Hier is ons storie, die storie oor hoe ons die lewe ervaar aan die anderkant van die water. Almal van ons het stories en hier deel ek ons sin, die lekker, die hartseer en by tye die werklikheid wat ons laat wankel.
Sunday, January 30, 2011
Die afgelope week was die laaste gedeelte van die skoolvakansie vir my kinders gewees en mensig sien ek uit na die stilte weer. Die agt weke van skoolvakansie was nou net 'n bietjie te lank gewees vir my en naturlik my gesondheid. Dis nie maklik om vier tieners gelukkig te hou met alles wat hulle wil doen nie. 'n Paar van ons mammas gaan 'n lekker "cellebration" ontbyt hou om die geleentheid te vier.
'n Klompie van ons het besluit om Saterdag lekker te gaan uitstpan by Mordialoc strand vir die dag. Dit was natuurlik 'n heerlike warm dag en die strand waar ons gaan swem het is 'n mooi lang uitgerekte strand. Die plekkie is seker so 'n halfuur se ry met die snelweg langs.
Die kinders het dit natuurlik baie geniet want daar is 'n pier waarvan af hulle kan spring in die see in. Daar was seker 'n goeie twintig plus kinders wat daar rond geswem het, dit het behoorlik soos 'n familie saamtrek gevoel. Natuurlik was van die nefies en niggies daar wat jy nie noodwendig sou opsoek nie, maar jy het maar gesmile en net verder gekuier met die res.
Die strandgebied is lekker om by uit te span, daar is 'n jetty waar jy jou boot of jetski vanaf kan loots. Daar is heerlike BBQ fasiliteite met afdakke waar mens heerik kan kuier, asook 'n speelpark vir die kleiner kinders wat nie heeltyd by die strand wil wees nie. Soos dit maar is in 'n baai is daar nie veel golwe nie so die kinders kon lekker baljaar in die water. 'n Paar manne het gaan duik en van die ander het 'n bietjie gaan snorkel, dit sal nou maak dat ek elke keer saam die piekniek mandtjie die snorkel sak ook vat.
Op die sport front was dit 'n baie besige naweek gewees. Dit was natuurlik die finale vir die mans en vrou Australiese Ope, en was die vroue spel nou nie 'n riller gewees nie. Die Rebels het teen Fiji gespeel en gewen, dis nou ons nuwe Super 15 span, of soos die manne se behalwe as die Blou Bulle teen hulle speel. Die mans tennis is nog aan maar soos dinge lyk gaan Murray nie die mas opkom in hierdie een nie.
Die kinders het in alle erns begin werk soek, natuurlik moes ek eers bietjie vuur onder hulle maak, maar hopelik sal hulle 'n werkie he voor die volgende skool vakansie. Dit is die doelwit, hoe realisties dit gaan wees sal ons nog sien. Party plekke lyk meer belowend as ander, maar hulle moet maar aanhou soek tot dit realiseer.
Wednesday, January 26, 2011
Australian Day
Vandag, 26 Januarie is Australian day. Die tradisie om hierdie dag te vier het in die 19de eeu sy kop uitgesteek in Sydney. Hierdie dag in 1788 het die eerste elf skepe vol kriminele van Engeland Sydney Cove binnegevaar en die Union Jack is gehys om die okkupasie te simboliseer. Tipies maar soos in Suid Afrika het die klomp Britte 'n land oorgeneem en hier in Australia het hy al sy kriminele kom dump. Die eerste ou wat sy voet aan land gesit het hier in NSW was Captain James Cook op 22 Augustus 1770, hy het in April in Botany Bay aanwal gekom alvorens hy na NSW gevaar het.
Net soos in Suid Afrika het die setlers die land binnegekom, van die mense wat hierna toe gekom het was familie lede van die kriminele. Die ouens het begin om die land stuk vir stuk oor te neem en sodoende die Aboriginals uit hulle gemeenskappe te dryf. Nou nie veel verskillend van ons eie land nie sou ek dink.
Hierdie hele tradisie om die dag te herdenk het die Aboriginals nogal lekker dwars in die krop gesteek, vir hulle het dit 'n dag van rou gesimboliseer. Baie wit Australianers het gedink of aangeneem die Aboriginal ras is besig om uit te sterf en het nie veel omgegee oor die mense nie, meeste wittes het in die stede gebly en nie die agteruitgang en armoede gesien wat die Aboriginals in die gesig staar nie. Dan wil die ouens se ons is rassiste, dit laat mens wonder.
