Tuesday, February 7, 2012

Nuwe skool nuwe ervaringe

Die eerste skool week het met 'n bang begin. Boeta was vroeg uit die huis en in plaas van loop toe ry hy maar. (Het dit ook nou sommer stop gesit) Die eerste dag was 'n totale gemors gewees. Sy vakke is heeltemal opgeneuk, vir Fisiese Wetenskap sit hulle hom in Physical Fitness, sy houtwerk klas hou hulle aan om hom te skuif tussen Design en Technology & Houtwerk, onderwysers kan nie besluit wat het of het hy nie gedoen nie. Wiskunde Spec is sommer weg. Dit lyk vir my hulle hele admin is op die koffie, maar hy is mooi groot en moet dit maar alles self uitsorteer. Na drie dae se gesukkel is hy nou gevestig, sy vakke is uitgesorteer en dit gaan 'n besige tydtjie wees vir die outjie. Ek sien die stres kry hom bietjie onder en wanneer dit gebeur kan hy nie funksioneer nie, dan sit hy net in plaas van om sy skoolwerk te tackle.

Die meisies se eerste dag het ook goed afgeloop. Lyk my daar is redelik Saffa kinders in die skool, meer eintlik in Clara se graad as in die ander. Nuwe skoliere het elkeen 'n buddy gekry en die persoon het dan die dag met die kinders gespandeer en hulle touwys gemaak oor waar alles in die skool is.

Met ons ervaring van publieke skole in Melbourne was ons maar skepties oor hoe die kinders die skool sou ervaar. Die skool is redelik groot en daar is omtrent +2100 kinders van Gr7-12 in die skool. Dit lyk asof die kinders hulle skooluniforms hier beter dra, (julle sal verstaan as julle die kinders in East Dincaster sien) dit lyk of disipline net beter toegepas word. Alhoewel die kinders met gekleurde hare wat soos 'n reenboog lyk hier aankom, snitte wat mens laat wonder of hulle ooit daardeur kan sien en dit is die seuns, grimering en juwerliersware het die meisiekinders met 'n positiewe gesindheid by die huis aangekom na die tyd. Volgens hulle is daar maar ongeskikte en ongemanierde kinders in die klasse en die onderwysers word redelik aangevat. Weet darem nie so lekker of enige ou onderwysers in my tyd hiervoor sou gestaan het nie.

Dit is moeilik om mens daarmee te vereenselwig as jou opvoeding maar redelik streng was. Daar was reels en regulasies by die skool, jou hare netjies, jou uniform word gerespekteer en mens het trots gehad. Trots op die skool, die opvoeding en geleerdheid wat jy daar gekry het, wel ok meeste van die kere. Ek het maar ook my rebelse maniere gehad.

Die meisies ht toe ingeskryf by die plaaslike netbal klub, hopelik sal dit beter gaan hier as in die vorige een waar die 2ling was. Clarissa se groep het die afgelope naweek proewe gehad (dankie tog hiervoor) en dit het goed afgeloop. Eers was ek bietjie bekommerd want sy het nie baie speeltyd gekry nie, maar na die tyd het sy kom vertel dat in die eerste rondte kon hulle sien sy het potensiaal, so bly daaroor. Sy het A span gekry, maar dit beteken harde werk vir haar. Die span is goed en gewoonlik eindig hulle in die eindrondte.

Ek en Alex het bietjie rondgery en gaan soek vir plekkies waar ons vroegoggend ontbyt kan gaan eet. Ons het op 'n hele paar plekkies afgekom. Net om die hoek van ons naby die Koala sanctuary is 'n nasionale park, Cumberland State Forest, en daar het hulle 'n heerlike ontbyt bedien by Cafe Saligna vir ons maar eintlik was die porsies way te veel gewees. Dit is net so af in Castle Hill Drive. Daar is 'n hele paar staproetes wat mens kan aandurf en een spesiefieke roete wat ek wil doen is die sensoriese roete. Ek is seker Tania (vriendin in Melbourne) sal dit geniet. Die park is so 40 hektaar groot en wie sou raai so binne 'n geboude gebied is so 'n mooi park met piekniek geriewe en staproetes.
Later het ons net rondgery op soek na koffie en op Flowerpower kwekery afgekom. Dit laat mens baie dink aan WarrenGlen kwekery se opset, dit is baie mooi en volop pragtige dekor vir die huis ook. In Beecroft het ons op nog 'n oulike plekkie afgekom wat in 'n ou poskantoor gebou gevestig is. Die plek is so mooi oorgedoen en die atmosfeer was net lekker. Sal nog foto's opsit om die dekor van die plekkies te wys. As mens net begin soek in jou omgewing kan mens redelik verras wees oor wat jy kan kry.

Die week het met 'n bang begin, letterlik. Boeta het sy eerste ongeluk gehad met die kar. Hy was oppad skool toe, het vroegoggend klas gehad , en binne die sirkel net voordat hy dit verlaat tref die ander kar hom. Die skade is groot, maar ja wat kan ons hieroor se.

Tot volgende keer.

No comments:

Post a Comment