die aand. Mens kan seker maar droom.
In die drie weke wat dit my gevat het om alles wat ek wou uitsorteer en pak gedoen te kry het dit nie te sleg gegaan. Ek het nog steeds dit reggekry om die huis aan die kant te kry, kos op die tafel en die wasgoed gewas en gestryk te kry. En ek het gedink sonder hulp gaan dit onmoontlik wees. Wys jou, mens kan met energie en deursettings vermoee enige iets vermag.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com2tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-31599408184054278102011-11-13T21:07:00.004+11:002011-11-13T21:54:22.231+11:00Winde van Verandering.Die gemiddelde mens hou nie baie van veranderinge nie. Solank dinge net goed verloop, nie altyd wonderlik nie, maar goed dan is ons relatief gelukkig. Die bootjie moet net nie te veel geskud word nie anders wil ons sommer 'n vuis geveg begin. As ons as volwassenes so sukkel met veranderinge en aanpassing hoeveel te meer moet dit nie vir ons kinders wees nie.
Meer kere as nie sal die mense op die verskillende forums kommentaar lewer oor hoe maklik die kinders hier aanpas en mens nie regtig oor hulle hoef bekommerd te wees nie. Dit is so ver verwyderd van die waarheid, die kinders sukkel. Hulle hele verwysingsraamwerk verander, die manier oor hoe hulle skoolgaan en dan nog in 'n ander taal is baie om te verwerk. Kinders het verskillende maniere van hoe hulle die veranderinge waarmee hulle gekonfronteer word sal verwerk. My seun byvoorbeeld slaan toe, die 2ling het mekaar maar Celeste het die geneigdheid om die grense te toets en die jongste is 'n floater. Nie een van hulle verwerk veranderinge dieselfde nie, en voor ons deur le weer groot veranderinge.
Die naweek in Sydney het weereens vir my bewys dat maak nie saak hoe oud of jonk mens is nie, elke situasie moet aangepak word met groot deursettings vermoee sodat die eiend resultaat goed sal wees. Ek as veertig plusser het op 'n stadium lam van benoudheid gaan stil sit en die vreesaanjaende situasie getackle. Hier sit ek af na Sydney van Melbourne op my eie, die kinders is alleen vir die naweek by die huis. Van die vliegtuig af is ek op 'n trein in stad toe. Die paniek slaan my so erg dat ek so erg perspireer dat my voete sopnat is en ek eintlik gly in my mooi netjiese skoene. Ek was dood seker daar was dalk 'n natkol op die sitplek ook, maar ek wou liewers nie kyk nie. Gelukkig het 'n foonoproepie na manlief die paniek stasies se klokkies laat bedaar, ek is op die regte trein. Later die middag toe moes ek 'n agent gaan sien vir huise in die Cherrybrook omgewing, die verkeer is so erg en die strate so smal ek begin skoon van vooraf om 'n paniek aanval te kry. Ek is eintlik naar van die paniek ek sweet en dit voel of ek in 'n sauna sit. Wat nog erger is ek kan nie eens die kar in rat kry om te bestuur nie. Het julle al ooit by verkeerslig gestaan, die lig slaan oor na groen en jy trap daardie verdompde petrol pedaal maar helaas boggerol wil gebeur. Die enjin kla maar jy verstaan nie nou so lekker wat gaan aan nie. Wel dis ek, daardie blond wat nie verstaan mens moet die kar in rat sit om vorentoe te beweeg nie. Jy sit die kar se aircon op full blast wanneer jy besef jy's die simpel een, en jy probeer afkoel sodat jy jou composure kan terug kry.
As sulke klein dingetjies my hele wese om dompel hoeveel te meer moet dit nie vir die kinders wees nie. Nuwe skool, nuwe omgewing, nuwe maats. Al wat ek vra is dat die Liewe Heer tog asseblief die regte mense op my kinders se pad plaas om hulle te help om die verandering te verwerk.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-59178735476871390252011-10-13T20:00:00.003+11:002011-10-13T20:37:42.470+11:00OuerskapOuerskap is nie vir sussies het ek uitgevind en beslis nie as jy vier tieners het nie.
