Dis 'n heerlike lui sonninge Sondag middag hier by ons en daarby is dit ook vadersdag hier in Australia.
Alex en boeta is vroegoggend uit die huis na 'n motorskou. Dit was grootliks maar "hot rods" en "muscle cars" gewees. Boeta het maar gesukkel om die spoegies in sy mond te hou want daar was 'n paar stunning opgeboude karre gewees. Sy ogies was skoon blink en wangetjies bloedrooi toe hy by die huis instap vanmiddag. Hy't sy kar gesien, 'n Cobra, en daar is slegs 2 wat hier in Australia geregistreer is. Alex het behoorlik gesukkel om die kind by die kar weg te kry.
Die 2ling was weereens op 'n kamp gewees vir twee dae. Die keer was dit met bergfietse in die berge in. Hierdie kwartaal was daar elke week ge-oefen by die skool met die bergfietse, daar is geleer hoe om met opdraendes te trap, wat is die reels vir afdraendes en natuurlik was die boudbene maar lekker seer gewees. Die roete by die skool is ek seker kan hulle al toe oe doen.
Hierdie kwartaal was daar ook omtrent weekliks ope dae by die verskillende universiteite en Tafe's gewees. Boeta het met groot entoeiasme die universiteite besoek en hy is nogal redelik in sy skik met wat hy daar gesien het. Nou is dit net skouer aan die wiel sit en die punte kry.
Die meisies se hokkie is ook ampter tot 'n einde, nou is dit nog net die semi-finals wat hulle volgende week het en dit gaan uitspook teen Footscray. Ons was redelik gelukkig om die ouens in die vorige wedstryde te gewen het, maar dit is nie 'n rede om gemaklik te raak nie. As die girls die komende week se wedstryd wen dan is dit die finals. Ek sal nogal redelik gelukkig wees as ons Vrydae aande weer vir ons self kan kry. 'n Hele paar aande het ons nie voor twaalf by die huis aangekom nie aangesien die meisies laat wedstryde gehad het.
Ons het in Augustus ook 'n sensus opname gehad en dit het nogal redelik goed verloop, dis nou as ek dit moet vergelyk met wat ek lees oor die sensus beplanning wat vir Suid Afrika voorle. Hier omhels die mense sulke opnames want dan kan daar gekyk word na wat is nodig in die omgewing en hoe kan die infrastruktuur verbeter word. Ons kon die opname op twee maniere gedoen het, jy kon besluit of jy dit op papier wil doen en of jy dit aanlyn wou doen. Almal moes op 8 Augustus hulle vormpies doen en die wat dit op 'n "hard copy" wou invul se vormpies is afgehaal deur die beamptes in die daar opvolgende dae.
Ek het natuurlik ook lekker gescrap. Die Paperific papierskou was hier gewees einde Augustus en klasse (wat nogal 'n rariteit is hier) was aangebied deur Nic Howard. Wat 'n lieflike persoon is die mensie, die van julle wat die Scrapbook Expo gaan doen in September is beslis bevoorreg om haar vir die tweede jaar in 'n ry daar te kry. Ek dink ek moet die naweek "retreat" in New Zealand gaan doen saam met haar volgende jaar. Die Prima produkte is absoluut stunning wat ons gekry het, en natuurlik al die ekstras in die pakkie was great. Natuurlik het ek 'n pakkie van Websters Pages ook deur die pos ontvang hierdie week en ek was heeltemal oorstelp van vreugde toe ek dit eers oop het. Die magdom van goodies wat daarin was is genoeg om 'n mens die happy dans te laat doen.
Gepraat van happy dans, die komende naweek gaan ons bietjie sokkie. 'n Lekker Suid Afrikaanse sokkie in die kerksaal nogals. Die kinders het darem al 'n bietjie danslesse gekry by Ene en hopelik sal hulle nie oor hulle voete val as dit by die dans passies kom nie.
Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Sunday, September 4, 2011
Thursday, August 4, 2011
Geleenthede
Dit moet goed gaan met jou kind as hy meer geld in die bank het as sy ma. Boeta het 'n casual werkie gekry by Woolworths en werk gemiddeld so 11 ure 'n week. Vir dit kry hy nie te sleg salaris nie en word ook weekliks betaal. Dit is elke keer interresant om aan etens tafel te sit na 'n skof en te luister na wat vandag by die werk gebeur het. Volgens boeta kla die gemiddelde Ozzie nogal baie. Die kasiere is veronderstel om 'n geselsie met elke klant aan te koop en uit te vra na hulle dag. Party mense kry verbal diaree en kan nie genoeg kla nie. Ek kan myself nogal indink wat in sy kop aangaan as die ouens so kla, ek sal weet want hy vat my en sy pa gereeld aan.
Sodra sy probasie tydperk verby is dan gaan hulle uurlikse tarief ook op. Hopelik is die mense gelukkig met sy werk en word hy 'n permanente casual, nie dat ons twyfel nie. Hy het al genoeg komplimente gekry van klante en volgens sy supervisor is dit nogal 'n rekord.
So die van julle wat hier in ons omgewing bly, kyk gerus uit vir die vriendelike blonde kop seun in Woolworths.
Daar is 'n paar nuwelinge in ons omgewing en ek die voorreg gehad om hulle te ontmoet. Dis baie interresant om na hulle stories te luister oor hoekom hulle besluit het om te kom. Wat vir my nogal opvallend was is hoe identiese die redes is oor hoekom hulle hier is, maar hoe verskillend die daaglikse motiverings is om hier te bly. Die verskil wat ek sien is hoe die een gesin beide positief die besluit gemaak het om te trek en hoe die ander gesin se man die inisiatief gevat het.
Die een gesin bestaan uit vier en die ander uit drie gesinslede. Die een vrou kan jy sien is baie dinamies en en 'n regte go-getter, die ander een kla verskriklik oor wat sy moes opgee. Elkeen in sy eie reg het baie opgegee om hier te sit, ek glo nie dis maklik vir enige iemand om net alles op te pak, maar jy moet realisties dink. Ons almal was op 'n stadium vars en baie nuut hier in die vreemde, mens vergeet van die issues waarmee jy gesukkel het in die begin en dis presies dieselfde issues waarmee hulle sukkel. Party vat dit in hulle stride en hulle verander en kry dinge gedoen. Kyk nou maar na die gesin van vier, hulle het klaar hulle wortels begin skiet en dis great, die mense se koppe is reg, hulle sien geleenthede raak. Hopelik kan ons as gemeenskap die ander vrou help om haar kop reg te kry en die geleenthede raak te sien.

Wednesday, July 13, 2011
Afrikaner mentaliteit.
Ek sit hier in die bed maar die trane rol soos ek weer lag. Ons ou Afrikaner volk is maar 'n klomp grapgatte. Nerens in enige ander koerant waar 'n artikel geskryf word en is oop vir kommentaar kan die volk mekaar so slegse en beledig dat dit eintlik lagwekkend word. Kyk nou vir Mnr SA wat nou beroof is in Nando's, ag shame mense, die ou gil toe. Hy soek sy simkaart en sy lisensie toe terug, die boewe is hom toe goedgesind het gooi sy kaart uit sy beursie. Die kommentaar daarop het my natuurlik in spastiese konvulsie hier dat my man dink ek kry een of ander aanval. Die arme man word nou bevraagteken oor sy manlike instink nadat hy op die boewe gegil het, die ander ou pleit dat hy eerder moes staat maak op sy vroulike instink en dat hy die donner moes gemoer het. Nodeloos om te noem was daar natuurlik ouens wat kommentaar gelewer het oor hulle bly is hulle sit diekant en nie daardie kant nie en mensig toe begin die woorde weer vlieg en ek is seker die see kan baie nie weer skoonwas na daardie taalgebruik nie.
Wat altyd vir my verstommend is, is hoe maklik dit is om 'n negatiewe en redelike kru opinie uit te spreek sonder dat die omstandighede bekend is aan daardie persoon oor hoekom ouens diekant sit.
Wat meer verstommend is, is wanneer jy kry dat 'n ex Suid Afrikaner naam maak in die buiteland dan kan die mense baie vinnig reg toe eien op die persoon. Kyk nou na die New Zealandse aktrise (wat in SA gebore is en die land verlaat het as 'n tiener) skielik die koerante haal en die opskrif lui "SA aktrise kry vuurwarm rol. Dit is amazing hoe maklik die storie gedraai kan word om negatiewe of positiewe publisiteit te ontlok, en die kommentaar daarop, regtig mense!
