Saturday, April 23, 2011

Dis langnaweek

Dis Paasnaweek en die winterkoue kom sit sommer so lag lag om jou beendere en omhels die vetlaag om jou heupe. Ek dink nie mens sal genoeg vet hier kan opbou om jou teen die koue te beskerm nie, dit het ‘n manier om hulle weg te vind tot teen jou gebeendere. Dalk moet ek iemand kry om vir my ‘n botteltjie van Boplaas se port diekant toe te stuur, dit mag dalk net help teen die koue.

Ek dink nie ons sal ooit moeg raak vir die middestad nie, jy kan soveel keer die strate binnevaar en elke keer anderkant uitkom en iets nuuts ontdek. Vroegoggend is ons op en het ontbyt op Federation Square gaan eet, moet sê ek mis die Wimpy ontbyte op sulke dae, en later toe vaar ons die stad in na Chinatown toe. Huidiglik is die Comedy Festival hier aan die gang en die strate rondom die stad het orals “makeshift” verhoë en die mense stroom na die laaste paar opvoerings toe. Hier word na almal se smake omgesien, van groot tot klein.

In Chinatown is daar ‘n paar interresante winkels en die kos word sommer ook so in die vensters uitgestal, ek dink nie ek sal sommer daar in stap vir iets te ete nie. Wie stal nou sy kos so uit vir almal om te sien, dis genoeg om vir my die rillings te geen. Dink net hoe sal Spur se vertoon venster lyk met al die verskillende disse so uitgestal vir almal om na kyk, ek kan beslis die prentjie in my kop skilder.

Ons het weer deur een van die grafitti lane gestap terwyl van die kunstenaars besig was om van hulle nuwe kunswerke te skep. Dit is baie interresant om te sien hoe die ouens werk en hoe vinnig met die gespuit van die verf deur die geoefende hande iets baie kleurvol en uniek gemaak word. Die ouens kom met ‘n klomp spuitblikke verf daar aan en het geen idée wat hulle vandag gaan doen nie. Die hele kunswerk word sommer so rofwerk gedoen en dan later aan word dit met meer diepte en kleur gevorm en die uiteinde is beslis iets om te aanskou. Die mense stroom na die lane toe, selfs bruidspare staan tou om hulle troufoto’s daar te neem.

Ons gaan ‘n bietjie Seymour toe ry vir die dag en kyk wat daar alles te siene is. Dis so 105km van Melbourne af en binneland se kant toe. Moet tog net nie vir my vra of dit Suid of Wes is nie, ek het nie ‘n idée nie. Mens raak nog maar rigting bedinges hier. Piekniek kossies is klaar gemaak en al wat kort is ‘n paar vars rolletjies en koeldrank. Van die dorpies waardeur ons sal ry is Wandong, Broadford en Tallarook, ons sal maar moet stop en foto’s neem. Die area het nogal ‘n ryk en kleurvolle geskiedenis. Meer hieroor later.

Sunday, April 17, 2011

Death of C'mon sence

Today we mourn the passing of a beloved old friend, Common Sense, who has been with us for many years. No one knows for sure how old he was, since his birth records were long ago lost in bureaucratic red tape. He will be remembered as having cultivated such valuable lessons as:

- Knowing when to come in out of the rain;
- Why the early bird gets the worm;
- Life isn't always fair;
- and maybe it was my fault.

Common Sense lived by simple, sound financial policies (don't spend more than you can earn) and reliable strategies (adults, not children, are in
charge).

His health began to deteriorate rapidly when well-intentioned but overbearing regulations were set in place. Reports of a 6-year-old boy charged with sexual harassment for kissing a classmate; teens suspended from school for using mouthwash after lunch; and a teacher fired for reprimanding an unruly student, only worsened his condition.
Common Sense lost ground when parents attacked teachers for doing the job that they themselves had failed to do in disciplining their unruly children.
It declined even further when schools were required to get parental consent to administer sun lotion or an aspirin to a student; but could not inform parents when a student became pregnant and wanted to have an abortion.......

