Sunday, September 19, 2010

Ons huis is nou in Oz

Dit is nou amper ‘n jaar terug wat ons die groot tog aangepak het uit Suid Afrikan na Australia. Vir baie mag dit dalk die land van melk en heuning wees, maar dit is nie eintlik veel verskillend van ons geboorteland nie.

Elkeen het sy goeie en sy slegte en dit vat baie van ‘n mens om dit te sien vir wat dit is. Ons mag dalk nie eendag terug gaan na ons geboorteland nie, maar hier kan ons ‘n lewe maak. Ek self moet nog baie keer myself inhou oor wat ek sien, veral in die skole stelsel hier, en wat ek hier sien is die voorland vir julle in Suid Afrika. Dit is glad nie ‘n mooi prentjie nie en indien die ouens dit regkry om Christenskap uit die skole stelsel te verwyder kan dit net ‘n rampspoedige gevolg hê.

Ek sien die mooi hier in die landskap, nie dat dit sekerlik ooit naby Afrika sal kom nie, maar die wynlandgoed wat net om die draai van ons is iets om te beleef. Die Kangaroo Ground net hier agter ons verby Warrandyte in die vroeë oggend ure is iets om te beleef veral as die mis so oor die wingerde kom lê. Die lowergroen gras oor die lande en die Yarra rivier wat stadig oor die klippe konkel na die vloede van vroeer in die maand. Die plek het sy eie bekoring en dit is nou my plek die.

Ons voel vry hier, die gemak waarmee jy kan rond beweeg gee ‘n rustigheid af en jy kan jouself nie indink oor hoe jy ‘n jaar terug geleef het nie. Ons het vir twee aande na mekaar heerlik tot laatnag gekuier en glad nie twee keer gedink oor die pad huistoe nie. Daar was geen wye draai wat jy gooi met die kar se ligte alvorens jy die garage se deure oopmaak nie, nie die angstige rondkyk vir wat dalk iewers agter ‘n boom mag uitspring nie. Die gevoel van “lockdown” elke keer as dit slaaptyd is, is iets van die verlede. Dis nie dat hier nie ook roof is in die omgewing nie, hier is, maar die bliksems word gevang. Hier is moord, die jeug ruk hande uit en steek mekaar met messe, ouens word laatnag op die treine aangeval of selfs in die stad, hier is dieselfde probleme met kriminele as in Suid Afrika, die verskil hier is dat die polisie hulle werk doen. Dalk is die ouens trots op wat hulle doen, dit is nie net ‘n doel tot ‘n middele nie, dit is ‘n passie.

Die lewenskoste hier is baie duur, baie duurder as wat mens sou gedink het. Brood kos my $6, in julle terme R36, dan het ek ‘n bargain gekry want dit sal 2 vir die prys van 1 wees. Skaap tjoppies kos my so $16 per kilo en ‘n blok kaas sal omtrent $11 wees, biltong kan mens omtrent nie bekostig nie, so jy maak maar jou eie. Om ‘n huis te koop is onbekostigbaar in die begin. Jy moet 20% neersit as deposito en dan nog jou oordragskoste, en steenhuise is iets wat jy nie sommer hier sal sien nie. Die gemiddele huispryse hier in ons omgewing is enige iets van $700 000 tot $1 200 000, en dit vir ‘n houthuis.

Ek persoonlik dink ons dokters is beters as die ouens hier, dit voel partykeer vir my of die ouens te bang is om ‘n diagnose te maak. My term van privaat medies en die ouens se term is nie dieselfde nie, ek moet dit nog uitpluis. Hier betaal jy nie om dokter toe te gaan nie, maar jy betaal vir jou medisyne. Hier sukkel ek om behoorlike medisyne oor die toonbank te koop, die mense is baie “versigtig” , of dalk was ons net te gemaklik oor wat beskikbaar was oor die toonbank.

Ek het geleer om meer gewaagd te wees oor wat ek eet. Gewoonlik sou ek vinnig my neus vir iets opgetrek het, ek sou nooit my mond aan Chinese of Thai kos gesit het nie. Ek het beslis op baie uitgemis. Nou trek ek my neus op vir KFC en McDonalds, dit is nie meer ‘n alternatief op ‘n Vrydagaand nie.

