Thursday, March 24, 2011

Wilsons Prom rescue update.

Wel wat 'n nagmerrie week, gelukkig het alles goed ge-eindig. Ek sal verseker nooit weer jubel as ek 'n kind of twee minder in die huis het nie, al sien ek so daarna uit om net 'n bietjie asem te skep en vrede vir so dag of twee te he. Dalk was dit my blinde sambok oomblik gewees, maar jubel gaan ek beslis nie weer nie.

As ek so na Celeste luister dan was die kamp nie al te maklik nie alhoewel sy dit afmaak as groot avontuur. Van Maandag oggend af het dit gereen, onophoudelik, alles van hulle was sopnat. Haar voete spog sy lyk soos oumens voete alles is verrimpeld van die natheid. In totaal het hulle 44km gestap in die drie dae, die derde dag het julle so iets soos 22km gestap nadat hulle geblokeer was deur 'n modderstorting en moes terug draai. Hulle het nie kos gehad die derde dag, alles het sommer net verkeerde geloop, die aand is daar vir hulle versnapperinge afgegooi, maar koekies is nie kos. Die Rooikruis het behoorlik onder die klomp kinders deurgeloop die volgende dag nadat hulle gered is. Hulle het alles verslind wat hulle kon kry om te eet. Dis moes nogal iets gewees het om te aanskou.

Dit was nogal aanskoulik toe ons by die skool stop so net na vyf vanmiddag en die bus is reeds daar. Nicolette kon nie vinnig genoeg die kar se deur oop kry om na Celeste te gehardloop en te omhels, sefs Celeste het van haar groep weggebreuk en haar na Nicolette gehaas toe sy ons kar sien. Ek wonder of die twee mekaar gemis het, wonder eintlik wie het vir wie die meeste gemis.

Sy persoonlik het Maandagoggend laas seep en water gesien, so kan julle julself indink die lieflike aroma wat deur die huis gesweef het soos wat sy van kamer tot kamer gedrentel het.

Ek wil vir ieder en elke mens wat vir die kinders se veiligheid gebid het se baie dankie. Aan al die reddingspanne en die polisie, die ouens het onophoudelik gewerk om alles te laat uitwerk. Ek haal my hoed af vir al die volunteers wat ure gespandeer het om die nooddienste by te staan. Ek is dankbaar om in die land te wees waar mense lewens nog saak maak.

No comments:

Post a Comment