Monday, November 30, 2009

Die groot uitpak

Hierdie afgelope week was weereens 'n hoogtepunt in ons lewens. Die rede hiervoor was dat ons container is uiteindelik afgelaai by die huis. Ek het skoon amper 'n zulu toi toi gegooi voor die trokke toe dit voor ons huis gestop het hier laas Woensdag oggend. Die opgewondenheid was tasbaar toe die trokke hier stop en ons almal skarrel vir 'n vale rond binne en buite die huis. Alvorens die trok behoorlik kon stop moes ek eers van huis tot huis gaan on uit te vind wie se kar staan voor ons deur geparkeer. Ek het nog nie vir julle vertel van die boom voor die huis wat almal graag onder wil stop vir koelte nie, die mense kan skaars wag dat iemand sy kar skuif of hulle kom uitgehardloop en skuif dan hulle kar onder ons koelte boom in. Dis absoluut lagwekkend. Wel so loop ek toe nou maar van huis tot huis en kry die skuldige. Die mense het hulle eie garage, maar nooit as te nimmer sal hulle daar stop. Die vrou het dadelik haar kar kom skuif, maar was dit nou 'n stryd vir haar om 'n ander parkeer plekkie te kry vir haar kar. Ek kon net my kop skud vir mense.

Wel so staan die trokke toe rug teen rug en die ses manne begin toe die trokke uit pak. Hulle het behoorlik gewerk, en het elke vyf en veertig minute rus ingekry. Hier oorwerk die mense hulle nie self nie. Jy rus gereeld, tel niks swaar op nie, en skuif niks swaar rond nie. Vir alles is hier tools om die harde werk makliker te maak. Die bene word gebuig as iets opgetel word, die rug mag nie geooreis word nie. As iets te swaar is word die trollie ingespan. Hier is geen manne met werk stamina of krag nie. (Net 'n klomp oz woesies, selfs boeta word grootoog aangegaap as hy iets groot by die skool optel. Die meisies swymel blykbaar as boeta nader tree. Dis nou die meisies se weergawe.) Die manne was seker so vier of vyfure aan die werk hier gewees toe is hulle klaar. Die goeie nuus is ons het almal ons eie beddens en al ons goed het veilig hier aan gekom, die slegte nuus is ons het redelik skade opgedoen met van ons goed. Die buite stel wat van castiron gemaak is, is daar drie stoele gebreuk. Twee van hulle is letterlik in stukke gebreuk. Hoe die josie dit gebeur het is 'n totale raaisel vir ons. Een van my groot lampe (en dis die een wat Luke gerewire het) is stukkend gebreuk asook een van my groot bruin staan vase. Twee van ons splinternuwe beddens was so verpak dat die onderkante heeltemal ingegee het. Die beddens was nie eens 2weke oud toe ons getrek het nie. Dit moet ons nou alles eis van die versekering. So dit wys jou, niks is veilig nie.

Ek het foto's geneem van die werkers, en dit was almal 'n klomp jong manne gewees. Snaakse mense en huul het geen humorsin. Omtrent elkeen van die manne was vol tatoeer merke op die lywe. Volgens hulle is dit kuns, en dis hulle manier hoe hulle, hulle kuns uit leef. Ja seker dink ek so by myself, ons ouers sou letterlik en figuurlik ons koppe van ons lywe af geklap het as ons met sulke "kunswerke" by die huis opgedaag het. Ek is seker hulle het nooit vetkryte gehad nie. Die ouens het nie net een of twee klein diskrete "kunswerke" nie, dis sulke groot en kleurvolle goed orals oor. Die arms, bene en die hele rug is vol en sommer die hande en vingers ook.

So die res van die week het ons uitgepak en uitgepak. Wel ek het nie veel uitgepak nie. Teen Donderdag het ek so 'n geweldige migraine ontwikkel dat Anli vir Alex kom help het om die kartondose uit te pak. Die middag toe ek my kop kon lig is die kombuis uitgepak en meestal van die goed het 'n plekkie gekry. Soos wat Alex en Anli uitpak sien hy dat hier nog steeds te veel gemors saam gekom het. Ek sal maar deur die kaste gaan en alles weer herorganisser, en dit wat volgens hom gemors is evalueer en besluit of dit bly of maar liewers moet gaan.

Dis lekker om deur jou eie goed weer omring te word. Dit voel meer huis.

