Vandag is dit ses maande wat ons hier in Melbourne is. Dit was nogal 'n hectic tyd vandat ons gehoor het ons het PR gekry. Die besluit om sommer dadelik te pak en te gaan het nogal groot omwenteling in ons lewens veroorsaak. Ons as volwassenes dink altyd die kinders sal cope, maar dis nie altyd die geval nie. Ek het gesien hoe hierdie hele kontinent skuif die kinders geaffekteer het. Die aanpassing was moeilik, maar hulle het dit gedoen. Hulle het maats gemaak (boeta het natuurlik bietjie langer gevat),skool in die Engelse taal het makliker gekom was wat ons gedink het, die kinders kry nog ESL klasse, maar ek dink dit gaan nie lank meer nodig wees nie. Hulle dink en praat omtrent net Engels en die Afrikaans gaan by die agterdeur uit.
Ons deurkruis ons nuwe omgewing omtrent elke naweek as ons die tyd kry, en dit is amazing om van die plekke te sien waarop ons afkom. Die natuurskoon is mooi en ongerep, hier sal die mense baie vinnig hulle opinies lig en petisies doen as daar gekonkel word met ontwikkelings in natuurgebiede.
Boeta se baard kom aan, en hy het besluit hy skeer nie. Ons sal maar moet sien hoe lank vat dit hom alvorens hy die skeermes nader trek. Hy het al begin groei aan die baard die week voor die skool gesluit het, duidelik is die ouens hier nie so streng, en hy wil blykbaar nie skeer tot 'n onderwyser iets se nie. Nou dit gaan baie lank vat, want hier hoef hulle nie te skeer as hulle nie wil nie. Dalk moet ek Nivea room iewers gaan kry en se dit is n nuwe tipe gesig masker, dalk nie 'n slegte plan.
Ons mis natuurlik nou die paaseiers, Beacon marshmellow eiers om presies te wees. Hier is 'n oorvloed van paaseiers, maar nie die marshmellow eiers waarvoor ons so lief is nie. Ek sal wat wil gee om nou een in my kieste in te druk en die sjokolade stukkie vir stukkie af te eet, al rondom die marshmellow. Hoe water my mnd nou.
Natuurlik is dit weer skoolvakansie, en dit voel soos gister toe die skole begin het na amper 7.5 weke se skool vakansie, en om die kinders besig is nogal 'n storie. Elke dag maak ons bietjie huis skoon, waarvoor sal ek dit nou alles alleen wil doen, en die res van die dag kan hulle hulself besig hou met iets. Vandag het hulle maats genooi om boardgames te kom speel hier by ons. Dit was nogal pret, veral as hulle 30seconds speel en daar nie meer in Afrikaans gedink kan word nie, dan moet ma maar kom uithelp.
Ons het ons eerste sessie van "Hardwaste pickup" gehad hierdie week. Dis wanneer jy die munisipaliteit bel en se dat jy gemors het om weg te gooi. Dis nou nie jou gewone huisafval of "recycle" goed soos papier ek karton bokse nie. Dis nou al daardie goed wat Johannes altyd sou gevat het, die goed waaroor jy nie meer 'n nut het nie. Wel hier is nou nie 'n Johannes nie so jy moet dit maar op die sypaadtjie sit vir 'n "collection". Ek en Christiaan het dit uitgepak, al die gebreekte stoele, lampe en tafels wat Elliott se mense so mooi verpak het. Toe Alex by die huis kom Maandag aand wou hy sy kop in 'n blik druk so skaam het hy gekry oor die gemors wat nou so opdie sypaadtjie staan. Gelukkig vir hom het hulle Dinsdag oggend vroeg gekom om dit te verwyder, nou kan hy weer sy gesig buite wys. Hierdie ouens is gerat vir sulke goed, dit was 2 lorries wat hier aangekom het. Een is soos 'n aslorrie en die ander een 'n trokkie. In die aslorrie gooi hulle al die gemors, in die lorrie gaan die groot goed soos die beddens, tv's, yskaste ens. Die groot bulky goed wat jy nie sommer sal "crush" nie. Die twee manne was minder as vyf minute besig en toe weer oppad na die volgende punt. Elke blyplek kry twee sulke "pickups" 'n jaar, en dis nou die terrein waar die scavengers uit kom en hulle huise weer vol maak. Die gesegde is mos iets van 'n anderman se gemors is jou fonds of so iets.
Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Tuesday, March 30, 2010
Thursday, March 25, 2010
Partykeer "moan" mens oor die Ozzies, hulle frustreer die hel uit jou oor hulle slapgatgheid. Hulle reels en regulasies maak dat jy die dak wil uitklim en van daarbo wil skreeu.
Ander dae verras hulle jou. Hulle gaan uit hulle pad om jou kind te help met 'n taak. Sal jy halftien in die aand rondry om die inligting oor jou familie geskiedenis te gaan afgee vir vreemde mense wat jy nie regtig ken nie. Ek dink nie so nie.
Hier sit ons met Italiaanse bure, die ouma en oupa is in hulle tagtigs. Oupa is siekerig, maar Ouma is nog aan die gang. Sy skoffel nog in die tuin en Oupa hits haar hier van agter af aan.
Clarissa het met die ouma 'n onderhoud gehad en die kinders het 'n klompie inligting bymekaar gemaak vir haar. Vandag toe bring hulle die foto's en kaarte vir haar. Clarissa het maar bietjie slap gele en nie opgevolg dat sy die inligting betyds kry nie. Vandag toe loop sy die dogter in die Pines raak en vra toe of sy die foto's kan kry. Octavia, die dogter, se toe hulle sal dit vanaand bring. Nege uur toe klop sy aan die deur met mooi ou foto's van 1940's rond (en toe werk my scrapkop oortyd) en teen halftien is die broer hier met kaarte. Nou sit ek hier in my bed en dink, WOW, vreemdelinge en hulle doen dit vir my kind. Dit is beslis iets oor oor huis toe te skryf.
Ons as Suid Afrikaners het iets langs die pad verloor. Daardie omgee ding, daar die onselfsugtige diensbaarheid wat ons eens op 'n tyd gehad het is net verlore, en dit is ons kinders se loss.
Hier sien ek dit weer en dis 'n lekker gevoel.
Ander dae verras hulle jou. Hulle gaan uit hulle pad om jou kind te help met 'n taak. Sal jy halftien in die aand rondry om die inligting oor jou familie geskiedenis te gaan afgee vir vreemde mense wat jy nie regtig ken nie. Ek dink nie so nie.
Hier sit ons met Italiaanse bure, die ouma en oupa is in hulle tagtigs. Oupa is siekerig, maar Ouma is nog aan die gang. Sy skoffel nog in die tuin en Oupa hits haar hier van agter af aan.
Clarissa het met die ouma 'n onderhoud gehad en die kinders het 'n klompie inligting bymekaar gemaak vir haar. Vandag toe bring hulle die foto's en kaarte vir haar. Clarissa het maar bietjie slap gele en nie opgevolg dat sy die inligting betyds kry nie. Vandag toe loop sy die dogter in die Pines raak en vra toe of sy die foto's kan kry. Octavia, die dogter, se toe hulle sal dit vanaand bring. Nege uur toe klop sy aan die deur met mooi ou foto's van 1940's rond (en toe werk my scrapkop oortyd) en teen halftien is die broer hier met kaarte. Nou sit ek hier in my bed en dink, WOW, vreemdelinge en hulle doen dit vir my kind. Dit is beslis iets oor oor huis toe te skryf.
Ons as Suid Afrikaners het iets langs die pad verloor. Daardie omgee ding, daar die onselfsugtige diensbaarheid wat ons eens op 'n tyd gehad het is net verlore, en dit is ons kinders se loss.
Hier sien ek dit weer en dis 'n lekker gevoel.
Sunday, March 21, 2010
Hierdie was maar 'n stil week gewees in ons huis, nie veel het aangegaan nie. Dis nog 'n week voor die skole sluit dan is dit weer 'n gesukkel om die vervelende tieners besig te hou. Ek moet nou al sit en dink wat om te doen sodat ek nie later moet hoor "ons is bored" nie. Ek het gedink ons moet na die nuwe Docklands yskaats baan gaan. Dit het nou ge-open toe die winter olimpiese spele begin het. Dit is 'n indrukwekkende plek. Dan moet ons maar weer bowling gaan doen, dalk die dieretuin gaan besoek met die nuwe baba olifant. Movies is op die agende maar sal dan na die $8 cinema moet gaan, die ander is net te duur. Sal die weer ook bietjie dophou en dalk een dag na Black Rock toe ry, blykbaar is dit 'n mooi strand.