Baie van hierdie ouens wat sulke sterk uitsprake maak het sekerlik ook kinders en hoeveel van hulle preek vir die kinders om tog 'n wag voor hulle monde te plaas alvorens hulle praat. Hoeveel van die mense wat so maklik beledig en slegse gebruik die stelling "Wat jy saai sal jy maai" of "Doen nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie".
Ons moet maar versigtig wees dat al die onnodige kritiek wat so maklik uitgedeel word nie eendag jou lelik in die gat gaan byt nie.

Tuesday, July 12, 2011
Tiener werk
So in die begin van die jaar het ek die kinders begin druk om nou 'n casual werkie te kry, hulle sosiale lewe maak my bankrot. Ons het 'n hele dag gesit en werk aan die CV's en aan al die baie aanlyn aansoeke wat ingevul moet word. Nou die proses lyk redelik maklik, maar om die werk te kry vir die kinders is maar net so moeilik soos wat dit vir ons volwassenes is. Die enigste verskil is die kinders doen net casual werk, en hier is dit 'n kwessie van twee baklei vir die been en die derde een loop daarmee weg. Boeta was nou al twee keer vir onderhoude by Woolworths en daar is nogal baie kinders en studente wat aansoek doen vir die tipe werke. Gelukkig het hy die tweede keer geslaag om 'n ou werkie nou los te slaan en begin eersdaags met sy eerste skof.
Met sy induksie die week is hulle baie mooi geleer oor wat is aanvaarbaar en wat is nie. Die reels word duidelik uitgespel en verduidelik. Hulle uniform sal skoon en gestryk wees, indien daar nie 'n vol baard is nie dan sal die gesig elke keer skoongeskeer wees. Skoene skoon en gepolish, jis mense ek like die. As ouer preek ons nou gereeld vir die kinders oor hulle voorkoms, maar boeta of hulle nou luister is 'n ander saak. Celeste kom gereeld met die ding dat ons outyds is, hare kam is vir die voels. Hierdie is nou die grootmens wereld, so jy sal gehoor moet gee aan die reels.
Nou moet ons daaraan werk dat die meisies werk kry, dit sal nogal baie dinge oplos.
Vandat die 2ling die "City Experience" gedoen het voordat die skole gesluit wil hulle net elke keer in stad toe. Daar is soveel om te gaan sien en te explore dat mens dit nooit alles sal kan beleef nie. Die beste is natuurlik die klein kafeetjies wat orals is en party van hulle het baie lekker en goedkoop kos. Die atmosfeer van die stad gryp jou beslis aan en hoe meer jy daarvan kry hoe meer wil jy he. Dis nogal moeilik om nee te se vir die twee.

Thursday, July 7, 2011
Mense steel deesdae enige ding!
'n Paar jaar gelede het hulle een nag ingekom en my dye gesteel. Dit het so vinnig gebeur ek het nie eers wakker geword nie. Ek het nog gaan slaap met my eie dye en toe ek wakker word, sit ek met iemand anders se dye. Die nuwes was die tekstuur van klonterige pap. Wie sou so wreed wees?
Wie se dye was hierdie voorheen en waarheen is myne? Ek het die hele somer deur gesoek na my dye. Uiteindelik het ek woedend en seergemaak maar aanvaar dat ek nou vir altyd in jeans en stywe intrek panties sal moet wegkruip. En net toe ek vrede gemaak het met my dye slaan daardie boewe sowaar weer toe!
My boude is toe volgende! Ek weet dis dieselfde bende, want hulle het moeite gedoen om my nuwe agterwêreld te laat pas by die dye wat hulle voorheen by my gelos het. Ek kon dit nie glo nie, my nuwe boude sit ten minste 3 duim laer as my oorspronklike. Nou komplimenteer my boude my dye klont vir klont. Ek hoop net lang rompe en langbroeke bly in die mode.
Verlede jaar het ek besef my arms is ook omgeruil. Een oggend toe ek my hare kam, was ek geskok om te sien hoe my bo-arms heen en weer swaai soos ek my hare kam.
