Thursday, October 11, 2012

Wetteloosheid vs "Polisiestaat"

September maand is ons nou drie jaar al in Oz, die tyd het beslis vinniger gestap as wat ons besef het. As ek terug dink aan die begin dae toe ons hier geland het en hoe vreemd alles was, was daar dae wat ons gedink het gaan ons dit maak hier, nou is dit bekend dit is huis. Ons hoop en vertrou dat die volgende jaar net so vinnig verby sal gaan dat ons daardie Ozzie paspoort kan kry.

Vandag besef ons weereens dat daar baie versions vir mense is oor Oz, my broer het dit vandag vir my baie hard en duidelik gemaak dat hy nie van plan is om hierna toe te kom want die "regulerings" is so streng. Ek vestaan dat nie almal soos ons dink en wonder of daar nie iets beter is as die ewige vrees vir die "eendag" dat iets jou of jou gesin gaan oorkom nie. Of gaan jy 'n toekoms he, gaan jy nog 'n inkomste he. Dan wonder ek maar so by myself nou hoe dan nou, daar is mos iets beter. Is dit nie hoe dinge ook moet wees nie, die lewe is mos nie wetteloos nie. Dit mag dalk in sonnige Afrika wees maar nie hier nie. Behoorlik regulasies moet tog gevolg word. Die spoedgrens in Suid Afrika byvoorbeeld is 120km/p/h, maar wie ry nou eintlik dit, net die ou wie se kar so vrot en uitmekaar uit val en skaars die bult behoorlik kan uit. Daar is die Putco bus wat nie behoorlik gediens word nie en die allergoorste gasse afgee terwyl dit probeer om voor te kom, of die groot trok wat met 'n spoed die bult afkom en wie se remme skielik nie meer werk nie want die die eienaars wil 'n "buck" maak en de mense lewens is nie belangrik nie. Almal toi toi oor die een of ander iets waarmee hulle ongelukkig is, en dit is hulle reg sekerlik, maar is dit hulle reg om alles rondom hulle te verniel, trokke aan die brand te steek, mense lewens te verwoes deur bakstene te gooi, kyk net na die artikel om te sien hoe dit daar gaan. Gee dan liewers vir my hierdie gereguleerde polisie land want ek volg die reels. Hier is ook maar wetteloosheid, maar aitsa jy sal gevang word, kyk maar na die moord op televisie persoonlikheid, die ou is gevang, of na die paartjie wat by die hotel ingebreek het, die ouens is gevang.

Mense verlaat die land daagliks om beter heenkome vir hulle self hier of selfs in ander lande te gaan soek. Die ander kant van die coin is ook daar, die mense wat weer terug gaan na SA want dinge het net te "gereguleerd" geraak vir hulle hier. Is dit omdat jy nie die reels kan volg nie. Het hulle die spoedgrens net eenkeer te veel oorskry en hulle sodoende hulle lisensies dalk verloor, of selfs bietjie tipsy gery van 'n lekker ete saam met die gesin en toe gestop is vir 'n "breathalyser" en dit nie gepass nie. Dalk was die hele proses net te veel vir jou en vroulief en dinge het nie uitgewerk, nie gedink dit gaan so moeilik wees om jou eie besigheid hier te bedryf nie want nou moet jy regtig hard werk. Mens kan enige blog of forum gaan lees en baie vinnig sal jy agterkom immigrasie is nie vir sissies nie. Dis moeilik, daar is tye dat jy moedeloos raak, daardie selfdoubt kom sit so op jou skouer en tik tik aan jou oor watse kak besluit het jy nou gemaak. Druk net deur, dinge lyk altyd beter die volgende dag en daar is die besef ander sukkel ook soos jy. Al wat jy kan doen is elke dag 'n stappie vorentoe gee want terugdraai is nie die oplossing nie.

Hoe dit ookal uitwerk vir jou as jy die besluit maak om te kom of nie te kom nie, maar moet nie laat streng regulering en wetgewings jou rede wees om nie dit te wil doen nie, as jy 'n wetsgehoorsame mens is sal die "polisiestaat" jou nie eens pla nie, dit sal normaal wees.

Ek sal eintlik baie opgee om my familie, my broers en suster diekant te kry want die lewe hier is die moeite werd. Jy tel as mens diekant, jou menswees beteken iets. Alles het natuurlik 'n prys, en watter prys is jy bereid om te betaal om vry te wees.



Saturday, September 29, 2012

Skool afsluiting

Ek dink elke ma droom oor die dag dat haar kinders matriekafskeid of "formal" soos dit hier bekend staan gaan. Dit het redelike oortuiging gekos om Christiaan sover te kry om wel 'n kaartjie te koop en om net te gaan. Hy het redelik verskonings gehad maar op die ou einde het sy ma en sussies gewen.