Op 'n stadium het die staat 'n sensus gehou onder so 10 000 mense en die vraag wat hule gevra het is:- "What does truly Australia mean".
Wel 60% het gedink jy moet in Australia gebore wees om "truly Australian" te wees, 'n verdere 40% het dink jy moet Ozzie nasate he om "truly Australian" te wees. Hierdie denkwyse het dan gewys dat 40% van Australianers dan glad nie "truly Australian" kan wees nie aangesien baie se ouers immigrante is en baie van hulle nie self in Australia gebore is nie.
So wat beteken Australian Day dan eintlik, vir die Aboriginals is dit 'n dag van rou, vir die wittes is dit die Britse okkupasie.
Vir my persoonlik beteken dit 'n nuwe begin, wie weet wat die toekoms vir ons almal inhou.
Sunday, January 23, 2011
Verval van roetines
Wat 'n heerlike warm sonskyn naweek was dit nou nie. Mens raak weer so vasgevang in jou daaglikse roetines dat jy vergeet om te leef. Dis elke dag dieselfde dinge oor en oor, dit raak vervelig. Hierdie naweek het ons bietjie uitgegaan en gaan kyk wat bied Melbourne mens.
In en om ons is daar 81 verskillende parke en reserves waarna toe ons kan gaan, dis nou om te stap, fietsry of net lui lekker op die gras kuier en piekniek hou. Dan praat ek nog nie eens van al die plekke in die weste of die ooste nie. Hier is 'n magdom plekke om te gaan besigtig.
Saterdag was ons na die Science Museum toe en daarna het ons weereens die middestad van Melbourne getrotseer, dis altyd so lekker om daar te gaan stap. Ons het nie minder as 5 verskillende bruide gesien in die een straat wat ons afgestap het. Almal van hulle wou foto's neem by die grafitti mure, nou nie my cup of tea nie, maar hey ons almal hou nie van dieselfde goed nie. Iedere en elkeen van die ouens het in lang slap limousines gery. Daar was ook 'n paar wat in ou Chevies gery het en natuurlik die "Mafia" karre. Op Federation Square was daar 'n hele blok gereserveer vir die ouens wat die tennis op die grootskerms wou kyk. En mensig sit die ouens nou gepak daar op die grond en tennis kyk. Die son het natuurlik 'n hele paar manne lekker bygekom, dit was redelik hittig so in die ooptes.
Sondag het ons sommer strand toe gegaan. Ons het die pad gevat Frankston toe en sommer die afdraai gevat na Carrum strand toe. Wat 'n lieflike strand, dis 'n lang oop strand wat vir kilometers strek. Ons het gesit so by die mond van Paterson Lake en kyk na al die bote wat in en uit vaar, en mense het ons 'n klomp stunning bote gesien. Die see is rustig genoeg sodat jy ook jou kyak kan vat en bietjie inroei na die golwe toe, maar nou nie dat daar eintlik golwe is so in die baai nie.
In die rukkie wat ons daar gesit het, het die Rangers opgedaag en so deur die strand gery met hulle quad bikes. Dit was nogal amusant gewees om te sien hoe die jonges skielik hulle bottels wegsteek, party het sommer dit in die asblik agter ons gaan leeg maak. Die strand waarby ons was word honde nie toegelaat nie, nie eens met 'n leiband nie. Daar was natuurlik die paar wat die reel nie nagekom het nie, en die rangers het die ouens beboet daar en dan op die spot, die honde is op leiband gesit en verwyder van die strand. Party manne was nie baie happy nie, veral oor die een ou wat weggekom het sonder 'n boete. Die ou se honde het mooi stil gesit so tussen hom en die baba se pram, so die rangers het dit nie gesien nie. Toe die rangers weer pad vat het hulle maar suutjies hulle goed opgepak en die strand verlaat. Goed om te sien dat wet en orde toegepas word sonder enige argumente.
