Tuesday, September 27, 2011

Lastige hoesie

Vir die ou hoesie in die kerk

Op 'n plattelandse dorp waar die inwoners hoofsaaklilk
Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die
omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.

Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat
Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp.

Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir
die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna
die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense
gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê,

"For cough".

Tuesday, September 13, 2011

Die nuwe onbekende

Om te immigreer na 'n ander land of "planeet soos dit voel" is beslis een van die moeilikste dinge om te doen, om weer te skuif van een staat na 'n ander lyk nie veel makliker nie. Dit mag miskien in dieselfde land wees, maar elke staat het maar sy eie manier van hoe dinge gedoen word.

Die idee om jou hele lewe in 'n container te pak, op 'n vliegtuig te klim met jou swaarverdiende geld en die vooruitsig van avontuur is nie vir almal nie. Daardie sprong wat jy vat van die bekende na die totale onbekende is so groot en die "free fall" is so intense al weet jy dat julle ok sal wees. Mens wil amper dieselfde gevoel kry toe die realiteit jou geslaan het met die wete dat jy nou gaan trek.

Net soos wat jy die verlede moet laat gaan (verlaat SA), so sal ons net weer ons koppe moet regkry vir die skuif na New South Wales, Sydney. Ons begin nou soek na 'n huis en skool vir die kids en mens kry amper weer daardie frustrasie soos in die begin hier in Melbourne, maar hopelik sal alles uitwerk soos dit moet, die kinders sal skool begin gaan sodra die skole heropen in die nuwe jaar.

Baie van ons arriveer hier op skilled migration visas en begin werk soek as jy hier land, van die ouens kom hier aan met werk in die hand reeds. Die wat sonder dit hier aankom het dit maar moeiliker, die werksgeleenthede is daar, maar om dit te kry is baie moeiliker. Daar word gese dat in Melbourne kry mens makliker werk as jy konneksies het ongeag wat jou CV vertel, in Sydney is dit net mooi die teenoorgestelde. Alex het in die afgelope jaar net terugvoer gekry van Sydney gebaseerde agente en hier in Melbourne was sy inbox gevul met die "Dear John" briefies.

Onthou dit is soos 'n trade-off, jy gee baie op om hier te wees, die materieele luuksheid waarmee jy geleef het soos die voltydse bediende, die tuinwerker, die groot huis en en alles wat daarmee saamgaan. Jy kry soveel meer terug, jou lewensgehalte verbeter, die oop en vry ruimtes wat om jou is om te geniet op 'n daaglikse basis en om nooit oor jou skouer te loer.

Ons beplan om in die Cherrybrook omgewing te gaan bly, nou net om 'n groot genoeg huis te kry. Die 2ling het beslis hulle eie kamer nodig so hopelik kan ons iets behoorlik vind.

Boeta sal 'n oorplasing vra na 'n Woolworths in die omgewing en die meisies sal dan werk begin soek in die nuwe jaar.

Thursday, September 8, 2011

Nuwe uitdagings

Daar kom tye in 'n mens se lewe dat verandering die enigste manier is vir vooruitgang. Ons het 26 September 2009 Suid Afrika verruil vir Melbourne, Australia. Dit het weereens tyd geword om ons vlerke te span en nuwe uitdagings in die oog te staar. Ons is nou oppad Sydney toe, die stad wat my skoon die "hibber jibbers" gee. Dit is groot en dit is besig.

Die planne is om aan die noordelike kant van die stad te gaan bly. Die area waarna ons kyk is Cherrybrook, maar ons sal sien of alles realiseer soos mens beplan. Jy mag dalk die beste plan op papier uitgewerk het en aan elke faktor gedink het wat dinge kan ontspoor maar partykeer het iemand anders 'n beter plan.