Hierdie week doen ek my lisensie, so ouens hou duim vas dat ek dit maak.

Monday, November 23, 2009

In die begin van die week het ons 'n sessie by die skool bygewoon waar daar spesifiek oor internet gebruik gepraat is. Daar was 'n vrou wat as die "Cybercop" bekend staan wat die hele seminaar aangebied het. Wat baie interresant was is die feit dat die boelie wat gewoonlik op die speelgronde plaasgevind het nou verskuif het na die kuberruimte. Baie meer kinders sal nou deur hulle selfone of internet getarget word vir boelie. Hier in Australia is dit 'n kriminele oortreding indien daar gevind word dat jy 'n kind deur die kuberruimte geboelie het. Hier vat die ouens nie nonsens nie. Die kinders is ook aangeraai om deur hulle FB te gaan en te gaan kyk wie presies is nou al jou vriende wat jy daarop het, en is dit mense wat jy regtig ken of is dit iemand se boetie se nefie se tannie. Selfs die bluetooth wat op die selfone beskikbaar is, is 'n probleem, want volgens die vrou is niks ooit gedelete vanaf die internet sodra dit eers eenkeer gepubliseer is nie. So het sy die kinders lekker uitgevang wat se bluetooth aan is en die name wat hulle hulself toegeken het is skokkend. Jy sal nooit weet wie sien alles raak wat jy nie graag wil he moet dit raaksien nie. My kinders het dadelik al hulle passwords en sekuriteit op FB gaan verander na die vrou se geselsie.

Die week was andersins stil en hier het nie veel aangegaan by ons nie. Dit was baie warm die week. Indien die temperatuur bo 39 styg sal die kinders nie skoolgaan die dag nie. Ons bly naby baie natuurreservate, boomryke en plattelandse areas en dit is 'n probleem wanneer die kom by die brandgevaar. Vrydag het die hitte so opgebou dat daar uiteindelik 'n lekker bui reen uitgesak het, en saam met die reen toe kom daar natuurlik weerlig. Dit veroorsaak toe brande in die omliggende areas, so alhoewel dit lekker reen is die brandgevaar soveel groter indien daar weerlig is. Die mense is baie bang hier vir weerlig.

Saterdag het die meisies weer sagtebal gehad. Die 2ling speel vir Waverley Heights en Clarissa vir Falcons. Sy speel twee wedstryde op 'n naweek. Die 2ling is deel van die bluesocks en die groep oefen ekstra tye op Woensdae aande en Sondae. oggende. Die bluesocks speel tussen al die Victoria klubs en daaruit kies hulle groepe wat dan weer tussen al die ander state speel. Uit daar die groep kies hulle dan nasionale spanne, en volgens die 2ling se afrigter staan hulle 'n goeie kans om vordering te maak in die groep. Ek sien deesdae staan Celeste se kop sokker se kant toe.

Ons het Saterdag na die wedstryde gaan potjie hou by Anli en Roelf, en Christiaan het net Xbox gespeel die hele tyd. Omtrent elke Saterdagmiddag en Sondag sal Christiaan na Ani-hulle se huis gaan en homself tuis maak by Roelf agter die Xbox speler. Die twee sal dan vir ure aanlyn speel met ander spelers.

Ons container is deur doeana en kwarantyn en dit blyk dat daar geen issues is nie. Hoera!! Volgens die agent behoort hulle Woensdag ons goed af te lewer. Dit sal so twee dae vat om alles af te lewer en die meubels uit die bokse te kry. Gelukkig is dit nie te warm hierdie week so ons voorsien geen probleme nie. As dit te warm word hier dan werk die mense ook nie buite nie. Die ouens is verskriklik erg oor "working conditions" hier. Die mense in Suid Afrika sal dit sien as 'n klomp "woesies".

Alex gaan ook hierdie week vir sy motorlisensie, so ons hou maar duim vas dat alles goed gaan afloop.

Groete vir eers.

Thursday, November 19, 2009

360 Degree View of Melbourne




Bewyse . . . . .

Die wat ooit enigsins getwyfel het oor wie doen die werk in die huis, wel hier is die bewyse. Christiaan kan wasgoed was en ophang, dis nou as jy hom meer as drie keer gevra het om sy werk vir die week te doen.

Dit is weer een van die baie warm dae hier in Melbourne en boeta is net nie lus vir sy werk nie. hy moet nog sy skoene ook was, maar wat doen ons. Ons le op ons bed en slaap.


