



Die kerk begin so tienuur op 'n Sondag en eindig so halftwaalf. Dit gooi 'n ou se dag maar lekker deurmekaar. Christiaan het sondagskool van so kwart voor tien tot so half elf en dan kom hy die kerk binne en luister saam met ons na die preek. Die ander kinders is saam met ons in die kerk tot so half elf dan gaan hulle uit vir Sondagskool.
Hier doen elkeen maar sy deel en elkeen kry sy beurt om die kerk skoon te maak asook om tee te skink en daarna die opwas.
Ek het besluit om deel te wees van die bybelstudie groep wat so elke twee weke bymekaar kom by 'n boekwinkel in Whitehorse Rd. Dit is nie iets wat ek voorheen gedoen het of belang gestel het om van deel te wees nie, maar ek moet se dit is heerlik om ander mense se standpunte en hulle oogpunt van Christenskap te sien. Ek word beslis verryk hierdeur.
No comments:
Post a Comment