Thursday, September 6, 2012

Tweedledee en Tweeldedumb

Wie het ooit gese die lewe gaan makliker wees diekant. In alles wat met die tweeling nog ooit gebeur het kon ons met redelik gemak hanteer, maar die laaste tyd lyk dit my as iets met die een moet presies dieselfde met die andr een gebeur. So gebeur dit die jaar tydens een van die skool se uitspeel netbal wedstryde dat Celeste binne die eerste vyf minute in mekaar sak. Die klap geluid tydens die besering het alles mooi uitgespel en die MRI het dit net bevestig. Die linker knieg se besering is van so 'n aard dat sy 'n knierekonstruksie moet kry. Laasjaar het Nicolette tydens een van die OAT vakke het sy haar knieg ook beseer maar soos dit maar gewoonlik gaan het ek my nie veel daaraan gesteur nie en maar tough love heeltyd toegepas, so maak sy toe weer haar knieg tydens een van die wedstryde ook seer. Wel nodeloos om te se na vele fisioterapie wat ek haar ook vir 'n MRI en wie sou glo, presies dieselfde besering as Celeste. Die verskil is net die voorste ligament is geskeur en omrede ek niks daaraan gedoen het nie het dit vasgegroei aan die agterste een. Altwee is operasies is geboek, Celeste kry hare die 20ste waar sy dan vir ses weke in stutte gaan wees en Nicolette doen hare 'n maand later. Dit gaan bietjie rof gaan in die huis hier. Ek dink ons sal maar boeta uit sy kamer moet skuif en die tweeling moet hulle self daar gaan tuis maak. Dit gaan 'n geneuk wees om hulle op en af te dra met die trappe, ook net totdat hulle mobiel is. Hopelik sal die voor en die na fisioterapie en rehabilitasie die proses mooi aanhelp. Dit beteken ook dat hulle vir die volgende nege tot twaalf maande buite aksie sal wees as dit kom by sport. Ons sal iets moet kry vir hulle om te doen want om vir solank te sit en niks te doen is net moeilikheid soek. Of dalk sal hulle punte op tel sienende dat die volgende twee jaar harde werk gaan wees. Mens kan seker maar droom.

1 comment: