Ons kry toe 'n plekkie by Rocford Wines en hier sit ons almal af soontoe. Dis ons en die Roelofses met hulle twee kinders. Voordat ons die restaurant ingaan het ons eers vir so 'n vinnige wynproe gegaan. Die kinders het op die dak van die wynplaas gaan sit en koeldrank drink en foto's neem. Ek kan vir julle se dat die wyne hier nie die oemf van ons wyne het nie. Of dit nou witwyn is of rooiwyn, die goed hier proe so "bland". Ons sal duidelik hieraan gewoond moet raak. Die sjampanje was nie te sleg.
Die middag ete was heerlik, bo sal julle sien hoe mooi het dit gelyk. El het quail ge-eet vir 'n voorgereg en Kangaroo steaks vir 'n hoofgereg. Die kos was baie lekker gewees. Daarna het ons na die sjampanje plaas gery naamlik Dominique Portet vir 'n bietjie proesels, maar ongelukkig was ons net te laat gewees. Hier het ons toe maar op die gras gekuier vir so 'n uur alvorens ons besluit het om huiswaarts te keer.
No comments:
Post a Comment