Dit is vreesaanjaend. My liggaam word stukkie vir stukkie vervang met swakker en leliker dele. Hoe slinks en meedoënloos! Ek word op gereelde basis en sonder waarskuwing aangeval. Uit desperaatheid het ek ophou kortmoubloese dra.
Verlede maand is my nek vervang met 'n kalkoen s'n!
Ek alleen kan egter nie die mediese professie aanvat nie. VROUE VAN DIE WêRELD SKRIK WAKKER EN SIEN DIE VERWOESTING!
Die liggaamsdele wat oorgeplant word, is nie vrywillig verskaf nie. Jy WEET waar hulle daardie liggamsdele kry, nie waar nie?
Die volgende keer wat jy vermoed iemand het 'n "facelift" gehad, kyk mooi of dit nie dalk joune is nie. Ek dink ek het uiteindelik my dye opgespoor en ek hoop Cindy Crawford het 'n goeie prys vir hulle betaal!!
HIERDIE IS NIE 'N GRAP NIE. DIT GEBEUR ELKE NAG MET VROUE IN JOU DORP.
WAARSKU JOU VRIENDINNE!
N.S. Hoe paranoïes het ek nie geword nie? Verlede nag het ek gedink iemand het my borste gesteel. Ek het op die bed gelê en hulle was net nêrens nie!
Groot was my verligting toe ek uit die bed opspring en agterkom hulle het net in my armholtes weggekruip terwyl ek slaap. Nou hou ek hulle veilig deur hulle by my broek in te steek as ek gaan slaap.

Wednesday, July 6, 2011
Hoe nou?
Ons het ons klerekaste seker so 'n maand voor ons vertrek begin uitsorteer. Dit wat oud en verslete was is uitgegooi, dit wat reggemaak moet word of knope kry is reggemaak. Alles wat te klein en 'n "handdown" kon wees is aangegee na die kerkkantoor vir verspreiding. Elke kous is uitgesorteer, elke maat is gepas en die res is weggemaak. Nooit ooit weer het ek gedink in my wildste drome sal ek ooit weer sukkel met kouslose maats nie. Dit is 'n fabel om te dink jy land diekant en jy doen jou eie wasgoed en elke kous sal weer met 'n maat opeindig in die kas. Ek sit met 'n mandtjie vol kouse wat nie maats het nie. Ek het altyd arme Mary hier in my binneste gevloek oor die bleddie kouse wat so verdwyn. Hoe is dit moontlik dat die een kous die een oomblik nog aan jou voet was, dan in die wasgoed mandtjie gegooi direk wasmasjien toe net kan verdwyn. Hier is defnitief 'n sinister conspiracy hier aan die gang.
Dit raak nog beter, die tupper kas is behoorlik gesorteer, alles wat nie 'n deksel het is uitgegooi. Hier in jou binneste het jy gedink AHA nou sal my tupperware darem netjies en altyd op hul plek wees. Nooit soek ek weer 'n deksel of 'n bak nie. Wat is dit met die goed, dan kry ek die deksel maar die bak is weg, of die bak staan daar meer die deksel is weg. Hoeveel keer het ek nie die vraag gevra WAAR IS DIE DEKSEL MARY. Ek het vasgeglo sy le die goed vas of skep kos in om saam te vat huistoe en die goed kom half terug. Wragtig hier sukkel ek weer met dieselfde dinge. Die tupper se deksels verdwyn net, of nog beter die deksels le in die kas maar die bak is net missing. Hoe is dit moontlik. Niemand anders is in my huis wat die goed was en wegbere nie. Dis net ons gesin.
Glo dit of nie, die goed verdwyn nog steeds en jy kan niemand anders blameer as jouself nie, of is hier dalk iets meer sinister aan die gang.

Friday, July 1, 2011
CAW 2011 - Hume A - Opening Credits
Die kinders het die afgelope week Creative Arts Week gehad by die skool. Hierdie is opening credits van die groep se opvoering. Celeste en Christiaan was in die produksie en dit was eintlik baie snaaks gewees. Die kinders het mal gegaan as boeta se gesig opgekom het, hy het net 'n manier met mense.
Subscribe to:
Posts (Atom)