Sunday, November 15, 2009

Die week in oorsig

Die week het begin waar ek in stad toe is met die trein en daarna met die tram vir my kursus. Soos dit maar gewoonlik gaan gebeur die onvoorsiene en die treine is laat as gevolg van sein probleme. Gelukkig stel hulle jou in kennis hiervan op die trein so jy sit nie en wonder wat gaan aan, hoekom beweeg die trein of hoekom is dit so stadig nie. Ek was so vyftien minute laat, maar ek het die plek gevind en die dag het begin. In Australia word die ouens verplig om 'n sertifikasie te kry dat jy 'n behoorlike opgeleide boekhoudster is en by die Instituur geregistreer is.

Die week was in die algemeen heeltyd warm en Dinsdag toe gaan swem ons maar by die Aquarina, dis nou 'n swembad met 'n gym fasiliteit ook. Hier kan jy van die binne of buite swembaddens gebruik maak, en daar is selfs sauna's en jacuzzi's. Die kinders het dit geniet, die hitte put hulle geweldig baie uit en dan slaap hulle gewoonlik in die middae tot so sesuur.

Ons het Vrydag na die inry teater gegaan en dit het ons 25dollar vir die familie gekos. Dis baie goedkoper as om een fliek kaartjie van 15-20 dollar per persoon te betaal. Doen bietjie die somme, dis flippen duur om hier movies toe te gaan. Solank ons nog die ozzie dollars verdien sal dit maar by videos of inry teater bly. Die inry teater het baie memories terug gebring van ons kleintyd. Die jaffels, en die gekookte eiers asook toebroodtjies en koffie in warmflesse. Ons sal volgende keer net onthou om warmer klere aan te trek asook om meer komberse of selfs die slaapsakke saam te vat. Die movie wat ons gaan kyk het was A Christmas Carol, die kinders het dit geweldig baie geniet.

Ons container is darem al in die land, en die komende week moet dit deur doeane en aksyns gaan, asook deur kwarantyn. Hou duim vas dat daar nie iets is wat hulle nie van hou, en dat die minimum bokse getrek word vir ondersoek. Hou nog meer duim vas dat al die kampgoed deur sal kom, en dat daar nie probleme ondervind sal word met 'n ongewenste grassie of saadjie nie. As alles goedgaan behoort dit afgelewer te word binne die volgende week dan.

Alex soek nog werk, en dit lyk of daar darem iets om 'n temp basis dalk sal deurkom die volgende week. Julle moet maar bid dat dit positief sal wees.

Groete tot volgende keer.

Phillip island, Cowes



















Ons het vir die dag strand toe gegaan by Phillip Island. Dit is omtrent so 'n uur en 'n half van waar ons bly. Op Phillip Island is die Formule1 motorfiets circut. Dit is 'n eiland met stunning views. Ons het by Cowes gestop om ontbyt te eet. Hier het ons 'n spot vir ons in die koelte gekies en ons mandtjie uitgepak. By die strand is piekniek spots met tafels en bankies asook gasbraaiers. Hier kan jy dan lekker vir die dag kuier as jy dit wil doen. Ons het vir ons brood, rolletjies, beskuitjies, kaas en smere saamgebring vir ontbyt. Daar was ook 'n lekker sappige waatlemoen gewees.
Die eerste foto is die voetpaadtjie af na die see, asook waarlangs mens langs die see kan afstap. Die tweede een is die strand gedeelte vanaf die piekniek spot.

Hier sit ons almal en geniet ontbyt saam in die opelug sonder enige ongewenste gaste. Hier is geen oor populasie van mense by die piekniek areas, en almal geniet die buitelug.

Nicolette maak kos

Voorgereg, hoofgereg en Nagereg.

Een van Nicolette se vakke is Kook en sy moes 'n spyskaart uitwerk asook die kos voorberei vir die familie. Nou die wat Nicolette nou goed ken sal weet dit is 'n baie moeilike opdrag aangesien sy selfs sukkel om 'n eier te kook. Ons het lekker gelag vir haar wat moet koskoos. Wel dit het presies 5 ure geneem om die kos voor te berei. Ons moes oorspronklik 'n datum gee van wanneer die kos gemaak moet word, en ons is baie bly dat ons 'n naweek gekies het. Indien dit een aand in die week sou wees was ons bevrees dat ons dalk by Hungry Jacks moet gaan aanklop.

Die kos was darem eetbaar en die sjokolade mouse was baie baie baie baie soet.

Wednesday, November 11, 2009

Alex verjaar in die vreemde

Alex se eerste verjaarsdag in die vreemde. Vrydag oggend het aangebreek en die kinders het hom geluk gewens met sy verjaarsdag. Hulle is skooltoe en ek het my kursus gaan bywoon. So was hy die hele oggend alleen en by homself.

Ons het die middag vir 'n heerlike middagete by die Living Lounge gegaan, en daarna het ons die kinders by die skool gaan oplaai. Die aand sou ons maar rustig by die huis deurgebring het en net hoender met slaai ge-eet het.

Ek het op my mails gegaan en gesien daar is so 'n uitnodig vir 'n braai die aand 7uur. Net daar en dan besluit ons toe om te gaan. Dit is gehou by Muriel en Mark Rynhoud se huis. Hier besluit die mense op die ingewing van die oomblik en nooi mense oor. Jy kry sommer net 'n uitnodiging deur 'n mail of sms en wie ook besluit hy wil daag op. So vier ons toe maar Alex se verjaarsdag saam met wildvreemde mense en kuier tot twaalfuur die nag. Almal het so lekker gekuier dat tyd absoluut stil gestaan het.


Melbourne Cup Week



Hier in Australia is die ouens absoluut mal oor perde resies. Die afgelope week was daar 'n vakansie dag wat Melbourne Cup genoem word. Die tradisie kom al 150 jaar en die hele week is daar elke dag perde resies. Vir elke dag is daar ook temas.

Donderdag was dit vir die jonges en Saterdag was dit Familie dag. Die mense dress absoluut op en gaan heeltemal belaglik. Die foto's hier wys hoe die jonges opgedress gaan met cocktail rokke en hoehak skoene. Teen laat middag se tyd kan die girls nie meer op hulle voete staan dan loop hulle maar met dit in die hand. Party van die girls was so skimpy aangetrek dat ons so aan die giggel gegaan het. Of hulle nou die lyf het of nie, almal van hulle het rokke aan wat net kort onder die boude sit. Hier en daar sal jy nou iemand kry wat netjies en smaakvol aangetrek is. Die ouer garde kan jy absoluut deur 'n ring trek so netjies en elegant is hulle aangetrek.
Donderdag was koelerig en meestal van die girls het besluit om strappie rokkies te dra, en jy kon sommer sien hoe koud kry hulle. Moenie dink hulle sal nou 'n truitjie / jumper aantrek of saam vat nie.
Ons het besluit ons sal volgende jaar gaan kyk en die familie dag bywoon. Dit sal pret wees. Ek dink!

Asblik dag

Die asblik lorrie.

Hier vat dit 1 persoon om die werk te doen wat 6-10 mense in Suid Afrika vat om te doen. Die ou kom met die lorrie en stop langs die asblikke. Aan die kant van die lorrie is sulke hidroliese arms wat die asblikke optel en dan leegmaak. Dis amazing om te sien hoe vinnig dit gebeur. As daar 'n kar in die pad is rek die hidroliese arm net bo-oor die kar en lig die asblik dan op. Ek hoop net vir daai ou se part dat daar nie 'n "malfunction" op die arm is en die hele asblik dalk bo-op sy kar land nie.


Hier is Schalk en Anli Roelofse saam wie ons gaan eet het.



Die twee seuns in die agtergrond by Chrstiaan en Celeste is Roelf wat tussen Celeste en Clarissa is en Tiaan is voor.

Hier sit ons almal buite aangesien dit so warm is en die restaurant se lugverkoeling is non existent. Die temperatuur is so in diep 30's dan is dit alreeds so na 5 in die middag.

Rochford Wines



Ons het besluit om so 'n bietjie uit die huis te kom Sondag na kerk en vat toe maar pad na die wynplase in die omgewing. Hier hoef ons nie die afstand na Stelelbosch af te le vir 'n ou wynplasie nie, dit is letterlik 'n uur se ry. Die eerste plek waar ons stil gehou het is Helens Hill maar vir middag ete was hulle toe volbespreek en ons moes toe maar om draai. Ons vat toe so 'n blaadtjie by die deur en daarop is al die wynplase in die Yarra Valley asook 'n padkaart waarop hulle almal aangedui is. Ek begin toe rond bel om uit te vind of daar iewers 'n ou plekkie vir ons is om middag ete te geniet.