Daar kom dae wat jy jou kop laat sak en die moedeloosheid jou sommer so oortrek. Jy voel of jy sommer net kan gaan le. Elke greintjie energie van jou word getap en dan nog 'n bietjie. Jy wonder waar het alles verkeerd gegaan. Wat het jy gedoen om met hierdie lewe opgesaal te sit, wat het jy aan jou ouers gedoen dan hierdie ding so oor jou moet kom.
Dis hoe dit voel aan etenstafel omtrent elke aand. Ons eet elke ete almal saam om die tafel. Daar is geen selfone by ons en die tv is af. Eenstyd is gesinstyd. Hier praat ons oor alles wat deur die dag gaan gebeur en oor wat het gebeur. Dit is waar geen onderwerp taboe is en waar ons openlik en eerlik sonder enige pretensies praat.
Dit is tydens hierdie gesprekke wat die moedeloosheid jou so oortrek.
Toe ons nog kind was, was baie onderwerpe nie bespreek nie, nie stil in die kamer of wat nog te se aan die etenstafel nie. Jy is gesien en nie gehoor en ek is seker dit het in baie ander huise ook so gegaan. Dit is presies oor hierdie saggies praat en agter die deur praat wat ons besluit het dat dit gaan nie in ons huis so wees. Min het ons geweet watse lat het ons vir onsself gepluk.
Dit het eintlik al begin toe ons vanmiddag almal gaan koffie drink het by die mall. Dit het begin met 'n grappie en vandaar het dit 'n snowball effek gehad. Dit bly nooit net by een grappie nie, dit bly ook nooit by mooi skoon grappies nie. Met die 2ling weet mens nooit of liewers met nommer 2 weet mens nooit. As sy eers lostrek dan is dit soos 'n rivier wat skielik in vloed is.
Grappie nommer 1
Once upon a time there was a crossed eye teacher, she got fired.
She couldn't control her pupils.
Grappie 2
I dumped my cross eyed boyfriend, he was seeing somebody else.
toe beweeg dit na meer sinister grappies
I had a biology test today. I failed miserably
One of the questions was "What is commonly found in cells?
Apparently black people weren't the answer.
Ek het die gevoel gekry hier gaan dit nie eindig nie, nodeloos om te se dit het nie.
So om die tafel praat ons toe oor die 2ling se kampe wat voorle en watse voorbereiding gedoen moet word. Nicolette praat oor die tente waarin hulle gaan slaap wat toe nie tente is nie maar seile waaronder hulle gaan slaap. Celeste begin toe natuurlik idees kry oor watse nonsens kan sy aanjaag tydens die kanovaarte. Baie vinnig ruk ons haar in die bek en vertel haar mooi dat mens doen nie onverantwoordelike dinge op die rivier nie.
Die gesprek gaan toe oor na die slaap reelings en dis hier waar dinge sommer heeltemal uitrafel. Alex besluit toe ons moet in 'n "chastity belt" bele. Eers moes ons verduidelik wat dit is en mensig toe trek Celeste weg. As ek alles moet vertel wat sy kwytgeraak het dan gaan hier geen einde wees aan my skrywe vanaand, ek weet net dat die prentjie wat sy in my geestes oog geskep het gaan ek moeilik van ontslae raak.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com2tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-40356712515022153892011-10-05T12:43:00.004+11:002011-10-05T13:40:48.606+11:00Gemengde gevoelensDis nou twee jaar gelede wat ons die groot pak aangedurf het en die grootheid daarvan het my nogal redelik oorweldig. Ek onthou nog die dag toe die eerste pakkers opgedaag het om die huis te kom oppak. Die benoude gevoel wat mens kry met al die mense binne jou huis en die kop hou van wat gaan en wat moet maar bly het menige maal veroorsaak dat mens net histeries aan die gil wil gaan en se dat almal tog net moet rustiger raak, maar eintlik was jy die een wat nie rustig was nie.
Daardie gevoel wil so half sy plek weer vind hier in my binneste. As ek so deur die huis gaan en besef dat alles weer in bokse ingepak moet word om binne in 'n container in te gaan dan raak ek skoon onrustig. Alles word weereens van voor af uitgesorteer, die keer dink ek gooi ek makliker goed uit vir "hardwaste" en met hoe minder ek trek hoe beter.
