Tuesday, June 5, 2012

Huweliks herdenking

Ons ontmoeting het nie gepaard gegaan met Oscar genomineerde musiek, daar was ook geen gefladder van hartsnare oor daardie eerste oog kontak nie. Dit was so doodgewoon maar tog het dit verewig vas gesteek in ons koppe. Ons het ontmoet tydens een van ons munisipaliteit oudits in die laat tagtigs. Dit was die Boksburg Munisipaliteit oudit. Dit was een van daardie dae waar Oom Joop weer op sy stukke was en as die ou man eers omgekrap raak moet mens maar suutjies trap. Dit was in die dae toe die oudit firma nog Wiehahn Meyernell was voordat dit verander het na Prys Waterhuis oftewel Price Waterhouse. Ek was nie in 'n goeie bui, seker ek het weer 'n hoofpyn gehad en die begin van 'n nuwe oudit het weer gemaak dat alles in rep en roer was. Die mannetjie het Oom Joop omgekrap op sy eerste dag van die oudit en as oom Joop omgekrap raak het ons almal dit ontgeld. Later soos die oudit verloop uitgevind dit was tydens sy SDR eksamens dat Alex hom so omgekrap het. Soos die tyd aangestap het het ons mekaar beter leer ken en 21 jaar later baie gelukkig getroud. Ins ons oudit groep van daardie jaar was daar drie troues. Dit was ons, Madelein en Johan Geel, Gert en Sandra Labuschagne en Ronel Louw.

Saturday, February 18, 2012

Nierstene is nie vir sussies nie.

Pyn is nou nie iets wat so lekker akkodeer met my nie, ek is nou nie 'n woes nie, maar wragtag toe daardie eerste skietpyne so deur my niere trek wou ek myself benat. Hier staan ek voor die stoof besig om aandete voorberei te berei, Alex sit by die blad en ons kuier so oor 'n glasie. Die oomblik toe daardie pyne begin toe weet ek hier kom bollie. As ek maar net toe geweet het watse bollie.

Die eerste simptome het eintlik al op Australia dag begin, terwyl ons oppad was na Blue Mountain toe. Dit was nie erg of te ongemaklik nie maar my onderbewusyn het dadelik die rooigevaar sien kom.

Laataand vat Alex my maar dokter toe, ek krul van die pyn. Net om die afstand van die kar na die spreekkamer af te le was soos 'n marathon vir my. Die doktertjie het maar setpille voorgeskryf en my huis toe gestuur. Die pilletjies was nou lekker, dit skop jou voete skoon onder jou uit. Jy moet net oppas of dit kan dalk te lekker raak. Die volgende oggend is ek vir 'n scan wat gewys het hierdie outjie beteken besigheid. Ek sit met 'n 7mm steen en die eerste "noodgeval" afspraak wat ek met die uroloog kan kry is die volgende week Woensdag. Kyk op hierdie stadium toe bevraagteken ek die hele rede oor hoekom sit ek hier. Die ouens kan mens nie eens dadelik opneem nie, nee jy moet eers die uroloog sien, maar die outjie is so vol geboek selfs die noodgeval bookings is in triplikaat al. Geen jokes! Indien jy by die noodgevalle afdeling van die hospitaal aanklop kan jy enige iets van 'n uur of langer wat alvorens daar aandag gegee word aan jou, dan is jy nie eers gewaarborg dat jy opgeneem gaan word nie. Nee jy sal huis toe gestuur word en aangeraai word om panadol te drink vir die pyn, en dit op 'n fullcover privaat medies.

'n Week en 'n half later na die aanval word ek gedoen. Die hele prosedure is 'n dagbesoek en ek is huistoe die aand. Ek brul daardie aand van diepyn in my sy, maar volgens die mense is dit normaal. Normaal so voet dink ek so bymyself maar ek sluk die pynpilletjies en gaan kuier toe vir die outjies in die wolke.

