Pyn is nou nie iets wat so lekker akkodeer met my nie, ek is nou nie 'n woes nie, maar wragtag toe daardie eerste skietpyne so deur my niere trek wou ek myself benat. Hier staan ek voor die stoof besig om aandete voorberei te berei, Alex sit by die blad en ons kuier so oor 'n glasie. Die oomblik toe daardie pyne begin toe weet ek hier kom bollie. As ek maar net toe geweet het watse bollie.
Die eerste simptome het eintlik al op Australia dag begin, terwyl ons oppad was na Blue Mountain toe. Dit was nie erg of te ongemaklik nie maar my onderbewusyn het dadelik die rooigevaar sien kom.
Laataand vat Alex my maar dokter toe, ek krul van die pyn. Net om die afstand van die kar na die spreekkamer af te le was soos 'n marathon vir my. Die doktertjie het maar setpille voorgeskryf en my huis toe gestuur. Die pilletjies was nou lekker, dit skop jou voete skoon onder jou uit. Jy moet net oppas of dit kan dalk te lekker raak. Die volgende oggend is ek vir 'n scan wat gewys het hierdie outjie beteken besigheid. Ek sit met 'n 7mm steen en die eerste "noodgeval" afspraak wat ek met die uroloog kan kry is die volgende week Woensdag. Kyk op hierdie stadium toe bevraagteken ek die hele rede oor hoekom sit ek hier. Die ouens kan mens nie eens dadelik opneem nie, nee jy moet eers die uroloog sien, maar die outjie is so vol geboek selfs die noodgeval bookings is in triplikaat al. Geen jokes! Indien jy by die noodgevalle afdeling van die hospitaal aanklop kan jy enige iets van 'n uur of langer wat alvorens daar aandag gegee word aan jou, dan is jy nie eers gewaarborg dat jy opgeneem gaan word nie. Nee jy sal huis toe gestuur word en aangeraai word om panadol te drink vir die pyn, en dit op 'n fullcover privaat medies.
'n Week en 'n half later na die aanval word ek gedoen. Die hele prosedure is 'n dagbesoek en ek is huistoe die aand. Ek brul daardie aand van diepyn in my sy, maar volgens die mense is dit normaal. Normaal so voet dink ek so bymyself maar ek sluk die pynpilletjies en gaan kuier toe vir die outjies in die wolke.
Met die niersteen wat verwyder is besluit die uroloog om 'n stint in my op te druk, nie 'n goeie idee nie. Vir die volgende week sit ek met meer pyn, iets wat my drie swangerskappe en 'n niersteen met my eerste swangerskap my nie eens gekos het nie. Ek brul en ek krul, ek huil en vloek. Elke dag bel ek die doktertjie se nommer en die poppie vertel my ja dit is normaal. Ek dog toe so bymyself hoe de heng kan dit normaal wees. Geen mens kan soveel pyn elke dag verduur met die flippen pypie in jou wat veronderstel is om te help en dit word geklasifiseer as normaal nie. Vyfdae later besluit ek basta so kan ek nie aangaan nie, ek kan nie behoorlik funksioneer nie. Besluit om maar noodgevalle toe te gaan, wat 'n futale poging. Daar word vir jou gese hulle het nie 'n bed vir jou nie, tot daar nie 'n bed is kan hulle jou nie help nie. Jy moet maar in die ontvangs sit en uitpass maar help gaan hulle jou nie help. Die wat my ken kan seker sien hoe verbaal raak mens dan. Jy moet net oppas of die polisie word gebel om jou te kom verwyder.
Nodeloos om te se sit ek myself toe weer op 'n happy trip, dit raak amper nou 'n gewoonte. Twee dae later word die stint verwyder en ek sing bymyself haleluja, die pyn is iets van die verlede, my nagmerrie ondervinding is verby en ek kan die happy pilletjies ver weg bere. Het ek tog nie al geleer om nie te vinnig opgewonde te raak nie. Hoeveel keer moet dit nog gebeur, sodra ek die Psalms en Gesange begin sing en opgewonde raak slaan daardie bleddie bliksem straal en hy slaan seer. Vroegoggend is ek in en voor tien is ek by die huis. Binne 'n uur gaan ek van lofgesange na klaagliedere. Ek is tussen die bed en die badkamer, die pyn is ondraaglik. Ek letterlik ruk die klere van my lyf af asof dit nou gaan help teen die pyn. Arme Alex staan hulpeloos en kyk hoe ek kreunend voor die toilet staan en kots. Nie 'n mooi prentjie nie. Hy spoel my lyf af met 'n koue waslap en dan dra hy 'n warm water sak nader. So gaan dit vir seker 2-3 ure aan. Selfs die happy pilletjies het besluit nee wat hieruit gaan ek jou nie help vandag nie, suffer sussie suffer. Ek het oor en oor my gedeelte van pyn en lyding gehad, nooit wil ek dit ooit weer oor he nie. Die pyn begin stadig bedaar en ek raak aan die slaap, seker meer van uitputting as van die happy pilletjies.
Dis 'n dag later en ek kan voel aan my niere ek het 'n geveg gehad. Wie die wenner is weet ek nie, dalk die dokter my sy vet rekening.
Dit maak nie saak of my privaat medies het of nie, die hele mediese ondervinding wat ek hier ondervind het is een van total moedeloosheid. Hierdie mag dalk 'n eerste werelds land wees, maar ek kan julle verseker van privaat mediese sorg in Suid Afrika kan die ouens defnitief iets leer.
Hierdie hele episode het in 'n kwessie van drie weke afgespeel en mense ek kla nie sommer nie, maar die medies hier is een hele groot fokop.
Ek kry sommer so 'n ZIRR gevoel op my maag as ek hierdie lees! Ons glo dis nou vir eers verby! :)
ReplyDelete(ek eis om te dink hoe die mediese diens gaan wees as hulle die health insurance rebate gaan 'means test'!)