Die naweek het vinnig nader gekom, en mense was dit ‘n vol program. Vrydag aand was dit AAMI park en die Rebels, Saterdag het die meisies netbal wedstryde gehad in die middag en Sondag was dit weer piekniek tyd. Piekniek by Hanging Rock.
Na verlede week se verskriklike nederlaag teen die Waratahs het ons nie gedink die Rebels sal enigesins mense trek nie. Groot was die verbasing eintlik toe 15 000 mense die stadion betrek en die atmosfeer weereens elektries was. Die Rebel Army het hulle ding gedoen en die mense lekker opgewarm. Ons het op ons gewone “cheap seat” plekkie gaan sit en die wedstryd met so ‘n halwe beklemming om die hart gekyk. Dinge het so in die begin nie te lekker gelyk nie, die verdediging was nie goed, die spel het maar net nie lekker op dreef gekom nie en so halfpad deur die eeste helfte het ek amper begin moed opgee. Is hierdie nog ‘n vernederende pakslae wat ons sal moet dra het ek so in my binneste gewonder, maar mense het die toeskouers die spelers gedra. Toe daardie eerste drie punte aangeteken word was daar nie keer, die Rebel Army het kom klop. Die gedreun van die kreet het jy oor en oor gehoor, WOW, hier gebeur iets, en jy kry sommer so ‘n lekker gevoel. Met die eerste drie deur die kaptein toe lig daardie dak, nie dat daar ‘n dak is nie, die skare gaan mal en jy sit daar en weet, hierdie gaan ‘n stadion raak waar opposisie spanne heeltemal ge-intimideer gaan word deur die ondersteuners. Met die laaste minute nog op die klok, die spanning wat hoog loop word die wen punte aangeteken, die vibrasie wat jy voel so deur die sement is die ondersteuners se vreugde wat geen perke ken nie. Mense as jy nog nie hoendervleis gekry het wanneer jy so sit en ‘n riller wedstryd kyk nie, dan is jy ‘n klip. Dit is absoluut amazing. Die mense staan bankvas, niemand beweeg, behalwe natuurlik die opposisie ondersteuners, almal wag op hulle span om die “honour lap” te doen. Dit was ‘n wedstryd wat ek nie maklik sal vergeet nie. Ons kaartjies vir 11 Maart teen die Sharks is geboek.
Die 2ling en Clarissa het hierdie naweek hulle eerste netbal wedstryde gehad, daar was hoogte punte en laagte punte. Die laagte punt was die nederlaag wat die 2ling gehad het, ‘n totale “thrashing”, dit was so erg mens kan nie die punte herhaal nie. Hopelik is volgende week se wedstryd beter. Clarissa se span het goed gevaar en hulle het heeltemal oor die ander span geloop en gewen. Die meisies was lekker moeg gewees na die hittige aksie volle dag.
Die Age het weer hulle Harvest Festival aangehad hierdie naweek by Hanging Rock met so om en by 80 stalletjies wat al hulle ware uitgestal het. Ons was vroeg uit die vere om die trein te kry in stad toe van waar ons toe ‘n “country” trein sou gekry het. Aangesien daar op die spesifieke treinlyn gewerk was is ons met busse vervoer. In ons hele reisplan het ons ‘n totaal van nege oorklim punte gehad. Ons is weg by die huis met die kar, trein gery tot in die stad, bus rit tot op Woodend stasie, bus tot by Hanging Rock waar die fees was, terug op die bus na Woodend stasie, trein rit tot op Sunburry stasie, bus tot in die stad, trein terug huis toe, in die kar veilig tot by die huis. Volgende jaar ry ons met die kar tot by Hanging Rock.