Die eerste ouens was vandag hier vir hulle kwotasie, dit terwyl ons in die tuin werk en ek soos "Annie van Danville" lyk. Maar basta daarmee dink ek toe, ons is deur die huis. Alles is bespreek so nou wag ek maar vir die kwotasie. Nommer twee kom more, gelukkig nie vroegoggend nie.
As ek so kyk na die websites vir huise in Sydney dan wil ek nog meer paniekerig raak. Daar is nie veel beskikbaar nie, en die tyd loop vinniger as wat mens dit graag sal wil laat loop. Ek weet mens moet tyd nie vinniger om wens sodat jy daar kan kom en kan gaan kyk na huise nie. Die keer het ek nie iemand aan daardie kant wat dit vir my kan doen nie, so elke keer wat ek 'n huis sien wat ek van hou dan raak ek sommer moerig want ek weet dit gaan voor ons weggeraap word.
Geduld is dus nie my vriend op die stadium nie.
Die kinders gaan hulle laaste kwartaal klaar maak hier in Melbourne, dit gaan 'n bumper kwartaal wees. Die meisies het weer 'n rivier avontuur van 'n week, dis nou kanovaart op die yarra rivier wat wag. Hulle het ook 'n week van buitemuurse aktiwiteite wat fietsry in stad toe, 'n kanovaart en 'n bootvaart op die yarra insluit. Wie't ook gedink skool is boring.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-14652517860851531962011-09-27T07:24:00.000+10:002011-09-27T07:26:40.163+10:00Lastige hoesieVir die ou hoesie in die kerk
Op 'n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklilk
Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die
omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat
Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp.
Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir
die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna
die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense
gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê,
"For cough".Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-56866248324055247032011-09-13T08:51:00.002+10:002011-09-13T09:33:21.104+10:00Die nuwe onbekendeOm te immigreer na 'n ander land of "planeet soos dit voel" is beslis een van die moeilikste dinge om te doen, om weer te skuif van een staat na 'n ander lyk nie veel makliker nie. Dit mag miskien in dieselfde land wees, maar elke staat het maar sy eie manier van hoe dinge gedoen word.
Die idee om jou hele lewe in 'n container te pak, op 'n vliegtuig te klim met jou swaarverdiende geld en die vooruitsig van avontuur is nie vir almal nie. Daardie sprong wat jy vat van die bekende na die totale onbekende is so groot en die "free fall" is so intense al weet jy dat julle ok sal wees. Mens wil amper dieselfde gevoel kry toe die realiteit jou geslaan het met die wete dat jy nou gaan trek.
Net soos wat jy die verlede moet laat gaan (verlaat SA), so sal ons net weer ons koppe moet regkry vir die skuif na New South Wales, Sydney. Ons begin nou soek na 'n huis en skool vir die kids en mens kry amper weer daardie frustrasie soos in die begin hier in Melbourne, maar hopelik sal alles uitwerk soos dit moet, die kinders sal skool begin gaan sodra die skole heropen in die nuwe jaar.
Baie van ons arriveer hier op skilled migration visas en begin werk soek as jy hier land, van die ouens kom hier aan met werk in die hand reeds. Die wat sonder dit hier aankom het dit maar moeiliker, die werksgeleenthede is daar, maar om dit te kry is baie moeiliker. Daar word gese dat in Melbourne kry mens makliker werk as jy konneksies het ongeag wat jou CV vertel, in Sydney is dit net mooi die teenoorgestelde. Alex het in die afgelope jaar net terugvoer gekry van Sydney gebaseerde agente en hier in Melbourne was sy inbox gevul met die "Dear John" briefies.
Onthou dit is soos 'n trade-off, jy gee baie op om hier te wees, die materieele luuksheid waarmee jy geleef het soos die voltydse bediende, die tuinwerker, die groot huis en en alles wat daarmee saamgaan. Jy kry soveel meer terug, jou lewensgehalte verbeter, die oop en vry ruimtes wat om jou is om te geniet op 'n daaglikse basis en om nooit oor jou skouer te loer.
Ons beplan om in die Cherrybrook omgewing te gaan bly, nou net om 'n groot genoeg huis te kry. Die 2ling het beslis hulle eie kamer nodig so hopelik kan ons iets behoorlik vind.