Common Sense lost the will to live as the churches became businesses; and criminals received better treatment than their victims. Common Sense took a beating when you couldn't defend yourself from a burglar in your own home and the burglar could sue you for assault.

Common Sense finally gave up the will to live, after a woman failed to realize that a steaming cup of coffee was hot. She spilled a little in her lap, and was promptly awarded a huge settlement.

Common Sense was preceded in death, by his parents, Truth and Trust, by his wife, Discretion, by his daughter, Responsibility, and by his son,Reason.

He is survived by his 4 stepbrothers;

I Know My Rights
I Want It Now
Someone Else Is To Blame
I'm A Victim


Not many attended his funeral because so few realized he was gone.
If you still remember him, pass this on. If not, join the majority and do nothing

Thursday, April 14, 2011

Leer proses

Dis altyd baie interresant om ander Suid Afrikaners te ontmoet en na hulle redes te luister oor hoekom hulle nou eintlik hier sit in Australia. Baie keer kan mens die rassistiese ondertone net net hoor en ander kere is dit onverbloem en die giftigheid daarvan kan mens nogal laat terug deins. Ons almal kom met bagasie hieraan, moenie dink dit gaan verdwyn as jy eers hier is nie, dit trek saam

Ek dink daar is min wat onaangeraak is deur BEE en werksituasies of wat slagoffers is van kriminele situasies en nou hier sit, maar is dit regtig geregverdig om na soveel jare uit die land nog soveel rou emosies te toon, met die tipe mentaliteit sal hulle nooit kan aanbeweeg nie en sal hulle die mooi in die land nie ervaar nie. Iewers moet vergifnis in jouself plaasvind.

In die loop van ons 18 maande hier in Melbourne het ons al met talle mense te doen gekry, en wat my elke keer opval is hoe die mense 'n mens net kan afstoot deur hulle snyende en ondeurdinke verbale diaree oor Suid Afrika. Jy wil half se "Hey ouens, bou 'n brug en kom oor dit" (Twyfel of hulle dit ooit sal hoor)

Baie keer is die mense al 'n redelike tydjie uit die land, baie het al via ander lande hulle hier kom vestig maar die negatiewiteit kry mens sommer net onder.

Ek het al 'n vorige keer gepraat oor hoe die klomp hier 'n mengelmoes van mense is en hoe ons saamgegooi is deur die sameloop van die samelewing. Die ouens begin mens se familie word, dit is die mense op wie jy begin staat maak as iets fout gaan. Dit is die ouens met wie jy sal gesels as dinge druk en die verlange te veel word, maar dit is ook mense by wie jy nie elke dag sal kuier tot die son opkom nie. Dit is soos jou broers en susters, jou ooms en tannies, neef en niggie. By party voel jy welkom en gemaklik, by ander bly jy liewerste ver weg want dit is daardie mense wat jou tap tot dat jy niks meer het nie. Dis die mense wat ook nooit "gesettle" kan kom nie. Hier is nou al 'n handvol van hulle waarmee ons al kennis gemaak het, en al wat ek wil doen is om hulle wakker te skud.

Ek is en sal seker altyd 'n trotse Afrikaanse Suid Afrikaner wees, die op offering wat ek maak om hier te sit is veel meer werd as die sogenaamde vriendskape baie dankie.

Na ek hierdie post gisteraand geskryf het kom sit my 16 jarige seun vanoggend in my bed en wys my iets wat hy gisteraand na geluister het. Hy het later haar ook gaan google. Die persoon is Florence Littauer. Partykeer verras mens se kinders jou deur hulle insig en wat hulle interresant vind. En partykeer weet jy net dat jy op die regte pad is met jou kinders, dit mag dalk nie altyd inpas met ander mense se sieninge nie. Die lessie wat ek vanoggend leer by my seun is baie waardevol. Ek gaan probeer om minder krities te wees oor ander.

Ek los julle met die bybel vers wat hy vir my gewys het.

Ef 4:29

"Laat geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor."

Monday, April 11, 2011

Jannie en die Hasie

Dis wiskunde periode en die onderwyser wil kyk of die kinders woordsomme so luister luister kan doen.

Onderwyser vra vir Jannie: "As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy he?"

