Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Saturday, February 5, 2011
Rebels ons Super 15 Span
Foto: http://www.austadiums.com/stadiums/stadiums.php?id=279
Die AAMI stadium het sitplek vir so 30 050 mense, en die atmosfeer binne is absoluut amazing. Ons het vanaand na die wedstryd tussen die Rebels en Crusaders gaan kyk. Hierdie is beslis 'n span wat ek dink 'n paar spanne goed les gaan op sĂȘ. Alhoewel die Rebels verloor het, het die spel gewys hierdie is 'n span wat beslis met 'n paar ander spanne sal kan meeding. En as ek so luister na al die gespot van my huismense oor my geliefde Cats wat so aan die onderkant van die punte leer altyd rondtos dan hoop ek net die Rebels kan 'n beter doen.
Ons sien uit daarna om die eeste Super 15 game te gaan kyk op 18 Februarie tussen die Rebels en die Waratahs. Kyk maar uit vir ons.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment