Vanoggend is ‘n nood SOS uit en geduldig sit en hoop ek iemand is besikbaar maar helaas almal het ‘n ding om te doen. Daar is geen vooraf waarskuwing dat jy dit nodig het nie, dit bekruip jou soos die donker nag en omvou jou ongesiens. Wanneer jy besef dis hier dan is dit amper te laat om daardie ligpunt te kry.
So slaan dit my skielik, ‘n mens moet heeltyd positief bly vir almal rondom jou. Jy moet dinge laat werk en almal moet happy wees. Jy probeer so hard om almal om jou gelukkig te hou dat jy van jouself vergeet. Dit kan mens enige plek tref, hier is dit net partykeer soveel moeiliker om ander kant uit te kom. Ek sit hier en kyk die na die mooi herfs kleure daar buite, maar hier binne huil ek dat die snot en trane loop. Ek voel so magteloos en waarom sal julle vra. Ek wens ek het die antwoord geken.
Ek sukkel net bietjie vandag hier in die vreemde, ek mis my vriendinne met wie ek Woensdae aande gekuier het en kon sien as dinge nie lekker is nie. Ek mis die kreatiwiteit wat daar gevloei het en die insae wat mens kon kry by die ander, ek het nie iemand hier wat so is nie. Hier is nie iemand met wie ek al die idees kan deel nie.
Ek mis vandag my Donderdag klient met wie ek lekker kon kuier, wie partykeer meer soos ‘n Ma was. Ons kon baie keer sommer net lekker gesels oor ons kinders en God.
Ek voel verlore vandag, dit voel of ek geen “worth” het behalwe om die huismeid te wees. Dalk het my huisbediende ook baie keer so gevoel. Dalk voel ek so omdat ek met baie gemak gelewe het en hier is dit net ‘n bietjie moeiliker.
Ek moet uit hierdie groef kom, dalk is die sonstraal nader as wat ek dink.
No comments:
Post a Comment