Jannie antwoord ewe in sy skik: Sewe, meneer.

Onderwyser tree bietjie terug en probeer weer: "Nee, luister nou mooi Jannie. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?"

Jannie dink so by homself en anntwoord weer: Sewe, meneer!?

Onderwyser dink so by homself en se: "Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?"

Jannie antwoord vinnig: Ses.

Onderwyser: Mooi so Jannie. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?

Jannie antwoord weer: Sewe, MENEER!

Onderwyser sommer nou bietjie warm onder die kraag: Hoe de m@#r kom jy by sewe uit Jannie?

Jannie, ewe omgekrap antwoord terug: Ek het 'n f*%$#n hasie by die huis, Meneer!

Unieke Afrikaanse Woorde

Aan almal wat in verre, vreemde lande sit en smag na Afrikaans, en vir almal by die "huis" Geniet dit! Die pennevrug van prof. Johan Combrinck, voormalige Voorsitter van die Taalkommissie van die S.A.
Akademie vir Wetenskap en Kuns:

DIE UNIEKE AFRIKAANSE "FOK"

Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.

Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.

Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as onoorganklike werkwoord (Ag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal gefok), as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde(aanfok,opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).

As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie 'n fok om nie), of as persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?), as nabepaling by 'n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de fok,ens.), as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaankry?), as bywoord (Dis nou 'n fokken mooi grap), en as uitroep (O fok!).

Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).

Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies te beskryf:

Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou?

Bedrog: Die motorhawe het my befok.

Ontsteltenis: Ag fokkit!

Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.

Aggressie: Fok jou!

Meer Aggressie: Ek gaan jou opfok!

Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry?

Walging: Fok my!

Plesier: Fok my nog!

Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie.

Onbeholpenheid: Hy fok alles op.

Gesag: Wat de fok dink jy doen jy?

Verdwaal: Nou weet ek not 'n fok waar ek is.

Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.

Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of omstandighede (Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan FokkenSmuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in fokken Durban ), of dit kan die siel van 'n uitnodiging wees wat van hartlikheid drup (Fok u!).

Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard

Thursday, March 24, 2011

Wilsons Prom rescue update.

Wel wat 'n nagmerrie week, gelukkig het alles goed ge-eindig. Ek sal verseker nooit weer jubel as ek 'n kind of twee minder in die huis het nie, al sien ek so daarna uit om net 'n bietjie asem te skep en vrede vir so dag of twee te he. Dalk was dit my blinde sambok oomblik gewees, maar jubel gaan ek beslis nie weer nie.

As ek so na Celeste luister dan was die kamp nie al te maklik nie alhoewel sy dit afmaak as groot avontuur. Van Maandag oggend af het dit gereen, onophoudelik, alles van hulle was sopnat. Haar voete spog sy lyk soos oumens voete alles is verrimpeld van die natheid. In totaal het hulle 44km gestap in die drie dae, die derde dag het julle so iets soos 22km gestap nadat hulle geblokeer was deur 'n modderstorting en moes terug draai. Hulle het nie kos gehad die derde dag, alles het sommer net verkeerde geloop, die aand is daar vir hulle versnapperinge afgegooi, maar koekies is nie kos. Die Rooikruis het behoorlik onder die klomp kinders deurgeloop die volgende dag nadat hulle gered is. Hulle het alles verslind wat hulle kon kry om te eet. Dis moes nogal iets gewees het om te aanskou.

Dit was nogal aanskoulik toe ons by die skool stop so net na vyf vanmiddag en die bus is reeds daar. Nicolette kon nie vinnig genoeg die kar se deur oop kry om na Celeste te gehardloop en te omhels, sefs Celeste het van haar groep weggebreuk en haar na Nicolette gehaas toe sy ons kar sien. Ek wonder of die twee mekaar gemis het, wonder eintlik wie het vir wie die meeste gemis.

Sy persoonlik het Maandagoggend laas seep en water gesien, so kan julle julself indink die lieflike aroma wat deur die huis gesweef het soos wat sy van kamer tot kamer gedrentel het.