Boeta sal 'n oorplasing vra na 'n Woolworths in die omgewing en die meisies sal dan werk begin soek in die nuwe jaar.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-32276591389061727222011-09-08T20:32:00.003+10:002011-09-08T20:50:04.603+10:00Nuwe uitdagingsDaar kom tye in 'n mens se lewe dat verandering die enigste manier is vir vooruitgang. Ons het 26 September 2009 Suid Afrika verruil vir Melbourne, Australia. Dit het weereens tyd geword om ons vlerke te span en nuwe uitdagings in die oog te staar. Ons is nou oppad Sydney toe, die stad wat my skoon die "hibber jibbers" gee. Dit is groot en dit is besig.
Die planne is om aan die noordelike kant van die stad te gaan bly. Die area waarna ons kyk is Cherrybrook, maar ons sal sien of alles realiseer soos mens beplan. Jy mag dalk die beste plan op papier uitgewerk het en aan elke faktor gedink het wat dinge kan ontspoor maar partykeer het iemand anders 'n beter plan.
Die nuus was nie baie goed ontvang deur al die kinders nie, maar ons is seker dat met tyd sal almal besef dat dit die beste opsie vir ons gesin is. Boeta sien uit na die nuwe uitdaging, die 2ling is opgewonde oor die vakkeuses wat hulle het en die arme baby verloor al weer. Hopelik kan ons dit opmaak vir haar daardie kant met al die geleenthede in sport wat die skool haar daar kan bied.
My hart is natuurlik seer oor al die goeie vriendinne wat ek diekant gaan agterlaat. Ek weet mense kom en gaan deur jou lewe, maar hier was dit baie moeiliker gewees om vriendskappe te bou.
Ek glo God het 'n plan met ons en met alles wat op die stadium deurgaan kan dit net beterAnonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-85099825828362853982011-09-04T17:21:00.002+10:002011-09-04T18:17:35.101+10:00Nuus brokkiesDis 'n heerlike lui sonninge Sondag middag hier by ons en daarby is dit ook vadersdag hier in Australia.
Alex en boeta is vroegoggend uit die huis na 'n motorskou. Dit was grootliks maar "hot rods" en "muscle cars" gewees. Boeta het maar gesukkel om die spoegies in sy mond te hou want daar was 'n paar stunning opgeboude karre gewees. Sy ogies was skoon blink en wangetjies bloedrooi toe hy by die huis instap vanmiddag. Hy't sy kar gesien, 'n Cobra, en daar is slegs 2 wat hier in Australia geregistreer is. Alex het behoorlik gesukkel om die kind by die kar weg te kry.
Die 2ling was weereens op 'n kamp gewees vir twee dae. Die keer was dit met bergfietse in die berge in. Hierdie kwartaal was daar elke week ge-oefen by die skool met die bergfietse, daar is geleer hoe om met opdraendes te trap, wat is die reels vir afdraendes en natuurlik was die boudbene maar lekker seer gewees. Die roete by die skool is ek seker kan hulle al toe oe doen.
Hierdie kwartaal was daar ook omtrent weekliks ope dae by die verskillende universiteite en Tafe's gewees. Boeta het met groot entoeiasme die universiteite besoek en hy is nogal redelik in sy skik met wat hy daar gesien het. Nou is dit net skouer aan die wiel sit en die punte kry.
Die meisies se hokkie is ook ampter tot 'n einde, nou is dit nog net die semi-finals wat hulle volgende week het en dit gaan uitspook teen Footscray. Ons was redelik gelukkig om die ouens in die vorige wedstryde te gewen het, maar dit is nie 'n rede om gemaklik te raak nie. As die girls die komende week se wedstryd wen dan is dit die finals. Ek sal nogal redelik gelukkig wees as ons Vrydae aande weer vir ons self kan kry. 'n Hele paar aande het ons nie voor twaalf by die huis aangekom nie aangesien die meisies laat wedstryde gehad het.
Ons het in Augustus ook 'n sensus opname gehad en dit het nogal redelik goed verloop, dis nou as ek dit moet vergelyk met wat ek lees oor die sensus beplanning wat vir Suid Afrika voorle. Hier omhels die mense sulke opnames want dan kan daar gekyk word na wat is nodig in die omgewing en hoe kan die infrastruktuur verbeter word. Ons kon die opname op twee maniere gedoen het, jy kon besluit of jy dit op papier wil doen en of jy dit aanlyn wou doen. Almal moes op 8 Augustus hulle vormpies doen en die wat dit op 'n "hard copy" wou invul se vormpies is afgehaal deur die beamptes in die daar opvolgende dae.
