Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Friday, July 13, 2012
My hart bloei
Dis nou al 'n rukkie wat ek doel bewustelik nie meer koerante van Suid Afrika lees nie. Die somber nuus wat mens daagliks so in die gesig staar is net te veel vir mens om te verwerk. Hoe gebeur dit dat daar elke dag nog 'n bietjie meer van die menswees verwoes word in 'n land wat so baie gehad het vir mens om te gee. My voorvaders moet in hulle grafte omdraai as daar gesien word hoe die land verwoes word greintjie vir greintjie. Daar word gereeld optogte gehou om te wys hoe die land se mense bloei maar die opkoms van die mense wat so hard kla is pateties sleg. Hoe kan mens kla maar niks doen om jou omstandighede te verander nie. Dis eending vir my om hier veertienduisend kilometer verder te sit en die vraag te vra, maar ek doen my ding hier. Ek lig mense in om te gaan novors oor hierdie land, sy mooi en sy lelik. Ek praat met jong mense oor ons gewese land en hulle kom met vrae van verwardheid terug oor hoe is dit dan moontlik.
Mag elkeen van ons minder vinger wys en meer begin doen sonder om enige iets terug te wil ontvang.
Nuusbrokkies
Ek geniet dit nogal om elke dag op Facebook te gaan en te kyk wat gaan in ander mense se lewens aan, om op te lees oor wie se nou weer wat, wie irriteer wie. Ek geniet dit ook om na al die kreatiewe profiele te kyk van die ander mense en sodoende nuwe idees te kry. So elke af en toe kom ek 'n bladsy tee wat my nogal laat dink en hierdie is beslis een wat julle na kan gaan kyk. Sy beskryf dinge nogal raak en daar is geen pretensie in haar skryfwerk.
Ek dink mens moet meer kere so begin wees, se die goed soos dit is, waarom met allerhande draaie kom om iets te verduidelik. 'n Ding is wat dit is, niks meer en niks minder.
Die afgelope winter skool vakansie was een besig tyd, hier het ses ekstra kinders tuis gegaan en die huis was lewendig. Om die etenstafel was dit 'n gewoel en die diep warm lag van Heinrich het telkemale deur die huis getrek. Hier het maats gekuier van Melbourne en Suid Afrika. Lanklaas het ek my kinders so gehoor, dis nou praat en lag en "onthou julle nog". Dis mos deesdae heeldag voor die Tv le of anders in hulle kamers agter 'n toedeur met die skootrekenaars oop.
Een van die dae is die vakansie iets van die verlede en dan is die kinders terug skool toe, dalk sal ek meer tyd kry vir my stokperdjies. Wie weet. Moet begin beplan aan die kersmark wat ons hier wil begin en my idees kry mooi vorm. Sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge en sodra ek voorbeelde het sal ek dit hier kom wys.
Subscribe to:
Posts (Atom)