Die nuus was nie baie goed ontvang deur al die kinders nie, maar ons is seker dat met tyd sal almal besef dat dit die beste opsie vir ons gesin is. Boeta sien uit na die nuwe uitdaging, die 2ling is opgewonde oor die vakkeuses wat hulle het en die arme baby verloor al weer. Hopelik kan ons dit opmaak vir haar daardie kant met al die geleenthede in sport wat die skool haar daar kan bied.

My hart is natuurlik seer oor al die goeie vriendinne wat ek diekant gaan agterlaat. Ek weet mense kom en gaan deur jou lewe, maar hier was dit baie moeiliker gewees om vriendskappe te bou.

Ek glo God het 'n plan met ons en met alles wat op die stadium deurgaan kan dit net beter

Sunday, September 4, 2011

Nuus brokkies

Dis 'n heerlike lui sonninge Sondag middag hier by ons en daarby is dit ook vadersdag hier in Australia.

Alex en boeta is vroegoggend uit die huis na 'n motorskou. Dit was grootliks maar "hot rods" en "muscle cars" gewees. Boeta het maar gesukkel om die spoegies in sy mond te hou want daar was 'n paar stunning opgeboude karre gewees. Sy ogies was skoon blink en wangetjies bloedrooi toe hy by die huis instap vanmiddag. Hy't sy kar gesien, 'n Cobra, en daar is slegs 2 wat hier in Australia geregistreer is. Alex het behoorlik gesukkel om die kind by die kar weg te kry.

Die 2ling was weereens op 'n kamp gewees vir twee dae. Die keer was dit met bergfietse in die berge in. Hierdie kwartaal was daar elke week ge-oefen by die skool met die bergfietse, daar is geleer hoe om met opdraendes te trap, wat is die reels vir afdraendes en natuurlik was die boudbene maar lekker seer gewees. Die roete by die skool is ek seker kan hulle al toe oe doen.

Hierdie kwartaal was daar ook omtrent weekliks ope dae by die verskillende universiteite en Tafe's gewees. Boeta het met groot entoeiasme die universiteite besoek en hy is nogal redelik in sy skik met wat hy daar gesien het. Nou is dit net skouer aan die wiel sit en die punte kry.

Die meisies se hokkie is ook ampter tot 'n einde, nou is dit nog net die semi-finals wat hulle volgende week het en dit gaan uitspook teen Footscray. Ons was redelik gelukkig om die ouens in die vorige wedstryde te gewen het, maar dit is nie 'n rede om gemaklik te raak nie. As die girls die komende week se wedstryd wen dan is dit die finals. Ek sal nogal redelik gelukkig wees as ons Vrydae aande weer vir ons self kan kry. 'n Hele paar aande het ons nie voor twaalf by die huis aangekom nie aangesien die meisies laat wedstryde gehad het.

Ons het in Augustus ook 'n sensus opname gehad en dit het nogal redelik goed verloop, dis nou as ek dit moet vergelyk met wat ek lees oor die sensus beplanning wat vir Suid Afrika voorle. Hier omhels die mense sulke opnames want dan kan daar gekyk word na wat is nodig in die omgewing en hoe kan die infrastruktuur verbeter word. Ons kon die opname op twee maniere gedoen het, jy kon besluit of jy dit op papier wil doen en of jy dit aanlyn wou doen. Almal moes op 8 Augustus hulle vormpies doen en die wat dit op 'n "hard copy" wou invul se vormpies is afgehaal deur die beamptes in die daar opvolgende dae.

Ek het natuurlik ook lekker gescrap. Die Paperific papierskou was hier gewees einde Augustus en klasse (wat nogal 'n rariteit is hier) was aangebied deur Nic Howard. Wat 'n lieflike persoon is die mensie, die van julle wat die Scrapbook Expo gaan doen in September is beslis bevoorreg om haar vir die tweede jaar in 'n ry daar te kry. Ek dink ek moet die naweek "retreat" in New Zealand gaan doen saam met haar volgende jaar. Die Prima produkte is absoluut stunning wat ons gekry het, en natuurlik al die ekstras in die pakkie was great. Natuurlik het ek 'n pakkie van Websters Pages ook deur die pos ontvang hierdie week en ek was heeltemal oorstelp van vreugde toe ek dit eers oop het. Die magdom van goodies wat daarin was is genoeg om 'n mens die happy dans te laat doen.

