Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Monday, February 21, 2011
Rebel Army flater
Photo: Vince Caligiuri
Groot was die opwinding Vrydagaand, dis ons eerste Super 15 rugby wedstryd en die skare mense het bygedra tot die euforia wat almal gevoel het. Selfs in die trein oppad na Richmond toe kon jy die opwinding voel. Dit was toe maar 'n baie kort euforia gewees. Die eerste 20 minute van die game het dit gelyk na 'n belowende wedstryd, maar toe duik die Rebels letterlik in die hek vas. Die Waratahs het sommer gate in hulle verdediging gehardloop, en die agterlyn was net heeltemal missing gewees. Met die tweede en derde fase spel het die ouens nie die mas opgekom nie, elke keer het hulle die bal verloor. Die Rebels het dalk nou nie behoorlik geperform nie, maar mensig was die skare nou iets om te beleef. Die toeskouers het die spelers aangepor, en die kreet is oor en oor geskreeu, maar die drif was net nie daar vir die spelers gewees nie. Wie weet, dalk lyk die komende week se spel beter teen die Brumbies.
Wat mens telkens in "awe" laat staan hier in Melbourne is die gevoel van gemak waarmee jy in die laat ure van die aand na die stasie toe kan stap met 'n massa mense wat druk en stoot en alles verloop in 'n gesellig atmosfeer. Die gewag op die perron vir die trein het my laat dink aan 'n klomp skape wat wag om na die slagpale gelei te word. Toe die trein arriveer is dit net 'n geskarrel om op te kom, en dis hier waar ons toe besluit om maar liewer vir nog vyf minute te wag tot die volgende trein kom. Hoe gelukkig was ons toe nie, 'n lee trein vir so 20 van ons wat nog wag, en kan jy glo almal Suid Afrikaners. My kinders vertel juis hulle het lanklaas soveel Afrikaans gehoor en nuwe gesigte gesien.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment