Sunday, November 15, 2009

Nicolette maak kos

Voorgereg, hoofgereg en Nagereg.

Een van Nicolette se vakke is Kook en sy moes 'n spyskaart uitwerk asook die kos voorberei vir die familie. Nou die wat Nicolette nou goed ken sal weet dit is 'n baie moeilike opdrag aangesien sy selfs sukkel om 'n eier te kook. Ons het lekker gelag vir haar wat moet koskoos. Wel dit het presies 5 ure geneem om die kos voor te berei. Ons moes oorspronklik 'n datum gee van wanneer die kos gemaak moet word, en ons is baie bly dat ons 'n naweek gekies het. Indien dit een aand in die week sou wees was ons bevrees dat ons dalk by Hungry Jacks moet gaan aanklop.

Die kos was darem eetbaar en die sjokolade mouse was baie baie baie baie soet.

Wednesday, November 11, 2009

Alex verjaar in die vreemde

Alex se eerste verjaarsdag in die vreemde. Vrydag oggend het aangebreek en die kinders het hom geluk gewens met sy verjaarsdag. Hulle is skooltoe en ek het my kursus gaan bywoon. So was hy die hele oggend alleen en by homself.

Ons het die middag vir 'n heerlike middagete by die Living Lounge gegaan, en daarna het ons die kinders by die skool gaan oplaai. Die aand sou ons maar rustig by die huis deurgebring het en net hoender met slaai ge-eet het.

Ek het op my mails gegaan en gesien daar is so 'n uitnodig vir 'n braai die aand 7uur. Net daar en dan besluit ons toe om te gaan. Dit is gehou by Muriel en Mark Rynhoud se huis. Hier besluit die mense op die ingewing van die oomblik en nooi mense oor. Jy kry sommer net 'n uitnodiging deur 'n mail of sms en wie ook besluit hy wil daag op. So vier ons toe maar Alex se verjaarsdag saam met wildvreemde mense en kuier tot twaalfuur die nag. Almal het so lekker gekuier dat tyd absoluut stil gestaan het.


Melbourne Cup Week



Hier in Australia is die ouens absoluut mal oor perde resies. Die afgelope week was daar 'n vakansie dag wat Melbourne Cup genoem word. Die tradisie kom al 150 jaar en die hele week is daar elke dag perde resies. Vir elke dag is daar ook temas.

Donderdag was dit vir die jonges en Saterdag was dit Familie dag. Die mense dress absoluut op en gaan heeltemal belaglik. Die foto's hier wys hoe die jonges opgedress gaan met cocktail rokke en hoehak skoene. Teen laat middag se tyd kan die girls nie meer op hulle voete staan dan loop hulle maar met dit in die hand. Party van die girls was so skimpy aangetrek dat ons so aan die giggel gegaan het. Of hulle nou die lyf het of nie, almal van hulle het rokke aan wat net kort onder die boude sit. Hier en daar sal jy nou iemand kry wat netjies en smaakvol aangetrek is. Die ouer garde kan jy absoluut deur 'n ring trek so netjies en elegant is hulle aangetrek.
Donderdag was koelerig en meestal van die girls het besluit om strappie rokkies te dra, en jy kon sommer sien hoe koud kry hulle. Moenie dink hulle sal nou 'n truitjie / jumper aantrek of saam vat nie.
Ons het besluit ons sal volgende jaar gaan kyk en die familie dag bywoon. Dit sal pret wees. Ek dink!

Asblik dag

Die asblik lorrie.

Hier vat dit 1 persoon om die werk te doen wat 6-10 mense in Suid Afrika vat om te doen. Die ou kom met die lorrie en stop langs die asblikke. Aan die kant van die lorrie is sulke hidroliese arms wat die asblikke optel en dan leegmaak. Dis amazing om te sien hoe vinnig dit gebeur. As daar 'n kar in die pad is rek die hidroliese arm net bo-oor die kar en lig die asblik dan op. Ek hoop net vir daai ou se part dat daar nie 'n "malfunction" op die arm is en die hele asblik dalk bo-op sy kar land nie.


Hier is Schalk en Anli Roelofse saam wie ons gaan eet het.



Die twee seuns in die agtergrond by Chrstiaan en Celeste is Roelf wat tussen Celeste en Clarissa is en Tiaan is voor.

Hier sit ons almal buite aangesien dit so warm is en die restaurant se lugverkoeling is non existent. Die temperatuur is so in diep 30's dan is dit alreeds so na 5 in die middag.

Rochford Wines



Ons het besluit om so 'n bietjie uit die huis te kom Sondag na kerk en vat toe maar pad na die wynplase in die omgewing. Hier hoef ons nie die afstand na Stelelbosch af te le vir 'n ou wynplasie nie, dit is letterlik 'n uur se ry. Die eerste plek waar ons stil gehou het is Helens Hill maar vir middag ete was hulle toe volbespreek en ons moes toe maar om draai. Ons vat toe so 'n blaadtjie by die deur en daarop is al die wynplase in die Yarra Valley asook 'n padkaart waarop hulle almal aangedui is. Ek begin toe rond bel om uit te vind of daar iewers 'n ou plekkie vir ons is om middag ete te geniet.

Ons kry toe 'n plekkie by Rocford Wines en hier sit ons almal af soontoe. Dis ons en die Roelofses met hulle twee kinders. Voordat ons die restaurant ingaan het ons eers vir so 'n vinnige wynproe gegaan. Die kinders het op die dak van die wynplaas gaan sit en koeldrank drink en foto's neem. Ek kan vir julle se dat die wyne hier nie die oemf van ons wyne het nie. Of dit nou witwyn is of rooiwyn, die goed hier proe so "bland". Ons sal duidelik hieraan gewoond moet raak. Die sjampanje was nie te sleg.

Die middag ete was heerlik, bo sal julle sien hoe mooi het dit gelyk. El het quail ge-eet vir 'n voorgereg en Kangaroo steaks vir 'n hoofgereg. Die kos was baie lekker gewees. Daarna het ons na die sjampanje plaas gery naamlik Dominique Portet vir 'n bietjie proesels, maar ongelukkig was ons net te laat gewees. Hier het ons toe maar op die gras gekuier vir so 'n uur alvorens ons besluit het om huiswaarts te keer.

Die Vis . . . . .

Christiaan het die vorige langnaweek saam vriende gaan kamp by Cape Patterson in Wonthaggi.
Die eerste dag wat hulle daar aangekom het, het hulle bietjie gaan visgevang. Nou almal van julle het iemand of ken iemand wat al 'n storie van 'n vis vertel wat of weggekom het of het net nie die bewyse daarvoor soos 'n foto of so. Wel hier is nog een . . . . . . ..

Dit was so laat middag (die son gaan mos bietjie laat onder hierso) en die ouens het besluit om maar die lyne bietjie nat te maak in die see. Christiaan het 'n visstok by Marius geleen aangesien syne nog op die skip is. Terwyl almal so by die poele rond staan en hulle stokke regkry kyk die manne die see so bietjie uit. Die hele dag was daar mense wat daar visgevang het, maar die vissermanne het nie veel gekry. Die manne staan nog so rond en die volgende oomblik sien Christiaan maar hier is dan 'n groot vis in die poele waar hulle staan. Hy besluit toe bogger die visstok en so druk hy toe sommer sy hand in die poel en trek die vis met sy stert uit.
Dit is toe ook nie sommer 'n vissie nie dis 'n VIS. Dis ook nie net 'n VIS nie dis 'n flippen HAAI.
'n HAAI mense wat so tussen die poele baljaar.
Die haai is so 3ft of te wel 1meter lank.
Ons vra toe vir die bewyse en al wat Christiaan kan doen is sy skouers optrek en se niemand het 'n kamera of 'n selfoon bygehad wat dit kon afneem nie. Marius bevestig toe dat hy wel die haai kaalhand gevang het.
So nou kan Christiaan ook vertel van die vis wat hy kaalhand in die see gevang het. Of almal hom sal glo sal ons maar moet sien.