Saturday, October 16, 2010

Donderstorms wat broei.

Wat is dit met die Afrikaner dat hulle alles altyd probeer opfok. Ek het nie juis 'n beter woord nie, want partykeer kan ek my verbale diaree nie keer nie. Dit vloei net, soos dit partykeer gebeur as daar 'n lelike storm broei en skielik sak dit aarde toe met een hengse groot donderstorm. Dit is bontstaan en keer, jy soek 'n skuiling teen dit maar dan bereik dit jou uit 'n hoek want jy nie sien kom het nie, of partykeer het jy maar jou goeie gesonde verstand wou nie dit glo nie.

Wel hier het ons tans so 'n storm wat broei. Wat staan mens nou te doen in so 'n situasie, staan jy eenkant toe en hoop dit tref jou nie of klim jou nou vierkantig binne in die storm en verdedig jy jou "fort". My goeie verstand vertel my een ding, maar jong die samewerking tussen die kop en die mond is nie altyd "op par" nie.

Al wat ek nou wil kwyt raak hier is, jy en jou gesin moet ernstig begin selfondersoek doen. Julle is in serious groot trouble boeta en as jy met jou anti Afrikaanse en anti Australiese neigings aan hou gaan daar meer as net 'n FB delete wees. Dit gaan ons Christen gemeenskap skeur. Sit jy maar elke Sondag daar in die kerk en smile, pik jou traan ook as jy so voel want dit gebeur so gereeld, maar diep binne is julle eintlik donker en baie neuroties.

Moenie dink die politieke speletjies het agter gebly die dag toe ons die tasse gepak het nie, partykeer is dit erger aan die kant. En as jy gedink het soort bly by soort, dan wag daar nog 'n verrassing op jou. Dinge en mense verander, maar jong jy sal verbaas hoe baie bly alles eintlik dieselfde. Die Afrikaner in party wil dinge net mooi opdinges.

Dalk is dit nou 'n goeie tyd om te begin rondshop.

No comments:

Post a Comment