Thursday, December 31, 2009

Kingslake omgewing











The Black Saturday bushfires, were a series of bushfires that ignited or were burning across the Australian State of Victoria on and around Saturday 7 February 2009 during extreme bushfire-weather conditions, resulting in Australia's highest ever loss of life from a bushfire. 173 people died as a result of the fires and 414 were injured. As many as 400 individual fires were recorded on 7 February. Following the events of the 7th of February 2009, that date has since been referred to as Black Saturday

Hier bo is 'n klein synopsis van wat hier gebeur het. In Kingslake en omgewing het omtrent almal hulle huise verloor. Alles was en is letterlik afgebrand tot op die grond toe. Met ons rondryery die dag het ons nog gesien dat daar baie mense is wat nog in tente en selfs karavane bly. Die herbouings proses is nog aan die gang en sal sekerlik nog vir 'n baie lang tyd wees.

Die bome is nog steeds pikswart gebrand maar rondom die stam het daar groei begin intree, volgens wat ons gehoor het is die bome se wortels nie so erg beskadig nie, die dat hulle weer begin groei het. Op party plekke sien mens net die swart stompe van hemel hoe bome, die se wortels is so erg beskadig dat dit nie weer sal uitloop en groei nie. Dit is 'n ongelooflike prentjie om te sien as jy so die pas uitry na Kingslake en die rye of rye bome sien wat so verbrand het met die groen tusssen in. Wat nog erger is, is dat party van die veld brande deur mense veroorsaak is wat heeltemal buite beheer geraak het.

Sover ek kan onthou dink ek daar was oor die 2000 huise wat verwoes was en party klein dorpies was ook heeltemal verwoes.

Hier het ons so by 'n one horse huggie gestop (Hazeldene) en middag ete geniet. Die burgers is groter as 'n piering en die skyfies was so baie dat ons die helfte van dit gelos het. Ons is seker hulle het 'n hele 5kg pak aartapels gebruik vir ons ses, maar dit was eintlik baie lekker gewees. By die plek kry jy jou petrol, video, wegneem etes, groceries en jou gas. Hier is ook 'n "opshop" langs die winkel. 'n Opshop is eintlik "Oppurtunity" of beter bekend as pawnshop, en hier kry jy gewoonlik bargains, maar dit is 'n ander storie heeltemal op sy eie.

Die bruggie waaroor ons gery het so verwoes dat net een kar op 'n slag daaroor kan ry. Dit is met ou treinspoor balke reggemaak, en hoe lank dit gaan hou weet ek nie, maar dit is iets om te aanskou. Sonder die bruggie kan jy nie by die winkel uitkom nie, dit loop oor 'n riviertjie.

Ek moet se die mense in Australia het hulle harte en beursies vir die "victims" oopgemaak en daar is miljoene rande ingesamel vir die herbouing van huise en mense se menswees. Aangesien mense hier weggestap het net met die klere aan hulle lywe is donasies van klere en meubels en ander goed in oorvloed gegee. Besighede het ook miljoene bygedra en tot vandag toe kan jy sien dat indien iets tragies hier gebeur die mense nie huiwer om hulle harte en beursies oop te maak nie.

Saturday, December 19, 2009

Preston Mark















Hier in die omgewing rond is 'n paar markte waar jy na hartelus kan rondloop en alles en nog wat koop. Die Preston Mark is so twintig minute se ry van ons huis af, en dit laat my nogal dink aan die Oriental Plaza.

Hier is die mark ingedeel is so 3 areas, jou vars groente en vrugte, jou vars vleise en deli's en dan al die ander snuitery en klere.

Die vars vleis en deli mark gedeelte is nogal iets om aan gewoond te raak. Al die vleise en visse wat so uitgestal is in hulle stalletjies laat my skoon die rillings kry die oggend, maar ons beproef toe dit. Ons loop toe so van die een na die ander stalletjie en bekyk die pryse. Vleis is nie goedkoop hier nie, al is dit vleis wereld. Vir skaap betaal jy enige iets van $15 en meer, en vis is so van $13 en meer, gewoonlik meer. Om iets soos Gammon te kry moet jy dit vooraf bestel, dit is nie in die algemeen bekombaar nie. Dit vind ons toe uit nadat ons nerens Gammon kan kry vir Kersdag nie. Ons is ook gewoond om lekker boude of selfs heel stukke vleis te kry wat lekker gemarineer is in Suid Afrika, wel hier kry mens dit nie. Jy moet soek, van Coles tot Woolworths/Safeway (en nee dis nie ons tipe Woolies nie) en verder om so iets te kry. Die vleis snitte is nie soos wat ons gewoond is nie, dit is HEELTEMAL anders, maar jy raak daaraan gewoond.

Die deli afdeling was vir my die mees interresantste. Hier het ons by 'n deli vasgehaak en toe maar gevra (en lekker geproe) watter tipe worsie en koue vleise is nou wat. 'n Baie vriendelike verkoopsman het ons gehelp, soveel so dat ek verniet worsies gekry het om te probeer by die huis. Selfs Susan (die is al 17maande hier) was nogal impress met die ou se verkoops vernuf.

Die vis in die mark het ek heeltemal geskip, my maag was net nie sterk genoeg vir al die reuke wat dit gekry het nie. Ek moet net se hier is 'n verskeidenheid van "Butchers", by die bedoel ek nou jou Asiers, Russe, Hongare ens. Wat nog meer die maag omgekrap het is die koppe en al die ander goed wat so in die vertoon vensters gele en wag het. Ek gril sommer van vooraf . . . . .

Die groente mark is kleurvol en dit ruik soet as jy so van die een na die ander een stap. Hier kan mens ook 'n duidelike onderskeid tref tussen jou verskillende rassegroepe. Die Asiers se groente is goed wat ek nog nooit gesien het nie, wat die goed se name is weet ek nog minder, so ek het maar net verby gestap en baie vrae gevra, maar die ouens kon mens ook nie lekker verstaan nie. (ek wonder parytkeer waar het hulle hul engelse toetse gedoen)

Die vrugte is mooi en indien jy nie seker is of dit reg is of selfs as jy dit eers oor 'n week wil gebruik dan help die jou mooi en verduidelik wat is beter en wat is nie. Hier kry mens 3 verskillende tipe aartapels, die met so 'n rooi skil, dan die wittes soos ons gewoond is en dan natuurlik die wat lyk of dit nou net uit die grond getrek is. So koop mens maar die verskillendes en probeer uitvind nou watter koop mens nou eintlik. Wat ek toe uitgevind het is dus die volgende, indien jy braai aartappels wil maak dan koop jy die rooiskil aartapel, as jy mash wil maak dan koop jy die witte en die beste om eintlik te koop is die vuil een want die hou blykbaar die voedingstowwe langer binne. Wel ek sien nie kans om elke keer daardie bleddie vuil aartappels te skrop nie (al is hulle goedkoper) dit vat tyd en na die tyd lyk dit of jy lekker modder koekiers gebak het in plaas van om kos te maak. So ek koop maar elke keer die rooiskil een en dit werk vir my. Trial en error en so vind jy dan uit wat werk ook maar en wat werk nie.

Hier is ook maar 'n paar lekker snuitery winkels waar jy ure tyd kan in spandeer om net te sien wat het hulle alles. Vir die Celeste het ek toe 'n paar sneakers gekoop vir $5, gewoonlik is dit so by die $50 vir 'n paar. Dit was vir my 'n bargain mense.

Ek sal die kinders maar eendag hierheen bring sodat hulle daar deur kan loop en kyk en natuurlik proe wat is beskikbaar want nie almal se "tastebuds" is dieselfde nie. Susan staan by een so 'n kos stalletjie, eers het ek my neus opgetrek, maar na die tyd het ons daar gaan eet. Dis amper 'n tipe van 'n pannekoek met 'n filling in, net dit is nie pannekoek deeg nie. Dit was baie lekker, en om die dood kan ek nie onthou watter tipe nasie se kos dit was nie. Sal dit maar net weer moet gaan opsoek.