Die vorige aand het die skool 'n graduation aand gehou, hier is die hele GR12's vereer vir hulle verskillende rolle gedurende hulle skooljaar. Daar was akademiese toekennings, kultuur en musiek opvoerings, gemeenskaps projek toekenings asook sport toekenings. Die hele graad kry 'n jaarboek wat net op hulle gefokus is asook 'n gedrukte boekie met elke kind se naam en erkenings wat hy of sy ontvang het. Tydens die oorhandiging van hierdie folio aan die kinders word hulle name uitgeroep en stap hulle op die verhoog om dit te ontvang, Alvorens boeta se naam gelees word het ons besluit dat wanneer hy oor die verhoog stap sal ons hom 'n behoorlike toejuiging gee, toe sy naam gelees word en ons juig hom toe vanuit die gehoor het daardie arme kind van my bloedrooi gebloos, nou ja wat het hy anders verwag van hierdie ma van hom. Nie gedink dit gaan stil stil plaasvind nie. Die mense het in hulle stoele omgedraai om na ons te kyk, maar dit was vir my 'n baie proud oomblik so hoekom kan ek dit nie wys nie, verbaal of nie. Vandaar het die ander ouers gesien maar mens kan jou ou kinders aanpor en die dak het 'n paar keer gelig.

Met die formal het boeta mens weereens laat besef die kind is groot, hy het so goed in sy swart pak klere gepas. Hy en vier van sy maats is saam na die dinee toe, meeste van die kinders het almal met groot stretch limo's daar opgedaag en die meisies het sprokies mooi gelyk. Hier daag die ouens nie as paartjies op nie en kom ook nie met vreeslike eksotiese voertuie of vervoermiddels daaraan nie, almal deel die kostes as daar op limo's besluit word.

Hulle het heerlik gekuier tot so elfuur en vandaar is hulle na die after party toe. Een van die ander ma's het casual klere vir hulle gevat en hulle pakke terug gebring. Almal het 'n bus gevang in stad toe na 'n klub toe wat gehuur is en daar was lekker gekuier gewees. Soos dit hier werk kan kinders onder 18 nie drank bedien word nie en dit word redelik streng toepas by die klubs, so daar was 'n onder 18 en bo 18 gedeelte in die klub gewees. 'n Pa het hulle by die klub gaan haal so by drie uur en almal is veilig terug in hulle beddens gewees teen vieruur die oggend. Mens vat net nie die kanse hier met die kinders nie, die polisie het 'n zero tollerance policy hier met P bestuurders.

Boeta het natuurlik heeeeerrrrrrrrlllllllliiiiikkkkk gekuier en die nagevolge die volgende dag het hy gevoel. Les is geleer.

Grootmens wereld wag

Christiaan is gebore in die tyd waar daar redelike onrus en onluste was. Daar is tye wat ek die middestad van Johannesburg ingery het wat mens gewonder het gaan jy dit veilig weer uitmaak vanaand. So net voor hy gebore is was daar weer so 'n redelike groot optog deur die strate, ek hoogs swanger en met baie min geduld het genoeg gehad van hierdie nonsens. Toe ek weer so 'n alternatiewe roete moet vat om by die werk uit te kom vererg ek myself daar en met hormone wat total haywire speel met my liggaan trap ek die swart polisie man uit oor die verdompde ANC en die IFP nie tot 'n ooreenkoms kan kom nie, die twee partye is so erg aan die baklei voor die verkiesings dat die hele Johannesburg tot randsome gehou word. Ek het dit natuurlik heel verbaal aan die polisie man verduidelik, dis maar hoe ek was. Het nooit gedink net gedoen en na die tyd dink mens aan alles wat kon verkeerd geloop het.


Christiaan is gebore in Mei 1994 en volgens alle aanduidinge moes ons toe al geweet het dinge gaan nie beter word nie. Hy is Gr1 toe en soos die jare aangestap het, het die wete al hoe sterker geword dat wat die kinders ookal doen of swot gaan nie guarantee dat hulle 'n werks toekoms in die land gaan he nie. Die kinders se vakkeuses op skool is so gelimit oor wat hulle kan vat, ons forseer hulle om vakke te vat wat nie eintlik hulle sterk punte is nie. Hulle moet vakke vat wat universiteits toelating guarantee, elke rigting is so geforseer dat die kind geen ander opsies eers kan oorweeg nie. Ek onthou nog toe ons vakkeuses in Gr9 moes doen, die wete dat jou kind sekere sterk punte het en dat die vakke nie noodwendig die uitkoms vir hom gaan gee wat hy verdien nie. Dankbaar is ek nou dat ons nie met dieselfde struwelinge hier sit nie, nie dat ons sonder stres is oor vakkeuses nie, nou is die keuses so baie dat hulle nie weet wat hulle wil vat nie.