Met die niersteen wat verwyder is besluit die uroloog om 'n stint in my op te druk, nie 'n goeie idee nie. Vir die volgende week sit ek met meer pyn, iets wat my drie swangerskappe en 'n niersteen met my eerste swangerskap my nie eens gekos het nie. Ek brul en ek krul, ek huil en vloek. Elke dag bel ek die doktertjie se nommer en die poppie vertel my ja dit is normaal. Ek dog toe so bymyself hoe de heng kan dit normaal wees. Geen mens kan soveel pyn elke dag verduur met die flippen pypie in jou wat veronderstel is om te help en dit word geklasifiseer as normaal nie. Vyfdae later besluit ek basta so kan ek nie aangaan nie, ek kan nie behoorlik funksioneer nie. Besluit om maar noodgevalle toe te gaan, wat 'n futale poging. Daar word vir jou gese hulle het nie 'n bed vir jou nie, tot daar nie 'n bed is kan hulle jou nie help nie. Jy moet maar in die ontvangs sit en uitpass maar help gaan hulle jou nie help. Die wat my ken kan seker sien hoe verbaal raak mens dan. Jy moet net oppas of die polisie word gebel om jou te kom verwyder.

Nodeloos om te se sit ek myself toe weer op 'n happy trip, dit raak amper nou 'n gewoonte. Twee dae later word die stint verwyder en ek sing bymyself haleluja, die pyn is iets van die verlede, my nagmerrie ondervinding is verby en ek kan die happy pilletjies ver weg bere. Het ek tog nie al geleer om nie te vinnig opgewonde te raak nie. Hoeveel keer moet dit nog gebeur, sodra ek die Psalms en Gesange begin sing en opgewonde raak slaan daardie bleddie bliksem straal en hy slaan seer. Vroegoggend is ek in en voor tien is ek by die huis. Binne 'n uur gaan ek van lofgesange na klaagliedere. Ek is tussen die bed en die badkamer, die pyn is ondraaglik. Ek letterlik ruk die klere van my lyf af asof dit nou gaan help teen die pyn. Arme Alex staan hulpeloos en kyk hoe ek kreunend voor die toilet staan en kots. Nie 'n mooi prentjie nie. Hy spoel my lyf af met 'n koue waslap en dan dra hy 'n warm water sak nader. So gaan dit vir seker 2-3 ure aan. Selfs die happy pilletjies het besluit nee wat hieruit gaan ek jou nie help vandag nie, suffer sussie suffer. Ek het oor en oor my gedeelte van pyn en lyding gehad, nooit wil ek dit ooit weer oor he nie. Die pyn begin stadig bedaar en ek raak aan die slaap, seker meer van uitputting as van die happy pilletjies.

Dis 'n dag later en ek kan voel aan my niere ek het 'n geveg gehad. Wie die wenner is weet ek nie, dalk die dokter my sy vet rekening.

Dit maak nie saak of my privaat medies het of nie, die hele mediese ondervinding wat ek hier ondervind het is een van total moedeloosheid. Hierdie mag dalk 'n eerste werelds land wees, maar ek kan julle verseker van privaat mediese sorg in Suid Afrika kan die ouens defnitief iets leer.

Hierdie hele episode het in 'n kwessie van drie weke afgespeel en mense ek kla nie sommer nie, maar die medies hier is een hele groot fokop.

Tuesday, February 7, 2012

Nuwe skool nuwe ervaringe

Die eerste skool week het met 'n bang begin. Boeta was vroeg uit die huis en in plaas van loop toe ry hy maar. (Het dit ook nou sommer stop gesit) Die eerste dag was 'n totale gemors gewees. Sy vakke is heeltemal opgeneuk, vir Fisiese Wetenskap sit hulle hom in Physical Fitness, sy houtwerk klas hou hulle aan om hom te skuif tussen Design en Technology & Houtwerk, onderwysers kan nie besluit wat het of het hy nie gedoen nie. Wiskunde Spec is sommer weg. Dit lyk vir my hulle hele admin is op die koffie, maar hy is mooi groot en moet dit maar alles self uitsorteer. Na drie dae se gesukkel is hy nou gevestig, sy vakke is uitgesorteer en dit gaan 'n besige tydtjie wees vir die outjie. Ek sien die stres kry hom bietjie onder en wanneer dit gebeur kan hy nie funksioneer nie, dan sit hy net in plaas van om sy skoolwerk te tackle.

Die meisies se eerste dag het ook goed afgeloop. Lyk my daar is redelik Saffa kinders in die skool, meer eintlik in Clara se graad as in die ander. Nuwe skoliere het elkeen 'n buddy gekry en die persoon het dan die dag met die kinders gespandeer en hulle touwys gemaak oor waar alles in die skool is.

