Het hulle nog nooit mense gekry wat dit mooi vir hulle kan uitspel wat is fout met hulle of wat is hulle simptome nie.
My hart is seer want my scrapvriendin se hart pyn. Haar ma is oorlede en ek kan niks doen om haar pyn te verlig nie. Haar gesig het altyd gestraal as sy van haar ma praat, hoe ouma haar kind breiwerk leer, hoe haar kind vakansie by ouma gekuier het. Ek kan nie nou na haar gaan en net haar vasdruk nie, mens voel so magteloos as jy so ver weg is. Mag jy vrede in hou hart kry, ek dink aan jou.
My kind se hart pyn. Daar is iewers fout met 'n vriendin en hier sit sy veertien duisend kilo's ver en huil. Huil vir 'n vriendin se hartseer wat sy niks kan aandoen nie. Die verwerping van 'n vriendin omdat sy probeer help, maar dis nie goed genoeg nie. Hoe verduidelik jy aan haar sy moet dit laat gaan, dis 'n vriendskap van 7jaar wat deur hoogte en laagte punte gegaan het, sy moet leer dat sekere dinge kan jy iets aan doen en partykeer is daar absoluut niks wat jy kan doen wat enigsins 'n verskil gaan maak nie.
Ons het ook vreugdes, vreugde om hier te sit en 'n land te sien wat mooi is. Vandag het ek 5km gestap in 'n park sonder om oor my skouer te loer vir 'n skurk wat my dalk wil oorval nie. Ek het Maandag 'n nat stad binne gery en my self weereens verkyk aan die mooiheid daarvan. Hoe skoon en helder die lug is, hoe die parke mens uitnooi om te kom sit en ontspan. Die koffie winkels wat hulle deure oopmaak en mens wil binne nooi vir 'n heerlike "cuppa" Die reuke en geure van die bome, die bloekomboom se olie wat uitstyg en jou oorweldig. Die busse se skoon uitlaat gasse wat jou laat besef mensig maar die ouens gee eintlik om vir die omgewing.
Celeste het die skool se swemspan gehaal en sy is in ekstase hieroor, ek is nie want die "bather" kos 'n plaas se prys, maar ons sal net moet rondshop. Christiaan het begin rygby oefen en dit was hel hoor ek. Hy kon nie lekker byhou nie (lekker onfiks), maar hy is positief om elke dag iets te doen om fikser te word. Hy is partykeer so gedetermineerd om dinge gedoen te kry, waaroor ek en Alex natuurlik baie opgewonde raak oor, maar dan weer die volgende week heeltemal die pad byster raak. Daar is hoop vir die kind.
Ons gaan die naweek met die trein binneland toe ry vir 'n "Food Festival", ek sien nogal uit daarna. Daar is seker so 10 Suid Afrikaanse gesinne wat kaartjies bespreek het vir die dag, hopelik speel die weer saam en kan ons 'n heerlike buitelug piekniek hou. Ek is net bevrees as my kinders eers uit hulle kassies is kan die trein episode weer heeltemal oorgeneem word deur tiener eskapades. Die trein rit van oujaars aand kom weer by my op en ek sien hoe hulle ons die keer afgooi van die trein.
Mag elkeen van julle al julle vreugdes en hartseer in julle lewe met HOM deel. Hier in die vreemde het ek meer geestelike groei al beleef as wat ek ooit in my geboorteland beleef het en daarvoor is ek dankbaar.