Hy skryf vanjaar sy Gr12, matriek of wat mens dit ookal wil noem in die land waar jy mag wees. Dit is verstommend om te dink 18 jaar is verby en hy staan op die rand van die grootmens wereld. Wat voor hom le is alles in sy hande, hoe hy ookal die dice gooi hy moet sy eie pad vorentoe uitkap. As ek artikels lees oor hoe ouens bekommerd is oor hulle kinders se toekoms in Suid Afrika dan kry ek hierdie dankbare gevoel dat wat Christiaan ookal besluit om te doen is goed. Sy aansoeke vir die universiteite is in. Nou die manier hoe dinge hierdie kant werk is so, daar is een sentrale webtuiste vir elke staat waar jy die aansoek indien. Jou aansoek moet alternatiewe keuses ook bevat want dit beteken nie jy gaan jou eerste keuse kry nie. So boeta wil ingeneurswese gaan swot en die rigting is meganies en mechatronics. So jou aansoek sal begin by die universiteit waar jy die graagste wil gaan swot met jou rigting keuses wat hulle aanbied en so lys jy elke universiteit wat die rigting aanbied as alternatiewe keuses. As jy gelukkig is kry jy jou eerste keuse indien nie beweeg hulle af met die lysie tot jy 'n plek kry. Die keuse in NSW was eerste by UTS (University Technology Sydney, ons het ook aansoek gedoen by Macquarie, University NSW en Sydney, in Victoria waar hy bitter graag wil gaan swot het ons aansoek gedoen by RMIT, Deakin en Swinburn. So tussen die twee state het ons seker vir vyftien verskillende rigtings gevra almal met een of ander meganiese, mechatronic en robotics keuse. So iewers moet hy gelukkig wees, ons hou maar duim vas vir RMIT.


Al wat hy nou moet doen is hard swot, hy het drie weke alvorens hy die eerste vak skryf en in die eerste week skryf jy sommer drie vakke, twee op een dag. Hy begin die 15de Oktober en maak 2 November klaar. Dan wag ons maar vir die uitslae wat so om en by die 19de Desember bekend gemaak sal word.

Thursday, September 6, 2012

Tweedledee en Tweeldedumb

Wie het ooit gese die lewe gaan makliker wees diekant. In alles wat met die tweeling nog ooit gebeur het kon ons met redelik gemak hanteer, maar die laaste tyd lyk dit my as iets met die een moet presies dieselfde met die andr een gebeur. So gebeur dit die jaar tydens een van die skool se uitspeel netbal wedstryde dat Celeste binne die eerste vyf minute in mekaar sak. Die klap geluid tydens die besering het alles mooi uitgespel en die MRI het dit net bevestig. Die linker knieg se besering is van so 'n aard dat sy 'n knierekonstruksie moet kry. Laasjaar het Nicolette tydens een van die OAT vakke het sy haar knieg ook beseer maar soos dit maar gewoonlik gaan het ek my nie veel daaraan gesteur nie en maar tough love heeltyd toegepas, so maak sy toe weer haar knieg tydens een van die wedstryde ook seer. Wel nodeloos om te se na vele fisioterapie wat ek haar ook vir 'n MRI en wie sou glo, presies dieselfde besering as Celeste. Die verskil is net die voorste ligament is geskeur en omrede ek niks daaraan gedoen het nie het dit vasgegroei aan die agterste een. Altwee is operasies is geboek, Celeste kry hare die 20ste waar sy dan vir ses weke in stutte gaan wees en Nicolette doen hare 'n maand later. Dit gaan bietjie rof gaan in die huis hier. Ek dink ons sal maar boeta uit sy kamer moet skuif en die tweeling moet hulle self daar gaan tuis maak. Dit gaan 'n geneuk wees om hulle op en af te dra met die trappe, ook net totdat hulle mobiel is. Hopelik sal die voor en die na fisioterapie en rehabilitasie die proses mooi aanhelp. Dit beteken ook dat hulle vir die volgende nege tot twaalf maande buite aksie sal wees as dit kom by sport. Ons sal iets moet kry vir hulle om te doen want om vir solank te sit en niks te doen is net moeilikheid soek. Of dalk sal hulle punte op tel sienende dat die volgende twee jaar harde werk gaan wees. Mens kan seker maar droom.

Wednesday, August 1, 2012

Keuses.

