Sunday, December 13, 2009

Nog fotos van die natuurskoon



Dandenong Range National Park - 1000 Steps





























Vir ons bybelstudie groepie wat elke tweede Woensdag by mekaar kom het ons besluit om die Thousand steps te gaan stap. Die plekkie is in die Dandenong Range National Parks - Ferntree Gully Piekniek area. Die stappie is seker so in totaal 5km, maar die Thousand steps dink ek is seker so 2.5km. Dit is 'n letterlik eenduisend trappies wat jy klim tot bo. Die area is baie boomryk en hier is geweldig baie varings van verskillende "families" en hier is ook 'n ryk voel lewe in die woud. Ons het 'n hele paar kleurvolle kokketiele of papegaaie gesien en dit is 'n gekletter van al die verskillende voels.

Ons was seker to 15 dames wat die oggend bymekaar gekom het en die stappie aangedurf het.
Ek natuurlik het nie die hele stap meegemaak nie, tipies woesie, maar die bietjie wat ek geloop het my weereens net in verwondering laat kyk na die skepping. So baie keer loop ons by plekke verby en sien nie regtig raak wat hier voor ons is nie, hier voel jy weer naby aan die Here want om net te sien wat hy geskep het vir ons, dis indrukwekkend en mooi. Dit het my weer laat dink aan Patmos, een van die Griekse eilande waar ons was, die grot waar Johannes die doper sy briewe geskryf het. Om daar in te gegaan het, het jou fisies in jou siel geraak. Jy het besef hier het iets groots gebeur, so voel ek partykeer as ek in die natuurskoon hier in Australia loop, die grootsheid hiervan kan nie aan iemand anders beskryf word sonder om dit regtig self te beleef nie.
Ek wil nou nie se daar is nie mooi natuurskoon in Suid Afrika nie, daar is beslis baie. Hier is dit net anders vir my. Jy leef meer in die natuur, die stap roetes en paadtjies wat hier deur die huis kronkel laat mens partykeer wonder, is jy in die stad of is iewers op 'n plattelandse dorpie. Ek dink ook dit is die vryheid waarmee jy rondbeweeg tussen stil en weg gesteekte plekkies, jy hoef nie heeltyd op jou hoede te wees. Jy is dalk net meer ontspanne om alles in te neem wat jy sien.

Die eerste foto is geneem van die Ina (met die donkerbrille), dis nou ons predikants vrou. Ek ken nie die ander dame, het al 'n paarkeer by die bybelstudie gesien, ek is eintlik maar vrek sleg met name.
Die tweede foto sien julle vir Heidi Kruger in die groen toppie (hulle is seker al 13jaar hier) en vir Adaleen, hulle is ook maar kort hier, seker nie langers as 'n jaar nie.
Die derde foto is Anli Roelofse en Hayley du Plessis. Anli is die vriendin wat ons in die begin van die jaar ontmoet het, sy organiseer goed en dan Hayley du Plessis is die een met die rokkie. Hulle is altwee sal nou Desember een jaar hier wees.
Die vierde foto kuier ons klompie maar net lekker om die kospotte natuurlik saam. Watter vrou ken julle nou wat nie lekker om 'n kospot kan draai nie. Ek soek nie regtig 'n antwoord terug nie, maar almal wat ek ken hou van kos, lekker kos.




Clarissa se graduation Yr6


Dit was Clarissa se graduation die week gewees. Hier het die kinders in die laerskool ook 'n tipiese afskeid soos die matrieks in Suid Afrika. Dit word eintlik baie goed bestuur in die sin van ouers wat betrokke is en die kinders het aktiwiteite wat hulle besig hou in die drie ure wat hulle daar is. Ons het die saal gaan decorate vir hulle, die tafels gedek en alles is mooi in silver, swart en wit opgemaak. Die meisies moes rokkies dra en die seuns toeknoop hempde. Wat jy vir jou kind koop of maak is jou keuse, maar dit lyk nie of die ouens uitspattig gaan hier vir die kinders nie. Party maak self rokkies en ander gaan koop dit.
Ons het die aand die plegtigheid bygewoon waar hulle hul sertifikate ontvang het vir die jaar en wat se dat hulle nou na Yr7 bevorder word. Hulle het ook "graduation pack" ontvang waarin hulle jaarfoto's in is asook klas foto. Dit het nou 'n nice gevoel verleen aan die geleentheid deur dit so offisieel te maak.
Die ouers is toe huistoe en die kinders het agter gebly vir 'n aansit ete asook dan 'n dans en speletjies. Dit was 'n groot sukses, en toe Alex daar aankom tien voor tien die aand is die ouers nader gegryp vir 'n dans met die kinders. Almal was pootuit, maar 'n groot sukses. Die volgende dag het die kinders darem net video's en speletjies by die skool gehad, en die wat nog moeg was kon 'n bietjie insluimer met die onderwysers se toestemming.
Wat ek nogal opgeval het is die hoeveelheid manspersoneel in die laerskool. Daar is van die Yr1-5 soveel manspersoneel dat hulle tenminste die helfte van die getalle opmaak. Dis verblydend om te sien die impak wat hulle op die kinders het. In Suid Afrika sien jy dit nie meer sommer nie, en die meeste mans personeel is of in die senoir fase van die laerskool of andersins net die hoerskool.