Friday, December 18, 2009

Carols by Candle light



Gisteraand het ons die Carols by Candlelight bygewoon wat deur die Manningham stadsraad aangebied was. Dit is in 'n publieke park aangebied en daar was verseker duisende mense. Die verrigtinge het so 5 uur begin en het tot so na tien aangehou. Wat interresant was is die kos wat ons gekry het, alles verniet. Daar was "sausage sizzlers", spookasem en koeldrank wat gratis aan al die toeskouers gegee is. Jy kon natuurlik eet tot jy omval as jy wou, maar die meeste mense het darem maniere en dit was meer die kinders wat die toue vol gestaan het vir die lekkernye. Imagine dit in Suid Afrika waar daar by die Uniegebou se tuine 'n heerlike kers samesang gehou word en dat daar kos uitgedeel word, dit sal totale chaos heers en aan die einde van die opvoering sal daar nog klagtes wees omdat daar slegs aanmaak koeldrank was.

Dalk is ek maar net bevooroordeeld, maar dit was lekker om so rustig in die park te sit, na die musiek te luister en saam te sing. Dit was lekker want daar was 'n rustigheid onder die mense, niemand was meer luidrugtig as die volgende ou nie, en almal het 'n plekkie gekry sonder dat daar oproerigheid ontstaan het of dat daar van die oggend getou was om 'n plekkie te kry nie.

Na die laaste samesang was daar 'n vuurwerk vertoning met agtergrond musiek wat die hele vuurspel tot 'n klimaks gelei het, dit was beslis die hoogtepunt van die aand vir ons almal gewees.

Ons hoop om dit weer in 2010 te ervaar, dit was stunning gewees.




Thursday, December 17, 2009

Aquarena

Die weer is hier baie snaaks. Ek is nie seker of ek dit al gese het nie, maar hier in Melbourne kan jy vier seisoene in eendag kry, of nog beter, as jy nie van die weer jou wag vyftien minute dan verander die weer.
Die weer bou op hier, dis is koelerig vir 'n dag of twee dan begin die warmer word en skielik het jy een hengse warm dag. So was dit gewees dat gister heng warm was. Dit was 39 grade en die humiditeit was nog erger. Ons het die kinders toe maar na die Aquarena toe gevat so om die draai van die huis. Hier is 'n groot buitemuurse olimpiese grote swembad, 'n waterslide en dan ook binnehuise swembaddens.
Omdat hier redelik water skaarste in die land is het nie baie mense swembaddens nie en verder is hier redelike streng water beperkinge. Huidiglik is ons in 'n "3a" of so iets water beperking wat beteken ons mag net 155 liter per persoon per dag gebruik, jy mag nie jou kar was met 'n tuinslang en jy mag ook nie die gras natmaak nie. Plante kan net op sekere dae en sekere tye van die dag nat gemaak word. So as jy hier besluit om tuin te maak moet jy maar seker maak jy het plante wat aan droogte toestande gewoond is anders sal dit nie oorleef nie.

Healesville Sanctuary



Noudat die skole gesluit het vat ons die kinders na verskillende plekke net om ons sanity te bewaar anders sal ons heeltemal koekoes gaan. Ons het besluit om hulle Dinsdag na die Healesville Sanctuary toe te vat. Dit is omtrent so 'n uur se ry van die huis af meer na die binneland toe. Die pad soontoe is ongelooflik mooi, jy ry weereens by vreeslik baie wynplases verby. Dit is 'n tipiese plantelandse dorpie met baie besieningswaardighede.