Gepraat van happy dans, die komende naweek gaan ons bietjie sokkie. 'n Lekker Suid Afrikaanse sokkie in die kerksaal nogals. Die kinders het darem al 'n bietjie danslesse gekry by Ene en hopelik sal hulle nie oor hulle voete val as dit by die dans passies kom nie.









Thursday, August 4, 2011

Geleenthede

Dit moet goed gaan met jou kind as hy meer geld in die bank het as sy ma. Boeta het 'n casual werkie gekry by Woolworths en werk gemiddeld so 11 ure 'n week. Vir dit kry hy nie te sleg salaris nie en word ook weekliks betaal. Dit is elke keer interresant om aan etens tafel te sit na 'n skof en te luister na wat vandag by die werk gebeur het. Volgens boeta kla die gemiddelde Ozzie nogal baie. Die kasiere is veronderstel om 'n geselsie met elke klant aan te koop en uit te vra na hulle dag. Party mense kry verbal diaree en kan nie genoeg kla nie. Ek kan myself nogal indink wat in sy kop aangaan as die ouens so kla, ek sal weet want hy vat my en sy pa gereeld aan.

Sodra sy probasie tydperk verby is dan gaan hulle uurlikse tarief ook op. Hopelik is die mense gelukkig met sy werk en word hy 'n permanente casual, nie dat ons twyfel nie. Hy het al genoeg komplimente gekry van klante en volgens sy supervisor is dit nogal 'n rekord.

So die van julle wat hier in ons omgewing bly, kyk gerus uit vir die vriendelike blonde kop seun in Woolworths.

Daar is 'n paar nuwelinge in ons omgewing en ek die voorreg gehad om hulle te ontmoet. Dis baie interresant om na hulle stories te luister oor hoekom hulle besluit het om te kom. Wat vir my nogal opvallend was is hoe identiese die redes is oor hoekom hulle hier is, maar hoe verskillend die daaglikse motiverings is om hier te bly. Die verskil wat ek sien is hoe die een gesin beide positief die besluit gemaak het om te trek en hoe die ander gesin se man die inisiatief gevat het.

Die een gesin bestaan uit vier en die ander uit drie gesinslede. Die een vrou kan jy sien is baie dinamies en en 'n regte go-getter, die ander een kla verskriklik oor wat sy moes opgee. Elkeen in sy eie reg het baie opgegee om hier te sit, ek glo nie dis maklik vir enige iemand om net alles op te pak, maar jy moet realisties dink. Ons almal was op 'n stadium vars en baie nuut hier in die vreemde, mens vergeet van die issues waarmee jy gesukkel het in die begin en dis presies dieselfde issues waarmee hulle sukkel. Party vat dit in hulle stride en hulle verander en kry dinge gedoen. Kyk nou maar na die gesin van vier, hulle het klaar hulle wortels begin skiet en dis great, die mense se koppe is reg, hulle sien geleenthede raak. Hopelik kan ons as gemeenskap die ander vrou help om haar kop reg te kry en die geleenthede raak te sien.

Wednesday, July 13, 2011

Afrikaner mentaliteit.

Ek sit hier in die bed maar die trane rol soos ek weer lag. Ons ou Afrikaner volk is maar 'n klomp grapgatte. Nerens in enige ander koerant waar 'n artikel geskryf word en is oop vir kommentaar kan die volk mekaar so slegse en beledig dat dit eintlik lagwekkend word. Kyk nou vir Mnr SA wat nou beroof is in Nando's, ag shame mense, die ou gil toe. Hy soek sy simkaart en sy lisensie toe terug, die boewe is hom toe goedgesind het gooi sy kaart uit sy beursie. Die kommentaar daarop het my natuurlik in spastiese konvulsie hier dat my man dink ek kry een of ander aanval. Die arme man word nou bevraagteken oor sy manlike instink nadat hy op die boewe gegil het, die ander ou pleit dat hy eerder moes staat maak op sy vroulike instink en dat hy die donner moes gemoer het. Nodeloos om te noem was daar natuurlik ouens wat kommentaar gelewer het oor hulle bly is hulle sit diekant en nie daardie kant nie en mensig toe begin die woorde weer vlieg en ek is seker die see kan baie nie weer skoonwas na daardie taalgebruik nie.

