Die skool het die afgelope week begin en dit was lekker om die huis eintlik weer vir myself toe te eien. As die kinders op vakansie is dan is mens se ritme heeltemal uit en dit voel asof jy nie rigting kan kry in jou daaglikse take nie. Hulle tref reelings met maats vir allerhande uitstappies regoor Melbourne en die mataxi moet regstaan om hulle te vat. Dankie tog partykeer vir die goeie publieke vervoerstelsel wat ons het. 'n Paar keer moes hulle maar bus vat om by hulle bestemmings te kom, en hier kan jou kaartjie jou vat op die trein, tram en bus.
Die eerste week terug by die skool en die kinders het atletiek gehad op Olympic Park. Wat 'n koue dag was dit nou in die stadion. Ek het maar voorsiening gemaak en ekstra komberse saamgevat. Vir mense met kinders wat redelik sportief is, is die manier hoe sport in skole hier plaasvind genoeg om enige iemand behoorlik die josie in te jaag. Skoolsport in SA is goed, hier is dit absoluut 'n bysaak. Die kinders hier sien dit as 'n beslommernis en tydens byeenkomste dan sal hulle sommer nie opdaag of selfs probeer uitruil met ander kinders net omdat hulle te flippen lui is. Hier is dit nie 'n eer om jou skool te teenwoordig nie, nee dis te "gay" volgense die klomp woesies. So as jou kinders sport mal is soos myne dan moet jy maar seker maak dat jy sportklubs ook navors. Die kinders het goedgevaar in hulle items, Celeste het 4 eerste plekke, Nicolette het 2 derde plekke en 1 eeste, Clarissa het 2 derde plekke en 1 tweede plek en Christiaan het 'n tweede plek gekry. Ek is nogal 'n trotse ma op my sport kinders.
Die meisies het weer aangesluit vir die hokkie se winter seisoen by Doncaster hokkie klub en dit gaan uitstekend tot dusver. Hulle speel vir die onder sewentien meisies span en het tot nou toe al hulle wedstryde gewen. Die girls geniet dit en dit is nie so erg kompeterend soos wanneer hulle gemeng speel nie. Met die gemengde spanne moet die meisies met die seuns in hulle span veg en met die ander span. Die meisies speel lekker as 'n span en hulle werk goed saam met mekaar. Elke Vrydagaand tot middel September is ons langs die hokkieveld in die koue, genadiglik het die reen nog nie uitgesak nie, maar ek glo dis nog op ons pad.
Die meisies speel ook netbal vir die winterseisoen en tot dusver gaan dit goed met Clarissa se span, hulle het al reeds een liga opgeskuif aangesien hulle die ander spanne behoorlik pakslae gee. Die 2ling se span vaar ook nie te swak nie en die twee maak amok binne in die sirkel. As altwee verdedigers speel dan kan die bal nie by die doele uitkom nie, dit is 'n frustrasie vir die ander spanne en dan kom die "bogans" in die ander kinders te vore. Die girls lag dit maar af en geniet dit as hulle spel die ander forseer om foute te maak.
Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Sunday, May 8, 2011
Thursday, April 28, 2011
Die donkerte in mens
Vanoggend is ‘n nood SOS uit en geduldig sit en hoop ek iemand is besikbaar maar helaas almal het ‘n ding om te doen. Daar is geen vooraf waarskuwing dat jy dit nodig het nie, dit bekruip jou soos die donker nag en omvou jou ongesiens. Wanneer jy besef dis hier dan is dit amper te laat om daardie ligpunt te kry.
So slaan dit my skielik, ‘n mens moet heeltyd positief bly vir almal rondom jou. Jy moet dinge laat werk en almal moet happy wees. Jy probeer so hard om almal om jou gelukkig te hou dat jy van jouself vergeet. Dit kan mens enige plek tref, hier is dit net partykeer soveel moeiliker om ander kant uit te kom. Ek sit hier en kyk die na die mooi herfs kleure daar buite, maar hier binne huil ek dat die snot en trane loop. Ek voel so magteloos en waarom sal julle vra. Ek wens ek het die antwoord geken.
Ek sukkel net bietjie vandag hier in die vreemde, ek mis my vriendinne met wie ek Woensdae aande gekuier het en kon sien as dinge nie lekker is nie. Ek mis die kreatiwiteit wat daar gevloei het en die insae wat mens kon kry by die ander, ek het nie iemand hier wat so is nie. Hier is nie iemand met wie ek al die idees kan deel nie.
Ek mis vandag my Donderdag klient met wie ek lekker kon kuier, wie partykeer meer soos ‘n Ma was. Ons kon baie keer sommer net lekker gesels oor ons kinders en God.
Ek voel verlore vandag, dit voel of ek geen “worth” het behalwe om die huismeid te wees. Dalk het my huisbediende ook baie keer so gevoel. Dalk voel ek so omdat ek met baie gemak gelewe het en hier is dit net ‘n bietjie moeiliker.
Ek moet uit hierdie groef kom, dalk is die sonstraal nader as wat ek dink.

