Sunday, January 29, 2012

Dangar Eiland


Foto: Via Airview online

Vandag was weereens 'n heerlike dag buite gewees. Ons het vroegoggend sommer besluit om na Dangar Eiland te gaan vir die dag. Die hele eiland kan plat gestap word in omtrent twee ure. Die plek is so 'n myl in deursnee. Daar is baie vriendelik mense, dis nou die eiland bewoners, die res is maar brommerig. Om by die eiland te kom moet jy tot in Brooklyn ry (nie in Amerika nie) en die ferry kry by Hawkesbury rivier langs die Brooklyn Wharf na Dangar Eiland. Daar is geen pad verbinding na die eiland en al vervoer op die eiland is jou paar bene. Vir die eiland bewoners is daar 'n stadsraad ute (bakkie) om meubels en die vullis te karwei, 'n buggy om toeriste na verblyf plekke te vat en natuurlik kruiwaens om die daaglikse / weeklikse/ maandelikse proviand van die jetty na hulle huise te vervoer.

Daar aangekom het ons by die local kafeetjie 'n laatoggend middag ete gehad, confused, ek ook. Die kos was baie smaaklik en die koffie heerlik. Daarna het ons in die pad geval en na die strand gegaan om 'n bietjie voete nat te maak, die water was heerlik en die son ongenadiglik. Celeste was natuurlik haar ou self, bemoerd en dan vriendelik dan weer lekker bemoerd, ek wonder wat is dit met tieners, ek kan nie dink dat ek ooit so was nie. Nicolette het die water aangedurf en lekker geswem, Clara het net probeer om haar sonbrand lyf bruiner te kry.

Na dit het ons besluit om die grotte te gaan soek waar daar aboriginal sketse teen die mure is, het nog nie die ingang gekry na die plek nie en ons het letterlik reg rondom die eiland gestap. Daar is nie duidelik aanwysings nie, so as jy dit kry is dit per ongelyk, of wie weet dalk is dit geluk.

Na 'n heerlike dag buite het ons dit afgerond met 'n lekker braaivleisie by die huis.

Die week wat voorle gaan besig wees, boeta begin Maandag met skool en die meisies begin Dinsdag.

2 comments:

  1. Klink al te lekker... Ek was vandag net pleinweg luigat gewees, op my stert gesit heeldag en feitlik niks gedoen nie! En daai ding met die tieners? Dit gaan maar oral so, glo my! ;)

    ReplyDelete
  2. Klaar die fotos of FB gesien. Klink en lyk vreeslik lekker. Ek sal dit op my to-do-lys sit vir wanneer ons daar is.

    ReplyDelete