Om jou kar te diens vat ‘n uur, dit word ‘n “express” diens genoem. Jy betaal hier vir jou kar dienste, dalk kan die ouens die konsep van ‘n motorplan nie hier insien nie. Die man wat jou vullis kom verwyder doen dit alles self, hier is nie ‘n klompie handlangers wat tydens die kersseisoen kom bakhand staan en vra vir ‘n “krismisbox” nie. Die padwerkers wat langs die padstaan is baie kere vrouens en die supermark het jongmense wat die rakke volhou met die voorraad. Jy moet jou eie petrol ingooi en dan in gaan om te betaal. As die tou te lank is by die till maak hulle vinnig ‘n ander een oop, hulle lewer die ou mense se groceries by de huis af, en nou praat ek nie van online shopping nie.

Ons het goeie mense agter gelaat, familie met wie ons heerlik kon kuier oor ‘n braaivleis vuurtjie. Vriende en vriendinne wat ons jare geken het, met wie ons ‘n pad gestap het en jou diepste gevoelens ken. Hier het ons goeie mense leer ken, wat weet deur watter diep waters mens gaan as jy hier land. Hier bou ons ‘n nuwe familie deur vriendskappe wat gevorm word waarvoor ons diep dankbaar is.

Ek is innig dankbaar vir ons Heilige Vader wat ons deur hierdie proses lei.

Saturday, September 18, 2010

Trots Afrikaans

Ek gaan nou eers 'n bietjie keel af gaan hier, dit is maar net om my kop skoon te maak want as ek dit nie doen nie sal ek dalk net iemand te lyf gaan. Dit mag dalk op 'n "catfight" afloop en ons vermy dit liewerste. Ek sal nie graag met die "coppers" deurmekaar wil raak hier nie.

Ek is Afrikaans, ek is baie trots daarop om Afrikaans te wees, so wat de moer is die probleem om dan Afrikaans te praat. As jy dan so hard probeer om jou identiteit te verloor is dit jou probleem maar verdomp vroumens praat met my Afrikaans. Dit is my moerdertaal, dit is wat ek verstaan en waarmee ek groot geword het.

Hier is soveel Suid Afrikaners hier in Australia wat alles en almal wil afskryf. Jou eie land en identiteit probeer jy wegwens en afmaak vir alles wat sleg is, maar julle is vinnig om te vergeet dat daardie agtergrond wat julle so hard probeer vanaf wegvlug is wat julle gevorm het. Jou hele lewe is gevorm om wat jy daar geleer en ervaar het, dit help nie jy probeer daarvan wegkom nie.

Dis nie dat ek sien julle probeer eers hierdie land aanvaar nie, julle "rant en rave" net so erg oor die Ozzies, julle is nog steeds nie gesettle in julle lewe na soveel jaar hier nie, Magtag mens word groot.
Die lewe is te kort om met sulke Kak op geskeep te sit.

Sunday, September 12, 2010

Alleys in Melbourne

Geen pille vir domgheid

Hierdie week het begin met sy gewone roetine en natuurlik die ewig al om teenwoordige reën. Is hier geen genade en rus van hierdie neerdrukkende koue en nattigheid nie. Mens sal regtig begin om lelik depresief te raak en nou-nou iets heel onbesonne aanvang. Onbesonne is om dalk te besluit ons trek Perth of Brisbane toe.

Ek verstaan die hitte het darem nou al begin om sy kop in Pretoria uit te steek, maar wil julle tog nie maar net ‘n bietjie diekant toe aanstuur nie. Dit sal nogal help, ek sal julle eintlik ewig dankbaar wees.

So staan ons vanoggend (dis nou Sondag) op en siedaar die bome is klaar gebot die bloeisels is uit en die groen blare begin die hele boom bedek. Dit was absoluut amazing om die hele transformasie te sien hierdie afgelope twee weke. Lente is beslis in die lug al voel dit nog soos winter. Ons is weereens daarop gewys dat die winters hier baie langer duur, en dat wanneer lente hier begin jy behoorlik die seisoen lente beleef, nie soos in al die jare waar ons gewoond was van winter en skielik is dit somer in Pretoria.


Hier is ‘n staaltjie vir die van julle wat lekker wil giggel, en vir die van julle wat julle self wil benat, geniet maar ons domgheid aan die kant.