Die weer het gelyk of dit nie gaan saamspeel nie, dit het lekker katte en honde gereën hier by ons en dit het mens maar laat wonder wil jy in die reën en modder wees heeldag. As mens jou enigsins aan Melbourne se weer gaan steur dan gaan jy beslis nooit uit die huis kom nie, so ons is toe hier weg met positiewe denke en die hoop op baie wystalletjies. Hoe langer mens hier bly, hoe lekkerder raak die wyne, so die jaar was ons meer genoeë oor die verskillende wyne wat ons geproe het, dis nou al die rooi wyne. Ek dink van al die wyne het Brown Brothers top punte in ons boekies gekry. Die kinders het die dag net so baie geniet, nie dat mens hulle baie gesien het nie, natuurlik sien mens hulle mos net as hulle geld nodig het. Dit help ook as hulle tieners is en hulle nie saam met Ma en Pa gesien wil word nie.
So kom ons aan die einde van ‘n baie besige en vol naweek. Wie weet wat hou hierdie week vir ons in, maar hopelik net goeie dinge. Ons eerste wynklub kuier en die Lugskou by Avolon is iets om na uit te sien vir die komende week.
Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Sunday, February 27, 2011
Wednesday, February 23, 2011
SAFFA Familie
Dit gebeur so vinnig dat mens siek word en dan in die hospitaal beland met geen "support system" waaraan mens gewoond was nie. Jou familie of vriende is nie naby om te help met die kinders en kosmaak nie. Dan as jou man nog oorsee sit is dit net erger. So gebeur dit dat my vriendin Anli skielik siek word en opgeneem word in die hospitaal, en dit wat sy afmaak as sommer net 'n lastigheid word 'n realiteit. Daar sit sy pens en pootjies binne in ER met 'n ontsteek blinde derm, of liewers dis wat hulle dink.
Nou die van julle wat al vorige posts gelees het van my sal weet, al het jy privaat medies, maak nie saak of dit nou privaat hospitaal is of staats hospitaal, daardie kaartjie beteken blou sweet bogerol. Indien jou pynvlak nie bo 10 uit 10 is, jy nie hartpyne het, of dat die bloed spuit nie dan is dit maar 'n kwessie van wag. En wag sal jy wag. Jy poep teen lig as jy dink tantrums gaan help, hulle escort hulle jou uit die hospitaal met sekuriteit in tou. Die mense het baie tyd, en die "triage" wat jou op die lysie plaas dink ek weet minder van 'n noodgeval af as 'n blinde mol. Die ouens sal nie 'n week in 'n Suid Afrikaanse hospitaal se ER cope, selfs al hang hulle eie lewens daarvan af nie. Die medies mag goed wees hier, maar hulle het bleddie baie om nog te leer as dit kom by 'n noodgeval.
Skielik het ek ses kinders om na om te sien en rond te karwei skool toe en terug, elkeen met sy eie nukke en grille. Wel as nood druk dan doen jy wat jy maar moet doen, jy haal jou hande uit die sakke en jy versorg.
En soos die Saffa gemeenskappie maar is, steek meer hulle hande op en hulle help uit, nie lee beloftes nie, hulle help. Dis nou nie bloed familie nie, maar ons is een groot SAFFA familie wat regtig kan rock.
Aan my groot SAFFA familie hier in Melbourne julle is ankers wat mens vashou en die rigting wysers as ons die pad vorentoe moeilik raak.

Monday, February 21, 2011
Rebel Army flater
Photo: Vince Caligiuri
Groot was die opwinding Vrydagaand, dis ons eerste Super 15 rugby wedstryd en die skare mense het bygedra tot die euforia wat almal gevoel het. Selfs in die trein oppad na Richmond toe kon jy die opwinding voel. Dit was toe maar 'n baie kort euforia gewees. Die eerste 20 minute van die game het dit gelyk na 'n belowende wedstryd, maar toe duik die Rebels letterlik in die hek vas. Die Waratahs het sommer gate in hulle verdediging gehardloop, en die agterlyn was net heeltemal missing gewees. Met die tweede en derde fase spel het die ouens nie die mas opgekom nie, elke keer het hulle die bal verloor. Die Rebels het dalk nou nie behoorlik geperform nie, maar mensig was die skare nou iets om te beleef. Die toeskouers het die spelers aangepor, en die kreet is oor en oor geskreeu, maar die drif was net nie daar vir die spelers gewees nie. Wie weet, dalk lyk die komende week se spel beter teen die Brumbies.