Monday, December 7, 2009

Docklands parade





Hier op die parade by Docklands is daar 'n mark oor die naweek. Die uitstallings lyk maar meestal na handgemaakte produkte en dan ook jou oudhede. Die Docklands was eers 'n ou hawe met fabrieke wat omskep is in die Docklands en die ontwikkeling behoort 2011 heeltemal klaar te wees. Hier is restaurante, koffie winkels, winkelsentrums, asook kantoor blokke en woonstelle.
Hier sit Christiaan voor 'n droomkar (volgens hom) en die spoegies loop oor wat hy sien. Ja tipies seun, droom oor karre en dink partykeer ook hy weet meer as sy Pa.
Die mense is hier baie lief vir die buitelug, en daar word lekker rondgestap met die kinders in tou die heeldag. Hier lyk dit vir my is elke tweede vrou swanger en het 'n klomp kinders want al wat jy sien is stootwaentjies met tenminste drie kinders in lyn.


Besigtig die Docklands en Inner City Melbourne



Hier in Docklands (dis soos die waterfront in die Kaap) is 'n nuwe gedeelte NewQuay en baie Australianse sterre het hier 'n ster op die parade. Hierdie drie het ek afgeneem want dis is bekendes wat almal behoort te ken. Mel Gibson (Mad Max faam), Anthony LaPogolla (Without a Trace) and Nicole Kidman. Ek is seker daar is nog baie meer, maar ek het nie die hele pad gestap nie. Sal dalk 'n volgende keer.

Wie is die kinders?






Ek weet nie aldag nie. Van die oomblik wat hulle by die kar kom in die middae is dit soos 'n slagting. Die bakleiery stop net nooit nie. Dis elke dag se strorie (of liewers wanneer Alex hulle oplaai) en dan skielik sonder enige aanduiding klim die klomp hooligans uit. Ek verstom my elke dag oor hulle dinge. Ons trek het hier gearriveer en die drie het besluit dit is tyd vir snaaks wees. Met ouers wat doodmoeg is, 'n ma wat drie dae lank migraine het, was dit glad nie snaaks nie. Dan word ons uitgehaal met, "Ons mag nooit fun he nie" en dit van Christiaan. Ek wens partykeer hulle wil altyd fun he en hulle nonsens los, maar helaas dit gebeur nie.

Ek is net bly ek het nie daar vrot skoene so teen my gesig gedruk nie, jy weet nooit watter siekters jy so sal optel van Christiaan se skoene nie. Hy wat so tussen al die Al Packas rond beweeg en dan daardie goed teen jou gesig druk. Yuk!!!

Hier wys dit hulle het darem humor, al is die nie elke dag nie.

Dankseggings diens Donvale Christian College

Die skool het laasweek Dinsdag 'n Dankseggings diens gehad by Monash Universiteit. Die diens het so half agt die aand begin en het eers so na tienuur geeindig. Aangesien dit ons eerste keer was wat ons die diens bywoon het ons nie regtig geweet hoe lank dit vat of presies wat hulle doen nie, so ons het nie voor die tyd ge-eet nie. Clarissa moes ook vroeg daar wees, sy het in die Gr6 sanggroep opgetree en moes reeds om half sewe die aand aanmeld. Die hele saal was volgepak gewees en baie kinders is die lof toegewens. Die Gr12's wat alreeds klaar was met hulle eksamens en skool wat die ere gaste vir die aand gewees. Hulle "graduation" seremonie was dan ook dieselfde tyd gewees, en dit was interesant gewees om te sien hoe die kinders in hulle hordes opgedaag het vir die geleentheid. Die hoeveelheid talent wat die kinders ook het is so goed uitgebeeld deur kunste, sang, drama en musiek.
Die Gr6 jaar en die Gr12 jaar was offisieel aan die res van die ouers bekend gestel, die Gr6se maak nou klaar met die laerskool en die Gr12's maar klaar met skool. Dit is amazing die gevoel as jy jou kind daar sien. Die kinders is toegesing en daar is 'n gebed aan hulle opgedra. Die hele skool se onderwysers, dis nou die laerskool en die hoerskool, was op die verhoog en het vir die ouers gesing waarna daar ook aan hulle 'n gebed opgedra is.
Ons het daardie aand half elf maar toe by McDonalds gestop en burgers vir aandete gehad. Dit klink toe ook of die anders ouers ook maar by McDonalds gestop het so ons waas nie alleen nie.