Ons het ons klerekaste seker so 'n maand voor ons vertrek begin uitsorteer. Dit wat oud en verslete was is uitgegooi, dit wat reggemaak moet word of knope kry is reggemaak. Alles wat te klein en 'n "handdown" kon wees is aangegee na die kerkkantoor vir verspreiding. Elke kous is uitgesorteer, elke maat is gepas en die res is weggemaak. Nooit ooit weer het ek gedink in my wildste drome sal ek ooit weer sukkel met kouslose maats nie. Dit is 'n fabel om te dink jy land diekant en jy doen jou eie wasgoed en elke kous sal weer met 'n maat opeindig in die kas. Ek sit met 'n mandtjie vol kouse wat nie maats het nie. Ek het altyd arme Mary hier in my binneste gevloek oor die bleddie kouse wat so verdwyn. Hoe is dit moontlik dat die een kous die een oomblik nog aan jou voet was, dan in die wasgoed mandtjie gegooi direk wasmasjien toe net kan verdwyn. Hier is defnitief 'n sinister conspiracy hier aan die gang.
Dit raak nog beter, die tupper kas is behoorlik gesorteer, alles wat nie 'n deksel het is uitgegooi. Hier in jou binneste het jy gedink AHA nou sal my tupperware darem netjies en altyd op hul plek wees. Nooit soek ek weer 'n deksel of 'n bak nie. Wat is dit met die goed, dan kry ek die deksel maar die bak is weg, of die bak staan daar meer die deksel is weg. Hoeveel keer het ek nie die vraag gevra WAAR IS DIE DEKSEL MARY. Ek het vasgeglo sy le die goed vas of skep kos in om saam te vat huistoe en die goed kom half terug. Wragtig hier sukkel ek weer met dieselfde dinge. Die tupper se deksels verdwyn net, of nog beter die deksels le in die kas maar die bak is net missing. Hoe is dit moontlik. Niemand anders is in my huis wat die goed was en wegbere nie. Dis net ons gesin.
Glo dit of nie, die goed verdwyn nog steeds en jy kan niemand anders blameer as jouself nie, of is hier dalk iets meer sinister aan die gang.
No comments:
Post a Comment