Ek wil vir ieder en elke mens wat vir die kinders se veiligheid gebid het se baie dankie. Aan al die reddingspanne en die polisie, die ouens het onophoudelik gewerk om alles te laat uitwerk. Ek haal my hoed af vir al die volunteers wat ure gespandeer het om die nooddienste by te staan. Ek is dankbaar om in die land te wees waar mense lewens nog saak maak.

Wednesday, March 23, 2011

Wilsons Prom rescue

Hierdie week was veronderstel om ‘n rustige week te wees. Die 2ling is op ‘n kamp na Wilsoms Prom en dit sou ‘n adrenalien geboude avontuur vir hulle gewees het. Maandagoggend net so na vyf het daar so ‘n lekker rustige stilte oor die huis neergesak. Ek het nogal so ‘n lekker jubel hier in my moederhart gehad want om net twee kinders vir ‘n week by die huis te he moet absolute bliss wees, of so het ek gedink.

My bliss het net tot Dinsdag gehou, die weer het soos gewoonlik hier in Melbourne nie lekker saam gespeel nie. Daar is drie groepe kinders laat Dinsdag middag ontruim uit die kamp gebied. Die weer het drasties verander en gelukkig het die ouens die weer mooi dopgehou die hele tyd. Van die ander ses groepe was twee nog te ver op hulle staproetes uit om terug na die basis kamp te keer. Die reën het nogal met verwoesting neer gesak en die Tidal Rivier was in vloed. Daar het meer as 300mm reën neergesak gedurende die aand en sodoende twee groepe afgesny vanaf die ander kampeerders.

Nicolette was in die eerste groep kinders wat ontruim is, haar enkel was te seer na die vorige week wat sy die verstuit het tydens ‘n netbal wedstryd. Sy is toe uit haar oorspronklike groep adrenalien junkie kinders terug na die basiskamp en sou dit verder rustig gevat het by die kamp. Alles was sopnat wat terug gekom het. Volgens haar het dit letterlik gereën vandat hulle Maandag oggend begin stap het. Ek kan nie dink dat dit enigsins lekker kon gewees het nie, maar kinders sien nie ‘n ding so nie, vir hulle is dit avontuur.

Die dorp Wilsons Promontory is ook in vloed en was ook vir ‘n groot gedeelte van die dag afgesny van die wereld, die skade was so erg dat twee brue ook verspoel asook die pad uit Wilsons prom reservaat. Dit het ons nie veel gehelp om al die beeld materiaal te sien en te weet dat ons kinders is deel van die 300 gestrande mense. Gelukkig is die mense hier behoorlik gegear vir enige tipe noodgevalle en die mense het hulle goed van hul taak gekwyt. Laat middag is daar besluit om van die mense met helikopters uit die vloed gebiede te haal en op veilige grond te sit. Dit as sulks moet ‘n ondervinding op sy eie wees, en soos ek my kind ken moet die heng exciting wees. As ouer is mens maar heeltyd bekommerd want die natuur kan enige tyd teen jou draai maak nie saak hoe goed die reddingsplanne is nie.

Van die kinders is so deur die helikopters toe na veiligheid gebring, maar my kind het nie die cut gemaak. Sy en Simone, nog ‘n Suid Afrikaner, is nog binne die natuur reservaat en sal eers Donderdagoggend na veiligheid gebring kan word. Daar was twee opsies om die mense uit die reservaat te kry, dit was of met ‘n boot via die see of met die helicopter. Alles het net afgehang van die weersomstandighede en ons almal weet hoe onvoorspelbaar is Melbourne se weer, gee dit net vyftien minute.

Aangesien die gety begin inkom het was dit ‘n risiko vir die ouens om weer op die strand te land en sodoende is die reddings poging tot ‘n halt geroep. Dit sal nou hervat word moreoggend sodra die gety terug getrek het. As alles goed verloop behoort Celesté moreaand in haar eie warm bed te slaap. Ek glo Nicolette sal baie verlig wees, sy is reeds so in ‘n toestand omdat sy tuis is en haar tweeling suster nog nie.

Ons sal maar sien hoe eindig hierdie episode, maar soos ek dinge sien werk hier, behoort alles goed te eindig.