Saturday, September 29, 2012

Skool afsluiting

Ek dink elke ma droom oor die dag dat haar kinders matriekafskeid of "formal" soos dit hier bekend staan gaan. Dit het redelike oortuiging gekos om Christiaan sover te kry om wel 'n kaartjie te koop en om net te gaan. Hy het redelik verskonings gehad maar op die ou einde het sy ma en sussies gewen.

Die vorige aand het die skool 'n graduation aand gehou, hier is die hele GR12's vereer vir hulle verskillende rolle gedurende hulle skooljaar. Daar was akademiese toekennings, kultuur en musiek opvoerings, gemeenskaps projek toekenings asook sport toekenings. Die hele graad kry 'n jaarboek wat net op hulle gefokus is asook 'n gedrukte boekie met elke kind se naam en erkenings wat hy of sy ontvang het. Tydens die oorhandiging van hierdie folio aan die kinders word hulle name uitgeroep en stap hulle op die verhoog om dit te ontvang, Alvorens boeta se naam gelees word het ons besluit dat wanneer hy oor die verhoog stap sal ons hom 'n behoorlike toejuiging gee, toe sy naam gelees word en ons juig hom toe vanuit die gehoor het daardie arme kind van my bloedrooi gebloos, nou ja wat het hy anders verwag van hierdie ma van hom. Nie gedink dit gaan stil stil plaasvind nie. Die mense het in hulle stoele omgedraai om na ons te kyk, maar dit was vir my 'n baie proud oomblik so hoekom kan ek dit nie wys nie, verbaal of nie. Vandaar het die ander ouers gesien maar mens kan jou ou kinders aanpor en die dak het 'n paar keer gelig.

Met die formal het boeta mens weereens laat besef die kind is groot, hy het so goed in sy swart pak klere gepas. Hy en vier van sy maats is saam na die dinee toe, meeste van die kinders het almal met groot stretch limo's daar opgedaag en die meisies het sprokies mooi gelyk. Hier daag die ouens nie as paartjies op nie en kom ook nie met vreeslike eksotiese voertuie of vervoermiddels daaraan nie, almal deel die kostes as daar op limo's besluit word.

Hulle het heerlik gekuier tot so elfuur en vandaar is hulle na die after party toe. Een van die ander ma's het casual klere vir hulle gevat en hulle pakke terug gebring. Almal het 'n bus gevang in stad toe na 'n klub toe wat gehuur is en daar was lekker gekuier gewees. Soos dit hier werk kan kinders onder 18 nie drank bedien word nie en dit word redelik streng toepas by die klubs, so daar was 'n onder 18 en bo 18 gedeelte in die klub gewees. 'n Pa het hulle by die klub gaan haal so by drie uur en almal is veilig terug in hulle beddens gewees teen vieruur die oggend. Mens vat net nie die kanse hier met die kinders nie, die polisie het 'n zero tollerance policy hier met P bestuurders.

Boeta het natuurlik heeeeerrrrrrrrlllllllliiiiikkkkk gekuier en die nagevolge die volgende dag het hy gevoel. Les is geleer.

No comments:

Post a Comment