Ek het natuurlik ook lekker gescrap. Die Paperific papierskou was hier gewees einde Augustus en klasse (wat nogal 'n rariteit is hier) was aangebied deur Nic Howard. Wat 'n lieflike persoon is die mensie, die van julle wat die Scrapbook Expo gaan doen in September is beslis bevoorreg om haar vir die tweede jaar in 'n ry daar te kry. Ek dink ek moet die naweek "retreat" in New Zealand gaan doen saam met haar volgende jaar. Die Prima produkte is absoluut stunning wat ons gekry het, en natuurlik al die ekstras in die pakkie was great. Natuurlik het ek 'n pakkie van Websters Pages ook deur die pos ontvang hierdie week en ek was heeltemal oorstelp van vreugde toe ek dit eers oop het. Die magdom van goodies wat daarin was is genoeg om 'n mens die happy dans te laat doen.
Gepraat van happy dans, die komende naweek gaan ons bietjie sokkie. 'n Lekker Suid Afrikaanse sokkie in die kerksaal nogals. Die kinders het darem al 'n bietjie danslesse gekry by Ene en hopelik sal hulle nie oor hulle voete val as dit by die dans passies kom nie.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-3973805591523700271.post-4960474654946823582011-08-04T08:16:00.002+10:002011-08-04T08:43:21.457+10:00GeleenthedeDit moet goed gaan met jou kind as hy meer geld in die bank het as sy ma. Boeta het 'n casual werkie gekry by Woolworths en werk gemiddeld so 11 ure 'n week. Vir dit kry hy nie te sleg salaris nie en word ook weekliks betaal. Dit is elke keer interresant om aan etens tafel te sit na 'n skof en te luister na wat vandag by die werk gebeur het. Volgens boeta kla die gemiddelde Ozzie nogal baie. Die kasiere is veronderstel om 'n geselsie met elke klant aan te koop en uit te vra na hulle dag. Party mense kry verbal diaree en kan nie genoeg kla nie. Ek kan myself nogal indink wat in sy kop aangaan as die ouens so kla, ek sal weet want hy vat my en sy pa gereeld aan.
Sodra sy probasie tydperk verby is dan gaan hulle uurlikse tarief ook op. Hopelik is die mense gelukkig met sy werk en word hy 'n permanente casual, nie dat ons twyfel nie. Hy het al genoeg komplimente gekry van klante en volgens sy supervisor is dit nogal 'n rekord.
So die van julle wat hier in ons omgewing bly, kyk gerus uit vir die vriendelike blonde kop seun in Woolworths.
Daar is 'n paar nuwelinge in ons omgewing en ek die voorreg gehad om hulle te ontmoet. Dis baie interresant om na hulle stories te luister oor hoekom hulle besluit het om te kom. Wat vir my nogal opvallend was is hoe identiese die redes is oor hoekom hulle hier is, maar hoe verskillend die daaglikse motiverings is om hier te bly. Die verskil wat ek sien is hoe die een gesin beide positief die besluit gemaak het om te trek en hoe die ander gesin se man die inisiatief gevat het.
Die een gesin bestaan uit vier en die ander uit drie gesinslede. Die een vrou kan jy sien is baie dinamies en en 'n regte go-getter, die ander een kla verskriklik oor wat sy moes opgee. Elkeen in sy eie reg het baie opgegee om hier te sit, ek glo nie dis maklik vir enige iemand om net alles op te pak, maar jy moet realisties dink. Ons almal was op 'n stadium vars en baie nuut hier in die vreemde, mens vergeet van die issues waarmee jy gesukkel het in die begin en dis presies dieselfde issues waarmee hulle sukkel. Party vat dit in hulle stride en hulle verander en kry dinge gedoen. Kyk nou maar na die gesin van vier, hulle het klaar hulle wortels begin skiet en dis great, die mense se koppe is reg, hulle sien geleenthede raak. Hopelik kan ons as gemeenskap die ander vrou help om haar kop reg te kry en die geleenthede raak te sien.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/14571064052554967783noreply@blogger.com0