Soos ek al soveel vir julle vertel het, hier reën dit net onophoudelik, of altans so voel dit vir my. Geen son vir ‘n mens se siel nie. Hier in Victoria was daar droogte vir 12 lange jare, die grond was letterlik so hard en het op plekke begin kraak. Met die herfs en winter seisoen wat ingetree het, het dit baie begin reën. Dit was beslis een van Victoria se natste en koudste seisoene in jare. Met al die nattigheid het ons die tuin maar gelos en besluit julle bossies kan maar groei, vir julle sien ek nie kans in die nat grou weer nie.
So kan ons ook nooit verstaan met tyd dat die huis aan die onderkant heeltyd nat bly nie. Die water wil nie eers meer weg seipel nie, en die bietjie tuinwerk wat ons doen is nog meer ‘n beslommernis want dit is net modder. Die modder begin al vrot, en ek bedoel dit VROT. So het ons toe weereens ‘n heerlike by reën gehad, storm sterkte winde en die grond is net nog meer ‘n moeras. Christiaan het ‘n week “work experience” gehad by die skool en omdat hy by La Trobe Universiteit syne in die skool vakansie gaan doen het hy ‘n week by die huis gespandeer. Ons het begin om die tuin reg ter ruk alvorens die oumense kom kuier. Die tuin moet tog nie te bad lyk nie, dit moet lyk asof ons darem iets doen. So werk ons vir twee dae dat die biesies bewe, of liewers boeta werk dat die biesies bewe (hy wil mos bestuur, so alles het ‘n bargaining tool geraak hier). Alex bekyk toe ons handewerk so en sien die hele onderste gedeelte van die huis is “geflood” Dit is nou die “gat” onder die huis. Daar waar al die afrondings werk maar gelos is en die dumping grond geword het vir alles en nog wat. Heel paniekerig skakel ons die plumbers en verklaar ‘n noodtoestand, maar ons paniek is nie vir hulle paniek nie. Die ouens kom twee dae later uit en pomp water uit vir ‘n vale en die moeras word anper ‘n rivier, hulle kan nie die probleem opspoor nie en begin ‘n gat aan die onderkant van die tuin grawe. Hulle verklaar heel triomfanklik dat die probleem nie hulle sin is nie maar die munisiapliteit sin aangesien die hoof pype beblokeer is en dit is as gevolg van boom wortels. Die volgende dag daag Manningham Munisipaliteit op met hulle trokke en pype en vier manne. Ek raak skoon opgewonde want waar gehasie het jy al sulke dienste gesien. Die ouens begin en rol hulle masjienerie af ondertoe om te begin werk. Dit was nie eens ‘n uur en en hulle verklaar ook triomfanklik dat die probeem opgelos is aan hulle kant, maar dat dit nie die regte probleem was wat die blokasie veroorsaak het nie. Wel tenminste is die water weg en ons kan aangaan. Nou wonder ek so by myselwers, wat was dan nou die probleem. Ek kan nie langer wag of myself bekommer oor wat nou die eintlike probleem was nie want die wasgoed hoop op en ek besluit toe maar bogger dit ek gaan nou was.
Wragtag ouens, die volgende dag is die hele plek weer onder water. Mens is sommer skoon moedeloos nou. Die plumbers weet nie en die munisipaliteit se mense weet ook nie waar die probleem lê nie. Alex skakel die plumbers toe maar weer en sê dat die enigste ding wat ons gedoen het in die huis was die wasgoed. Die man is stomgeslaan hy weet nie en sê toe dat hy die komende week weer sal uitkom om te kyk. ‘n Bietjie later skakel die plumber terug en vra as ons net wasgoed gedoen het, waar sit ons die uitlaat pyp vir die wasmasjien. O dit is maklik antwoord Alex, “In die gat in die grond.” Daar is eers so ‘n effense van ‘n stilte en die man vra toe, die gat in die grond. Ja man, die een wat ondertoe uitloop so by die wasmasjien. Ek is seker mens sou op daardie stadium die ou verseker met ‘n veer kon omgetik het. Die gat in die grond is nie die uitlaat pyp vir die wasmasjien nie, dit is eintlik die uitlaap pyp vir die tuimel droeër se wind. En ons het altyd gewonder waar sit mens die uitlaat pyp vir die tuimeldroeër. Nou weet ons!
Volgens die plumber is daar nie ‘n uitlaat pyp vir die wasmasjiene in die laundry’s nie, jy hang jou wasmasjien se pyp oor die wasbak. Nou hoe die bleddie hel moes ons dit geweet het, niemand het dit vir ons verduidelik nie. Wel tenminste is al die wolle uit die uitlaat pyp gewas, of hoe dink julle?
Ek is seker die ou het Vrydagaand by die bar gaan sit en met smaak vir sy pelle vertel van die dom Suid Afrikaners wat nie weet waar sit mens die uitlaatpype vir die wasmasjien of tuimeldroeër nie en dan nog sy huis flood ook.
Ek moet dan ook byvoeg, dit het ‘n jaar gevat om die huis so te flood dat die water nie meer wegseipel, so met al die reen en met ons domgheid het ons die grond behoorlik deurdrenk. Die droogte moes beslis erg gewees het.
So nou hoop ons op ‘n lekker warm somer sodat die huis aan die onderkant behoorlik kan droogbak.


