Friday, July 13, 2012

Nuusbrokkies

Ek geniet dit nogal om elke dag op Facebook te gaan en te kyk wat gaan in ander mense se lewens aan, om op te lees oor wie se nou weer wat, wie irriteer wie. Ek geniet dit ook om na al die kreatiewe profiele te kyk van die ander mense en sodoende nuwe idees te kry. So elke af en toe kom ek 'n bladsy tee wat my nogal laat dink en hierdie is beslis een wat julle na kan gaan kyk. Sy beskryf dinge nogal raak en daar is geen pretensie in haar skryfwerk. Ek dink mens moet meer kere so begin wees, se die goed soos dit is, waarom met allerhande draaie kom om iets te verduidelik. 'n Ding is wat dit is, niks meer en niks minder. Die afgelope winter skool vakansie was een besig tyd, hier het ses ekstra kinders tuis gegaan en die huis was lewendig. Om die etenstafel was dit 'n gewoel en die diep warm lag van Heinrich het telkemale deur die huis getrek. Hier het maats gekuier van Melbourne en Suid Afrika. Lanklaas het ek my kinders so gehoor, dis nou praat en lag en "onthou julle nog". Dis mos deesdae heeldag voor die Tv le of anders in hulle kamers agter 'n toedeur met die skootrekenaars oop. Een van die dae is die vakansie iets van die verlede en dan is die kinders terug skool toe, dalk sal ek meer tyd kry vir my stokperdjies. Wie weet. Moet begin beplan aan die kersmark wat ons hier wil begin en my idees kry mooi vorm. Sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge en sodra ek voorbeelde het sal ek dit hier kom wys.

No comments:

Post a Comment