Met ons ervaring van publieke skole in Melbourne was ons maar skepties oor hoe die kinders die skool sou ervaar. Die skool is redelik groot en daar is omtrent +2100 kinders van Gr7-12 in die skool. Dit lyk asof die kinders hulle skooluniforms hier beter dra, (julle sal verstaan as julle die kinders in East Dincaster sien) dit lyk of disipline net beter toegepas word. Alhoewel die kinders met gekleurde hare wat soos 'n reenboog lyk hier aankom, snitte wat mens laat wonder of hulle ooit daardeur kan sien en dit is die seuns, grimering en juwerliersware het die meisiekinders met 'n positiewe gesindheid by die huis aangekom na die tyd. Volgens hulle is daar maar ongeskikte en ongemanierde kinders in die klasse en die onderwysers word redelik aangevat. Weet darem nie so lekker of enige ou onderwysers in my tyd hiervoor sou gestaan het nie.

Dit is moeilik om mens daarmee te vereenselwig as jou opvoeding maar redelik streng was. Daar was reels en regulasies by die skool, jou hare netjies, jou uniform word gerespekteer en mens het trots gehad. Trots op die skool, die opvoeding en geleerdheid wat jy daar gekry het, wel ok meeste van die kere. Ek het maar ook my rebelse maniere gehad.

Die meisies ht toe ingeskryf by die plaaslike netbal klub, hopelik sal dit beter gaan hier as in die vorige een waar die 2ling was. Clarissa se groep het die afgelope naweek proewe gehad (dankie tog hiervoor) en dit het goed afgeloop. Eers was ek bietjie bekommerd want sy het nie baie speeltyd gekry nie, maar na die tyd het sy kom vertel dat in die eerste rondte kon hulle sien sy het potensiaal, so bly daaroor. Sy het A span gekry, maar dit beteken harde werk vir haar. Die span is goed en gewoonlik eindig hulle in die eindrondte.

Ek en Alex het bietjie rondgery en gaan soek vir plekkies waar ons vroegoggend ontbyt kan gaan eet. Ons het op 'n hele paar plekkies afgekom. Net om die hoek van ons naby die Koala sanctuary is 'n nasionale park, Cumberland State Forest, en daar het hulle 'n heerlike ontbyt bedien by Cafe Saligna vir ons maar eintlik was die porsies way te veel gewees. Dit is net so af in Castle Hill Drive. Daar is 'n hele paar staproetes wat mens kan aandurf en een spesiefieke roete wat ek wil doen is die sensoriese roete. Ek is seker Tania (vriendin in Melbourne) sal dit geniet. Die park is so 40 hektaar groot en wie sou raai so binne 'n geboude gebied is so 'n mooi park met piekniek geriewe en staproetes.
Later het ons net rondgery op soek na koffie en op Flowerpower kwekery afgekom. Dit laat mens baie dink aan WarrenGlen kwekery se opset, dit is baie mooi en volop pragtige dekor vir die huis ook. In Beecroft het ons op nog 'n oulike plekkie afgekom wat in 'n ou poskantoor gebou gevestig is. Die plek is so mooi oorgedoen en die atmosfeer was net lekker. Sal nog foto's opsit om die dekor van die plekkies te wys. As mens net begin soek in jou omgewing kan mens redelik verras wees oor wat jy kan kry.

Die week het met 'n bang begin, letterlik. Boeta het sy eerste ongeluk gehad met die kar. Hy was oppad skool toe, het vroegoggend klas gehad , en binne die sirkel net voordat hy dit verlaat tref die ander kar hom. Die skade is groot, maar ja wat kan ons hieroor se.

Tot volgende keer.

Sunday, January 29, 2012

Dangar Eiland


Foto: Via Airview online

Vandag was weereens 'n heerlike dag buite gewees. Ons het vroegoggend sommer besluit om na Dangar Eiland te gaan vir die dag. Die hele eiland kan plat gestap word in omtrent twee ure. Die plek is so 'n myl in deursnee. Daar is baie vriendelik mense, dis nou die eiland bewoners, die res is maar brommerig. Om by die eiland te kom moet jy tot in Brooklyn ry (nie in Amerika nie) en die ferry kry by Hawkesbury rivier langs die Brooklyn Wharf na Dangar Eiland. Daar is geen pad verbinding na die eiland en al vervoer op die eiland is jou paar bene. Vir die eiland bewoners is daar 'n stadsraad ute (bakkie) om meubels en die vullis te karwei, 'n buggy om toeriste na verblyf plekke te vat en natuurlik kruiwaens om die daaglikse / weeklikse/ maandelikse proviand van die jetty na hulle huise te vervoer.

Daar aangekom het ons by die local kafeetjie 'n laatoggend middag ete gehad, confused, ek ook. Die kos was baie smaaklik en die koffie heerlik. Daarna het ons in die pad geval en na die strand gegaan om 'n bietjie voete nat te maak, die water was heerlik en die son ongenadiglik. Celeste was natuurlik haar ou self, bemoerd en dan vriendelik dan weer lekker bemoerd, ek wonder wat is dit met tieners, ek kan nie dink dat ek ooit so was nie. Nicolette het die water aangedurf en lekker geswem, Clara het net probeer om haar sonbrand lyf bruiner te kry.

Na dit het ons besluit om die grotte te gaan soek waar daar aboriginal sketse teen die mure is, het nog nie die ingang gekry na die plek nie en ons het letterlik reg rondom die eiland gestap. Daar is nie duidelik aanwysings nie, so as jy dit kry is dit per ongelyk, of wie weet dalk is dit geluk.

Na 'n heerlike dag buite het ons dit afgerond met 'n lekker braaivleisie by die huis.

Die week wat voorle gaan besig wees, boeta begin Maandag met skool en die meisies begin Dinsdag.

Thursday, January 26, 2012

Nuwe jaar nuwe dinge

Die eerste maand van die nuwe jaar is al amper verby en ek kan nie glo dat ek niks gehad het om te vertel nie. Daar het baie dinge gebeur en ons het al baie dinge gesien wat mens weereens dankbaar maak dat jy is waar jy is.

Oujaars aand het ons besluit om na die vuurwerke te gaan kyk, dit wat absoluut iets amazing gewees. Die vuurwerke was groot en hard en dit het gebulder tot in jou binneste toe. Die reuk van die buskruit het nog lank daarna in jou neusvleuels gebly. Ons het saam met Pauline, Ian en die kinders die trein gevat in stad toe en op die oewer gekuier tot dit tyd was vir die vuurwerke. Die hoeveelheid mense wat ingestroom het was soos 'n stroom lava, dit het net aanhou en aanhou groei. Bokant ons was 'n klompie jonges wat hulle self op die gras tuis gemaak het, en boeta het hulle vir mens darem skaam gemaak. Op 'n stadium nog voor die son gesak het, het die polisie 'n klompie kom verwyder wat dronk was (en dit was veronderstel om drankvrye gebied te wees) daar is drie bottels vodka by die een gevind, wonder hoeveel was opgedrink. Die son was warm en met die drank kan jy jouself indink wat die gevolge was. Nie mooi nie. Na die negeuur vertoning het die kinders besluit om iets te gaan soek om te drink, met groot oe en afsku het hulle kom vertel wat het hulle gesien. Dis walglik en mens wonder wat is die kick wat jongmense daaruit kry om hulleself so laag te laat daal. Die polisie het weer ingekom en weereens 'n klompie kom verwyder, die ouens vat nie nonsens van kabouters nie.

Die kinders het daarna na 'n Youth Convention vir 'n week gegaan in Uki wat deur CRCA ge-organiseer was. Natuurlik was daar baie SAFFA kinders en die woorde waarmee die kinders terug gekom het "Dit was Life Changing" het alles verduidelik. Baie nuwe maats is gemaak en natuurlik is FB redelik vinnig ge-update om aldie nuwe maats te add. Wonder oor hierdie ding, maar ja!

Ek, Alex en Clara het in Kingscliff gekuier vir die week, Clara mag eers na die Youth Convention gaan as sy ouer as 15 is. Dit was sommer net lui lekker kuier op die strand en natuurlik baie rond gery. Ons was mal oor Surfers Paradise en het besluit ons sal die Desembervakansie weer terug gaan daardie kant toe sodat die ander drie ook kan sien hoe 'n lekker plek dit was. Kingscliff is 'n klein dorpie nie te ver van Twin Heads (die plek wat nou tans so verspoel is) en ook nie te ver van Surfers paradise. Nou dat boeta mos sy lisensie gekry het kan hyself ry. Daar is ook 'n paar waterparke daar naby en ons gaan defnitief daar 'n draai maak. Die strande is baie mooi, ek het selfs my tone in die water gesteek en baie geswem. Die water is heerlik, sal net moet onthou om die snorkel gear te vat volgende keer.