Tennis in Melbourne
Fotot: www.niteguide.com.au
Dit is groter en dit is beter, wie sou kon dink dat tennis die mense so kan aangryp dat hulle in hulle hordes toesak op Melbourne se Rod Laver Arena. Meer as 500 van die wereld se bestes het gekom om deel te neem, wie sal aan die einde die beker omhoog hou. Elke dag trotseer die ouens die baan om glorie aan die einde van die dag te kry net om more terug te kom vir 'n volgende ronde, dit is tough daar binne.
Die wat nie kaartjies kan kry om binne die arena te wees sit buite op hulle kamp stoeltjies of piekniek komberse en ervaar dieselfde spanningsvolle oomblikke wat die tennis kan oplewer. Die grootskerm TV's oral oor die park laat elkeen voel jy is deel van die oomblik. Binne in die arena is dit stil en styf, buite die arena is die gevoel heel anders, dit is ontspannend, jy hou piekniek, die kleitjies hardloop rond en speel, 'n heerlike dag uit in die oopte.
Sunday, January 16, 2011
Mense deernis
Foto: AAP/Maranoa Regional Council
Geen mens kan begin om vir 'n ander te beskryf hoe die totale vernietiging van die vloede in Queensland of Brisbane die mense raak sonder om nie self daar deur geraak te word nie. Die absolute hartverskeurende tonele wat oor die televisie kanale gebeeldsend word en afspeel sal enige Christen mens laat besef hoe groot is ons God. Partykeer as ek na al hierdie mense kyk wonder ek so by myself wat het God so kwaad gemaak, watter les is hier vir ons om te leer uit hierdie verwoesting van mense lewens en aardse besittings. Ja aardse besittings is maklik om te vervang, maar die mense lewens wat so drasties beinvloed word deur hierdie katostrofiese ramp en die verlies daarvan is moeilik om te gegryp.
Vanoggend sit en kyk ek weer Morning Live en ek sien hoe die mense van Australia hulle hande uitsteek na hulle mede mens. Duisende daag op by registrasie punte om te begin help met die skoonmaak proses. Ek het in my lewe nog nie so iets gesien nie. Dit is hartroerend om te sien hoe steek elkeen hand uit, vat die besem en begin skoonmaak. Huis vir huis, straat vir straat en suburb vir suburb word sistematies skoongemaak, huise word leeg gedra. Die tonele wat mens sien lyk soos 'n oorlog zone, die paaie is letterlik bestrooi van elke denkbare stukke metaal, bome en huisraad.
Dink bietjie, die van julle wat hier lees as jy so rondom jou kyk en sien wat alles daar staan, dit is alles wat vernietig is, weg gesweep is deur die vloede. Al daardie stukkies goed wat jy so met jou lewenspad al bymekaar gemaak het vir jou, al die herdenkings van plekke en mense so deur die jare wat jou pad gekruis het, dit alles is weg.
Meestal van die huise is van hout, so al die vloerborde, mure en kaste word uitgebreek en op die sypaadjie gesit vir die "hardwaste" mense om met hulle trokke te kom oplaai. Saam met dit staan die sypaadtjie vol van wasmasjiene, beddens en matrasse, elke stukkie meublement wat jy kan aandink, al die elektroniese toerusting wat in die huis was is ook verwyder.
Die elektrisiteit is tydens die vloede ook afgeskakel soos wat die elke dorpsgebied en suburb onder die water geland het. Nou is die mense besig om van huis tot huis te gaan en seker te maak al die huise se main switches is af want in vorige vloede is meer mense dood aan elektriese skokke as aan die vloedwater.
Hierdie week het ek weer 'n artikel gelees oor die Suid Afrikaanse regering wat bereid is om ander Suid Afrikaners in Brisbane by te staan, maar daar is natuurlik kondisies wat geld. Nodeloos om te se die hoeveelheid komentaar wat wat die artikel gelok het was meestal kritiek oor al die ex-pats. Dis nou mense wat besluit het om 'n beter heenkome diekant te kom soek. Die feit dat baie mense nog steeds familie aan daardie kant het, nog steeds eiendom of geld aan aardie kant het of selfs nog belasting moet betaal beteken nie veel vir die idiotiese stellings wat mense maak nie. Dan word daar met groot smaak vertel dat hulle verkies liewers elke dag se moord en roof bo enige dag se vloede diekant. Wonder net as die kans die persoon gegun word, hoe vinnig sal die bene stomp gehardloop word om diekant te land.