Wat altyd vir my verstommend is, is hoe maklik dit is om 'n negatiewe en redelike kru opinie uit te spreek sonder dat die omstandighede bekend is aan daardie persoon oor hoekom ouens diekant sit.

Wat meer verstommend is, is wanneer jy kry dat 'n ex Suid Afrikaner naam maak in die buiteland dan kan die mense baie vinnig reg toe eien op die persoon. Kyk nou na die New Zealandse aktrise (wat in SA gebore is en die land verlaat het as 'n tiener) skielik die koerante haal en die opskrif lui "SA aktrise kry vuurwarm rol. Dit is amazing hoe maklik die storie gedraai kan word om negatiewe of positiewe publisiteit te ontlok, en die kommentaar daarop, regtig mense!

Baie van hierdie ouens wat sulke sterk uitsprake maak het sekerlik ook kinders en hoeveel van hulle preek vir die kinders om tog 'n wag voor hulle monde te plaas alvorens hulle praat. Hoeveel van die mense wat so maklik beledig en slegse gebruik die stelling "Wat jy saai sal jy maai" of "Doen nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie".

Ons moet maar versigtig wees dat al die onnodige kritiek wat so maklik uitgedeel word nie eendag jou lelik in die gat gaan byt nie.

Tuesday, July 12, 2011

Tiener werk

So in die begin van die jaar het ek die kinders begin druk om nou 'n casual werkie te kry, hulle sosiale lewe maak my bankrot. Ons het 'n hele dag gesit en werk aan die CV's en aan al die baie aanlyn aansoeke wat ingevul moet word. Nou die proses lyk redelik maklik, maar om die werk te kry vir die kinders is maar net so moeilik soos wat dit vir ons volwassenes is. Die enigste verskil is die kinders doen net casual werk, en hier is dit 'n kwessie van twee baklei vir die been en die derde een loop daarmee weg. Boeta was nou al twee keer vir onderhoude by Woolworths en daar is nogal baie kinders en studente wat aansoek doen vir die tipe werke. Gelukkig het hy die tweede keer geslaag om 'n ou werkie nou los te slaan en begin eersdaags met sy eerste skof.

Met sy induksie die week is hulle baie mooi geleer oor wat is aanvaarbaar en wat is nie. Die reels word duidelik uitgespel en verduidelik. Hulle uniform sal skoon en gestryk wees, indien daar nie 'n vol baard is nie dan sal die gesig elke keer skoongeskeer wees. Skoene skoon en gepolish, jis mense ek like die. As ouer preek ons nou gereeld vir die kinders oor hulle voorkoms, maar boeta of hulle nou luister is 'n ander saak. Celeste kom gereeld met die ding dat ons outyds is, hare kam is vir die voels. Hierdie is nou die grootmens wereld, so jy sal gehoor moet gee aan die reels.

Nou moet ons daaraan werk dat die meisies werk kry, dit sal nogal baie dinge oplos.

Vandat die 2ling die "City Experience" gedoen het voordat die skole gesluit wil hulle net elke keer in stad toe. Daar is soveel om te gaan sien en te explore dat mens dit nooit alles sal kan beleef nie. Die beste is natuurlik die klein kafeetjies wat orals is en party van hulle het baie lekker en goedkoop kos. Die atmosfeer van die stad gryp jou beslis aan en hoe meer jy daarvan kry hoe meer wil jy he. Dis nogal moeilik om nee te se vir die twee.