Ek wonder wat volgende voorlê op ons pad.

Thursday, September 9, 2010

College degree vs diploma

College degree to pilot, high school diploma to fix

It takes a college degree to fly a plane but only a high school diploma to fix one: a reassurance for those of us who fly routinely in their jobs.

After every flight, Qantas pilots fill out a form, called a "gripe sheet" which tells mechanics about problems with the aircraft. The mechanics correct the problems; document their repairs on the form, and then pilots review the gripe sheets before the next flight.

Never let it be said that ground crews lack a sense of humor. Here are some actual maintenance complaints submitted by Qantas pilots (marked with a P) and the solutions recorded (marked with an S) by maintenance engineers.

By the way, Qantas is the only major airline that has never had an accident.

P: Left inside main tire almost needs replacement.
S: Almost replaced left inside main tire.

P: Test flight OK, except auto-land very rough.
S: Auto-land not installed on this aircraft.

P: Something loose in cockpit.
S: Something tightened in cockpit.

P: Dead bugs on windshield.
S: Live bugs on back-order.

P: Autopilot in altitude-hold mode produces a 200 feet per minute descent.
S: Cannot reproduce problem on ground.

P: Evidence of leak on right main landing gear.
S: Evidence removed.

P: DME volume unbelievably loud.
S: DME volume set to more believable level.

P: Friction locks cause throttle levers to stick.
S: That's what they're for

P: IFF inoperative.
S: IFF always inoperative in OFF mode.

P: Suspected crack in windshield.
S: Suspect you're right.

P: Number 3 engine missing.
S: Engine found on right wing after brief search.

P: Aircraft handles funny. (I love this one!)
S: Aircraft warned to straighten up, fly right, and be serious.

P: Target radar hums.
S: Reprogrammed target radar with lyrics

P: Mouse in cockpit.
S: Cat installed.

And the best one for last.

P: Noise coming from under instrument panel. Sounds like a midget pounding on something with a hammer.

S: Took hammer away from midget.

Sunday, September 5, 2010

Die wipplank parlement

Ons het vreeslike erections gehad hier doer Onner so 'n week of twee terug, en nou het die mense so verwoedelik gestem dat gin hond, kind of kraai weet wie’t gewen nie. Dit lyk ook nie of enige iemand binnekort sal weet nie want nou begin die sports in alle erns.

Mensig dis darem soveel anders as dit wat ons gewoond aan is. Daar in die wonderlike SA weet ons hoeka lank voor die tyd wie gaan wen – al wat ons nie weet nie, is die persentasie meerderheid wat die comrades hierdie keer gaan he.
Viva!
Hierdie eerste-wêreld landjies weet nie hoe om met die stembokse te kroek nie, hulle merk nie eens jou vinger met daardie bleddie ink wat dae vat om af te kom nie. Hulle vertrou dat jy nie gaan kroek nie en dat jy slegs eenkeer gestem het. Sulke naiwiteit sal jy nie in SA kry nie, verseker nie. Die stembokse sal eerder wegraak.

Die twee hoofpartye hier (dis nou die Labour en die Liberal)het nou altwee ewe min stemme gekry, en nou sit daar ‘n klomp manne wat hulself die independents (sommer clowns in my boeke) noem. Hulle behoort aan geen party nie – hulle is seker die eerlikste van al die politici, maar aan die ander kant seker die moeilikste klomp bliksems wat jy kan kry. Die klomp gaan nou bepaal wie die land gaan regeer. Gaan dit nou die rooikop merrie met die skerp neus wees, of mister Rabbit? Net hulle weet. 14 miljoen mense het gestem, en op die ou end sit 4 of 5 manne met al die stemme in hulle jeukerige hande.

Dis omtrent erger as reality TV. Op Survivor, of Big bratha, of Biggest Looser kan jou pelle jou mos sommer van die eiland af stem as jy nie genoeg by almal gatgekruip het nie. Hierdie paar manne kan nou sommer die hele parlement aanmekaar slaan. Hulle is ewe skielik baie gewild.

Hulle kry daagliks duisende oproepe, emails, en sekerlik ‘n paar Wilson toffies en ‘n ou stokkie-lekkertjie onder die tafel deur. Dis nou die manne se week of fame. Die dag as hulle die besluit gemaak het is hulle weer ou nuus, en die Rooigevaar antie of Oom Rabbit vat die leisels en beur vorentoe.

Mense, hierdie democracy affêre is ‘n ding om te aanskou.

Die beste van hierdie hele spektakel was hoe die partye mekaar aanvat, hulle is almal sulke "polite" poephole en wanneer daar 'n hou na die opisie gaan dan doen hulle dit met flair. Partykeer voel dit jy wil die ouens aan die strot gryp en 'n bietjie sense inslaan, maar dit sal dalk as agresie gesien word. Hier raak die mense nie agresief wanneer dit by politiek kom nie, hulle raak net "polite".

Sunday, August 1, 2010

Besige naweek

Partykeer gaan mens ‘n naweek in en jy wonder waarmee jy jouself sal besig hou, en ander kere is dit so besig dat jy nie kans kry vir ‘n bietjie rus nie. As jy jou oë uitvee dan is die naweek verby en jy is eintlik pootuit en dit voel of jy niks rus in het nie.

Ons het hierdie naweek so ‘n besige een beleef. Vrydag aand is ons na’n 40ste verjaarsdag partytjie, nogal dressup, het eers na een in die bed gekom, Saterdag het die kinders weer Lake Mountain toe gegaan vir ‘n lekker tydjie in die sneeu, ons het huise gaan soek, en Sondag was dit kerk toe en daarna ‘n lekker gesellige braai by die kerk, later die middag is ons na ‘n restaurant toe vir lekker koffie en koek saam nog ‘n verjaarsdag maatjie.

Ek het begin om op Vrydae pottery klasse te doen, en mensig is dit nou lekker. Die gespeel met die klei het ook ‘n kalmerende invloed op ‘n mens. Ek weet net nie hoe die goed gaan lyk wat uitkom aan die einde van die dag nie, maar hopelik bars alles darem nie wanneer dit uit die oond gaan kom nie. Ons sal maar sien.

Die week het ek bietjie in die “op shops” gaan inkopies doen. Die “op shops” hier is maar tipies soos die tweede handse winkels daar in SA, maar die verskil is hier gee jy al jou ou goed af by die winkels wat dit dan weer verkoop om geld in te samel. Al die “op shops” is maar ge-affilieer aan een of ander gemeenskaps / welsyns organsies. Hier is baie SALVOS en hulle die Salvation Army se geldtrommel winkel, dan kry jy natuurlik die Rooikruis ook. Jy laai al jou werkende aparate, heel en netjies klere, skoene en handsakke, fietse en speelgoed, breekware en ander nonsense af, die ouens sorteer dit uit, tag dit en sit dit op die rakke om verkoop te word. Hier kan jy enige iets van die grootste stuk gemors tot die mees ladiedaste ontwerpers pakkies kry. Wel so het ek nou gesoek vir iets vir ons “dressup” 70’s verjaarsdag partyjie waarna toe ons uitgenooi is. Ek het van die een winkel na die ander winkel gery opsoek na die mees uitspattigste en physicadelic klere. Ek het dit gekry en mensig mense was dit nou prêt. Dit voel partykeer soos Pandora se kis as jy in so ‘n winkel instap, want jy weet nooit met was jy daar gaan uitstap nie. En die kyke wat jy kry as jy met die klere daar uitstap is lagwekkend. Die mense dink seker jy het geen dress sense nie. Dis nou jou dressup klere.