Ons kry toe 'n plekkie by Rocford Wines en hier sit ons almal af soontoe. Dis ons en die Roelofses met hulle twee kinders. Voordat ons die restaurant ingaan het ons eers vir so 'n vinnige wynproe gegaan. Die kinders het op die dak van die wynplaas gaan sit en koeldrank drink en foto's neem. Ek kan vir julle se dat die wyne hier nie die oemf van ons wyne het nie. Of dit nou witwyn is of rooiwyn, die goed hier proe so "bland". Ons sal duidelik hieraan gewoond moet raak. Die sjampanje was nie te sleg.

Die middag ete was heerlik, bo sal julle sien hoe mooi het dit gelyk. El het quail ge-eet vir 'n voorgereg en Kangaroo steaks vir 'n hoofgereg. Die kos was baie lekker gewees. Daarna het ons na die sjampanje plaas gery naamlik Dominique Portet vir 'n bietjie proesels, maar ongelukkig was ons net te laat gewees. Hier het ons toe maar op die gras gekuier vir so 'n uur alvorens ons besluit het om huiswaarts te keer.

Die Vis . . . . .

Christiaan het die vorige langnaweek saam vriende gaan kamp by Cape Patterson in Wonthaggi.
Die eerste dag wat hulle daar aangekom het, het hulle bietjie gaan visgevang. Nou almal van julle het iemand of ken iemand wat al 'n storie van 'n vis vertel wat of weggekom het of het net nie die bewyse daarvoor soos 'n foto of so. Wel hier is nog een . . . . . . ..

Dit was so laat middag (die son gaan mos bietjie laat onder hierso) en die ouens het besluit om maar die lyne bietjie nat te maak in die see. Christiaan het 'n visstok by Marius geleen aangesien syne nog op die skip is. Terwyl almal so by die poele rond staan en hulle stokke regkry kyk die manne die see so bietjie uit. Die hele dag was daar mense wat daar visgevang het, maar die vissermanne het nie veel gekry. Die manne staan nog so rond en die volgende oomblik sien Christiaan maar hier is dan 'n groot vis in die poele waar hulle staan. Hy besluit toe bogger die visstok en so druk hy toe sommer sy hand in die poel en trek die vis met sy stert uit.
Dit is toe ook nie sommer 'n vissie nie dis 'n VIS. Dis ook nie net 'n VIS nie dis 'n flippen HAAI.
'n HAAI mense wat so tussen die poele baljaar.
Die haai is so 3ft of te wel 1meter lank.
Ons vra toe vir die bewyse en al wat Christiaan kan doen is sy skouers optrek en se niemand het 'n kamera of 'n selfoon bygehad wat dit kon afneem nie. Marius bevestig toe dat hy wel die haai kaalhand gevang het.
So nou kan Christiaan ook vertel van die vis wat hy kaalhand in die see gevang het. Of almal hom sal glo sal ons maar moet sien.

Thursday, November 5, 2009




Hier is die girls in die span wat hulle gaan voor speel. Hulle oefen elke Woensdag en speel dan op Saterdae wedstryde. So elke Saterdag sal ons op die velde wees en die kinders ondersteun, Clarissa het ook besluit om die klub aan te sluit. Die enigste probleem is nou speel hulle presies dieselfde tye wedstryde. Ons sal maar beurte maak om die verskillende spanne te ondersteun.

Wonga Park Christian Reform Church




Die gemeente is nou nie so groot soos wat ons by Wierdapark Suid was nie, maar hier is 'n hele klompie Suid Afrikaners. Die getalle lidmate wat Afrikaans of Suid Afrikaans is word gereken so by die 60%. Die predikantspaar is Thinus en Ina du Preez en hulle is omtrek so vyf en 'n half jaar al in Melbourne. Dis 'n ouerige predikant en hy is beroep na die gemeente nadat hy vir so ses maande by 'n ander gemeente in Box Hill uitgehelp het. Die dienste is meestal in Engels en dan so een Sondag in 'n maand word 'n Afrikaanse diens gehou. Die mense kom dan van heinde en ver om na die preek te luister. Daar word dan sommer ook lekker in Afrikaans gekuier na die tyd.