Boeta het natuurlik sy bestuurs lisensie gekry, nou is hy op P1. Hoe dit hier werk in Ozland is jy doen jou leerlinglisensie, as jy slaag moet jy minimum van 120 ure in 'n logboek opskryf waarvan party in die nag moet wees, grondpaaie ens. Na die 120 ure en as jy ouer as sewentien is mag jy vir jou P1 (rooi)lisensie gaan. Met 'n leerling lisensie hier in NSW mag jy ook nooit vinniger as 80km/p/h ry ,maak nie saak of die pad aandui dit is 'n 110km/p/h zone. Met sy P1 mag hy darem 90km/p/h ry maar hy mag geen alkohol in sy bloed he. Met die lisensie ry hy nou vir 18maande waarna hy weer 'n toets doen (hazard persepsie) en indien hy slaag kry hy sy P2's. Dit is ook 'n rooi P maar hy mag dan 100km/p/h ry. Kan julle die frustrasie op daardie kind se gesig sien as ons iewers heen ry en die spoedgrens is 110km. Ek hoor hy het al 'n paar keet die limits uitgetoets. Ek wag vir die dag as daardie sirenes skielik agter hom begin loei. Maar ons as ouers weet mos niks, slim gaan nog sy baasvang sien ek.


Volgende week begin die skole, en boeta begin met Yr12. Dit gaan 'n harde jaar wees en mens kan net hoop en jou vertrou in die Here se hande sit dat boeta sal hard werk. Hy het baie planne, hy en Louis vir 'n roadtrip gaan doen, hy wil myne toe om te gaan werk vir 'n jaar en sodoende geld bymekaar maak vir sy toekoms. Mag al sy planne uitwerk soos wat dit moet.

Ek het natuurlik ook 'n liefde vir ebay gekry. Mensig is daar darem goeie goed daarop te koop, partykeer is ek net jammer dat van die die goed nie in my area is nie. Van die mooise houtmeubels kan mens daar optel. Met die dat ek so baie houtgoed koop het ek besluit om in te skryf vir 'n klas oor restorasie van meubels. Dalk kan ek hier iets leer. Ek dink dit gaan baie interresant wees.

Wednesday, December 21, 2011

Geboorte pyne van vooraf

Ons het nou al baie beleef in ons korte bestaan. As kind was verandering nou iets wat jy aanvaar het en alles wat kwyt geraak is, is dood eenvoudig aanvaar sonder enige teenstribbeling. Soos mens groter en natuurlike wyser word besef jy, jy kan maar dinge bevraagteken, alles hoef nie net blindelings aanvaar te word nie as wet nie. Om positiewe resultate te bereik het mens maar partykeer die ekstra tree gegee om mense te akkomodeer met 'n probleem. Soos toe ek nog by SARS gewerk het in my prille jeuglike and baie naiewe jongmens dae. Mense het ingekom met hulle aanslae waarop daar natuurlik bedrae betaalbaar was aan die belastingaarder. Baie mense het nie die geld gehad om dadelik alles te betaal nie en my werk was om uitstel te verleen of selfs 'n afbetalings ooreenkoms uit te werk wat tot voordeel vir albei sou wees. Partykeer was mens maar hardekwas gewees en ander dae kon jy sien dalk moet jy maar 'n ekstra maand of ses byvoeg om die situasie net makliker te maak. Daar was altyd 'n uitweg as jy een gesoek het, as die klient nie te vrede was kon hy altyd na iemand hoër op in die voedsel ketting mee gaan praat.

Hier in Ozland werk dit nie so lekker nie, die mense in die voorste linies se woord is wet. Jy kan nou maar rondspring soos 'n mal springhaas en niemand gaan jou te hulp snel en probeer om jou saak op te los nie, nee fok die ouens sal liewers die polisie bel en jou laat verwyder want hulle voel dalk bedreigd deur jou optrede. Goed so, ek sal ook bedreigd voel as ek sulke patetiese en power kliente diens lewer.