Niemand kyk jou skeef aan as jy klere daar koop nie, baie mense koop hulle klere so. Hier leer jy maar vinnig waar om te gaan inkopies doen. Die wen situasie van so ‘n winkel is dat indien jy op ‘n plek is en dalk te min warm goed ingepak het kan jy vinnig in die opshop in glip en vir jou iets warms kry teen ‘n dollar of twee. Daar is letterlik op elke dorpie ‘n opshop. Hier het ouens al ontwerpers handsakke gekry, skoene wat nog nooit gedra is nie en die mooiste leer belte. Dit is mos so, ‘n ander ou se gemors is baie keer vir jou goudwerd.

Saterdag was dit vroeg opstaan, skaars vyf ure se slaap weg gehad na die vorige aand se lekker party, die kinders is saam met die kerk se jeug Lake Mountain toe vir die dag. Die kinders het weer lekker in die sneeu gaan speel en natuurlik pootuit by die huis aangekom Saterdagaand.

Sondag het ons kerk toe gegaan en na kerk het ons lekker gebraai saam met die ander mense in wyk. Meestal van die mense is maar Suid Afrikaners en hier en daar ‘n Ozzie. Dit was nou lekker kuier so by die kerk waarna ons huistoe is seker so halfdrie die middag. Vieruur het ons gaan koffie drink in ‘n restarant om nog ‘n vriendin se verjaarsdag te vier. Daar het ons seker gekuier tot so sesuur die aand. Wat nogal lekker aangenaam was is dat die die waitress ‘n Suid Afrikaanse meisie was. So bestel jy sommer vinnig deur en sy verstaan jou moedertaal so mooi.

Vanaand besef ek weereens hoe vinnig verloor die kinders hulle Afrikaans. Clarissa sit hier by my op die bed en ons lees uit die vertalende en tweetalige woordeboek, dat sy nie eens die afrikaanse woorde mee reg kan uitspreek nie, sy is opsoek na die betekenis van ‘n “cult”. Selfs wanneer sy engels praat draai en rol sy die woorde soos die Ozzies dit doen. Haar maats sal nie glo hoe verengels sy nie.

Saterdag het ons weer bietjie na huise gaan kyk. Ons is opsoek na ‘n groter huis sodat die tweeling elkeen hulle eie kamer kan kry en hopelik ‘n ekstra badkamer. Nou dis makliker gese as gedaan. Meestal van die huise wat geadverteer word op die internet is eintlik maar vierslaapkamers en ‘n studeerkamer, en nie vyfslapers soos hulle dit adverteer nie. So sien ek toe op die internet na ‘n huis wat noem dat dit beslis vyfslaapkamers is en die eiendom is “resort style”. Die prentjies op die internet is so mooi en ek wil amper opgewonde raak. Ek kontak die agent en ek kan Vrydag gou na die huis gaan kyk, ek is skoon opgewonde. Nou kom ek vra julle die vraag, het julle al ooit na huise gaan kyk, te huur of te koop, en daar uit gestap met die gevoel van kots wat in jou keel vassit. Wel dis hoe ek gevoel het nadat ek uit die “resort style” huis uit gestap het. Mensig mense julle het nog nie vuil gesien nie, vuil stink en absoluut grillende van kop tot tone. Hoe die mense in die eerste plek hulle huis kan oopgooi vir ander mense om daardeur te stap gaan my verstand te bowe, nie eens op my slegste week en luiste dag sal ek dit waag om my huis oop te gooi vir ander ouens as my plek so lyk nie. Ek is seker die goed wat in die toilet se bak groei is lewendig en sal jou in die boud hap. Die huis is ‘n health hazard vir enige iemand wat daardeur stap. Ek voel skoon ‘n stuk wortel in my keel in opstoot net deur daaraan te dink weer.

Wel hopelik sal ons ‘n ander huis vind, en as ons dan ook nie is dit ook goed so, maar ek skuif nie sommer gou as dit die tipe huise is wat beskikbaar is nie. Dalk moet ek vir julle foto’s wys van hoe lyk ‘n huis wat deur die agent op die web geplaas word teenoor hoe die huis eitnlik lyk, dalk sal julle die penarie verstaan waarin mens is. Nee wat sluk sluk, ontspan en dink aan die see, dis beter daar sak die wortel.

Groete aan almal hier uit ‘n koue en nat Melbourne