Sunday, April 24, 2011
Bad tourism @ Kerrisdale Railway
Today we drove all the way to Seymour and took the scenic route back to Melbourne. What a lovely scenic country this is, not that it will ever match South Africa, but the rolling hills and the Goulburn River that flows through all the small towns were absolutely amazing.
What I would like to comment on is the place we visited called Kerrisdale Mountain Railway and Museum Inc. What a disgrace for tourism this place is as they have no idea what customer service means. We did not book tickets in advance, not knowing about the place and it was a total spur of the moment thing, we also did not want to wait for 2 hours for a train ride. When my husband said we would just like to look around then and get a cold drink the lady at the ticket booth was quite rude and said no. We are not allowed to enter without a ticket, well okay lady keep on your nickers and just don't wet it at the same time please. We did not see a need to pay $75 entrance fee to get cold drinks and paying for that as well.
As we turned around to leave I took the camera and wanted to take a photo of the place. The lady then got so upset and shouted at us to leave and that we are not allowed to take any photo's. Was this a bad hair day for her or was it just plain PMS. My goodness, was this actually happening I thought by myself, taking a quick snappy we then left the place. There was no signs indicating we were not allowed to take photo's.
We did hear from others that in the small country towns the people can get a bit rude, never thinking it possible as they do thrive on tourism. Well let me tell you guys it's alive and truly a sorry sight for the tourism industry.

Saturday, April 23, 2011
Dis langnaweek
Dis Paasnaweek en die winterkoue kom sit sommer so lag lag om jou beendere en omhels die vetlaag om jou heupe. Ek dink nie mens sal genoeg vet hier kan opbou om jou teen die koue te beskerm nie, dit het ‘n manier om hulle weg te vind tot teen jou gebeendere. Dalk moet ek iemand kry om vir my ‘n botteltjie van Boplaas se port diekant toe te stuur, dit mag dalk net help teen die koue.
Ek dink nie ons sal ooit moeg raak vir die middestad nie, jy kan soveel keer die strate binnevaar en elke keer anderkant uitkom en iets nuuts ontdek. Vroegoggend is ons op en het ontbyt op Federation Square gaan eet, moet sê ek mis die Wimpy ontbyte op sulke dae, en later toe vaar ons die stad in na Chinatown toe. Huidiglik is die Comedy Festival hier aan die gang en die strate rondom die stad het orals “makeshift” verhoë en die mense stroom na die laaste paar opvoerings toe. Hier word na almal se smake omgesien, van groot tot klein.
In Chinatown is daar ‘n paar interresante winkels en die kos word sommer ook so in die vensters uitgestal, ek dink nie ek sal sommer daar in stap vir iets te ete nie. Wie stal nou sy kos so uit vir almal om te sien, dis genoeg om vir my die rillings te geen. Dink net hoe sal Spur se vertoon venster lyk met al die verskillende disse so uitgestal vir almal om na kyk, ek kan beslis die prentjie in my kop skilder.
Ons het weer deur een van die grafitti lane gestap terwyl van die kunstenaars besig was om van hulle nuwe kunswerke te skep. Dit is baie interresant om te sien hoe die ouens werk en hoe vinnig met die gespuit van die verf deur die geoefende hande iets baie kleurvol en uniek gemaak word. Die ouens kom met ‘n klomp spuitblikke verf daar aan en het geen idée wat hulle vandag gaan doen nie. Die hele kunswerk word sommer so rofwerk gedoen en dan later aan word dit met meer diepte en kleur gevorm en die uiteinde is beslis iets om te aanskou. Die mense stroom na die lane toe, selfs bruidspare staan tou om hulle troufoto’s daar te neem.
Ons gaan ‘n bietjie Seymour toe ry vir die dag en kyk wat daar alles te siene is. Dis so 105km van Melbourne af en binneland se kant toe. Moet tog net nie vir my vra of dit Suid of Wes is nie, ek het nie ‘n idée nie. Mens raak nog maar rigting bedinges hier. Piekniek kossies is klaar gemaak en al wat kort is ‘n paar vars rolletjies en koeldrank. Van die dorpies waardeur ons sal ry is Wandong, Broadford en Tallarook, ons sal maar moet stop en foto’s neem. Die area het nogal ‘n ryk en kleurvolle geskiedenis. Meer hieroor later.