So gaan ek toe gister na die RTA (Road and Transport Authority) dis wat hulle genoem word in NSW, in Victoria of Melbourne was dit sommer net Vicroads. Vroeg die oggend besluit ek vandag is die dag vir die lisensie verandering, en later wil ek sommer ook nog Costco toe gaan vir 'n bietjie kers inkope en daarna sommer die klompie meubels wat ek op ebay gekoop het gaan oplaai. Het ek maar liewerste 'n pilletjie gedrink en weer gaan le dan sou dit soveel beter gewees het.

Ek daag toe by die RTA se kantore op, gewapen met al my dokumente en kry my nommertjie uit die computer. Die ry is lank en die mense is baie. Ek gaan sit maar en wag dat my nommer opgeroep word. Na so 'n kwartier is dit my beurt en dadelik kan ek sien hier kom 'n ding. Ek het die verkeerde flippen kode gekies oor wat ek nou wou doen en woeps sit sy my sommer terug in die sisteem. Kyk toe wil ek sommer nog my moer pluk, maar daar word my nommer sommer toe weer geroep. Ek beweeg een ry aan en handig my papierwerk in. Die dame vat nie die papiere nie en vra wat wil ek doen. Ek verduidelik toe maar en sy begin die papiere nader hark en binne vyf sekondes is ek afgeskiet oor my aansoek. Ek het die verkeerde papier wat my adres bevestig en sy is nou maar jammer maar ek moet 'n ander papier bring of iemand kry wat my langer as fokken 12maande ken wat hier in Sydney bly. Regtig popsie wat dink jy, gedink ek gaan sommer nou my towerstokkie swaai en iemand kry. Dit maak nie saak hoe ek verduidelik of desperaat ek klink dit is die verkeerde papertjie en daar gaan haal sy sommer nog 'n inligtingspapiertjie om my te wys. Ek word daar weg gestuur met ongedane sake. Wel so maklik kry jy my nie onder, ek loop daar weg brommend en sommer omgekrap.

Terug huis toe gaan ek, kry die regte damn papier na 'n gesoek en is toe terug na die ouens toe. Ek staan weereens in die ry om my nommertjie van die rekenaar te kry, ek maak toe sommer dubbel seker ek druk die regte knoppies vir die regte prosedure. Wag weer so 'n kwartier alvorens ek vorentoe geroep word. Ek handig die papiere in en die proses begin van vooraf. Dit lyk of dit dalk makliker sal gaan maar net toe ek dink die geveg is gewen toe word ek hier met 'n linker hou geslaan. Die ouens dink dit toe goed om my met 'n "P" lisensiekaart te verras. Wat die joos is dit die, ek verduidelik dit is onmoontlik. Nou kyk dit is hier waar ek alle rasionele denke oorboord gooi en mooi verduidelik dat ek volgens alle standaarde en norme uit 'n derde wereld land kom, waar rekenaar stelsesl eintlik nie veronderstel is om met mekaar te kan praat nie maar dat dit inderwaarheid eintlik gebeur, en hier in Ozland volgens alle standaarde en norme dit as 'n eerste wereld land gesien word die verskillende state se stelsels nie met mekaar kan koppel nie gaan my verstand te bowe. Elke flippen staat is 'n land op sy eie, die dat dit eintlik 'n mini immigrasie is. In Victoria het ek 'n vol lisensie gehad, geen beperkings en defnitief geen "P's" nie. Nou moet ek weereens bewys lewer van my Suid Afrikaanse lisensie. My moer meter slaan toe heeltemal die rooi en die klokkies lui hard. Geen mate verduideliking kan die mense oortuig dat ek eintlik al in 1996, hoog swanger met die 2ling (seker die beampte het my jammer gekry) my lisensie gekry het nie. Ek moet dit kan bewys en al hoe ek dit kan bewys is as ek my lisensies inbring. Ek is daar uit, gelukkig sonder enige begeleiding, maar jy kon my hoor. Teen daardie tyd kook ek al, maar ek is weereens in my kar en terug huis toe om nog bewyse te gaan kry.

Oppad toe laai ek sommer vir boeta op na sy skof, ek kry my lisensie kaarte, sommer die vorige wat ook al verval het en my ID waarin my oorspronklik lisiensie was. Besluit toe dat boeta moet ook sy leerling lisensie oorskakel en sommer 'n afspraak maak vir sy bestuurslisensie. Terug na die kantore nou is ek gewapen, ek het alles sommer ook die immigrasie brief wat die visa goedkeuring gee.

