Saturday, September 29, 2012

Grootmens wereld wag

Christiaan is gebore in die tyd waar daar redelike onrus en onluste was. Daar is tye wat ek die middestad van Johannesburg ingery het wat mens gewonder het gaan jy dit veilig weer uitmaak vanaand. So net voor hy gebore is was daar weer so 'n redelike groot optog deur die strate, ek hoogs swanger en met baie min geduld het genoeg gehad van hierdie nonsens. Toe ek weer so 'n alternatiewe roete moet vat om by die werk uit te kom vererg ek myself daar en met hormone wat total haywire speel met my liggaan trap ek die swart polisie man uit oor die verdompde ANC en die IFP nie tot 'n ooreenkoms kan kom nie, die twee partye is so erg aan die baklei voor die verkiesings dat die hele Johannesburg tot randsome gehou word. Ek het dit natuurlik heel verbaal aan die polisie man verduidelik, dis maar hoe ek was. Het nooit gedink net gedoen en na die tyd dink mens aan alles wat kon verkeerd geloop het.


Christiaan is gebore in Mei 1994 en volgens alle aanduidinge moes ons toe al geweet het dinge gaan nie beter word nie. Hy is Gr1 toe en soos die jare aangestap het, het die wete al hoe sterker geword dat wat die kinders ookal doen of swot gaan nie guarantee dat hulle 'n werks toekoms in die land gaan he nie. Die kinders se vakkeuses op skool is so gelimit oor wat hulle kan vat, ons forseer hulle om vakke te vat wat nie eintlik hulle sterk punte is nie. Hulle moet vakke vat wat universiteits toelating guarantee, elke rigting is so geforseer dat die kind geen ander opsies eers kan oorweeg nie. Ek onthou nog toe ons vakkeuses in Gr9 moes doen, die wete dat jou kind sekere sterk punte het en dat die vakke nie noodwendig die uitkoms vir hom gaan gee wat hy verdien nie. Dankbaar is ek nou dat ons nie met dieselfde struwelinge hier sit nie, nie dat ons sonder stres is oor vakkeuses nie, nou is die keuses so baie dat hulle nie weet wat hulle wil vat nie.


Hy skryf vanjaar sy Gr12, matriek of wat mens dit ookal wil noem in die land waar jy mag wees. Dit is verstommend om te dink 18 jaar is verby en hy staan op die rand van die grootmens wereld. Wat voor hom le is alles in sy hande, hoe hy ookal die dice gooi hy moet sy eie pad vorentoe uitkap. As ek artikels lees oor hoe ouens bekommerd is oor hulle kinders se toekoms in Suid Afrika dan kry ek hierdie dankbare gevoel dat wat Christiaan ookal besluit om te doen is goed. Sy aansoeke vir die universiteite is in. Nou die manier hoe dinge hierdie kant werk is so, daar is een sentrale webtuiste vir elke staat waar jy die aansoek indien. Jou aansoek moet alternatiewe keuses ook bevat want dit beteken nie jy gaan jou eerste keuse kry nie. So boeta wil ingeneurswese gaan swot en die rigting is meganies en mechatronics. So jou aansoek sal begin by die universiteit waar jy die graagste wil gaan swot met jou rigting keuses wat hulle aanbied en so lys jy elke universiteit wat die rigting aanbied as alternatiewe keuses. As jy gelukkig is kry jy jou eerste keuse indien nie beweeg hulle af met die lysie tot jy 'n plek kry. Die keuse in NSW was eerste by UTS (University Technology Sydney, ons het ook aansoek gedoen by Macquarie, University NSW en Sydney, in Victoria waar hy bitter graag wil gaan swot het ons aansoek gedoen by RMIT, Deakin en Swinburn. So tussen die twee state het ons seker vir vyftien verskillende rigtings gevra almal met een of ander meganiese, mechatronic en robotics keuse. So iewers moet hy gelukkig wees, ons hou maar duim vas vir RMIT.


Al wat hy nou moet doen is hard swot, hy het drie weke alvorens hy die eerste vak skryf en in die eerste week skryf jy sommer drie vakke, twee op een dag. Hy begin die 15de Oktober en maak 2 November klaar. Dan wag ons maar vir die uitslae wat so om en by die 19de Desember bekend gemaak sal word.

No comments:

Post a Comment