Sunday, April 17, 2011
Death of C'mon sence
Today we mourn the passing of a beloved old friend, Common Sense, who has been with us for many years. No one knows for sure how old he was, since his birth records were long ago lost in bureaucratic red tape. He will be remembered as having cultivated such valuable lessons as:
- Knowing when to come in out of the rain;
- Why the early bird gets the worm;
- Life isn't always fair;
- and maybe it was my fault.
Common Sense lived by simple, sound financial policies (don't spend more than you can earn) and reliable strategies (adults, not children, are in
charge).
His health began to deteriorate rapidly when well-intentioned but overbearing regulations were set in place. Reports of a 6-year-old boy charged with sexual harassment for kissing a classmate; teens suspended from school for using mouthwash after lunch; and a teacher fired for reprimanding an unruly student, only worsened his condition.
Common Sense lost ground when parents attacked teachers for doing the job that they themselves had failed to do in disciplining their unruly children.
It declined even further when schools were required to get parental consent to administer sun lotion or an aspirin to a student; but could not inform parents when a student became pregnant and wanted to have an abortion.......
Common Sense lost the will to live as the churches became businesses; and criminals received better treatment than their victims. Common Sense took a beating when you couldn't defend yourself from a burglar in your own home and the burglar could sue you for assault.
Common Sense finally gave up the will to live, after a woman failed to realize that a steaming cup of coffee was hot. She spilled a little in her lap, and was promptly awarded a huge settlement.
Common Sense was preceded in death, by his parents, Truth and Trust, by his wife, Discretion, by his daughter, Responsibility, and by his son,Reason.
He is survived by his 4 stepbrothers;
I Know My Rights
I Want It Now
Someone Else Is To Blame
I'm A Victim
Not many attended his funeral because so few realized he was gone.
If you still remember him, pass this on. If not, join the majority and do nothing

Thursday, April 14, 2011
Leer proses
Dis altyd baie interresant om ander Suid Afrikaners te ontmoet en na hulle redes te luister oor hoekom hulle nou eintlik hier sit in Australia. Baie keer kan mens die rassistiese ondertone net net hoor en ander kere is dit onverbloem en die giftigheid daarvan kan mens nogal laat terug deins. Ons almal kom met bagasie hieraan, moenie dink dit gaan verdwyn as jy eers hier is nie, dit trek saam
Ek dink daar is min wat onaangeraak is deur BEE en werksituasies of wat slagoffers is van kriminele situasies en nou hier sit, maar is dit regtig geregverdig om na soveel jare uit die land nog soveel rou emosies te toon, met die tipe mentaliteit sal hulle nooit kan aanbeweeg nie en sal hulle die mooi in die land nie ervaar nie. Iewers moet vergifnis in jouself plaasvind.
In die loop van ons 18 maande hier in Melbourne het ons al met talle mense te doen gekry, en wat my elke keer opval is hoe die mense 'n mens net kan afstoot deur hulle snyende en ondeurdinke verbale diaree oor Suid Afrika. Jy wil half se "Hey ouens, bou 'n brug en kom oor dit" (Twyfel of hulle dit ooit sal hoor)
Baie keer is die mense al 'n redelike tydjie uit die land, baie het al via ander lande hulle hier kom vestig maar die negatiewiteit kry mens sommer net onder.
Ek het al 'n vorige keer gepraat oor hoe die klomp hier 'n mengelmoes van mense is en hoe ons saamgegooi is deur die sameloop van die samelewing. Die ouens begin mens se familie word, dit is die mense op wie jy begin staat maak as iets fout gaan. Dit is die ouens met wie jy sal gesels as dinge druk en die verlange te veel word, maar dit is ook mense by wie jy nie elke dag sal kuier tot die son opkom nie. Dit is soos jou broers en susters, jou ooms en tannies, neef en niggie. By party voel jy welkom en gemaklik, by ander bly jy liewerste ver weg want dit is daardie mense wat jou tap tot dat jy niks meer het nie. Dis die mense wat ook nooit "gesettle" kan kom nie. Hier is nou al 'n handvol van hulle waarmee ons al kennis gemaak het, en al wat ek wil doen is om hulle wakker te skud.
Ek is en sal seker altyd 'n trotse Afrikaanse Suid Afrikaner wees, die op offering wat ek maak om hier te sit is veel meer werd as die sogenaamde vriendskape baie dankie.
Na ek hierdie post gisteraand geskryf het kom sit my 16 jarige seun vanoggend in my bed en wys my iets wat hy gisteraand na geluister het. Hy het later haar ook gaan google. Die persoon is Florence Littauer. Partykeer verras mens se kinders jou deur hulle insig en wat hulle interresant vind. En partykeer weet jy net dat jy op die regte pad is met jou kinders, dit mag dalk nie altyd inpas met ander mense se sieninge nie. Die lessie wat ek vanoggend leer by my seun is baie waardevol. Ek gaan probeer om minder krities te wees oor ander.
Ek los julle met die bybel vers wat hy vir my gewys het.
Ef 4:29
"Laat geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor."

Monday, April 11, 2011
Jannie en die Hasie
Dis wiskunde periode en die onderwyser wil kyk of die kinders woordsomme so luister luister kan doen.
Onderwyser vra vir Jannie: "As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy he?"
Jannie antwoord ewe in sy skik: Sewe, meneer.
Onderwyser tree bietjie terug en probeer weer: "Nee, luister nou mooi Jannie. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?"
Jannie dink so by homself en anntwoord weer: Sewe, meneer!?
Onderwyser dink so by homself en se: "Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?"
Jannie antwoord vinnig: Ses.
Onderwyser: Mooi so Jannie. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?
Jannie antwoord weer: Sewe, MENEER!
Onderwyser sommer nou bietjie warm onder die kraag: Hoe de m@#r kom jy by sewe uit Jannie?
Jannie, ewe omgekrap antwoord terug: Ek het 'n f*%$#n hasie by die huis, Meneer!

Subscribe to:
Posts (Atom)