Die kerk begin so tienuur op 'n Sondag en eindig so halftwaalf. Dit gooi 'n ou se dag maar lekker deurmekaar. Christiaan het sondagskool van so kwart voor tien tot so half elf en dan kom hy die kerk binne en luister saam met ons na die preek. Die ander kinders is saam met ons in die kerk tot so half elf dan gaan hulle uit vir Sondagskool.

Hier doen elkeen maar sy deel en elkeen kry sy beurt om die kerk skoon te maak asook om tee te skink en daarna die opwas.

Ek het besluit om deel te wees van die bybelstudie groep wat so elke twee weke bymekaar kom by 'n boekwinkel in Whitehorse Rd. Dit is nie iets wat ek voorheen gedoen het of belang gestel het om van deel te wees nie, maar ek moet se dit is heerlik om ander mense se standpunte en hulle oogpunt van Christenskap te sien. Ek word beslis verryk hierdeur.

Sunday, November 1, 2009

Wel hierdie week het ook gekom en gegaan met soveel spoed dat jou kop eintlik spin. Christiaan was die week op uitstappies gewees en het meestal baie moeg by die huis aangekom. Die eerste dag het hulle fiets gery vanaf die skool tot in Melbourne stad. Dit was die hele pad deur verskillende parkies en fietsry paadjies. Van waar ons bly kan jy tussen die verskillende "reserves" stap tot binne in die stad. Dit is omtrent so 30km tot binne in die stad. Christiaan was die dag so moeg hy het by die huis gekom en seker dadelik gaan slaap na aandete. Gewoonlik het hy nie in die bed gekom tot so voor elf nie.

Vir Dinsdag en Woensdag het hy op 'n roei uitstappie gegaan. Hulle het al die pad met die Yarra rivier geroei tot by hulle oornag verblyf en toe weer terug. Hy het dit so geniet dat hy amper 'n ander kayak gesink het. Hulle het 'n speletjie genaamd "Fruit Salad" gespeel en met die gespelery tussen die kayaks deur het hy die een so getrap dat dit skeef gekantel het en skielik water aangevat het. Donderdag moes hulle elkeen met die trein ry (op sy eie) tot by Flinders stasie in Melbourne waar hulle die onderwysers ontmoet het. Vandaar het hulle op 'n bootvaart gegaan vir die oggend. Vrydag het hulle op 'n bustoer gegaan. Het nie veel inligting gekry oor dit nie aangesien hy die middag skaars by die huis aangeland het toe toe weer vort is om te gaan kamp saam vriende.

Anli Roelofse het die taak op haar geneem om alles wat ons mag benodig vir die huis te organiseer. So het ons almal beddens met beddegoed, die kombuis het al sy benodighede wat jy kan aandink, daar is 'n bank en 'n paar poefs vir die kinders om op te sit en tv te kyk. Daar is 'n yskas, staal tafel en plastiek stoele vir die eetkamer. So sal ons regkom tot ons eie goed arriveer. Nou is dit net seker maak dat ons 'n wasmasjien, tv en eetkamer tafel gaan koop aangesien ons dit nie saamgebring het nie. Wie weet dalk, net dalk tel ek iets langs die pad op.

Met hierdie hele getrekkery het ek weereens gevind daar is mense wat meer as bereidwillig is om te help, of hulle jou nou ken of nie. Of dit nou een of twee goed is of selfs amper 'n hele kombuis vol goed, die mense is vrygewig. Anli is die tipe mens wat dinge laat gebeur. As 'n ding nie uitwerk is daar altyd nog iets wat sy sal probeer, sy gaan le net nie. Ons gesin is voorwaar geseend om haar familie te ken.

Ons het 'n bietjie gaan stap (dis nou ek, Alex en die 3 meisies) in die verskillende parkies hier in ons omgewing en die kinders het heeltemal mal gegaan op al die swings en glyplanke. Ons was seker 'n goeie uur of selfs langer weg gewees. (Sal foto's laai) Dit is voorwaar nog party dae moeilik om te glo dat mens hier kan rondstap, van een parkie na 'n ander, en nie bang hoef te voel dat iets met jou sal gebeur nie. Jy voel werklik sorgvry, en kan asemhaal sonder om heeltyd jou omgewing te scout vir enige moontlike ongure karakters wat dalk net iewers kan skuil.

