Partykeer "moan" mens oor die Ozzies, hulle frustreer die hel uit jou oor hulle slapgatgheid. Hulle reels en regulasies maak dat jy die dak wil uitklim en van daarbo wil skreeu.
Ander dae verras hulle jou. Hulle gaan uit hulle pad om jou kind te help met 'n taak. Sal jy halftien in die aand rondry om die inligting oor jou familie geskiedenis te gaan afgee vir vreemde mense wat jy nie regtig ken nie. Ek dink nie so nie.
Hier sit ons met Italiaanse bure, die ouma en oupa is in hulle tagtigs. Oupa is siekerig, maar Ouma is nog aan die gang. Sy skoffel nog in die tuin en Oupa hits haar hier van agter af aan.
Clarissa het met die ouma 'n onderhoud gehad en die kinders het 'n klompie inligting bymekaar gemaak vir haar. Vandag toe bring hulle die foto's en kaarte vir haar. Clarissa het maar bietjie slap gele en nie opgevolg dat sy die inligting betyds kry nie. Vandag toe loop sy die dogter in die Pines raak en vra toe of sy die foto's kan kry. Octavia, die dogter, se toe hulle sal dit vanaand bring. Nege uur toe klop sy aan die deur met mooi ou foto's van 1940's rond (en toe werk my scrapkop oortyd) en teen halftien is die broer hier met kaarte. Nou sit ek hier in my bed en dink, WOW, vreemdelinge en hulle doen dit vir my kind. Dit is beslis iets oor oor huis toe te skryf.
Ons as Suid Afrikaners het iets langs die pad verloor. Daardie omgee ding, daar die onselfsugtige diensbaarheid wat ons eens op 'n tyd gehad het is net verlore, en dit is ons kinders se loss.
Hier sien ek dit weer en dis 'n lekker gevoel.
No comments:
Post a Comment