Boeta sou die week op 'n kyak kamp gegaan het, maar op die laaste minuut is dit geskuif omrede baie kinders ander buite sport verpligtinge gehad het en dan nie die skoolkamp sou kon bywoon nie. Die gesig het boekdele gespreek toe ons die oproep agtuur die aand gekry het dat dit skuif na die begin van die volgende kwartaal. Hy het nogal daarna uitgesien om sonder sy susters te wees vir 4 dae. Wel ons het ook daarna uitgesien, maar nou ja, nou sal ons dit dalk meer geniet voor die skole oopmaak as hy weg is.
Het darem die week lekker gescrap, het drie bladsye gedoen, een dubbel en twee enkel blaaie. Ek raak toe sommer nostalgies toe ek deur die albums blaai en boeta in sy rugby klere sien, ek wou toe amper begin tjank. Mens mis die kameradie wat jy met die ander ouers opbou so deur die jare, dis nie dieselfde hierdie kant nie, dis baie onpersoonlik.
Die kinders se sosiale lewe is partykeer besiger as ons eie. Die kinders het na Ruhan Kruger se 16de verjaarsdag gegaan, hulle het darem lekker geswem en te kere gegaan, later die aand is Clarissa na 'n 13de partytjie toe en Nicolette het saam met die kereltjie gaan fliek en ietsie gaan eet by Westfield Doncaster. Ons ou mense het maar by die huis gesit en TV gekyk, kaas en beskuitjies ge-eet en daarna net op die internet gesurf. Great social lewe wat ons het.
Nou is dit tyd om uit die bed op te staan, die kinder te gaan wakker maak en ontbyt te gaan eet. Dit is al tienuur op 'n Sondag ogggend hier, gaan nie kerk toe vanoggend maar vanaand want daar is 'n Afrikaanse paasdiens by die kerk.
Lekker week almal.
Boeta sou die week op 'n kyak kamp gegaan het, maar op die laaste minuut is dit geskuif omrede baie kinders ander buite sport verpligtinge gehad het en dan nie die skoolkamp sou kon bywoon nie. Die gesig het boekdele gespreek toe ons die oproep agtuur die aand gekry het dat dit skuif na die begin van die volgende kwartaal. Hy het nogal daarna uitgesien om sonder sy susters te wees vir 4 dae. Wel ons het ook daarna uitgesien, maar nou ja, nou sal ons dit dalk meer geniet voor die skole oopmaak as hy weg is.
Het darem die week lekker gescrap, het drie bladsye gedoen, een dubbel en twee enkel blaaie. Ek raak toe sommer nostalgies toe ek deur die albums blaai en boeta in sy rugby klere sien, ek wou toe amper begin tjank. Mens mis die kameradie wat jy met die ander ouers opbou so deur die jare, dis nie dieselfde hierdie kant nie, dis baie onpersoonlik.
Die kinders se sosiale lewe is partykeer besiger as ons eie. Die kinders het na Ruhan Kruger se 16de verjaarsdag gegaan, hulle het darem lekker geswem en te kere gegaan, later die aand is Clarissa na 'n 13de partytjie toe en Nicolette het saam met die kereltjie gaan fliek en ietsie gaan eet by Westfield Doncaster. Ons ou mense het maar by die huis gesit en TV gekyk, kaas en beskuitjies ge-eet en daarna net op die internet gesurf. Great social lewe wat ons het.
Nou is dit tyd om uit die bed op te staan, die kinder te gaan wakker maak en ontbyt te gaan eet. Dit is al tienuur op 'n Sondag ogggend hier, gaan nie kerk toe vanoggend maar vanaand want daar is 'n Afrikaanse paasdiens by die kerk.
Lekker week almal.
Sunday, March 14, 2010
Die week het die 2ling hulle eerste verjaarsdag in die vreemde gevier. Dit het nie te sleg gegaan aangesien hulle goed in sport gepresteer het die dag en hulle nie hoef skool te gegaan het nie. Ons het hulle uit gevat vir aandete by Melissa's, die kos is nie te duur nie en een porsies is groot genoeg vir twee mense, nie dat hulle deel nie.
Hier is kampeer groot, en ek bedoel dit is groot. In Suid Afrika het jy Jurgens, Sprite en Gypsey en eintlik wapper die vlae onder een vaandel. Vir die drie brands kry jy miskien 3-5 verskillende tipe waens en verder is die waens almal presies dieselfde, hier is geen variasie op die verskillende reekse nie. Wat ek hierby bedoel as jy 'n Penta koop weet almal hoe die uitleg is, daar is nie opsies op die uitleg nie. Of dit nou funksioneel is of nie, dis wat jy kry en jy kies maar op die ou einde maar wat die reeks wat vir jou werk. Wel jy't gedink jy het 'n wye keuse in die drie, maar mense julle het nog nie die mense aan die kant van die water gesien nie.