Net soos in Suid Afrika is hier tog ook maar misdaad. Enige iemand wat hiernatoe kom en dink dit is nie die geval nie is in vir 'n surprise. Hier vind jy ook maar dat in sekere gebiede die Australianers nie tyd het vir immigrante nie en die ouens word fisies aanval. Hier is ook gevalle waar daar by trein stasies mense aangerand word en besteel word. Partykeer kom soek moeilikheid vir jou en dan moet jy maar gereed wees.

Ek moet tog vir julle vertel van die storie oor Celeste en assasins. Celeste kom een middag by die huis en vra wat is assasins. Nou probeer Alex en ek bepaal in watter konteks bedoel sy assasins. Het sy die woord gehoor en verstaan sy dit nie, weet sy nie wat dit beteken of wat. Sy wil toe weet watter mense is assasins. Nou probeer ons verduidelik dit kan enige tipe mens wees. Nee antwoord sy daar is dan assasins in haar skool. Duidelik is ek en Alex toe heeltemal deurmekaar. Wat bedoel sy daar is assasins in haar skool? Dis 'n skool vol kinders, waar kom die Assisins vandaan? Was daar 'n infiltrasie van karakters of onderwysers waarvan ons nie bewus is nie. Sy verduidelik toe vir ons wat sy bedoel . . . . . . duidelik is vertaling nog 'n probleem.

Die einde van die storie is sy wou eintlik weet wat of wie is Asiers!

Tot volgende keer.

22 Glenorchard Close



Hier is ons huis vir tenminste die volgende 12 maande. Indien moontlik selfs nog langer. Die huis is in 'n cul de sac en dit klink of hier ontrent net immigrante bly. Die bure het ook kom kennis maak dieselfde dag wat ons ingetrek het. Langs ons (regs van die garage se kant) bly of Italianers of Portugeuse ou mense. Klink of hulle sieklik is, maar baie vriendelike ou mense. Twee huis op van hulle bly Grieke, die ou omie het met Alex kom kennis maak terwyl hy buite besig was.

Die huis is ruim genoeg vir ons om te beweeg sonder om in mekaar se hare te wees. Dis nou nie so groot soos ons huis in Eldoraigne nie, maar ook nie so klein soos ons huis in Eldo Meadows nie. Die kamers is lekker ruim en Christiaan het vir die eerste keer hierdie jaar 'n behoorlike slaapkamer. Al probleem is die huis het net twee badkamers. Dit beteken dat 'n tydskedule uitgewerk moet word om sodoende tyd in die badkamer aan elkeen toegeken te kry om verder te verseker elkeen is betyds klaar vir skool elke oggend en kerk op Sondae.


36 Pine Hill Drive




Hierdie was ons huis vir die afgelope 3 en half weke vandat ons hier aangeland het. Dit was nou die mees netjieste en skoonste plek wat mens al tee gekom het nie, maar dit was 'n blyplek in die vreemde.

Ek is heeltemal seker dat hierdie eienaar moeg was om die huis te verhuur vir lang kontrak periodes en besluit het hy sal beter geld maak deur dit as gemeubileerd te verhuur. Jou inkomste verdrie dubbel dan maklik. Ek is nog meer seker daarvan dat hy die meuels langs die pad opgeraap het en in die huis gesit het. Nou kyk die meubels was nie sleg nie, dit was OK. Jy kan duidelik sien dit het al baie jare op die klok gehad. Die eetkamer tafel is van die soort wat jy kan verleng of verkort afhangende van jou omstandighede. Die tafel was nou in 'n toestand, as jy van naby gekyk het kan jy jare se aanpaksels tussen die skrefies sien. Die blad kon jy nie langer of korter maak nie, dit het vasgesit. Die stoele was so sat en onstabiel, Alex moes die eenstoel regmaak met 'n draad hanger, en daar was al 'n paar laste met ducktape.

Oor die algemeen het ons lekker gebly en het ons 'n plek gehad wat ons 'n tuiste kon noem noem al was dit net vir 'n rukkie.

Sagte bal

Die tweeling het hierdie week gaan sport doen tydens skooltyd. Hulle het gaan sagtebal speel in Waverley. Daar was tussen 300-400 kinders daar. Die wedstryde het die oggend seker so tienuur begin en die kinders was terug so teen half vier die middag. Hulle het dit geweldig baie geniet, en was nogal pootuit Die beste van alles is dat daar 'n afrigter na hulle toe gekom het en hulle toe gerecruit het vir klub sagtebal. Die vrou was so impress met die girls dat hulle dadelik plek in die span gekry het. Volgens haar het sy die hele dag so tussen die wedstryde beweeg het en gekyk het na al die kinders se wedstryde. Van almal was sy baie beindruk met die twee se spel, veral met Celeste wat tydens een van die wedstryde "geslide" het na die bof. Dis iets wat hulle nie sommer hier sien gebeur nie. Hier speel almal "safe".