Nou ek verstaan daar is redelik vloed geteisterde gebiede in Suid Afrika ook, en die regering moet natuurlik sy eie mense op sy eie bodem eerste help. Die ding waaroor ek nou sit en worstel is al die mense wat so lekker negatief is oor die regering, wat so lekker met smaad na sy die ex-pats verwys, hoeveel doen jy om daardie ouens te help. Hoeveel keer het jy jou hand uitgesteek en daardie in nood gaan help sonder om eenkaar aan jouself en jou eie omstandighede te dink. Hier sien ek hoe mense in strome aankom en volunteer om ander te gaan help.
Saturday, January 8, 2011
Waterpark Geelong
Dit begin nou soos somer voel hier in Melbourne en wat 'n lekker gevoel is dit. Ons het besluit om vir die dag na Geelong se waterpark te gaan. Dit was heerlik, nou nie dat dit enigsins by Goldreef City, UShaka of Sun City se parke kan meeding nie, (was nog nie in Queensland se parke nie) maar nog steeds genotvol genoeg om die hele dag daar deur te bring met die tieners van my. Ons verwysingsraam werk moet nog verbreed word na alles wat hier te bied is.
Daar was so 'n magdom van mense met hulle kleine kinders dat mens naderhand gevoel het dit raak te erg. Ons is nie meer gewoond aan die vloermoer, skreeu tot die longe platval gewoontes nie, mensig mens voel jy wil partykeer net inklim en die kind met 'n plathand 'n oorveeg gee op die boud.
Hier net soos op baie ander plekke in die wereld soek die mense iets waarmee hulle hulself kan besig hou.
Die park sorg vir genoeg sitplek met bankies en tafels oor die park heen asook braai geriewe wat gehuur kan word teen 'n fooi. Jy kan jou eie eet en drinkgoed saambring en daar is ook wegneem etes beskikbaar vir die wat nie 'n piekniek mandjie gepak het nie. Selfs deur die skadunet wat oor die piekniek areas gespan is kan jy die son voel bak. Ons is seker die son is meer intens as wat ons Afrika son is, dalk verbeel ek my dit, maar dit voel so.
Ons het nog vier weke van skoolvakansie en om die klompie besig te hou moet ons maar nog bietjie gaan EXPLORE oor wat hier is.
Tuesday, January 4, 2011
Vloede
Vir die van julle wat wonder oor hoe affekteer die vloede ons hier in Melbourne, wel moenie bekommerd wees nie, dit doen nie. Ons is 'n goeie 1 985km van die plek wat huidiglik in vloed is. As julle na die kaart van Australia kyk sal julle sien ons sit in Victoria wat aan die onderkant van die kaart is en Queensland is regs bo van die kaart.
Julle kan die vloedgebiede in julle gebede opdra want die dorpe word heeltemal van die samelewing afgesny. Hier woon die mense grootliks in houthuise en met al daardie water wat deur jou voordeur loop verwoes dit die hele struktuur deur swelling en dan verrotting.
Baie Suid Afrikaners woon ook in daardie areas en soos ons verstaan van een familie is die vloede baie erg, hulle kan alles verloor. Dis nie net hulle aardse besitings nie maar hulle werk ook want hier is baie seisoenale werk. So dra die mense en hulle 3 kinders ook op in julle gebede asseblief.
Saturday, January 1, 2011
Foto van www.niteguide.com.au
So het nog 'n jaar einde se kant toe gestaan en as ons moet terugblik op die goeie en slegte tye dan kan mens net dankbaar wees.
Ons het goeie vriende en natuurlik minder goeie vriende gemaak, maar elkeen het 'n lessie vir ons gehad. Elke mens is op ons pad gesit vir 'n rede en 'n doel, party stap die padtjie saam met ons en ander verloor ons so padlangs. Die wat ons so langs die pad verloor het, het hulle doel gedien in ons lewe en ander neem dan weer hulle plek in. Ons is dankbaar vir elkeen van julle wat ons lewenspad tot dusver gekruis het, mag 2011 vir elkeen van julle die hoop en drome inhou wat julle so graag koester.
Subscribe to:
Posts (Atom)