Hier is waens op waens op waens, nog verder aan kry jy 'n reeks en in die reeks kry jy 3-4 verskillende variasies. Hier is seker 10+ verskillende karavaan vervaardigers en dan natuurlik ons getroue ou Jurgens. Laat ek julle maar vertel, die ouens kan gaan slaap, Jurgens kan nie kers vashou by die ouens nie. Die vervaardigers mag dalk nou nie so aerodinamies wees soos die Jurgense nie, maar hulle weet van wat die mense soek. Hulle is nie skaam om uit te haal en te wys nie. Ons monde het behoorlik gekwyl oor alles wat beskikbaar is en hoe heerlik ruim en funksioneel alles is. Ons het ons karavaan gesien wat ons wil koop. Dit sal eintlik eers kan gebeur wanneer ons huis gekoop het, so tot dan toe sal ons maar net kwyl.
Nou daar was nie net waens nie, daar was tente, trailers en dan natuurlik die eye candy wat elke ou hier in sy binneste maar oor gekwyl het. Die Campervans. Hier is ook so 'n groot variasie verskillende vans dat mens naderhand nie meer kon kyk nie. Dis die basiese funksionele bussie tot die uiters luukse amper designer huis op baie wiele. Dis luuks en mooi, met leer sitplekke, die nuutste plasma skerms, sitkamer, slaapkamer, badkamer en kombuis. Dis ultra modern en vrek mooi, en natuurlik die mooiste deel is die price tag. Die tag is so groot jy kan dit omtrent nie optel nie. Dan begin jy maar droom oor die dag as jou skip inkom en dan stap jy maar uit die lokaal want die droom gaan maar net 'n droom bly want die price tag het nie gehoor van die finansiele krisis waardeur die wereld is nie.
Daar was ook 'n groot gedeelte wat afgebaken was net vir toerisme. Hier het elke streek kom uitstal en ook kom wys wat aan die toeriste gebied word. Hier land is eintlik so groot dat mens in jou leeftyd nie by al die plekke sal kan uitkom nie. Jy moet omtrent 'n profesionele toeris word net om alles te sien en te beleef hier. Net hier in Melbourne / Victoria alleen is daar soveel streke met wynplase, strande, reservate, riviere en kampeerplekke dat ons dit verseker nooit alles sal sien nie, maar ons gaan vrek hard probeer. Ons het soveel boekies met inligting gevat dat ons nooit vervelig behoorte te wees tydens enige naweek nie, ons behoort elke naweek besig te wees met al die natuur atraksies wat ons streek ons bied. Dan praat ek nie eers van al die ander skoue en buitelug aktiwiteit wat op 'n gereelde grondslag hier aangebied word nie.
Teen die middag was ons nou redelik gatvol vir die geloop en ons het nog nie eens die helfte van die karavane besigtig of al die nuutste gadgets gesien nie. Die plek was net so groot met so baie dinge dat mens dit nie in eendag kan besigtig nie. Daar kom weer later in die jaar so 'n skou dan sal ons dit maar beter beplan en dit dalk oor twee dae doen.
My ma is ook beter, sy's uit die hospitaal en hopelik sal dit so bly.
Tuesday, March 9, 2010
Skool sport
Dit was 'n tipiese wintersdag vandag, die temperatuur het nie eens die 20's geraak nie. Met die onweer en die koue het ek nie lus gehad om by die sportgronde te gaan sit en na die kinders te kyk nie. Maar soos gewoonlik het my nuuskierigheid die stryd gewen en ek is af na die sportgronde net so om die draai van die huis. Die kinders het huissport vandag gehad en dit was 'n warboel van kinders met gekleurde gesigte en hare. Die een probeer die ander oordoen met hulle funny uitrustings.
Nicolette het hoogspring, 200m, 400m, aflos en gewigstoot gedoen. Sy het 2de plek in hoogspring, 200m en gewigstoot gekry, en 'n eerste plek in 400m. Nie te sleg vir iemand wat bitterlik lanklaas haar voete op die oefen veld gesit het.
Celeste het 100m, 200m, 400m, driesprong, verspring, gewigstoot en aflos. In die gewigstoot het die tweeling die rekord gebreek met meer as 'n meter. Die onderwysers was verras oor die twee.