Wat mens telkens in "awe" laat staan hier in Melbourne is die gevoel van gemak waarmee jy in die laat ure van die aand na die stasie toe kan stap met 'n massa mense wat druk en stoot en alles verloop in 'n gesellig atmosfeer. Die gewag op die perron vir die trein het my laat dink aan 'n klomp skape wat wag om na die slagpale gelei te word. Toe die trein arriveer is dit net 'n geskarrel om op te kom, en dis hier waar ons toe besluit om maar liewer vir nog vyf minute te wag tot die volgende trein kom. Hoe gelukkig was ons toe nie, 'n lee trein vir so 20 van ons wat nog wag, en kan jy glo almal Suid Afrikaners. My kinders vertel juis hulle het lanklaas soveel Afrikaans gehoor en nuwe gesigte gesien.
Thursday, February 17, 2011
Seermaak woorde
Ek was hierdie afgelope ruk nogal baie depresief. Die verlange na iets was heeltyd daar maar ek kan net nie my vinger daarop plaas nie. Ek scrap glad nie meer nie, dit voel of ek heeltemal die lus verloor het. Daar is niks wat my trek om al my papiere en boeke uit te haal en bietjie met die mooi goed te speel nie. Ek lees die blogs van al die mense, lees die tydskrifte wat my goeie vriendin in Suid Afrika vir my gestuur het, maar daar is net niks. Hoe kry mens jou mojo terug.
Ek stuur so af en toe vir almal mails oor wat in die omgewing aan is, dis nou verskillede festivals of marke wat aan die gang is. So stuur ek toe nou 'n mail aan almal oor die super 15 rugby en ons nuwe span. Daar is darem so 'n ou ligpuntjie in die donkerte vir my, maar dit het nie gehou. Mense wat terug skryf en nie dink alvorens hulle skryf laat my sommer rooi sien, daar slaan my depro my sommer vir 'n ses. Ek sal twee keer dink alvorens ek weer ope uitnodigings stuur, of liewers ek sensor dit, sensor my email lys dan weet ek daar sal nie sulke lelike angels terug kom nie.
Met al my geblog lesery het ek op hierdie mooi inskrywing afgekom hierdie week. Lees gerus bietjie daar op haar blog ook. Sy kan gevind word op www.netjane.wordpress.com
“For this is what we do. Put one foot forward and then the other. Lift our eyes to the snarl and smile of the world once more. Think. Act. Feel. Add our little consequence to the tides of good and evil that flood and drain the world. Drag our shadowed crosses into the hope of another night. Push our brave hearts into the promise of a new day. With love: the passionate search for a truth other than our own. With longing: the pure, ineffable yearning to be saved. For so long as fate keeps waiting, we live on. God help us. God forgive us. We live on”.
Groete aan almal.

Saturday, February 5, 2011
Rebels ons Super 15 Span
Foto: http://www.austadiums.com/stadiums/stadiums.php?id=279
Die AAMI stadium het sitplek vir so 30 050 mense, en die atmosfeer binne is absoluut amazing. Ons het vanaand na die wedstryd tussen die Rebels en Crusaders gaan kyk. Hierdie is beslis 'n span wat ek dink 'n paar spanne goed les gaan op sê. Alhoewel die Rebels verloor het, het die spel gewys hierdie is 'n span wat beslis met 'n paar ander spanne sal kan meeding. En as ek so luister na al die gespot van my huismense oor my geliefde Cats wat so aan die onderkant van die punte leer altyd rondtos dan hoop ek net die Rebels kan 'n beter doen.
Ons sien uit daarna om die eeste Super 15 game te gaan kyk op 18 Februarie tussen die Rebels en die Waratahs. Kyk maar uit vir ons.
Subscribe to:
Posts (Atom)