Terug by die kantore, herhaal die proses om my nommer te kry en wag weereens. My nommer word geroep en ek is gereed vir die geveg wat dalk mag volg. Ek kan sommer sien die gemoed sak op die gesigte, dis nou my vierde persoon en almal is in 'n ry. Ek praat toe baie stadig, mooi hard en duidelik om enige misverstand uit die weg te ruim. Dit vat die dame 'n tydtjie om alles deur te werk, vrae word gevra en nog inligting moet ek neerskryf op die vorm, daar is nie plek nie maar ek vul in. Dit lyk skoon of ek besig is om my pedigree daar uit te le net om my lisensie te kry. Uit eindelik na vyf ure van in en uit die kantore het ek my lisensie.

Geboorte gee was beslis 'n makliker ervaring.

Alex se omskakeling was 'n natuurlik pynloos want ek het al die pyne ervaar, maar die voertuig se reigistrasie le nog voor en hier kom vir jou 'n ding. Hieroor later.

Sunday, December 18, 2011

Sydney het nuwe intrekkers

Wel ons is darem nou almal uit eindlik hier in Kersiefontein - Sydney, die heen en weer gevliegery tussen die twee stede kan nogal uitputted op 'n mens se gestel raak.

Die trekkery het darem afgeloop sonder enige voorval en die aflaai aan diekant het goed verloop met boeta wat maar moes bont staan om dinge georganiseer te kry. Dis net jammer dat ons internet verskaffer nie werk gedoen het en die installasie behoorlik gedoen het nie. Nou sal ons moet wag tot die nuwe jaar as ek dinge so uit kyk. Ek kan mos nie my poppe uit die pram gooi nie, hulle verstaan nie my bliksem en donner, so aan die einde van die dag is ek nog steeds daarsonder.

Uit eindlik het elke kind weer sy eie kamer en boeta sy eie badkamer. Dit het nogal woes geraak met drie tieners meisies en 'n tiener seun wat almal moet tandeborsel en wie weet wat nog in een badkamer.

Die eksamens is verby en nou wag ons maar vir die uitslae. Boeta sin lyk nie te sleg nie, maar hy het geleer dat die pad nie maklik is nie. Hy het maar op die moeilike manier geleer dat elke besluit wat geneem word sekere gevolge het. Hy het twee vakke opgeskop en dit opsig self was dalk nie so erg, maar nou moet hy in jaar 12 harder werk en 'n ekstra vak optel om genoeg krediete te kry. Slim van toe sy baas.

Die kinders sal almal na Cherrybrook Technology Highschool toe gaan en dit is loop afstand van ons huis af. Dit is omtrent dieselfde afstand as wat die kinders elke dag gestap of fietsgery het in Centurion.

Die vakansie gaan ons maar besig wees met dekorasie dinge, die meisies wil hulle kamers bietjie opdolly, so ons gaan maar die opshops bietjie deursoek vir goedkoop artikels wat kan afgeskuur word en dan verf. Ons het 'n paar goeie idees gekry met verskillende vorms rame en wie weet dalk klim daar 'n aspirant binneshuis versierder uit hierdie hele proses.

Boeta het gelukkig maklik 'n oorplasing na Cherrybrook se Woolworths gekry so ek hoop maar in my stilligheid dat hy genoeg skofte in die week kan kry sodat ons 'n bietjie rus en vrede kan kry. Ons moet gereeld hoor ons is oud, dit omdat ons nie altyd lus het om laat aand te gaan kapperjol nie. Die mannetjie slaap tot na tien in die oggend en drentel dan so stadig boontoe opsoek na kos, ons is dan al lankal klaar met dinge wat ons wou gedoen het. So ons stille gebed is maar dat die skofte gereeld dalk hier van middag tot laat aand kan wees, hopelik ook 'n paar middernag skofte, dalk sal ons minder hoor hoe boring ons is.

Die week moet ek plan maak en kerspersente gaan kry, dit voel vir my of dit al hoe moeiliker raak soos die kinders ouer word. Mens weet werklik nie meer wat om te kry vir hulle nie. Die sagte hints wat so hier en daar gegooi word om te probeer bepaal wat is die "must have" ding vir die jaar loop uit elke keer om niks. Dit gaan beslis 'n moeilike jaar wees.