Vandag lees ek op FB die volgende vraag wat deur Sarie tydskrif aan matrikulant ouers gevra word: "Is jy as ouer bekommerd oor wat jou kind moet gaan swot te midde die hoe werkloosheid syfer van gegradudeerdes?" Tans is ons besig om vir ons tiener tweeling dogters vakkeuses te bepaal vir jaar 11. Hier in Ozland begin die kinders eers in Gr11 om werklik voor te berei vir hulle finale jare op skool en die toekoms. Vakkeuses word hier gedoen om grond waarvan jy hou. Dit word nie bepaal deur spesifieke vakke soos wat ons so gewoond aan was nie. Hier het die kinders keuses en dit gaan baie interresant wees om te sien wat my twee se keuses gaan wees. Die een stel nie regtig belang om universiteit toe te gaan nie waar die ander een 'n doelbewuste keuse maak om vakke te kies wat sal verseker dat sy wel genoegsame krediete sal kry vir haar ATAR. Daar is vakke wat geneem kan word wat jou die gewone HSC (matriek) sal gee, jy mag dalk nie noodwendig eksamens skryf nie, en ander weer wat van so 'n aard is dat een maal 'n week na die Tegnikon toe gaan asook 'n interim werk. Die keuses is so wyd hier dit raak baie tegnies dit maak selfs die Ozzies deurmekaar. Die universiteite bring vroegtydig elke jaar die opgedateerde toelatings vereistes aan vir elke vak rigting en sodoende kan die kinders krediete opbou vir daardie rigtings. Dit maak nie eintlik saak wat die kinders besluit om te vat nie, ek as ouer is eintlik gerus daaroor want wat hulle ookal besluit om te doen ek weet aan die einde van die dag sal daar 'n plekkie vir hulle wees. Hulle sal kan werk kry en sodoende vir hulself kan sorg. Vir al die duisende ouers daarbuite wat nagte wakker le oor hulle kinders se toekoms wil ek net se die wereld is groot hulle sal hulle plek vind en ook nie noodwendig in die land waar hulle die opleiding gekry het nie.

Friday, July 13, 2012

My hart bloei

Dis nou al 'n rukkie wat ek doel bewustelik nie meer koerante van Suid Afrika lees nie. Die somber nuus wat mens daagliks so in die gesig staar is net te veel vir mens om te verwerk. Hoe gebeur dit dat daar elke dag nog 'n bietjie meer van die menswees verwoes word in 'n land wat so baie gehad het vir mens om te gee. My voorvaders moet in hulle grafte omdraai as daar gesien word hoe die land verwoes word greintjie vir greintjie. Daar word gereeld optogte gehou om te wys hoe die land se mense bloei maar die opkoms van die mense wat so hard kla is pateties sleg. Hoe kan mens kla maar niks doen om jou omstandighede te verander nie. Dis eending vir my om hier veertienduisend kilometer verder te sit en die vraag te vra, maar ek doen my ding hier. Ek lig mense in om te gaan novors oor hierdie land, sy mooi en sy lelik. Ek praat met jong mense oor ons gewese land en hulle kom met vrae van verwardheid terug oor hoe is dit dan moontlik. Mag elkeen van ons minder vinger wys en meer begin doen sonder om enige iets terug te wil ontvang.

Nuusbrokkies

Ek geniet dit nogal om elke dag op Facebook te gaan en te kyk wat gaan in ander mense se lewens aan, om op te lees oor wie se nou weer wat, wie irriteer wie. Ek geniet dit ook om na al die kreatiewe profiele te kyk van die ander mense en sodoende nuwe idees te kry. So elke af en toe kom ek 'n bladsy tee wat my nogal laat dink en hierdie is beslis een wat julle na kan gaan kyk. Sy beskryf dinge nogal raak en daar is geen pretensie in haar skryfwerk. Ek dink mens moet meer kere so begin wees, se die goed soos dit is, waarom met allerhande draaie kom om iets te verduidelik. 'n Ding is wat dit is, niks meer en niks minder. Die afgelope winter skool vakansie was een besig tyd, hier het ses ekstra kinders tuis gegaan en die huis was lewendig. Om die etenstafel was dit 'n gewoel en die diep warm lag van Heinrich het telkemale deur die huis getrek. Hier het maats gekuier van Melbourne en Suid Afrika. Lanklaas het ek my kinders so gehoor, dis nou praat en lag en "onthou julle nog". Dis mos deesdae heeldag voor die Tv le of anders in hulle kamers agter 'n toedeur met die skootrekenaars oop. Een van die dae is die vakansie iets van die verlede en dan is die kinders terug skool toe, dalk sal ek meer tyd kry vir my stokperdjies. Wie weet. Moet begin beplan aan die kersmark wat ons hier wil begin en my idees kry mooi vorm. Sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge en sodra ek voorbeelde het sal ek dit hier kom wys.