Die meisies het gaan oefen Woensdagaand en is toe opgeneem in die Waverley Glen span. Hulle het Saterdag hulle eerste wedstryd gespeel, en verloor. Die span teen wie hulle gespeel het was goed, die girl wat pitch is vrek vinnig en die meisies het maar gesukkel om die bal raak te slaan. Celeste en Nicolette was slegs twee van 3 wat dit kon regkry om die bal raak te slaan en sodoende kolwers huis toe gebring, wat natuurlik punte beteken. Die afrigter het gou agter gekom dat die ander span staat maak op die pitcher se goeie pitching, toe dit weer Waverley se beurt was om te pitch het sy 'n stadiger pitch in gesit. Deur dit te verander het die ander span natuurlike goeie houe ingekry en die balle het telkemale deur die lig getrek, maar die voordeel hiervan was dat die veldwerk goed was en die kolwers is uitgehaal na mekaar sonder dat hulle punte kon aanteken.

Sal foto's opsit sodra ek dit op my rekenaar gestoor het.

Self help kassiere . . . . . .

Toe ons hier aanland in Melbourne en gou gaan om 'n paar noodsaaklike groceries te koop was ons absoluut verstom oor hoe maklik dit is om te betaal vir jou aankope. Moet my nou nie verkeerd verstaan, dit is maar presies dieselfde hier as in Suid Afrika. Jy het nog steeds jou trollie of mandjie, jy staan in 'n ry en betaal. Waarvan ek praat is die selfhelp kassier lyn. Ons moes verseker soos 'n paar verdwaasde, selfs gestremde of beter dalk soos bobejane gelyk het toe ons die betaal manier gesien het.

Hoe is dit moontlik, het dit deur ons koppe gegaan dat jy doen jou aankope, dan gaan jy na die till, en dan lui jy self jou aankope op en betaal dan daarvoor. Soos dit maar ons natuur is begin ons dadelik dink hoe sal die metode gemanipuleer word in Suid Afrika. Hoe maklik sal die ouens slenters uitdink om die till te verneuk. Daar is geen manier dat so 'n betaal punt enigsins in enige Pick 'n Pay, Checkers of enige ander winkel sal werk nie. Die mens sal dit omsyl tot hulle eie voordeel.

Hoe dit werk is jy vat jou mandjie, (sal nou nie lekker werk as jy die maand se aankope doen nie) sit dit op die kant (dit is 'n elektroniese weegskaal) en jou mandjie word geweeg. Aan die anderkant sit jy jou sak en dan begin jy die groceries scan. Soos jy die een uithaal, scan en dan in jou sak plaas weeg dit die een teenoor die ander een op. Wanneer jy klaar alles gescan het dan druk jy op die skerm om te wys jy wil betaal. Dit check dan dat jou oorspronklike gewig ooreenstem met die groceries wat jy gescan het se gewig, indien die skale happy is kan jy voortgaan om te betaal. Indien jou sak vol is en jy dalk twee of meer sakke nodig het is daar nog 'n plekke vir jou om die vol sak op te sit, die het ook 'n skaal. Daar is 'n liggie aan die onderkant van die scanner wat groen of rooi sal wys en daarvolgens kan jy sakkies afhaal en oorsit. Jy kan of kontant betaal deur die geld in 'n gleuf in te sit of met jou kaart. Sodra die transaksie afgehandel is loop jy en die volgende ou kan dan sy transaksie doen. Jy het natuurlik 'n probleem indien jou gewig nie ooreenstem. Indien daar fout is dan gaan daar 'n alarm af en jy kan nie jou transaksie voltooi nie. Daar is redelik vinnig iemand daar wat kyk wat is fout en ook deur jou aankope gaan om seker te maak daar is niks verdag nie.

Ons probeer dit nog lekker uitwerk, maar die twee keer wat ons dit tot dusver gebruik het moes iemand ons kom help omrede ons iets fout doen. Alex wil nog 'n boffin raak op die manier van aankope want dit fascinate hom totaal en al.