Clarissa het 100m, 400m, 1500m, gewigstoot en aflos gedoen. Sy het tweede plek in 100m, 400, en gewigstoot gekry. Sy was die hele dag op en af, het gelyk soos een van hierdie duracell battery mannetjies.
Christiaan het gewigstoot gedoen en mensig was dit 'n gesig gewees om te aanskou. Tipies soos dit maar is praat die kinders onder mekaar om te bepaal hoe goed of hoe sleg gaan hulle vaar teen hulle maats. Niemand het boeta geglo dat hy gemiddeld 11m en verder stoot nie, maar die resultate het hulle almal woordeloos gelaat. Boeta het met sy tipiese step gooi sonder enige moeite 11.93 gestoot, en die kinders was stil. Met sy volgende gooi toe doen hy die 2step gooi en mense hy stoot daardie bal 12.93 en daar daal 'n totale stilte op die baan neer en die volgende oomblik hoor jy net hoe cheer die kinders hom. Dit was amazing en dit was goed vir sy ego. Hy het die rekord laat spat met meer as 50cm, en ons sal maar sien of dit iewers in die toekoms gebreek sal word.
Monday, March 8, 2010
So breek 'n nuwe week aan na 'n heerlike lang naweek in Victoria. Hier is dinge wat ek nog nie lekker kan klein kry nie, dis nou soos die afgelope langnaweek hier by ons. Nou hier is een land of eiland wat jy dit ookal wil noem met 'n paar state. Jy het Adelaide, Brisbane, Canbera, Darwin, Hobart, Melbourne, Perth en Sydney, dis een land ouens met 8 verskillende staats wette en vakansies, nie eens te praat van die tydsverskille wat daar is nie. Elke staat besluit oor sy wette, skool en belastingwette. Dis om nou soos 'n dronkhoenderhaan in 'n slagpaal vas te loop. Jy trippel oor jou voete die kant toe en dan weer die anderkant toe en van kophou is daar nie sprake, dis net te deurmekaar. Hier sukkel ek nog so 'n bietjie met die deurmekaarheid. Maar wat kan ek nou einlik verwag van ouens wat convicts het vir voorvaders.
Ek het die naweek 'n vroue konferensie bygewoon en dit was okay, maar ook net okay tot op 'n punt. Kyk oor my geskiedenis en herkoms is ek trots, ek is trots Afrikaans, ek is trots Blank Afrikaans. My voorvaders het 'n pad gestap om te kom waar ons vandag is, hulle het die Zulu's geveg, hulle het die Kakies geveg en oorleef. Wat die NP regering gedoen het was nie reg, maar ek gaan nie aanhou omverskoning vra of sleg voel teenoor die vorige benadeeldes nie. Iewers moet die mense wakker skrik, hulle self uit die gat lig en die son sien skyn. Wat my meer kielie is hierdie mense wat vir WorldVision of Tear werk, slegs die gedeeltes sien en ervaar wat hulle wil ervaar, nie ander sieninge of swaarkry sien aan die anderkant van die berg nie. Mense wat tonnelvisie het en dink dis hoe die lewe is, wel daar is altyd 'n anderkant. In alles wat ek in my lewe al tee gekom het al die verhale en swaarkry, dit alles het drie kante. Dit het jou kant, my kant en dan die waarheid. Moet nooit dink as iemand jou sy sad storie vertel en ander is daarby betrokke dat jou version die enigeste waarheid is nie. DIT IS NIE. Ons land het deur 'n erge stryd gegaan met apartheid, rassisme en moorde, maar niemand in hierdie storie was onskuldig gewees nie. Nie my kant of jou kant nie, albei het bloed aan sy hande. So hoe vinnige hierdie mense dit verstaan hoe minder antogonisties sal ons teenoor hulle voel as daar sulke onsin kwyt geraak word tydens 'n Christen Vroue Konferensie.
Maar aan die anderkant het ons 'n klompie nuwe mense ontmoet. Hoe heerlik was dit om ander Afrikaners te ontmoet wat skoon opgewonde geraak het as hulle Afrikaans hoor, en dit was nie blanke dames nie net vir die rekord. Hier het Christen vroue van regoor Australia en Tasmania bymekaar gekom om die boek Ester te behandel. Ons was 'n klompie vroue wat net vir die dag gegaan het. In totaal was daar seker so 240 vrouens gewees, die dag besoekers was seker 25% daarvan gewees. Dit was 'n lekker dag al het die vrou my so ontstel met haar onsin.
