Friday, July 13, 2012

My hart bloei

Dis nou al 'n rukkie wat ek doel bewustelik nie meer koerante van Suid Afrika lees nie. Die somber nuus wat mens daagliks so in die gesig staar is net te veel vir mens om te verwerk. Hoe gebeur dit dat daar elke dag nog 'n bietjie meer van die menswees verwoes word in 'n land wat so baie gehad het vir mens om te gee. My voorvaders moet in hulle grafte omdraai as daar gesien word hoe die land verwoes word greintjie vir greintjie. Daar word gereeld optogte gehou om te wys hoe die land se mense bloei maar die opkoms van die mense wat so hard kla is pateties sleg. Hoe kan mens kla maar niks doen om jou omstandighede te verander nie. Dis eending vir my om hier veertienduisend kilometer verder te sit en die vraag te vra, maar ek doen my ding hier. Ek lig mense in om te gaan novors oor hierdie land, sy mooi en sy lelik. Ek praat met jong mense oor ons gewese land en hulle kom met vrae van verwardheid terug oor hoe is dit dan moontlik. Mag elkeen van ons minder vinger wys en meer begin doen sonder om enige iets terug te wil ontvang.

No comments:

Post a Comment