Binne in die dieretuin is daar verskillende soorte diere naamlik die Kangaroo's, Koalas asook slange, Emu's asook 'n klomp roofvoels. Ons het die hele dag hier rondgeloop en na die verskillende diere gekyk. By die Kangaroo's kon die kinders hulle voer en ook aan hulle vat. Hulle hou net nie daarvan om aan die kop gevat te word nie, jy kan die rug streel. Die Kangaroo baba bly in die ma se pouch vir so nege maande, maar is nog afhanklik vir melk van haar tot die so 17 maande oud is. Die Kangaroo's kan so drie baba's op 'n slag kry, maar die snaakse hiervan is hulle ontwikkel nie saam. Die een sal net uit die pouch wees, die tweede een sal dan begin groei in die pouch en die derde een sal in embrio stadium stil staan tot die tweede een dan die pouch sal verlaat, en dan eers begin ontwikkel.

Die Koalas slaap omtrent 20 ure van die dag en eet so 'n kilogram se blare waardeur hulle ook water inneem. Hulle het ook 'n pouch voor waarin die baba dan kruip na geboorte. Daar sal die baba bly en melk drink tot so ses maande.

Die eerste foto is die Kangaroo's met die baba in die pouch
Die tweede foto waar die kinders die kangaroos voer
Die derde foto is van 'n koala beer
Die vierde foto is ons klomp by die ingang van die dieretuin

Monday, December 14, 2009

Afrikaanse kers en sang diens



Ons het Sondag ons Afrikaanse kers en sangdiens gehad by die kerk. Gewoonlik wanneer die maandelikse Afrikaanse diens plaasvind is die kerk redelik vol want dan kom daar familiesvan heide en ver om die diens by te woon. Hier is mense wat tot 200km ver ry om die aand dienste dan by te woon.
Ons het 'n hele program gehad van sang en voorlees om die jubelfees te vier. Ek moet se daar was hier en daar mense wat redelik emosioneel geraak het en jy kon sien dat die mense dit geniet om in hulle eie taal hierdie fees te deel met mede Suid Afrikaners.
Vir baie is dit ook hulle eerste Kersfees sonder hulle families en dit is baie moeilik. Om te beskryf die gevoel wat jy hier binne jou het, dis net nie moontlik nie. Jy voel emosioneel, so verlore, en ja dit was ons keuse om hier te wees, maar dit is steeds moeilik om alles waarmee jy groot geword het, tradisies, daardie kersgevoel wat jy beleef wanneer jy die winkels invaar, dis net nie dieselfde nie.
Wat wel lekker is, is die wete dat hier staan die ouens saam. Almal weet hoe jy voel en daar is telkens 'n bemoedigende gesig wat jou help. Die mense gee skielik meer om vir mekaar hier as wat ons ooit in Suid Afrika sou. Dalk groei ons net meer met so 'n skuif. Wie weet . . .

Die eerste foto is 'n klompie vriende se kinders, die tweede foto is die tieners meisies sanggroepie wat vir die gemeente gesing het, en die ander twee foto's is meestal net Afrikaanse gesinne se kinders wat voor in die kerk gaan sit het vir die "childrens talk".







Sunday, December 13, 2009

Handtjies klap, koekies bak, . . . . .

Wel dit is wat boeta onder andere gedoen het die laaste week van skool. Die laaste week was maar net orientasie na die volgende graad asook ander aktiwiteite wat hulle kon gekies het. Hy het besluit om te gaan surf en te kook.

Volgens hom kan hy tenminste op die surfboard regop staan en bly na die lang dag se oefening, maar dit was erg fisies eintlik vir hom want hy is so uiters onfiks. Die koekies bak is vir minder bevoorregte mense gemaak en dit het hulle (die kinders) die hele dag gevat. Hy was natuurlik baie trots op sy "creations" maar ek was eintlik baie skepties om my mond daaraan te sit. Die vrugte koek (klip) het na Alex gegaan want hy is die enigste een in die familie wat dit eet, buiten skoonma natuurlik. Volgens Alex was dit heerlik, maar vir my het dit soos 'n ton klip gevoel.

So die vakansie gaan ons bietjie koekies bak en Christiaan gaan ons kerstafel versiering maak met gemmerkoekies. Hoe dit gaan uitkom sal ons maar moet sien, maar ek sal julle verseker op hoogte hou van die kreasie.