Monday, September 27, 2010

Ons jaar in oorsig

Dis moeilik om te glo dat 'n jaar terug was ons lewens heeltemal omgedolwe gewees, daar was 'n angstigheid wat op die knop van jou maag gesit het vir 'n lang tyd. Jou kop was deurmekaar en soveel dinge het daardeur gevloei wat onthou moet word alvorens ons op die vliegtuig moet klim. Die gevoel die aand toe die container die estate verlaat, die verligting dat nou is daar niks meer te pak, alles is uitgesorteer, dis net die lee dop van 'n huis wat oor bly. Hierdie hele immigrasie skuif het sy merk gelaat op elkeen van ons, en ek moet se dit was nie 'n slegte ondervinding nie. Dit was by tye moeilik maar ons het dit deurgesien en ons voel nou dis ons huis die.

In hierdie jaar wat verby was het ons baie vermag, dinge wat jy vir granted gevat het was skielik in jou gesig en jy het anders begin voel oor al hierdie dinge. Dit was 'n goeie leerskool gewees, maar ek sal dit nie aanbeveel vir elke ou nie, dis nie vir sissies nie. Jy mag dalk met die idee speel om te immigreer, maar doen jou huiswerk behoorlik alvorens jy die pad vat. Moenie met bagasie hier aankom en dink dit sal beter gaan die kant nie, jou bagasie trek saam. Sort jou dinge en issues uit want jy sal vinnig terug trek as dinge nie jou way gaan nie.

Ons gesin is gesettle na 'n jaar, ons het al die dinge so in ons stap gevat. Met goeie vriende en vriendinne wat ons hier gemaak het (en party nie sulke goeies nie) het ons saam die mas opgekom. Die kinders is gelukkig in hulle skool en daar is 'n hele paar Suid Afrikaners saam met hulle. Ons beveel maar die skool aan vir enige ou wat hierna toe kom en sy kinders in 'n skool wil sit, dit is baie duur maar dis beslis die moeite werd. Die blootstelling wat hulle kry in al die vakke is ongelooflik, die verskeidenheid is groot.

Ons kinders het 'n vooruitsig hier, iets wat hulle nie regtig in Suid Afrika sou gehad het nie, dit maak nie saak in watter rigting hulle wil ingaan nie, werk sal hulle kry.

Met God se genade sal ons die volgende jaar ook goed wees vir ons.

No comments:

Post a Comment