Sunday, June 26, 2011

Wag

Wag is 'n moeilike konsep om partykeer onder die knie te kry. Baie van ons wag vir iets in die hoop dat hierdie gewag iets beter sal bring.

Ons het al vir baie dinge gewag. Ons seun se geboorte was voorafgegaan met 'n gewag dat daar iets gaan gebeur wat die land net dalk op sy kop kan draai. Wie kan vergeet hoe brutaal en dodelik 1994 was. Hoe die Xhosa en die Zulu's mekaar aangeval het in die middestad naby Luthuli huis. Ek onthou nog goed hoe ons bo uit die Sanlam gebou gekyk het en gewag het vir die volgende optog wat weer gevegte tussen die twee faksies sou voortbring.

Met die aanhoor in 1995 dat ek swanger is met die tweeling het my hele wereld op sy kop gedraai. Die weke wat ek in die hospitaal gespandeer het alvorens die twee besluit het dis tyd om hulle opwagting te maak met 'n noodkeiser was 'n lang en uitgerekte gewag. Dis was geen grap om met die groot lyf beperk te gewees het net tot jou bed nie.

Die gewag om te hoor of ons huislening goedgekeur is vir ons eerste huis. Die gewag om in die huis in te trek en die drome wat mens het vir die plek. Die tyd wat jy afwag om genoeg geld gespaar te kry om alles te doen wat jy graag wil met die plek.

Dan besluit mens dis tyd op te trek, tyd om jou vlerkte te span en nuwe groener en veiliger weivelde te gaan opsoek. Die jare wat ons gewag het vandat ons eerste aansoek ingedien is en afgekeur is en weer ingedien is was partykeer van die moeilikste tye gewees want ons lewens het stilgestaan. Ons het absoluut geen langtermyn besluite geneem want die gewag vir daardie finale antwoord het gemaak dat ons lewens heeltemal op ys geplaas is.

Die gewag vir die huismark om te draai sodat die huis kan verkoop het ons menigemale mismoedig gehad. Dis was nogal partykeer lagwekkend om te sien watter tipe kliente hulle daar aanbring en dink hulle kan jou "screw" en 'n bargain koop want jy wil mos landuit. Ek het altyd gewonder of desperaat oor ons gesigte geskryf staan want ons was defnitief nie.

Ons is weereens in ons lewens op die plek waar ons wag. Dit is partykeer moeilik om stil te sit vir 'n oomblik want sodra die foon lui dan dink jy dis dit. Dit is 'n oproep wat baie dinge kan verander, vir beter beslis, maar daar is baie veranderinge wat gaan intree. Ons lewens is nou vir twee weke half "op hold" geplaas en die onsekerheid knaag maar lekker want as die oproep net wil kom en mens net kan weet.

Mag ons gewag hierdie week met die regte antwood kom.

No comments:

Post a Comment