Celeste het die swemspan van die skool gehaal en het Donderdag deelgeneem. Dit was nou iets om te aanskou. In al my tyd met al die bywoning van byeenkomste het ek nog nooit gesien dat skoolkinders stil sit. Hulle is altyd op plekke waar hulle nie moet wees en die onderwysers hardloop rond om toe te sien dat hulle wel op hulle plek kom. Hierdie ouens hardloop nie rond nie, die onderwysers is daar om toe te sien dat die kinders betyds is en niemand raak in 'n panick omdat kinders soek is nie. Dit is amazing, ek wonder net of die atletiek ook so gaan wees Dinsdag. Wat ek ook moet byvoeg is dat ek kan nie foto's neem van Celeste tydens die swem nie, hier geld "privacy acts" en ons is gevra om nie foto's of video's te neem nie. Ek was nou nie baie impress nie maar wat kan ek doen. Het darem so 'n paar ingekry voor die tyd.
En so kry ek toe ook 'n oproep oor my ma wat weer in die hospitaal beland het. Die suiker is hoog, die suurstof is min in die are en sy sukkel om asem te kry. So dis moeilik van die kant om simpatie te betoon, dis so ver en afgesny van almal. Om inligting te kry uit die verpleegsters is nie maklik nie, die ge eee kan my die dak uit dryf, maar kalm bly sal ek maar net moet. En kalmte is nou nie een van my goeie punte nie, daarvoor het ek net 'n te kort fuse.
Nou ja laat ons hierdie week met energie aanpak en hopelik sal ek die huis behoorlik kan skoonmaak of dalk ook nie, wie weet . . . . . .
Monday, March 1, 2010
Naweek pret
Wat 'n besig naweek. Ons het van die een hoek na die ander hoek gekuier en dit was pret. Saterdag het die kinders 'n partytjie gehad by Frankston, dit is by die see, en dit is omtrent so 'n uur se ry van ons huis af. Die van julle wat my op FB het sal onthou ek het foto's op 'n stadium gelaai van Frankston en die sand kastele, Moments in Time.
Saterdagaand het die 2ling 'n ander partytjie gehad en daar was gekuier tot tienuur die aand. Hulle was lekker poegaai gewees. Dit was een van hulle Ozzie vriendinne se verjaarsdag partytjie.
Sondag het ons vroeg opgestaan, sesuur, om die trein te vang in stad toe. Vandaar het ons 'n country trein gekry na Woodend. Die koerant The Age het 'n "Harvest Festival" geborg by die Hanging Rock in Woodend. Dit is so 'n tipiese platelandse dorpie, as jy uitswaai vir 'n hoender dam mis jy dalk die dorpie, met baie karakter. Die plekke Hanging Rock is so twintig minute uit die dorp tussen plase, en as ek reg kan onthou is daar 'n perde redwen baan. Daar is nie baie op die plekkie nie in die sin van geriewe nie, maar daar is baie spasie. Hier het omtrent so 100 stalletjies hulle ware uit gestal. Meestal van die stalletjies was maar wyne van die omgewing, en is hier baie wynplase, die res was maar kosse en gebak gewees. So tussenin was daar musikante wat die mense vermaak het op die verhoog, en as jy moeg geraak het dan het jy maar op jou kombers gaan le en 'n slapie gevang.
Daar was 'n hele groot groep Suid Afrikaners wat die festival bygewoon het, en ons het met nog 'n paar nuwes kennis gemaak. Van die Ozzie ouens wou net met ons gesels om heeltyd die SA aksent te hoor. Dit klink so mooi vir hulle op die oor.
Die dag het ook maar lank geword en ons is so vieruur die middag terug na die bus sodat ons dalk kan onderhandel om 'n vroeer trein terug te kry huis toe. Gelukkig het die kondukteur nie 'n probleem gehad nie en ons is op die trein toe dit die stasie intrek. Die probleem was daar is toe nie genoeg sitplek nie en al genade was dat ons maar moes staan. Die trein was so nice binne dat ons toe besluit het om op die grond te sig, daar was matte. So het ons toe maar die uur met trein rit terug op die grond gekuier.
Dit was so lekker om terug by die huis te wees en net te gaan sit op 'n sagte stoel. Nodeloos om te noem maar ons was almal vroeg in die bed.
Subscribe to:
Posts (Atom)